0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (74)
  • R50 - R100 (170)
  • R100 - R250 (1,901)
  • R250 - R500 (3,395)
  • R500+ (1,291)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Christianity > Christianity For Kids & Teens

Jesus Se Geboorte - 25 Bybelstories Oor Hoekom Jesus Aarde Toe Gekom Het (Afrikaans, Paperback): Jesus Se Geboorte - 25 Bybelstories Oor Hoekom Jesus Aarde Toe Gekom Het (Afrikaans, Paperback)
R69 R57 Discovery Miles 570 Save R12 (17%) Ships in 4 - 8 working days

Deel die verhaal van Jesus se geboorte met kinders tussen 8 en 12 vanuit die oogpunt van 25 getuies wat dit eerstehands beleef het!

Die Aksie-Bybel: Jesus se geboorte: 25 Bybelstories Oor Hoekom Jesus Aarde Toe Gekom Het bevat 25 verhale van “ooggetuies” van Jesus se geboorte, soos die jong sterrekundige wat eerste die ster gesien het, Sagaria, die herbergier en die duif wat in die stal was waar Jesus gebore is. Dit sluit ook vrae in vir dieper nadenke oor Jesus se geboorte en wat hierdie goeie nuus vir jou en jou gesin beteken.

Pragtige illustrasies en die unieke perspektief maak Die Aksie-Bybel: Jesus se geboorte ’n waardevolle toevoeging tot jou boekrak.

• 25 Stories vir kinders tussen 8 en 12, vertel uit die unieke oogpunt van karakters wat deel vorm van die verhaal van Jesus se geboorte, soos ’n skaapwagterseun, ’n lammetjie, Simeon, Maria, ’n engel en ’n donkie.
• Sluit vrae in wat gesinne kan oordink en bespreek.
• 64 volkleur-bladsye.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel The Action Bible Christmas.

Wyse Woorde Vir Klein Hartjies (Afrikaans, Paperback): Agnes De Bezenac, Salem De Bezenac Wyse Woorde Vir Klein Hartjies (Afrikaans, Paperback)
Agnes De Bezenac, Salem De Bezenac
R49 R41 Discovery Miles 410 Save R8 (16%) Ships in 4 - 8 working days

Wil jy klein handjies besig hou terwyl hulle harte gevul word met die ewige wyshede van die Woord? Wyse woorde vir klein hartjies kombineer eeue oue waarhede uit Spreuke met prettige aktiwiteite spesiaal vir 5- tot 8-jariges.

Veertien kerngedagtes uit Spreuke word gekombineer met opvoedkundige speletjies vir seuns en meisies. Aktiwiteite soos soek die pad, kleur die prentjie in en soek die verskille moedig kreatiwiteit aan, verbeter fyn motoriese vaardighede, ontwikkel probleemoplossingsvaardighede en verbeter konsentrasie.

Terwyl kinders die aktiwiteite geniet, word die tydlose wysheid uit die Bybel speel-speel in hulle harte vasgelê.

Bybelstorie-Aktiwiteite (Afrikaans, Paperback): Sally Ann Wright Bybelstorie-Aktiwiteite (Afrikaans, Paperback)
Sally Ann Wright
R199 R164 Discovery Miles 1 640 Save R35 (18%) Ships in 4 - 8 working days

Die Bybelstorie-aktiwiteitsboek is die ideale manier om ’n liefde vir God se Woord by 5- tot 8-jariges te kweek. 52 bekende Bybelstories uit die Ou en Nuwe Testament, soos Noag se ark, Josef se spesiale kleed, Dawid en Goliat, en Jesus se geboorte, wonderwerke, dood en opstanding, word op ’n maklik verstaanbare manier oorvertel. Elke storie sluit af met twee aktiwiteite soos soek die verskille, soek die woorde, kleur in volgens nommers en voltooi die prentjie.

Behalwe ’n liefde vir die Woord sal die Bybelstorie-aktiwiteitsboek ook 5- tot 8-jariges se syfervaardigheid, probleemoplossingsvaardighede, geheue en leesvaardigheid verbeter.

Dankie! - Inkleurboek Vir Dogters (Afrikaans, Paperback): Dankie! - Inkleurboek Vir Dogters (Afrikaans, Paperback)
R99 R82 Discovery Miles 820 Save R17 (17%) Ships in 4 - 8 working days

Elke laerskooldogter het nodig om te weet daar is Iemand wat altyd daar sal wees vir haar en met Wie sy enige tyd of plek kan praat. En daardie Iemand is Jesus! Hy is altyd daar, en Hy luister altyd.

Dankie! Inkleurboek vir dogters sal dogters tussen 8 en 12 aan hierdie waarheid herinner, terwyl hulle leer oor soveel dinge waaroor hulle dankbaar kan wees en kan bid.

Die 40 kort, eenvoudige gebede bied ’n wegspringplek vir meisies se eie gebedswandel saam met die Here, terwyl die volblad-ontwerpe om in te kleur kreatiwiteit en stilword by God aanmoedig.

Ester en die Koning Ek Kan Lees (Afrikaans, Paperback): Ester en die Koning Ek Kan Lees (Afrikaans, Paperback)
R35 R29 Discovery Miles 290 Save R6 (17%) Ships in 4 - 8 working days

Dit is nooit te vroeg om vir jou kleinding te begin lees nie. Daar is soveel voordele daaraan verbonde om boeke saam met klein kindertjies te lees. Lees verskaf die boustene vir hulle taalvaardigheid, stimuleer verbeelding en help kinders om van die wêreld om hulle te leer. Om vir ’n kind te lees is ’n ervaring wat ’n lewenslange liefde vir lees en leer bevorder. Die Ek kan lees!-reeks is die ideale manier om jou kind se leesvaardighede te ontwikkel en terselfdertyd hulle geestelike ontwikkeling aan te wakker.

In die Ek kan lees!-reeks se beginnersvlak word 3- tot 6-jariges bekendgestel aan die wonderlike wêreld van lees met geloofsgebaseerde stories om hulle te lei om God se Woord lief te hê. In Ester en die koning moet die dapper Ester, ’n jong Joodse meisie wat koningin word, haar mense probeer red. Sal die koning na haar luister? Is dit hoekom God haar koningin gemaak het?

Die eenvoudige taalgebruik, woordherhaling en kleurvolle illustrasies in hierdie boekie is ideaal vir saamlees-tyd met jou kleinding.

• Ontwikkel kinders jaar se leesvaardighede en wakker terselfdertyd hulle geestelike ontwikkeling aan.
• Die eenvoudige taalgebruik, woordherhaling en kleurvolle illustrasies in hierdie boekie is ideaal vir saamlees-tyd met jong kinders.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Esther and the King.

Snowy 2-in-1 (Afrikaans, Paperback): Angus Buchan Snowy 2-in-1 (Afrikaans, Paperback)
Angus Buchan
R149 R123 Discovery Miles 1 230 Save R26 (17%) Ships in 4 - 8 working days

Snowy 2-in-1 bevat Angus Buchan se gewilde boeke Snowy en Snowy en sy maats. Die prettige plaasstories is vol waardevolle lesse vir kinders tussen 5 en 8.

Snowy: Kom leer allerhande lesse saam met Snowy, soos om vriendelik te wees met kwaai mense en hoe om jou vrese te oorkom in moeilike situasies.

Snowy en sy maats: Ontmoet ’n hele klomp van Snowy se nuwe vriende, soos Mê en Rooies. Hulle leer vir Snowy allerhande lesse oor om gehoorsaam te wees en hoe God ons almal uniek geskape het.

Kinders sal ook hou van die prettige aktiwiteite, soos blokkiesraaisels, soek die verskille en doolhowe. Elkeen van die stories word afgerond met ’n teksvers en gebed. Hierdie versameling interaktiewe en opvoedkundige stories sal goddelike waardes vaslê in jong hartjies.

• Omnibus van Angus Buchan se gewilde kinderboeke Snowy en Snowy en sy maats.
• Angus Buchan is ’n topverkoper-outeur en bekende evangelis.
• Raak ouderdomsgeskikte konsepte vir kinders tussen 5 en 8 aan, soos gehoorsaamheid, omgee vir ander en dankbaarheid.
• Sluit speletjies in soos blokkiesraaisels, soek die verskille en doolhowe in.
• 100 volkleur-bladsye.
• Sagteband.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Snowy 2-in-1.

Hoekom Jesus Gekom Het - 25 Bybelstories Oor Waarom God Sy Seun Gestuur Het (Afrikaans, Paperback): Laura Richie Hoekom Jesus Gekom Het - 25 Bybelstories Oor Waarom God Sy Seun Gestuur Het (Afrikaans, Paperback)
Laura Richie; Illustrated by Ian Dale
R69 R57 Discovery Miles 570 Save R12 (17%) Ships in 4 - 8 working days
My Jesus-Storiebybel (Paperback): Sally Lloyd-Jones My Jesus-Storiebybel (Paperback)
Sally Lloyd-Jones
R219 R181 Discovery Miles 1 810 Save R38 (17%) Ships in 4 - 8 working days

Op soek na ’n Kinderbybel wat anders is as die tradisionele? My Jesus-Storiebybel is ’n unieke Bybel met sy eiesoortige illustrasies in helder en vars kleure. Saam met die begaafde Sally Lloyd-Jones se vertelling vorm dit die perfekte kombinasie om die groot storie van Jesus te vertel.

Met die stories uit die Ou Testament en die Nuwe Testament maak die skrywer op ’n gemaklike en verstaanbare manier God se verlossingsplan vir kinders persoonlik. Daar is 21 stories uit die Ou Testament en 23 uit die Nuwe Testament en elkeen dui op Jesus: die Verlosser van God en die eintlike Groot Boodskap vir die mensdom.

My Jesus-Storiebybel is ’n uitstekende boek om kinders én ouers opnuut bewus te maak van die goue draad wat deur die hele Bybel loop: Jesus.

Gaan en Vertel Bybel-Storieboek (Afrikaans, Paperback): Laura Richie Gaan en Vertel Bybel-Storieboek (Afrikaans, Paperback)
Laura Richie; Illustrated by Ian Dale
R79 R66 Discovery Miles 660 Save R13 (16%) Ships in 4 - 8 working days

Wat het gebeur nadat Jesus teruggegaan het hemel toe? Moet ons nog steeds die goeie nuus verkondig dat Jesus ons Verlosser is?

Die 30 Bybelstories in Gaan en vertel Bybel-storieboek vertel vir 6- tot 10-jariges van die Heilige Gees se koms ná Jesus se hemelvaart en hoe sy dissipels voortgegaan het om die goeie nuus dat Jesus gekom het om hulle te verlos met mense te deel. Kinders sal leer van die avonture van Petrus, Paulus en ander gelowiges van die Pinkster-gebeure af tot in Handelinge.

Hierdie stories sal kinders se aandag vasvang deur:

• ’n toepaslike Bybelvers aan die begin van elke storie
• ’n vraag aan die einde van elke storie om verdere gesprekke aan te moedig
• pragtige illustrasies en kaarte
• waardevolle riglyne om self vir ander mense van Jesus se liefde vir hulle te vertel

Melo?s Kingdom - Storytime Adventures in the African Bush (Paperback): Thuli Madonsela, Wenzile Msimanga, Khulekile Msimanga,... Melo’s Kingdom - Storytime Adventures in the African Bush (Paperback)
Thuli Madonsela, Wenzile Msimanga, Khulekile Msimanga, Zedekiah Msimanga
R129 R107 Discovery Miles 1 070 Save R22 (17%) Ships in 4 - 8 working days

Introduce your children to important biblical principles and values in a fun and engaging way!

Melo’s Kingdom: Storytime Adventures In the African Bush takes children aged 5-8 on a wonderful adventure to the African bush with Melo and her special animal friends. Each of the charming stories explores an African proverb and incorporates biblical principles to inspire and educate children in an engaging way. The stories written by Thuli Madonsela and members of her family, highlight the importance of values like honesty, courage, respect, teamwork and kindness, while exploring the wonders of creation. The message of each story is reinforced by a relevant Scripture verse, a prayer, quizzy questions for further reflection, wise words, and a fun, faith-filled activity.

Daaglikse Wysheid Vir Dogters (Afrikaans, Pamphlet): Daaglikse Wysheid Vir Dogters (Afrikaans, Pamphlet)
R149 R110 Discovery Miles 1 100 Save R39 (26%) Ships in 4 - 8 working days

Dit is soms moeilik om God se wil te ken. Daaglikse wysheid vir dogters is dus ideaal vir dogters van 8 tot 12 om God se teenwoordigheid, leiding en liefde in hulle elkedagse lewe te ervaar. Die 365 dagstukke sal hulle help om nader aan hul Skepper te leef en in sy liefde te floreer. Saam met die Skrifgedeeltes en gebede sal hulle God leer ken en sy liefde, omgee en plan vir hulle beter verstaan. Dit is die ideale manier om dogters te leer hoe om elke dag ’n pad saam met God te stap.

Die teks is ook beskikbaar vir seuns onder die titel Daaglikse wysheid vir seuns.

Speel-Speel Deur Die Bybel - Kom Speel Saam (Afrikaans, Paperback): Speel-Speel Deur Die Bybel - Kom Speel Saam (Afrikaans, Paperback)
R19 R16 Discovery Miles 160 Save R3 (16%) Ships in 4 - 8 working days

Kinders se gedagtes is altyd besig en reg vir ʼn speletjie of uitdaging. Waarom dit dan nie inspan om hulle op ʼn prettige manier van die Bybel te leer nie?

Speel-speel deur die Bybel bevat meer as 30 speletjies wat kinders speel-speel meer oor die Bybel sal leer. Die speletjies, wat gebaseer is op verskeie geliefde Bybelstories uit die Ou en Nuwe Testament, sal sorg vir ure se pret. Dié samestelling is propvol opvoedkundige speletjies soos paadjies om te soek, kolletjies om te verbind, soek-en-vind-speletjies, inkleurprentjies en vele meer.

Speel-speel deur die Bybel bied die geleentheid vir kinders om op hul eie te speel óf saam met ’n volwassene vir lekker gesinstyd.

Klein Beertjie Leer Van Paasfees (Afrikaans, Paperback): Bob Hartman Klein Beertjie Leer Van Paasfees (Afrikaans, Paperback)
Bob Hartman; Illustrated by Steve Brown
R35 R29 Discovery Miles 290 Save R6 (17%) Ships in 4 - 8 working days

Kom leer jou kleinding van Paasfees met Klein Beertjie, wat graag Bybel lees en daarvan hou om van God te leer.

In Klein Beertjie leer van Paasfees vertel Pappa en Mamma Beer vir Klein Beertjie van die opwindende verrassing daardie eerste Paasfees toe Jesus opgestaan het uit die dood.

Hierdie pragtige volkleur-boekie vertel kinders tussen 3 en 6 van Jesus se opstanding en die ware betekenis van Paasfees. Die vrae agter in die boekie wat aansluit by die tema sal kinders help om die waarheid hul eie te maak.

Klein Beertjie Leer Om Te Deel (Afrikaans, Paperback): Bob Hartman Klein Beertjie Leer Om Te Deel (Afrikaans, Paperback)
Bob Hartman; Illustrated by Steve Brown
R35 R29 Discovery Miles 290 Save R6 (17%) Ships in 4 - 8 working days

Dit is nie vir klein kindertjies altyd maklik om te deel nie. Help jou kind verstaan dat dit goed is om te deel en dat dit selfs pret kan wees.

In Klein Beertjie leer om te deel wil Klein Beertjie nie sy dennebol met Eddie Eekhoring deel nie. Dit is totdat Pappa Beer vir hom vertel van ’n seuntjie in die Bybel wat sy middagete van vyf broodjies en twee vissies met Jesus gedeel het. Jesus het dié kos toe gebruik om vir 5 000 mense kos te gee!

Hierdie volkleurboek is ideaal om 3- tot 6-jariges te help verstaan hoe lekker dit is om te deel. Die eenvoudige vrae agter in die boek help kinders om dit wat hulle geleer het in hulle eie lewe toe te pas en help hulle om meer oor die Bybel te leer.

My Babaseuntjie Se Mylpale (Afrikaans, Cards): My Babaseuntjie Se Mylpale (Afrikaans, Cards)
R149 R110 Discovery Miles 1 100 Save R39 (26%) Ships in 4 - 8 working days

My babaseuntjie se mylpale is 24 kostelike kaartjies, weerskante gedruk, om die mylpale en kosbare oomblikke in ’n baba se eerste weke, maande en jaar vas te vang.

Hierdie kaartjies met pragtige illustrasies kan ingesluit word in foto’s van baba om sy ontwikkeling en spesiale mylpale met geliefdes te deel.

My Babadogtertjie Se Mylpale (Afrikaans, Cards): My Babadogtertjie Se Mylpale (Afrikaans, Cards)
R149 R110 Discovery Miles 1 100 Save R39 (26%) Ships in 4 - 8 working days

My babadogtertjie se mylpale is 24 kostelike kaartjies, weerskante gedruk, om die mylpale en kosbare oomblikke in ’n baba se eerste weke, maande en jaar vas te vang.

Hierdie kaartjies met pragtige illustrasies kan ingesluit word in foto’s van baba om haar ontwikkeling en spesiale mylpale met geliefdes te deel.

Clever Cub Explores God?s Creation (Paperback): Bob Hartman Clever Cub Explores God’s Creation (Paperback)
Bob Hartman; Illustrated by Steve Brown
R35 R29 Discovery Miles 290 Save R6 (17%) Ships in 4 - 8 working days

Has your little one ever asked you where animals come from or why there are clouds in the sky? Snuggle up with your child and discover how God created sky, water, mountains, beaches, and more!

In Clever Cub Explores God’s Creation, Clever Cub cuddles up with Mama Bear on a dark stormy night as she tells him the story of Creation in Genesis 1. Follow along as Clever Cub learns about how God filled the empty world with all kinds of life—and even created clever cubs like him!

This engaging picture book is perfect for children aged 3-6, teaching them about the wonder and purpose of God’s creation. It also includes questions about the story’s theme and ideas for learning more about it in the Bible.

• Includes questions about the story’s theme and ideas for learning more in the Bible.
• 24 full-color pages.
• Also available in Afrikaans under the title Klein Beertjie ontdek God se skepping.

My Baby Girl's Milestones (Cards): My Baby Girl's Milestones (Cards)
R149 R110 Discovery Miles 1 100 Save R39 (26%) Ships in 4 - 8 working days

My Baby Girl's Milestones Boxed Cards offers 24 Double-sided keepsake cards with adorable illustrations will keep those special memories safe. Scripture verses and prayers are interspersed on the cards, along with a space to add a date and notes.

These delightful cards make great photo props to capture and development those special milestones. We all want Instagram worthy pictures but real life is fast and messy and time is too precious to spend on editing photos. These little cards will add that special touch to your memories when your hands are too full. Add a box of My Baby Girl's Milestone Cards to a baby shower gift, or better yet, pair it with the My Baby Girl's First Year Memory Book for a complete gift any mother will adore.

• 24 Double-sided Cards
• Full-color Cards
• Sturdy Box with Lid
• Box Size: 157 x 115 x 33 mm

Fruits Of The Spirit - Goodness Gentleness Self-Control (Hardcover): Jenna Nell Northwood Fruits Of The Spirit - Goodness Gentleness Self-Control (Hardcover)
Jenna Nell Northwood
R99 R82 Discovery Miles 820 Save R17 (17%) Ships in 4 - 8 working days

Fruits of the Spirit: Goodness, Gentleness and Self-control is the third and final book in a brand-new series of children’s books based on the fruit of the Spirit in Galatians 5:22–23 in the Bible: “But the fruit of the Spirit is love, joy, peace, patience, kindness, goodness, faithfulness, gentleness, and self-control”.

This series is made up of three books, each depicting three specific fruits of the Spirit. Each book contains a story, Bible story, Bible lesson, prayer, Bible verse and a practical application challenge for each specific fruit in the book. All the books are bold and bright.

In every story you will find Prickles the Pineapple, Miss Lemon the Lemon and the specific fruit for that story. In each story, the specific fruit for that part of the book teaches Prickles and Miss Lemon a character lesson in relation to their fruit of the spirit.

The Fruits of the Spirit series was written to teach, encourage and inspire little people about the qualities of God so that they can shine and refine these character traits throughout their lives and will help parents teach their children Biblical truths.

Key selling points:

• Bold and bright illustrations which children love
• Spiritual truth taught in a fun way
• Content inspires conversations, discussions and Biblical teaching in families
• Of value to parents and children alike
• Perfect gift
• 200 x 200 mm, hardcover, good quality

My Baby Boy's Milestones (Cards): My Baby Boy's Milestones (Cards)
R149 R110 Discovery Miles 1 100 Save R39 (26%) Ships in 4 - 8 working days

24 Double-sided keepsake cards with adorable illustrations will capture memorable moments of your precious baby’s first year. Scripture verses and prayers are interspersed on the cards, along with a space to add a date and notes.

These delightful cards make great photo props to capture development and special milestones. We all want Instagram worthy pictures but real life is fast and messy. These little cards will add that special touch to your memories when your hands are too full, life is too busy, and time is too precious to spend on editing photos. Add a box of 24 My Baby Boy's Milestone Cards to a baby shower gift, or better yet, pair it with the My Baby Boys First Year Memory Book for a complete gift any mother will adore.

• 24 Double-sided Cards
• Full-color Cards
• Sturdy Box with Lid
• Box Size: 157 x 115 x 33 mm

Clever Cub Tells the Truth (Paperback): Bob Hartman Clever Cub Tells the Truth (Paperback)
Bob Hartman; Illustrated by Steve Brown
R35 R29 Discovery Miles 290 Save R6 (17%) Ships in 4 - 8 working days

Telling the truth is something children battle with, especially when it is easier to lie and get away with it. But it is vital to teach children that it is always better to tell the truth, no matter how difficult or scary it is.

Clever Cub Tells the Truth is a great way to discuss the issue of honesty with children aged 3-6. In this adventure, Clever Cub makes a big mistake when he lies and makes his friend mad! But Mama Bear teaches him the story of Queen Esther and how telling the truth is always the right thing to do—even when it’s hard.

This engaging picture book teaches children how to be an honest and loving friend. It also includes questions about the story’s theme and ideas for learning more about it in the Bible.

• Tells the story of how Queen Esther saved her people (Esther 1-10).
• Includes questions about the story’s theme and ideas for learning more about it in the Bible.
• 24 full-color pages.
• Also available in Afrikaans under the title Klein Beertjie praat die waarheid.

Jesus Loop Op Die Water Legkaart (500 Stukke) (Afrikaans, Jigsaw): Jesus Loop Op Die Water Legkaart (500 Stukke) (Afrikaans, Jigsaw)
R155 R128 Discovery Miles 1 280 Save R27 (17%) Ships in 4 - 8 working days

Jesus loop op die water Bybel-legkaart is ʼn 500-stuk kartonlegkaart, ideaal vir meisies en seuns tussen die onderdom 10 - 12 jaar. Dit illustreer die verhaal waar Jesus op die water geloop het en toe Hy Sy hand na Petrus uitgesteek het, soos vervat in Matteus 14:31, saam met die Bybelvers “Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die HERE jou God is met jou, oral waar jy heengaan” uit Josua 1:9. Die legkaartstukkies en hoë kwaliteit van hierdie Bybel-legkaarte sal jou kind se fynmotoriese vaardighede en waarnemingsvermoë ontwikkel. Kinders word ook nader aan die Bybeltoneel gebring en kan nadink oor die Bybelvers terwyl hulle hierdie pragtige illustrasie voltooi.

Onbeskryflike Aktiwiteitsboek vir Kinders - 150+ Raaisels, Legkaarte, Blokkiesraaisels (Afrikaans, Paperback): Louie Giglio,... Onbeskryflike Aktiwiteitsboek vir Kinders - 150+ Raaisels, Legkaarte, Blokkiesraaisels (Afrikaans, Paperback)
Louie Giglio, Tama Fortner
R129 R107 Discovery Miles 1 070 Save R22 (17%) Ships in 4 - 8 working days

Meer as 150 raaisels, STEM-eksperimente en blokkiesraaisels om die brein te toets en geloof te bou terwyl kinders meer oor God en die wetenskap leer. Die aktiwtiteitsboek kombineer Bybelse waarhede en wetenskaplike feite om kinders ure lank besig te hou en is 'n gesonde alternatief vir skermtyd.

Die prettige aktiwtieite help kinders om God se skepping op 'n nuwe en opwindende manier te verken. Hierdie geloofsgebaseerde aktiwiteitsboek dek 'n verkeidenheid van onderwerpe - van virusse tot maantuie en van die liggaam tot vulkane.

Kenmerke:

• 150+ raaisels, STEM-projekte, eksperimente inkleurprente en logika-speletjies
• STEM-gebaseerde projekte hou voordele in - dit stimuleer kreatiwiteit, kritiese denke en kognitiewe ontwikkeling
• Helder en kleurvolle kunswerk op elke bladsy sal verveelde kinders tuis en op die langpad besig hou
• 10 punt-lettertipe

Klein Beertjie Praat die Waarheid (Afrikaans, Paperback): Bob Hartman Klein Beertjie Praat die Waarheid (Afrikaans, Paperback)
Bob Hartman; Illustrated by Steve Brown
R35 R29 Discovery Miles 290 Save R6 (17%) Ships in 4 - 8 working days

Dit is vir baie kinders moeilik om die waarheid te praat, veral wanneer dit makliker is om te jok en daarmee weg te kom. Tog is dit baie belangrik om kinders te leer om altyd die waarheid te praat, maak nie saak hoe moeilik dit is nie.

Klein Beertjie praat die waarheid is ’n baie goeie manier om die kwessie van eerlikheid met 3- tot 6-jariges te bespreek. In hierdie avontuur is Klein Beertjie se maatjie baie kwaad vir hom toe hy vir hom jok. Mamma Beer vertel vir Klein Beertjie die verhaal van koningin Ester en hoe dit altyd beter is om die waarheid te praat – maak nie saak hoe moeilik dit is nie.

Hierdie boek leer kinders om eerlik te wees en om ’n goeie vriend te wees. Dit bevat ook vrae aan die einde oor die verhaal en idees oor hoe ’n mens meer hieroor in die Bybel kan leer.

• Bevat vrae oor die tema van die boek en idees oor hoe ’n mens meer hieroor in die Bybel kan leer.
• 24 volkleur bladsye.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Clever Cub Tells the Truth.

Klein Beertjie Ontmoet vir Baba Jesus (Afrikaans, Paperback): Bob Hartman Klein Beertjie Ontmoet vir Baba Jesus (Afrikaans, Paperback)
Bob Hartman; Illustrated by Steve Brown
R35 R29 Discovery Miles 290 Save R6 (17%) Ships in 4 - 8 working days

Laat jou kleinding saam met Klein Beertjie ontdek wat gebeur het die aand toe Jesus gebore is!

In Klein Beertjie ontmoet vir Baba Jesus vertel Mamma Beer vir Klein Beertjie die verhaal van Jesus se geboorte. Saam verbeel hulle hulle hoe dit sou gewees het om baba Jesus in die wêreld te verwelkom.

Hierdie pragtige storieboek vir 3- tot 6-jariges sluit vrae oor die storie se tema in.

• Vertel die verhaal van Jesus se geboorte in Lukas 2 vir 3- tot 6-jariges.
• Sluit vrae oor die storie se tema in.
• 24 volkleur bladsye.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Clever Cub Welcomes Baby Jesus.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Ben en die Boelies
Zuleka Smit Paperback R170 R139 Discovery Miles 1 390
God's Gifts - Gratitude for His…
Liana La Rocca Paperback R498 Discovery Miles 4 980
The Chase - Trusting God With Your…
Kyle Kupecky, Kelsey Kupecky, … Paperback  (3)
R420 Discovery Miles 4 200
Joy!Kids Bible stories about people…
Ewald Van Rensburg Paperback R35 R28 Discovery Miles 280
My Gunsteling Storie-Bybel Bundel
Ewald Rensburg Paperback R209 R164 Discovery Miles 1 640
Die Aksie-Bybel - Helde En Skurke
Paperback R229 R189 Discovery Miles 1 890
Clever Cub Trusts God
Bob Hartman Paperback R35 R29 Discovery Miles 290
Die Wonder Van Die Skepping - Nog 100…
Louie Giglio Hardcover R279 R210 Discovery Miles 2 100
My favourite story Bible activity…
Ewald Van Rensburg Paperback R65 R51 Discovery Miles 510
My 3de Bybel Doen en Leer Boek
Paperback R59 R47 Discovery Miles 470

 

Partners