0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (1)
  • R50 - R100 (4)
  • R100 - R250 (33)
  • R250 - R500 (36)
  • R500+ (44)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Besigheid en Ekonomie

Steinhoff - En Die Stellenbosse Boys (Afrikaans, Paperback): James-Brent Styan Steinhoff - En Die Stellenbosse Boys (Afrikaans, Paperback)
James-Brent Styan
R280 R254 Discovery Miles 2 540 Save R26 (9%) In stock

Op Dinsdag 5 Desember 2017 was die Steinhoff-groep nog R199 miljard werd. Vier en twintig uur later is meer as R160 miljard daarvan uitgewis. Die Steinhoff-sakeryk, wat oor 20 jaar tot ’n internasionale sakereus opgebou is, het oornag verkrummel.

Markus Jooste, Steinhoff se flambojante grootbaas, het per SMS bedank en vlug sedertdien van die een na die ander geraamte wat uit sy kas val: tientalle spoghuise vir ’n blonde minnares, resiesperde, bewerings van bedrog en ’n blinkswart Jaguar vir ’n ou universiteitskoshuis.

Wat presies het hier gebeur? Wie het wat geweet? Wat is Steinhoff, wie is Markus Jooste en wat het dit met die sogenaamde Stellenbosch-mafia te doen? Hoe pas Christo Wiese, Shoprite en Pepkor in en waarheen is die pensionarisse se geld? Die bekende sakeskrywer James-Brent Styan beantwoord diť en ander vrae in hierdie verstommende verhaal van die grootste finansiŽle ineenstoring in die geskiedenis van Suid-Afrika.

Deur onderhoude met betroubare bronne, inligting uit vertroulike dokumente en in- dieptenavorsing oor Steinhoff se geskiedenis, onthul hy dŪt wat die groep oor jare probeer wegsteek het.

Steinhoff en die Stellenbosse Boys is ’n boeiende sakeriller wat nog dekades lank in sowel raadsale as sitkamers oorvertel sal word.

Oor Grense - 'n Lewe in die Media in 'n Tyd van Verandering (Afrikaans, Paperback): Ton Vosloo Oor Grense - 'n Lewe in die Media in 'n Tyd van Verandering (Afrikaans, Paperback)
Ton Vosloo
R275 R225 Discovery Miles 2 250 Save R50 (18%) In stock

Ton Vosloo is een van die mees gerekende koerant- en sakemanne in Suid-Afrika. Gedurende sy loopbaan van sowat sestig jaar het Suid-Afrika op politieke front ’n drastiese ommekeer ondergaan: die Nasionale Party het plek gemaak vir ’n ANC-regering, wat gelei het tot transformasie op sosiale, ekonomiese en sakefront.

In 1983 is Vosloo as die besturende direkteur van Naspers aangestel en het hy hom dit ten doel gestel om diť groep – wat in 1913 as mondstuk van die Nasionale Party gestig is – te vernuwe. Vosloo het die maatskappy deur diep, onstuimige waters gestuur: op ideologiese vlak was dit ’n geveg tot die dood toe met die regse Perskor-groep om die steun van Afrikaners te wen.

Naspers moes ook op kommersiŽle vlak moderniseer. Dit het uiteindelik gelei het tot die stigting van M-Net, Suid-Afrika se eerste betaaltelevisiekanaal. In 1992 is Vosloo as voorsitter van Naspers aangestel en het Koos Bekker die pos as besturende direkteur aanvaar. Onder Bekker se leiding het Naspers belÍ in die Chinese internetmaatskappy Tencent, en vinnig ontwikkel tot ’n groep wat vandag finansiŽle belange regoor die wÍreld het. DŪt sou nie moontlik gewees het sonder die fondasie wat Vosloo in die vroeŽ tagtigs vir sodanige vernuwing gelÍ het nie.

Oor Grense is Ton Vosloo se memoir oor sy lewe in die koerantwÍreld in ’n tyd toe Naspers nog baklei het om die posisie as markleier, ’n tyd toe die koerante binne sy stal baie na aan die politici van die dag gestaan het. Met sy eiesoortige humorsin en styl as gesoute joernalis vertel Ton Vosloo die storie van Naspers en van sy uiteenlopende ervarings as koerantman en sakeleier.

Ook beskikbaar in Engels as Across Boundaries

Megaboere (Afrikaans, Paperback): Wynand Dreyer Megaboere (Afrikaans, Paperback)
Wynand Dreyer
R250 R176 Discovery Miles 1 760 Save R74 (30%) Dispatched within 4 - 8 working days

Megaboere, kykNET se gewilde reeks oor suksesvolle boere in Suid-Afrika, het kykers reeds vir twee seisoene vasgenael gehou, en ’n derde een is op pad. In hierdie boek neem Wynand Dreyer, vervaardiger van die reeks, en sy produksiespan jou na die plaaseienaars op wie die kollig tot dusver in die reekse geval het.

Hy bied nie net interessante profiele oor gevestigde en opkomende boere met uitsonderlike ondernemingsgees nie; hy probeer die suksesresep ontrafel wat hedendaagse boere in staat stel om die aarde op volhoubare wyse te benut. Of jy self aan die stuur van ’n boerderyonderne¨ming staan en of jy bloot nostalgies voel oor jou voorgeslagte se geskiedenis wat op boereplase beslag gekry het, een ding is seker: jy sal verwonderd staan oor die kreatiwiteit en vernuf wat dit verg om Suid-Afrika se voedselmandjie vol te hou.

Volg vir Wynand op paaie wat lei tot die verste uithoeke van die land en ontdek die grond¨beginsels wat van boere pro-aktiewe entrepreneurs en sakemanne met visie maak.

Closet - The Remarkable Wardrobe of NataniŽl (English, Afrikaans, Paperback): Nataniel Closet - The Remarkable Wardrobe of NataniŽl (English, Afrikaans, Paperback)
Nataniel
R395 R334 Discovery Miles 3 340 Save R61 (15%) Dispatched within 13 - 21 working days

Truly unique, Closet offers a visual celebration as exceptional as its author. As Nataniel looks back on his 30-year career, he takes us into his closet, showing his first self-made costumes, introducing his three designers and sharing close-up details of the most astounding costumes from his shows. Also with photo shoots, magazine and CD covers, Closet is a visual feast, a collector's item and an ode to an exceptional South African artist.

Closet is ’n unieke, luukse visuele viering en versamelstuk. NataniŽl kyk oor sy roemryke loopbaan van 30 jaar terug wanneer hy sy aanhangers ’n kykie in sy klerekas gee. Hy wys van sy eerste kostuums, stel sy drie kostuumontwerpers voor, en vertoon sy heel beste kostuums van naderby. Closet, wat ook fotosessies, CD-omslae en katalogusse insluit, is ’n fees vir die oog en ’n ode aan ’n besondere kunstenaar.

Toe-Val-Lig: Die Beste Stories van Toeval uit Tjailatyd (Afrikaans, Paperback): Amore Bekker Toe-Val-Lig: Die Beste Stories van Toeval uit Tjailatyd (Afrikaans, Paperback)
Amore Bekker
R235 R189 Discovery Miles 1 890 Save R46 (20%) Dispatched within 13 - 21 working days

Die geliefde en gewilde Amore Bekker se keuse van die beste, soms ongelooflike ware stories van toeval soos uitgesaai op RSG se middagprogram Tjailatyd. Luisteraars van dwarsoor die land deel hul ervaringe van die vreemde toeval wat ons lewens soms so onverklaarbaar kan aanraak. Amore het net minder as 100 van die beste stories uitgsoek vir 'n boek wat jou sal laat lag, laat huil, en laat wonder.

Afrikaner-Kapitalisme: van Brandarm tot Stinkryk (Afrikaans, Paperback): David Meade Afrikaner-Kapitalisme: van Brandarm tot Stinkryk (Afrikaans, Paperback)
David Meade; Foreword by Hermann Giliomee
R250 R215 Discovery Miles 2 150 Save R35 (14%) Dispatched within 10 - 15 working days

Saam met die sterwe van die ou Suid-Afrika het ook “Afrikaner Volkskapitalisme” gesneuwel, wat veral gekenmerk is deur die einde van die eens magtige Sanlam en sy eweknie in die Noorde, Volkskas, wat eers deel van Rembrandt en toe later deel van Barclays van Brittanje geword het. Hierdie twee organisasies het vir dekades die dinamo van Afrikaner-sake aan die gang gehou.

Terwyl Afrikaner-kapitalisme oor die laaste dekade of wat byna krampagtig gesoek het na nuwe suurstof om te kan oorleef, is daar stil-stil ’n nuwe grondslag gelÍ vir ’n nuwe geslag Afrikaner-kapitaliste. Nuwe mijardÍrs is orals geskep deur aandele-pryse wat ten hemele gejaag is en in die proses het dit in die jongste tyd begin lyk of van hierdie bate-spirale op baie dun ys gebou is en dalk ook groot sarsies bedrog.

Hierdie boek bespreek die huidige ekonomiese klimaat op ‘n interessante en toeganklike manier.

Legkaart van 'n Jong Lewe - Essays Oor Wat Was en Geword Het (Afrikaans, Paperback): Dolf van Niekerk Legkaart van 'n Jong Lewe - Essays Oor Wat Was en Geword Het (Afrikaans, Paperback)
Dolf van Niekerk
R180 R150 Discovery Miles 1 500 Save R30 (17%) Dispatched within 10 - 15 working days

Ter viering van Dolf van Niekerk se negentigste verjaarsdag verskyn hier ’n versameling filosofiese, bepeinsende en besinnende essays uit die pen van een van Afrikaans se meesterskrywers.

Vanaf sy vroegste gewaarwordinge tot sy kennismaking met groot filosowe soos Nietzsche, Kant en Hegel op universiteit en in sy daaglikse handel en wandel daarna: altyd maar bly die bewustheid van ’n onsigbare “iets” by hierdie aristokratiese gees – en ’n soeke na ’n beter verstaan van dŪt wat “die sterretyd en die menstyd aan mekaar verbind”.

In 48 essays wat die biografiese tydperk tussen ongeveer sy vyfde en twintigste lewensjaar dek, skryf ’n deurleefde, wyse Van Niekerk oor sy vroegste herinnerings aan sy geboortedorp, sy gesin en sy helderste herinnerings aan die plekke en mense wat hom gevorm het tot die mens wat hy geword het. Want, soos wat hy in die verhaal “Die skinkbord” skryf: Jy kan net wees wie jy is, en jy is wat jy word.

Draai Jou Sente Om (Afrikaans, Paperback): Abrie Coetzee Draai Jou Sente Om (Afrikaans, Paperback)
Abrie Coetzee 1
R170 R146 Discovery Miles 1 460 Save R24 (14%) Dispatched within 5 - 13 working days

Het jy met te min geld afgetree om in jou behoeftes te voorsien? Of is jou situasie so kritiek dat jou maandelikse uitgawes nie meer deur jou aftree-inkomste gedek word nie? Is jy onseker en weet nie wat jy kan doen om jou finansiŽle posisie te verbeter nie?

Hierdie boek bied jou wenke hoe om uit jou finansiŽle verknorsing te kom. Dis ’n versameling riglyne wat finansiŽle adviseurs wÍreldwyd nuttig gevind het. Die planne word in eenvoudige taal en maklik verstaanbaar aangebied. Jy hoef nie ’n finansiŽle kundige te wees om hulle uit te voer nie.

'n Konstante Revolusie - Naspers, Media24 en Oorgange (Afrikaans, Paperback): Lizette Rabe 'n Konstante Revolusie - Naspers, Media24 en Oorgange (Afrikaans, Paperback)
Lizette Rabe
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) In stock

Naspers is een van 'n handjievol maatskappye uit Afrika wat binne een eeu gegroei het tot 'n globale mededinger met rekordaandelepryse - en dit boonop op die gebied van tegnologie.

Die versameling essays, geskryf deur groot geeste in die Suid-Afrikaanse mediawereld, gaan oor die boustene van die grootste mediamaatskappy op die kontinent.

Dit is 'n onderneming wat tendense vroeg identifiseer, dit aanpas vir die markte waarin hy bedrywig is en dit benut tot groot voordeel van die maatskappy, sy aandeelhouers en sy werknemers.

Maatskappye en ander besigheidstrukture (Afrikaans, Paperback, 3rd ed): D. Davis, W. Geach Maatskappye en ander besigheidstrukture (Afrikaans, Paperback, 3rd ed)
D. Davis, W. Geach
R610 R537 Discovery Miles 5 370 Save R73 (12%) In stock
Besigheidsreg (Afrikaans, Paperback, 6de): Besigheidsreg (Afrikaans, Paperback, 6de)
R1,097 R1,041 Discovery Miles 10 410 Save R56 (5%) In stock
Rand en Sent (Afrikaans, Paperback): Suzaan Steyn Rand en Sent (Afrikaans, Paperback)
Suzaan Steyn
R220 R173 Discovery Miles 1 730 Save R47 (21%) Dispatched within 4 - 8 working days

Rand en sent, gegrond op die gewilde gelyknamige RSG- program, is ’n onontbeerlike gids vir die man op straat tot goeie persoonlike finansiŽle bestuur. Die kundigheid van kenners van gerespekteerde finansiŽle instellings word op ’n toeganklike manier beskikbaar gestel aan lesers wat nie noodwendig toegang tot die dienste van adviseurs of konsultante het nie.

Raad word verskaf oor hoe om ’n begroting behoorlik op te stel – en te laat klop. Suid-Afrikaners wat hulle in die dryfsand van skuld bevind, kry waardevolle wenke oor hoe om uit die spiraal te ontsnap en te begin spaar. Alles wat ’n mens oor eiendombeleggings, algemene en aanlynbeleggings behoort te weet, is hierin vervat. Inligting oor hoe om die maksimum opbrengs uit polisse te verseker, word gegee, en skuiwergate wat ’n mens op die finansiŽle pad kan laat struikel, word uitgewys.

Hierdie boek is noodsaaklike leesstof vir alle Suid-Afrikaners wat verantwoordelikheid vir hul geldsake wil neem.

Rekeningkundige standaarde - `n Omvattende vraeboek oor internasionale finansiele verslagdoeningstandaarde (Afrikaans,... Rekeningkundige standaarde - `n Omvattende vraeboek oor internasionale finansiele verslagdoeningstandaarde (Afrikaans, Paperback, 18th ed)
Nico van der Merve
R756 R630 Discovery Miles 6 300 Save R126 (17%) Dispatched within 4 - 8 working days

Die agtiende uitgawe van Rekeningkundige Standaarde is bedoel vir tweede- of derdejaarstudente in Finansiele Rekeningkunde of studente wat graag 'n inleiding tot rekeningkundige standaarde wil he. Hierdie uitgawe stel studente bekend aan die beginsels van die Internasionale Finansiele. Verslagdoeningstandaarde. Die rekeningkundige beginsels word geillustreer deur vrae wat geleidelik in moeilikheidsgraad toeneem. Die benadering bevorder studente se begrip van die beginsels en stel hulle in staat om finansiele state op 'n praktiese manier te bemeester. 'n Aanduiding word gegee indien 'n vraag onderwerpe bevat wat nie in die hersiene SAICA-sillabus voorkom nie, maar wat relevant vir ander sillabusse mag wees of vir die verdieping van die student se begrip.

Daar doer in die fliek (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Daar doer in die fliek (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop 1
R350 R329 Discovery Miles 3 290 Save R21 (6%) Dispatched within 10 - 15 working days

Daar doer in die fliek sluit aan by die televisiereeks met dieselfde naam wat op kykNet uitgesaai is. Die omvangryke boek gee 'n oorsig oor die ontwikkeling van Afrikaanse rolprente vanaf die heel vroegste stilprente tot en met die heel nuutste rolprente van ons tyd. Die geskiedenis begin met die dokumentere films wat tydens die Anglo-Boereoorlog gemaak is en die epiese De Voortrekkers uit die tyd van die stilprente. Daarna word gedetailleerde aandag aan elke dekade van die 20ste eeu gegee met belangrike figure soos Pierre de Wet, Jamie Uys, Emil Nofal Jans Rautenbach, Katinka Heyns, Leon Schuster en Dirk de Villiers. Die titel is ontleen aan Jamie Uys se baanbreker-rolprent van 1951, Daar doer in die bosveld, wat die begin was van Uys se hoogs suksesvolle loopbaan met rolprente soos Lord oom Piet en die internasionale treffer The gods must be crazy. Van Nierop kon gebruik maak van skaars rolprente in KykNet se videoteek en in die Nasionale filmargief. Talle onderhoude met akteurs, regisseurs en vervaardigers gee eerstehandse inligting oor die vervaardiging van bekende en suksesvolle rolprente. Alhoewel die klem op Afrikaanse rolprente val, word ook na baanbreker-rolprente in Engels en die inheemse tale verwys. Ten slotte word besondere aandag gegee aan die opbloei van die Afrikaanse rolprente in die eerste twee dekades van die 21ste eeu, waardeur talentvolle mense die geleentheid kry om aan hul drome uiting te gee. Die boek is Leon van Nierop se huldeblyk aan een van die oudste rolprentindustriee in die wereld. Die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse rolprentkuns word met 'n groot aantal fotoís geillustreer.

Wat's Nuus? (Afrikaans, Paperback): Riaan Cruywagen Wat's Nuus? (Afrikaans, Paperback)
Riaan Cruywagen
R9 Discovery Miles 90 Dispatched within 10 - 15 working days

Hier is dit nou! Riaan klim uit die TV-kas! Sy langverwagte outobiografie met die ware Riaan gaan elke mens laat regop sit.

Gou word die leser in hierdie kostelike, gemaklike en informatiewe biografie ingetrek, sodat jy later absoluut meegevoer word deur die welkome inligting. Dit voel eintlik asof jy vir ete by die Cruywagens genooi is en jy in 'n diep gemakstoel na daardie welluidende mooi stem sit en luister wat op 'n boertige en gesellige manier onthou. Hy bring al vir die afgelope 47 jaar vir ons die nuus in ons huis en lyk sowaar nog presies dieselfde. Vind uit hoekom hy die geloofwaardigste Suid-Afrikaner naas Nelson Mandela is. In hierdie boek wys ons jou wie Riaan werklik is. 'n Familieman wat ‘n passie het vir Afrikaans en wat mal is oor 'n goeie grap.

Hierdie boek gaan jou laat skater van die lag en jou hart laat warm klop na jy dit gelees het.

Effektiewe Gastehuisbestuur  (Afrikaans, Paperback): R. Henning Effektiewe Gastehuisbestuur (Afrikaans, Paperback)
R. Henning
R496 R422 Discovery Miles 4 220 Save R74 (15%) Dispatched within 4 - 8 working days

Droom jy daarvan om eendag jou eie gastehuis te bedryf? Of dalk bestuur jy reeds 'n gastehuis wat nie na wense presteer nie? Effektiewe Gastehuisbestuur is beide 'n inleiding tot die bestuur van 'n gastehuis sowel as 'n praktiese handleiding vir reeds bestaande gastehuise. Hierdie boek behandel die sleutelaspekte van die bedryf en gee ook raad wat sal help om die mees algemene slaggate te vermy.

Die Impak Van Jou Potensiaal (Afrikaans, Hardcover): John C. Maxwell Die Impak Van Jou Potensiaal (Afrikaans, Hardcover)
John C. Maxwell
R140 R116 Discovery Miles 1 160 Save R24 (17%) Dispatched within 5 - 10 working days

Ons is geneig om onsself te onderskat omdat ons daarvan oortuig is dat ons vermoŽns beperk is. Maar wat as ons veronderstelde beperkings net ’n illusie is?

In Die impak van jou potensiaal identifiseer en ondersoek John Maxwell die sewentien sleutel-kapasiteite wat elke persoon besit. Ons is met sommige daarvan gebore, soos hoe ons dink of hoe ons aansluiting vind by ander. Die res is keuses, dikwels onbewustelik, wat ons ingesteldhede of persoonlike dissiplines insluit. En daar is ruimte vir groei by almal.

Maxwell gee duidelike en handige advies oor wat ons kan doen om in hierdie verskillende gebiede van ons lewe te groei. Leer hoe om jou emosies te beheer en jou energie te verhoog, hoe om op te hou om dinge uit te stel en meer gemaklik te raak met risiko’s. Sodoende sal jy jou eie verwagtinge oortref en beter word as wat jy ooit gedink het moontlik is.

SAIGR Studente Handboek 2016/2017: Volume 2 (Afrikaans, Paperback): SAIGR Studente Handboek 2016/2017: Volume 2 (Afrikaans, Paperback)
1
R947 R282 Discovery Miles 2 820 Save R665 (70%) In stock

SAIGR Studente Handboek Volume 2 bestaan uit:

  • Volume 2A: (1)- International Audit Standards Part 1, Volume 2A (2)-International Audit Standards Part 2 & 3
  • Volume 2B: SAICA Pronouncements, IRBA Pronouncements, Afrikaans Translations (SAICA and IRBA)
  • Volume 2C: Wetgewing: Maatskappywet (2008), Companies Regulations (2011-Slegs in Engels), Wet op Beslote Korporasies (1984), Auditing Profession Act (2005-Slegs in Engels), Public Finance Management Act (1999-Slegs in Engels)
  • Volume 2D: Governance: King Code of Governance for SA 2009, King Report on Governance for SA 2009
Sakesukses!: Course book (Afrikaans, Paperback): ABE Development Sakesukses!: Course book (Afrikaans, Paperback)
ABE Development
R245 R216 Discovery Miles 2 160 Save R29 (12%) Dispatched within 4 - 8 working days
Rian - 16 Dinge wat ek nie moes sÍ nie (Afrikaans, Paperback): Rian van Heerden Rian - 16 Dinge wat ek nie moes sÍ nie (Afrikaans, Paperback)
Rian van Heerden
R260 R224 Discovery Miles 2 240 Save R36 (14%) Dispatched within 13 - 21 working days

Met sy heel eerste verskyning op televisie as hoŽrskool-laaitie het Rian van Heerden reeds die volk die josie ingemaak. Sedertdien het hy dikwels koerantvoorblaaie gehaal - en is telkens afgedank! - vir sy omstrede uitlatings. In diť boek skryf hy onbeskaamd oor al die goed wat mense meen hy eerder niť moes gesÍ het nie. Hy maak vir die eerste keer sy hart oop oor sy persoonlike lewe, sy worsteling met gaywees en sy eerste liefdesverhouding. Blatant eerlik, skreeusnaaks, aangrypend.

Die tydwaarde van geld in praktyk (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Chris Smal Die tydwaarde van geld in praktyk (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Chris Smal
R239 Discovery Miles 2 390 Dispatched within 10 - 15 working days
Leierskap En Emosionele Intelligensie (Afrikaans, Paperback): Marcus Warner, Jim Wilder Leierskap En Emosionele Intelligensie (Afrikaans, Paperback)
Marcus Warner, Jim Wilder
R130 R107 Discovery Miles 1 070 Save R23 (18%) Dispatched within 5 - 10 working days

Watter rol speel emosionele intelligensie in gesonde en effektiewe leierskap?

’n Gesonde span begin by ’n gesonde leier, en die kern van hierdie dinamika is emosionele volwassenheid – die eien≠skap waaroor alle werklike groot leiers beskik.

Leierskap en emosionele intelligensie kombineer Bybelse beginsels, die nuutste navorsing oor die brein en dekades se praktiese ondervinding om jou te wys hoe om jou leierskap en span na die volgende vlak te neem. Dit sal jou toerus om:

∑ emosionele volwassenheid in jouself en ander te kweek

∑ die vier gewoontes van besonderse leiers te ontwikkel

∑ ’n sterk groepsidentiteit te vestig en uit te bou

∑ verhoudings belangriker as probleme te hou

∑ produktiwiteit te verhoog deur vertroue, vreugde en betrokkenheid

Aan die einde van elke hoofstuk is daar ’n afdeling wat die wetenskap van die brein bespreek, asook besprekings≠vrae, en in sommige hoofstukke oefeninge om die buiten≠gewone gewoontes in te oefen. En agter in die boek is ʼn woordelys.

As jy jou organisasie na die volgende vlak wil neem, moet jy weet dit begin by jou. Leierskap en emosionele intelligensie sal jou toerus om vreugdevolle, emo≠sioneel volwasse en verhou≠dingsgedre≠we spanne te lei.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel Rare Leadership.

SILKE: Eerste Kennismaking Met Belasting 2017 (Afrikaans, Paperback): SILKE: Eerste Kennismaking Met Belasting 2017 (Afrikaans, Paperback)
1
R702 R153 Discovery Miles 1 530 Save R549 (78%) In stock

Die outeurs en uitgewers van Silke: Suid-Afrikaanse Inkomstebelasting se doel is om 'n gesaghebbende en omvattende, maar tog maklik toeganklike handboek oor inkomstebelasting in Suid-Afrika beskikbaar te stel vir gebruik deur studente en praktisyns wat in die belastingveld werksaam is. Gratis LexisNexis PassPlus ter waarde van R300 ingesluit met die aankoop van hierdie titel.

Die Impak van Jou Leierskap: Jou Invloed Maak 'n Verskil (Afrikaans, Hardcover): John C. Maxwell Die Impak van Jou Leierskap: Jou Invloed Maak 'n Verskil (Afrikaans, Hardcover)
John C. Maxwell
R140 R116 Discovery Miles 1 160 Save R24 (17%) Dispatched within 5 - 10 working days

Ons wil almal ’n lewe hÍ wat iets beteken. Maar wat is ware betekenis? Hoe definieer mens dit, en hoe bereik ons dit? In Die impak van jou leierskap demonstreer Maxwell wat daarvan kan kom as ons persoonlike passie en leierskap op ’n manier kombineer wat meer as blote sukses tot gevolg het.

Deur eensgesinde mense te vind en hulle eerste te stel, kan jy ’n verskil in hul lewe maak en ’n verenigde poging skep wat ’n blywende positiewe impak laat. Leer hoe om mense te kry om jou saak te ondersteun, jou visie te verwoord, en waarde daarby toe te voeg. Deur sy persoonlike verhaal te gebruik wys John Maxwell hoe hy een van die voorste leierskapkenners in die wÍreld geword het, en leer hy jou hoe om ander volgens jou doel te lei en ’n blywende nalatenskap te skep.

1 Minuut-Inspirasie Vir Leiers - Sit Die Vonk Terug in Jou Leierskap (Afrikaans, Paperback): Stan Toler 1 Minuut-Inspirasie Vir Leiers - Sit Die Vonk Terug in Jou Leierskap (Afrikaans, Paperback)
Stan Toler
R80 R66 Discovery Miles 660 Save R14 (18%) Dispatched within 5 - 10 working days

Dit is nie altyd maklik om aan die stuur van sake te staan wanneer die pad lank en die terrein ongelyk is nie. Maar met die regte motivering en aansporing kan dit ín tyd gelaai met sukses en uitnemendheid wees. In 1 minuut-inspirasie vir leiers skep Stan Toler ín wen-kombinasie van motiverende aanhalings, teksverse en vertel-lings wat jou sal inspireer om die potensiaal in jou eie lewe te ontsluit. Hierdie sakpas, humoristiese gids bied byna 80 praktiese wenke wat jou gedagtes aan die gang sal sit, waaronder: Leiers sit tyd opsy om te ontspan Leiers het ín sin vir humor Leiers vra vergifnis 1 minuut-inspirasie vir leiers sal elke leier Ė ervare of nuut aan die stuur Ė help om hulle doelwitte te bereik terwyl hulle die om hulle aanmoedig.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Maak Hope Geld Uit Jou Eie Besigheid
Eric Parker Paperback R250 R198 Discovery Miles 1 980
Begin jou eie besigheid
Eric Parker Paperback R65 R52 Discovery Miles 520
Rekeningkunde Vir Prokureurs
Du Plooy, Una Gilliland, … Paperback R519 R446 Discovery Miles 4 460
Die Hoenderboek vir Suidelike Afrika
Ed Wethli Paperback  (1)
R124 R110 Discovery Miles 1 100
SAIGR Studente Handboek 2016/2017…
Paperback R542 R153 Discovery Miles 1 530
Studentebenadering Tot Inkomstebelasting…
Paperback R688 R540 Discovery Miles 5 400
SILKE: Suid-Afrikaanse Inkomstebelasting…
Paperback R650 R153 Discovery Miles 1 530
Wat Die Hart Van Vol Is…
Peter Veldsman, Elmari Rautenbach Paperback R230 R181 Discovery Miles 1 810
Vlees En Bloed
Riette Rust, Eileen de Jager, … Paperback R280 R241 Discovery Miles 2 410
Moenie Stres Nie! - Positiewe Boodskappe…
Alan Knott-Craig Paperback R110 R88 Discovery Miles 880

 

Loyalty partners