0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (4)
  • R50 - R100 (1)
  • R100 - R250 (29)
  • R250 - R500 (6)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Promotion > Birthday Month > Afrikaans

Gangster - Ware Verhale Van Albei Kante Van Die Strydlyn (Afrikaans, Paperback): Carla van der Spuy Gangster - Ware Verhale Van Albei Kante Van Die Strydlyn (Afrikaans, Paperback)
Carla van der Spuy
R265 R228 Discovery Miles 2 280 Save R37 (14%) Ships in 1 working day

'n Intieme blik op bendegeweld – van diť wat die geweld gepleeg het sowel as diť wat onskuldig is. Carla van der Spuy praat met mense van ’n gangster wat “nie genoeg vingers en tone het” om te sÍ hoeveel mense hy gedood het nie tot ’n ma wie se kind sonder waarskuwing aangeval was. Sy laat toe dat mense in hul eie woorde ’n beeld skep van die hoop en wanhoop, onsekerheid en vasberadenheid wat deel is van lewe tussen gangsters.

Met hierdie boek is daar insig tot hoe die gangs ledes kry, sowel as hoe mense probeer om weg te breek daarvan. Daar is insig vanaf ’n polisielid en van die groep wat ’n veel beter rehabilitasiesyfer het as die tronk – want daar is steeds hoop. Hier lÍ ’n gemeenskap sy hart bloot.

Een Of Ander Held (Afrikaans, Paperback): Zirk van den Berg Een Of Ander Held (Afrikaans, Paperback)
Zirk van den Berg
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) Ships in 1 working day

In November 1905 beskryf ’n Windhoekse koerant Siegfried Bock as ’n nuwe soort held. Maar die moordenaar wat hy voor die hof gebring het se advokaat stel Siegfried in ’n heel ander lig. Boonop is oberleutnant Berghammer en die Namakryger Jager Orlam albei daarop uit om Siegfried te laat boet. En dan is daar die burokraat Stauffacher met sy ondraaglike planne. Siegfried sien nie uitkomkans nie. Maar daar můťt een wees, veral noudat liefde vir hom wink . . .

John C. Maxwell Dagbeplanner 2022 - (Met Ritssluiter)(Swart | Grys) (Afrikaans, Leather / fine binding): John C. Maxwell John C. Maxwell Dagbeplanner 2022 - (Met Ritssluiter)(Swart | Grys) (Afrikaans, Leather / fine binding)
John C. Maxwell
R299 R195 Discovery Miles 1 950 Save R104 (35%) Ships in 1 working day

Die John C. Maxwell Dagbeplanner spog met unieke, nuwe ontwerpe in ’n A5 kunsleer-formaat en bevat wysheid in insig van John Maxwell, befaamde leierskapdeskundige. Besigheidsmense kan nou ’n beplanner kies wat aan hulle behoeftes ťn smaak voldoen.

Kenmerke sluit in:

  • Inspirerende daaglikse en maandelikse aanhalings
  • Openbare vakansiedae en skoolkwartale vir Suid-Afrika, NamibiŽ, Botswana en Zimbabwe
  • Jaarbeplanners en kalenders vir 2022 en 2023
  • Jaarlikse en maandelikse kalenders
  • ’n Bladsy-per-dag met plek vir prioriteite, afsprake, notas en finansiŽle aanwysers
  • Logboek om brandstof en afstand op te teken
  • Notabladsye
  • 210 x 142 mm (A5), kunsleer met ritssluiter, lintmerker
Goed, Beter, Betsie (Afrikaans, Paperback): Elize Labuschagne-Hull Goed, Beter, Betsie (Afrikaans, Paperback)
Elize Labuschagne-Hull
R282 Discovery Miles 2 820 Ships in 1 working day

Hierdie skrywer weet hoe om ʼn storie te vertel en hoe om die leser in te katrol. Haar kinderjare in Pretoria-Wes word lewendig en humoristies verhaal.

Haar pa het lewenslank boekminderwaardig gevoel omdat hy nie kon gaan studeer nie. Sy pa het sy grond verloor en hy moes vroeg die skool verlaat om te gaan werk. Hy onderskei hom in die spoorweŽ, maar die drankduiwel ry hom (en die gesin). Geen kind van hom hoef te gaan leer nie, glo hy.

Die verteller self spring duidelik en onweerstaanbaar uit die bladsy regop – iemand wat, in haar eie woorde al soos ʼn haas verskrik is deur haar pa maar wat haar eenvoudig nie laat onderkry nie. Sy sou gaan leer, buig of bars. En sy het nie opgehou voordat sy ʼn doktorsgraad verwerf het nie.

John C. Maxwell Dagbeplanner 2022 - (Met Ritssluiter)(Blou | Grys) (Afrikaans, Leather / fine binding): John C. Maxwell John C. Maxwell Dagbeplanner 2022 - (Met Ritssluiter)(Blou | Grys) (Afrikaans, Leather / fine binding)
John C. Maxwell
R299 R195 Discovery Miles 1 950 Save R104 (35%) Ships in 1 working day

Die John C. Maxwell Dagbeplanner spog met unieke, nuwe ontwerpe in ’n A5 kunsleer-formaat en bevat wysheid in insig van John Maxwell, befaamde leierskapdeskundige. Besigheidsmense kan nou ’n beplanner kies wat aan hulle behoeftes ťn smaak voldoen.

Kenmerke sluit in:

  • Inspirerende daaglikse en maandelikse aanhalings
  • Openbare vakansiedae en skoolkwartale vir Suid-Afrika, NamibiŽ, Botswana en Zimbabwe
  • Jaarbeplanners en kalenders vir 2022 en 2023
  • Jaarlikse en maandelikse kalenders
  • ’n Bladsy-per-dag met plek vir prioriteite, afsprake, notas en finansiŽle aanwysers
  • Logboek om brandstof en afstand op te teken
  • Notabladsye
  • 210 x 142 mm, kunsleer met ritssluiter, lintmerker
Marilyn Kuier En Kook! (Afrikaans, Paperback): Marilyn Gantana Marilyn Kuier En Kook! (Afrikaans, Paperback)
Marilyn Gantana
R280 R241 Discovery Miles 2 410 Save R39 (14%) Ships in 1 working day

As ’n eggenote en pastoriemoeder, ma van drie volwasse kinders en voltydse hoŽrskoolonderwyseres weet Marilyn Gantana presies hoe kosbaar tyd is. In Marilyn kuier en kook! nooi sy ons om te deel in die keur van haar versameling resepte wat sy vir meer as 30 jaar al bymekaar maak en toets. Daar is familieresepte wat sy tydens haar grootwordjare by haar ma en tannies geleer het en dan ook die wonderlike staatmakers wat geliefde gemeentelede van Loeriesfontein en Grabouw met haar gedeel het. Smulkos soos gebraaide lamsribbetjies, pannekoekies met hoendervulsel, mini-seekos quiches en roosterkoek word op ’n eenvoudige en bekostigbare manier berei met bestanddele wat reeds in elke Suid-Afrikaner se koskas teenwoordig is. Die resepte is sonder fiemies, doenbaar en gou om te maak.

Musiekensiklopedie Vir Kinders - Ontdek Die Wereld Van Musiek (Afrikaans, Paperback): Hans-Gunter Heuman, Monica Heuman Musiekensiklopedie Vir Kinders - Ontdek Die Wereld Van Musiek (Afrikaans, Paperback)
Hans-Gunter Heuman, Monica Heuman; Illustrated by Andreas Schurmann; Translated by Maria Smit
R229 Discovery Miles 2 290 Ships in 1 working day

Hoe lyk 'n balalaika en wat is ritme? Wie was Robert Schumann? In die boek se 250 artikels oor instrumente, komponiste en musiekterme uit klassieke musiek, jazz en popmusiek sal jy antwoorde op die en hope ander musiekverwante vrae vind! 'n Noodsaaklike naslaanbron vir kinders wat lief is vir musiek, met meer as 200 volkleurillustrasies en fotoís, talle notevoorbeelde, ín register met ongeveer 1000 terme met verklarings oor die herkoms en uitspraak daarvan.

Dagboek Sonder Grense (Afrikaans, Paperback): LAPA Uitgewers Dagboek Sonder Grense (Afrikaans, Paperback)
LAPA Uitgewers
R299 Discovery Miles 2 990 Ships in 1 working day

Dagboek Sonder Grense is 'n enige-jaar beplanner propvol inspirerende projekte wat jou kreatiwiteit vlerke sal gee.

Die pragtige hardeband publikasie bevat 'n bladsy vir elke dag van die jaar maar dit word nie aan 'n spesifieke weeksdag gekoppel nie. Die dagboek spog met bydraes deur skrywers soos Janine Bevolo-Manders, Dina Botha, Alta Cloete, Chantelle de Wet, Madelie Human, Sophia Kapp en Elsa Winckler, sowel as resepte van onder meer Koelsoem Kamalie & Flori Schrikker, Cass Abrahams, Annatjie Melck, Helen Schoer, Riana Scheepers en Sjef Snoekie. Daar is ook handwerk- en kunsvlytprojekte deur Christa Swanepoel, Thana Nel en Marlene Schoeman, sowel as woordraaisels en doodle-projekte deur XWord en Rina Burger.

Vroue kan tred hou met hul afsprake, vriende en familie se verjaarsdae, sowel as inkopielyste en wat om te maak vir aandete. Boonop is daar oorgenoeg spasie om hul oefenprogram te beplan en gebedslyste saam te stel.

Die Ickabog (Afrikaans, Paperback): J. K. Rowling Die Ickabog (Afrikaans, Paperback)
J. K. Rowling
R190 R164 Discovery Miles 1 640 Save R26 (14%) Ships in 1 working day

Die koninkryk van KornukopiŽ was eens op ’n tyd die gelukkigste in die wÍreld. Daar was baie goud, ’n koning met die spoggerigste snor, slagters, bakkers en kaasmakers wie se uitsonderlike kos mense laat jubel en juig het.

Alles was perfek – behalwe vir die mistige Moerasland in die noorde wat, volgens legende, die tuiste van die monsteragtige Ickabog was. Mense met gesonde verstand weet dat die Ickabog net ’n mite is, ’n bangmaakstorie vir kinders. Maar soms neem so ’n storie ’n lewe van sy eie aan.

Kan ’n mite veroorsaak dat ’n geliefde koning sy titel kwyt raak? Kan ’n mite ’n eens gelukkige land op sy knieŽ bring? Kan ’n mite twee brawe kinders op ’n avontuur stuur waarvoor hulle nie gevra het nie en wat hulle nooit sou kon verwag nie?

Superkos Vir Superkinders - Die Kos Revolusie: Die Kinderboek (Afrikaans, Paperback): Tim Noakes, Jonno Proudfoot, Bridget... Superkos Vir Superkinders - Die Kos Revolusie: Die Kinderboek (Afrikaans, Paperback)
Tim Noakes, Jonno Proudfoot, Bridget Surtees
R125 R25 Discovery Miles 250 Save R100 (80%) Ships in 1 working day

Die Kos Revolusie het die wereldwye vetsug-epidemie aangespreek met 'n revolusionere benadering tot eet: Dit het diepgewortelde oortuigings uitgedaag, was (en bly steeds) 'n rekordverkoper regoor Suid-Afrika, en het mense se lewens verander. Met Superkos Vir Superkinders beoog die skrywers 'n revolusie in kindervoeding.

Hulle glo dit is tyd om die kindervoedselbedryf sowel as ons uitgediende aannames daaroor uit te daag – tyd om ons kinders die beste voeding en die beste wegspring in die lewe te gee.

Superkos Vir Superkinders is nie 'n banting-kookboek nie, en gaan nie oor ‘geen-koolhidrate’ voeding vir kinders nie. Maar deur 'n ‘ware kos’ eetplan wat laag in suiker en verfynde koolhidrate is, te bepleit, verteenwoordig dit Die Kos Revolusie se volgende stap om die wereld te verander.

Draairivier (Afrikaans, Paperback): Engela Ovies Draairivier (Afrikaans, Paperback)
Engela Ovies
R260 R224 Discovery Miles 2 240 Save R36 (14%) Ships in 1 working day

Draairivier, Engela Ovies se debuutroman, is ’n deernisvolle verhaal oor familie, vriendskap, liefde en vergifnis.†

Soe Rond Ommie Bos - Gedigte (Afrikaans, Paperback): Veronique Jephtas Soe Rond Ommie Bos - Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Veronique Jephtas
R191 Discovery Miles 1 910 Ships in 1 working day

Veronique Jephtas verteenwoordig die kraakvars stem van ’n nuwe generasie Afrikaanssprekendes – die born frees, gebore nŠ 1994 – wat grootgeword het in ’n land met meer geleenthede vir almal maar waar die wonde van die verlede halsstarrig bly sweer.

In Soe rond ommie bos skryf Jephtas protesposie en verbeel ’n gemeenskap wat vry is van gesprekke wat rondom die bos loop.

Syferfontein (Afrikaans, Paperback): Cas Wepener Syferfontein (Afrikaans, Paperback)
Cas Wepener
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 1 working day

Dekades lank het Peet van Jaarsveld sy bokplaas Syferfontein in die Karoo met 'n ysterhand bestuur. Na die afsterwe van sy eggenoot leef hy in toenemende isolasie van sy kinders en die gemeenskap en probeer homself probeer oortuig dat sy dade en ongenaakbare houding teenoor ander verantwoord is.

Tydens Geloftenaweek in 1960 gebeur daar enkele dinge op sy plaas wat sy ouderdom, eiesinnigheid en verval onder die vergrootglas plaas. Syferfontein is die noukeurige en vaardige bestekopname van die herinneringe, denke en drome van ín bejaarde man en vertel die verhaal van die uiteindelike ondergang van ín patriargale Afrikaner oor die tydsverloop van 'n enkele naweek.

In hierdie tragedie waarin Peet van Jaarsveld van sy verlede rekenskap neem, wys outeur Cas Wepener ons 'n wereld en 'n denkwyse wat op makabere manier sowel vertroud as vreemd is.

'n blonde bom (Afrikaans, Paperback): Dihanna Taute 'n blonde bom (Afrikaans, Paperback)
Dihanna Taute 1
R165 R142 Discovery Miles 1 420 Save R23 (14%) Ships in 1 working day

In die laaste boek in die gewilde trilogie begin Lehandi se matriekjaar slegter as ín rugbywedstryd wat uitgereen het. Haar ma is verloof en Prissie die Vissie is saam met haar strooimeisie. En dit terwyl Lehandi alweer single is. Boonop het die nerd Peyton van vakansie af teruggekom met spiere en kontaklense. En alles verander skielik handomkeer, 180 grade in die verkeerde rigting, wanneer haar vorige BFF Reqita weer terugstap in haar lewe in.

Moet Ons Waai? - Om Te Emigreer Of Nie: 20 Meningsvormers SÍ (Afrikaans, Paperback): Alet Law Moet Ons Waai? - Om Te Emigreer Of Nie: 20 Meningsvormers SÍ (Afrikaans, Paperback)
Alet Law; Marita Van Der Vyver, Nathan Trantaal, Bouwer Bosch, Melanie Verwoerd, …
R290 R249 Discovery Miles 2 490 Save R41 (14%) Ships in 1 working day

Die debat oor emigrasie is so oud soos Suid-Afrika se demokrasie self. Toe die “nuwe Suid-Afrika” in 1994 aangebreek het, het talle mense die land verlaat uit vrees vir wat ‘n meerderheidsbewind sou inhou. Nog meer het in die jare sedertdien getrek opsoek na ‘n beter lewe en Suid-Afrikaanse gemeenskappe is nou in plekke soos Kanada, Engeland en AustraliŽ te vinde.

Vandag, 25 jaar nŠ demokrasie en in die lig van kwynende optimisme oor die toekoms van die land, is daar nuwe lewe in die debat oor emigrasie. Hierdie keer word dit nie net in reaksionÍre kringe gevoer nie, maar om die eetkamertafels van meerdere Suid-Afrikaners.

Met die realiteit van nege vermorste jare wat aan ons beursies en toekomsmoontlikhede knaag, en die aanloklike geleenthede wat die globale ekonomie bied, vra al hoe meer mense, “Moet ek waai?”

In Moet ons waai? takel meer as 20 van Suid-Afrika se voorste meningsvormers, insluitend Piet Croucamp, Dana Snyman, Melanie Verwoerd en Jonathan Jansen, hierdie vraag. Dit is poging tot insig oor ‘n kwessie wat swaar weeg op ons kollektiewe psige, en ‘n uitdaging aan elke persoon wat dit oorweeg om te waai, reeds gegaan het of besluit het om te bly om te floreer as Suid-Afrikaners waar ook al hulle hulself mag bevind.

Seisoene Op Parool (Afrikaans, Paperback): Hans Pienaar Seisoene Op Parool (Afrikaans, Paperback)
Hans Pienaar
R210 Discovery Miles 2 100 Ships in 1 working day

Bekende digter en resensent Louis Esterhuizen het die volgende oor hierdie versameling gedigte gesÍ: “Kenmerkend is die ironiese, selfs sardoniese, toon terwyl die stem se personasie in die gedigte dikwels skollieagtig is; iets wat direk verband hou met die titel se verwysing na parool: Iemand wat voorwaardelik vrygelaat is, dog streng by beheermaatreŽls moet hou ten einde daardie gewaande vryheid te handhaaf en hernieude tronkstraf te voorkom. Die digter slaag om indrukwekkende wyse daarin om diť filosofiese beskouing van vryheid vs gebondenheid verteenwoordigend van die mens se algehele lewenslot te maak.”

'n Hart Is So Groot Soos 'n Vuis (Afrikaans, Paperback): P.P. Fourie 'n Hart Is So Groot Soos 'n Vuis (Afrikaans, Paperback)
P.P. Fourie
R290 R249 Discovery Miles 2 490 Save R41 (14%) Ships in 1 working day

Die storie van ’n seun, Paul, se komplekse verhouding met sy gewelddadige dog charismatiese alkoholis-pa. Paul onthou sy ouers se somtydse versoening, gevolg deur desperate vlugtogte saam met sy ma.

Dit is ook die roerende verhaal van Paul se ontwikkeling as jongman, en van sy selfontdekking. En die storie van sy ontferming oor sy vervreemde half-broer, iemand wat hy met alle mag wil beskerm, die enigste ander persoon wat dŠŠrdie man “Pa” kan noem.

#Presiesanders: Eksperimente En Eerste Soene (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn #Presiesanders: Eksperimente En Eerste Soene (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn
R150 R129 Discovery Miles 1 290 Save R21 (14%) Ships in 1 working day

Zoe en Zoya is n identiese tweeling. Maar dit is waar die ooreenkoms eindig. Terwyl Zoe gedurig haar neus in 'n boek het en posters van die periodieke tabel teen haar kamermuur plak, is Zoya meer behep met haar voorkoms en die nuutste ou waarop sy kamtig verlief is. Wanneer Zoe 'n klomp seuns as proefkonyne gebruik vir haar ekspo-taak, raak dinge gekompliseer. Zoe moet net beheer kry van haarself. En beslis en absoluut totaal en al nie staan en verlief raak op haar sussie se kerel nie!

Dominique (Afrikaans, Paperback): Erla-Mari Diedericks Dominique (Afrikaans, Paperback)
Erla-Mari Diedericks
R260 R224 Discovery Miles 2 240 Save R36 (14%) Ships in 1 working day

Dalk is hy hier. Besig om jou dop te hou.

Dominique is ’n kunstenares en ’n hoogsbetaalde gesellin wat spesialiseer in seksfetisjes. Martin is ’n sielkundige wat bekruipers navors. Hul paaie kruis wanneer Dominique by Martin om hulp aanklop omdat sy agtervolg word. Hulle mag so uiteenlopend wees soos nag en dag, maar albei word geteister deur donker geheime. Martin het syfers nodig om sy angstigheid te beheer, Dominique die vertroosting van haar sekswerk-persona, Courtesan.

Soos Dominique en Martin deur haar lys van klante werk om Die Bekruiper te ontbloot, word die bedreiging al hoe erger. En die tyd al hoe minder.

Die Gevaarlikste Boek Op Aarde (Afrikaans, Paperback): De Wet Hugo Die Gevaarlikste Boek Op Aarde (Afrikaans, Paperback)
De Wet Hugo; Illustrated by Johann Strauss
R145 R125 Discovery Miles 1 250 Save R20 (14%) Ships in 1 working day

Gretha maak ’n groot fout wanneer sy haar stiefsussie se sprokiesboek uit wraak vernietig. Want nou bevind sy en haar beste vriend, Hannes, hulle in die koninkryk van FantastoriŽ, waar ongekende gevare wag. Saam met die iesegrimmige kabouter Kabous moet hulle die sprokieswÍreld deursoek vir vyf unieke legkaartstukke, sodat die TowerspieŽl hulle dalk sal toelaat om terug te keer huis toe . . . 'n Kies-jou-eie-avontuur-storie propvol avontuur en naelbyt-aksie!

Hier Verlaat Ek Jou (Afrikaans, Paperback): Miriam Telanie Hier Verlaat Ek Jou (Afrikaans, Paperback)
Miriam Telanie
R235 R202 Discovery Miles 2 020 Save R33 (14%) Ships in 1 working day

Senobia Arendse, ’n taalversorger van Prins Albert, se toekoms lÍ en wink waar sy vroegoggend in Bellville op haar nuwe woonstelmaat wag. Palesa word vergesel deur drie dashing†jongmanne. En dis veral die selfversekerde DJ, Ayanda Ngubane, met sy breŽ glimlag, wat haar beÔndruk. Maar net wanneer Senobia begin dink haar nuwe lewe is maanskyn en rose, stap die verlede saam met Palesa by die voordeur in. Mondeo Hendricks, haar eerste liefde, is terug asof dit nog altyd in die sterre voorspel is. †

Jou Geldsake - Hou Kop In Onseker Tye (Afrikaans, Paperback): Theo Vorster Jou Geldsake - Hou Kop In Onseker Tye (Afrikaans, Paperback)
Theo Vorster
R260 R224 Discovery Miles 2 240 Save R36 (14%) Ships in 1 working day

Covid-19 het die wÍreldekonomie soos 'n atoombom getref. Die markte het getuimel en skielik is almal armer as voorheen. Pensioene het gekrimp, werksekerheid is 'n luukse en gesinne weet nie of hulle hul huis- en motorpaaiemente sal kan bekostig nie. Hoe hou ek kop in hierdie onseker tyd? Een van die land se voorste ekonome, Theo Vorster, gee raad oor hoe om jou geldsake te bestuur sodat jy hierdie, en ander krisisse, finansieel kan oorleef.

Roxy (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Roxy (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R290 R249 Discovery Miles 2 490 Save R41 (14%) Ships in 1 working day

Jessica Rabbit probeer nie voorgee om iets te wees wat sy nie is nie. Sy’s ’n uitlokkende vrou en klaar.

Op haar een-en-dertigste verjaarsdag besluit Roxy sy soek ’n roekelose, skelrooi lipstiek-lewe. Almal dink in elk geval sy is sletterig en uitgesproke – grotendeels weens haar blog wat sy onder die skuilnaam Jessica Rabbit skryf. Haar kollega Zander dink sy is Jessica Rabbit in lewende lywe: so witwarm sensueel dat sy ’n nat lap aan die brand kan steek. Roxy voel allesbehalwe sensueel, en die geraamtes uit haar verlede beduiwel telkens haar flirtasies en verhoudings. Daarom gryp sy nou na rooi lipstiek.

Wanneer Zander se pa, die bekende motiveringspreker Adam Muller, op die toneel verskyn, raak Roxy se lipstiek-lewe nog meer deurmekaar. Die enigste sekerheid in Roxy se nuwe wÍreld blyk Ouma Lot te wees – totdat diť ook in raaisels begin praat. Roxy se lipstiek begin al meer na oorlogsverf lyk. . .

Die Alchemis (Afrikaans, Paperback): Paulo Coelho Die Alchemis (Afrikaans, Paperback)
Paulo Coelho; Translated by Kobus Geldenhuys
R191 Discovery Miles 1 910 Ships in 1 working day

Hierdie verhaal, skitterend in sy eenvoud, gaan oor ín Andalusiese skaapwagter genaamd Santiago wat uit sy vaderland Spanje vertrek en deur Egipte se woestyn reis op soek na ín skat wat by die piramides begrawe is. Langs die pad ontmoet hy ín sigeunerin, ín man wat homself ín koning noem, en ín alchemis. Hulle almal help Santiago om tydens sy soektog op koers te bly. Niemand weet wat die skat is en of Santiago die struikelblokke langs die pad sal oorkom nie. Maar wat begin as ín reis op soek na wereldse goed, verander in ín ontdekking van die skat binne-in ín mens self. Santiago se verhaal is ryk, inspirerend en eg menslik; dis ín universele ode aan hoe ons drome ons kan transformeer en hoe belangrik dit is om na ons harte te luister.

SAIGR Studente Handboek 2016/2017: Volume 2 (Afrikaans, Paperback): SAIGR Studente Handboek 2016/2017: Volume 2 (Afrikaans, Paperback)
1
R779 R25 Discovery Miles 250 Save R754 (97%) Ships in 1 working day

SAIGR Studente Handboek Volume 2 bestaan uit:

  • Volume 2A: (1)- International Audit Standards Part 1, Volume 2A (2)-International Audit Standards Part 2 & 3
  • Volume 2B: SAICA Pronouncements, IRBA Pronouncements, Afrikaans Translations (SAICA and IRBA)
  • Volume 2C: Wetgewing: Maatskappywet (2008), Companies Regulations (2011-Slegs in Engels), Wet op Beslote Korporasies (1984), Auditing Profession Act (2005-Slegs in Engels), Public Finance Management Act (1999-Slegs in Engels)
  • Volume 2D: Governance: King Code of Governance for SA 2009, King Report on Governance for SA 2009
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
SILKE: Eerste Kennismaking Met Belasting…
Paperback  (1)
R587 R25 Discovery Miles 250
SAIGR Studente Handboek 2016/2017…
Paperback R461 R25 Discovery Miles 250
Nova 2: Vuurdoop
Fanie Viljoen Paperback R200 R172 Discovery Miles 1 720
Die Land Brand En Die Koning Lig 'n…
Susan Fourie Paperback R220 R189 Discovery Miles 1 890
Seuns Sonder Pa's
Julian Jansen Paperback R230 R198 Discovery Miles 1 980
Sielsiek - Die Psige van Suid-Afrika se…
Dr. Henk Swanepoel, Carla van der Spuy Paperback R300 R258 Discovery Miles 2 580
Eerste Bloed - Wereld Van Wolwe: Boek 1
Fanie Viljoen Paperback R200 R172 Discovery Miles 1 720
Brand
Peet Venter Paperback R280 R241 Discovery Miles 2 410
Op Soek Na Saartjie - Lagenhoven Se…
Dominique Malherbe Paperback  (2)
R320 R275 Discovery Miles 2 750
Weber Se Beste Braaiboek
Jamie Purviance Hardcover R430 R343 Discovery Miles 3 430

 

Partners