0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (28)
  • R50 - R100 (15)
  • R100 - R250 (163)
  • R250 - R500 (111)
  • R500+ (40)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Geloof en Spiritualiteit

Die Ware En Unieke Jy - Vry Van Vergelyking (Afrikaans, Paperback): Joyce Meyer Die Ware En Unieke Jy - Vry Van Vergelyking (Afrikaans, Paperback)
Joyce Meyer
R249 R205 Discovery Miles 2 050 Save R44 (18%) In Stock

In 'n samelewing waar fronte voorgehou word en ons soos almal wil wees om in te pas, is dit tyd om ontslae te raak van die behoefte om jou met ander te vergelyk en aan ander se eise te voldoen.

God het aan jou unieke talente gegee sodat jy sy doel vir jou lewe kan vervul. Miskien het jy nog nie jou unieke talente ontdek nie. Neem die eerste stap en vra God om dit wat jou spesiaal en uniek maak aan jou uit te wys. Elke mens verskil immers: vir sommiges het hy leierskapseienskappe gegee; vir ander die gawe om musiek te komponeer.

Laat God dan toe om jou unieke talente te gebruik en jou van binne te omvorm om iets kragdadig te doen. Jy sal boonop rus vind in dié wete: God het jou lief net soos jy is.

Kom Ons Praat Oor Die Huwelik (Afrikaans, Paperback): Heinz Winckler, Alette Winckler Kom Ons Praat Oor Die Huwelik (Afrikaans, Paperback)
Heinz Winckler, Alette Winckler 2
bundle available
R280 R241 Discovery Miles 2 410 Save R39 (14%) In Stock

Heinz en Aletté Winckler, een van Suid-Afrikas se mees glansryke paartjies, is passievol daaroor om te sien dat huwelike nie net oorleef nie, maar floreer. Hierdie boek probeer paartjies bemagtig en bemoedig om hul ware identiteit in God te ontdek, om sodoende die beste moontlike huweliksmaat te kan word en wees.

Heinz en Aletté praat reguit, sonder om doekies om te draai oor die volgende onderwerpe: fondasies, bagasie, kommunikasie, seks en intimiteit, ouerskap, skoonouers en finansies.

Hulle deel ook grepe uit hulle eie verhaal om te verduidelik dat daar vir almal hoop is.

Die Bybel - 1983-Vertaling (Afrikaans, Paperback, 15th ed): Die Bybel - 1983-Vertaling (Afrikaans, Paperback, 15th ed)
1
R149 R117 Discovery Miles 1 170 Save R32 (21%) Ships in 5 - 10 working days
Die Bybel - 2020-Vertaling (Afrikaans, Leather / fine binding): Die Bybel - 2020-Vertaling (Afrikaans, Leather / fine binding)
R549 R429 Discovery Miles 4 290 Save R120 (22%) Ships in 5 - 10 working days
Trek 'n Kruisie Deur Angs - Breek Los Van Die Greep Van Kommer En Stres (Afrikaans, Paperback): Louie Giglio Trek 'n Kruisie Deur Angs - Breek Los Van Die Greep Van Kommer En Stres (Afrikaans, Paperback)
Louie Giglio
R30 R25 Discovery Miles 250 Save R5 (17%) In Stock

Angs neem baie vorme aan, dis dalk die vrees wat oor jou skouer loer, die paniek wat alewig aan jou sy blyk te wees of die wolk van bekommernis wat oor jou lewe hang. Vir baie mense is dit ’n reus wat hulle wysmaak dat hulle nooit, ooit weer ’n normale lewe gaan kan lei nie; ’n reus wat jou vasvang in ’n greep van duisternis en wanhoop.

Jy kán egter losbreek en sonder angs lewe.

Uit sy eerstehandse ervaring van die stryd teen angs, deel Pastoor Louie Giglio beide praktiese en geestelike wenke om vry te kom. Aan die hand van ’n boodskap van bemoediging en hoop verduidelik hy die paradoks dat angs dalk dood is, maar steeds dodelik is – met ander woorde, angs is steeds oorweldigend, maar daar is egter Iemand wat reeds die oorhand oor angs gekry het.

Hierdie nuttige hulpbron wys jou hoe om ‘n kruisie te trek deur jou angs met die sterkste wapen tot ons beskikking: Jesus se kruis. Elke dag se oordenking sal jou help om een voet voor die ander te sit en grond te wen in die stryd sowel as om bose vestings af te breek omdat Jesus reeds namens jou die oorwinning behaal het.

Leierskap 101 - Toekomsgerigte Realiteite Vir Innoverende Leiers (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert, Johan Smith Leierskap 101 - Toekomsgerigte Realiteite Vir Innoverende Leiers (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert, Johan Smith
bundle available
R169 R140 Discovery Miles 1 400 Save R29 (17%) In Stock

In ’n wêreld wat nooit ophou verander nie, moet suksesvolle leiers ook deurgaans die koers aanpas en veranderinge aanbring. Dit wat gister gesorg het vir sukses, werk nie meer vandag nie. Maar hoe lyk suksesvolle leierskap vandag?

In Leierskap 101 bespreek Stephan Joubert en Johan Smith 101 aspekte van hoe leierskap vandag lyk. Hierdie unieke blik op leierskap bevestig dat leiers God se gestuurde dienaars is. Deur te kyk na sake soos integriteit, visie, leierskap in die kerk en gehoorsaamheid wys hulle dat leierskap nie ’n lyding hoef te wees nie, maar ’n heerlike en vervullende voorreg.

Ontdek ’n heel nuwe waarheid oor leierskap en word die leier wat God bedoel het jy moet wees.

Jou Stryd Behoort Aan Die Here (Afrikaans, Paperback): Joyce Meyer Jou Stryd Behoort Aan Die Here (Afrikaans, Paperback)
Joyce Meyer
R199 R164 Discovery Miles 1 640 Save R35 (18%) In Stock

Het jy al ooit gevoel jy het al alles op aarde probeer om ’n probleem op te los, maar dat niks werk nie? Het jy al ooit gewonder waar die moeilikhede wat jou in die gesig staar, vandaan kom?

In Jou stryd behoort aan die Here verduidelik Joyce Meyer dat wanneer jy die duiwel – wat werklik is en aktief is in vandag se wêreld – as jou ware vyand en die bron van jou probleme raaksien, jy dit kan oorkom en ’n lewe van vrede, vryheid, geloof en oorwinning leef. Wanneer jy die lewe se aanslae in die gesig staar, is daar sekere dinge wat jy vir jouself moet doen, soos om ywerig God se Woord te bestudeer en toe te pas, Hom te vertrou, te bid, ander te help, en ’n gesindheid van vertroue en ’n dankbare hart te handhaaf. Maar daar is ander dinge wat net God kan doen. Wanneer jy jou deel doen, doen God sy deel – en Hy is altyd gereed en gretig om jou te verdedig en te help.

Joyce fokus nie net op die aard en strategieë van die vyand in hierdie vars benadering tot geestelike oorlogvoering nie, maar ook op die ware karakter en liefde van God, wat jou altyd na oorwinning sal lei. Ongeag hoe moeilik jou uitdagings ook al is, het jy alles wat jy nodig het om elke stryd te wen – want God is aan jou kant!

'n Sonneblom Vir Elke Dag (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer 'n Sonneblom Vir Elke Dag (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer 1
bundle available
R310 R266 Discovery Miles 2 660 Save R44 (14%) In Stock

Die wêreld het meer sonneblommense nodig mense wat hulle koppe na die Son toe draai, mense wat meer en meer soos die Son wil wees eerder as giftige ivies, stink Afrikaners, stekelrige kaktusse, knieserige rosies of klaende hangkop wilgers.

Transformasie begin as ons ons deel begin doen en verantwoordelikheid aanvaar om ons negatiewe gedagtes elke dag bewustelik by die alomteenwoordige Son te vernuwe. Ons moet onsself daagliks toewy in die bestudering van die Meester Sonneblom se lieflike kwaliteite en meer van die vrug van sy liefdevolle genadige gees te kweek deur ons gedagtes by hom te vernuwe. Om ou negatiewe gewoontes en denke af te breek vra baie herhaling en volharding.

Kom ons maak dit ons doel om elke dag 'n rapsie meer na Jesus se voorbeeld van christenskap en menswees te lyk. Met hierdie 260 sonneblom dagstukkies nooi Susan jou uit na 'n avontuur van sonsoek al agter die Son aan.

Geniet die sonneblomreis.

Die Bybel - 2020-Vertaling (Afrikaans, Leather / fine binding): Die Bybel - 2020-Vertaling (Afrikaans, Leather / fine binding)
R569 R444 Discovery Miles 4 440 Save R125 (22%) Ships in 5 - 10 working days
Die Bybel - 2020-Vertaling (Afrikaans, Hardcover): Die Bybel - 2020-Vertaling (Afrikaans, Hardcover)
R159 R125 Discovery Miles 1 250 Save R34 (21%) Ships in 5 - 10 working days
Die Bybel - 1933 / 1953 Vertaling (Afrikaans, Paperback, 10th ed): Die Bybel - 1933 / 1953 Vertaling (Afrikaans, Paperback, 10th ed)
R509 R398 Discovery Miles 3 980 Save R111 (22%) Ships in 5 - 10 working days
Doen Dit Al Is Jy Bang (Afrikaans, Paperback): Joyce Meyer Doen Dit Al Is Jy Bang (Afrikaans, Paperback)
Joyce Meyer
R249 R205 Discovery Miles 2 050 Save R44 (18%) In Stock

Het jy al ooit gevoel jy het al alles op aarde probeer om ’n probleem op te los, maar dat niks werk nie? Het jy al ooit gewonder waar die moeilikhede wat jou in die gesig staar, vandaan kom?

In Doen dit al is jy bang verduidelik Joyce Meyer dat vrees oral is en almal beïnvloed. Dit regeer baie mense, maar dit hoef jou nie te regeer nie.

Sy leer lesers hoe om:

  • Vrees te verstaan en agter te kom hoe dit in hul lewens werk
  • Die vrese te konfronteer wat hul terughou
  • Hul denkwyse te verander om blywende vrede te verkry van sekere van die algemeenste vrese waarmee mense te doen kry

Onthou: Moed is nie die afwesigheid van vrees nie. Dis om te leer hoe om voort te gaan te midde van die vrees. Dapper mense doen wat hulle in hul harte glo hulle moet doen, ongeag hoe hulle voel of watter twyfel hulle ook al ervaar. Joyce Meyer moedig lesers aan om eienaarskap van hul probleme te aanvaar en hul harte vir God oop te maak. Dan kan Hy help om lig na die duisternis te bring sodat hulle vry kan wees.

Geagte Jahwe (Afrikaans, Paperback): Willie Esterhuyse Geagte Jahwe (Afrikaans, Paperback)
Willie Esterhuyse
R10 R8 Discovery Miles 80 Save R2 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Willie Esterhuyse is 'n produk en kind van Suid-Afrika; wereldbekend as denker, spreker en raadgewer vir staatsleiers. Sy passie vir reis bring hom uit by oerbeskawings waar hy godsdiens se geboorte sien. Tydens besoeke aan Malta raak hy vertroud met die eilandjie se onstuimige voorgeskiedenis en erfenisterreine. Hy ontdek veral die arena vir die konflik tussen Christene en Moslems, 'n kwessie wat vandag die wereld aan die praat en vrees het. In opvolg van, God en die gode van Egipte, en Die God van Genesis, sluit hy die trilogie af met Geagte Jahwe. Meesterlik besluit hy om direk 11 briewe te rig aan God op sy Bybelse noemnaam, Jahwe. Hierin kan Willie vlymskerp die kernsake van ons tyd oopsny en basiese lewensvrae oopboor, soos die stryd tussen gelowe, ineenstorting van samelewings. Hy bied ook rigting vir soekende denkers oor 'n ander kyk op God vir ons tyd. Willie daag ons uit om verder te dink: met die "gees van omgee" wat verby die stukkkend en seer kyk - na 'n wereld wat menslik en leefbaar vir almal is.

John C. Maxwell Dagbeplanner 2022 - (Met Ritssluiter)(Swart | Grys) (Afrikaans, Leather / fine binding): John C. Maxwell John C. Maxwell Dagbeplanner 2022 - (Met Ritssluiter)(Swart | Grys) (Afrikaans, Leather / fine binding)
John C. Maxwell
R299 R246 Discovery Miles 2 460 Save R53 (18%) In Stock

Die John C. Maxwell Dagbeplanner spog met unieke, nuwe ontwerpe in ’n A5 kunsleer-formaat en bevat wysheid in insig van John Maxwell, befaamde leierskapdeskundige. Besigheidsmense kan nou ’n beplanner kies wat aan hulle behoeftes én smaak voldoen.

Kenmerke sluit in:

  • Inspirerende daaglikse en maandelikse aanhalings
  • Openbare vakansiedae en skoolkwartale vir Suid-Afrika, Namibië, Botswana en Zimbabwe
  • Jaarbeplanners en kalenders vir 2022 en 2023
  • Jaarlikse en maandelikse kalenders
  • ’n Bladsy-per-dag met plek vir prioriteite, afsprake, notas en finansiële aanwysers
  • Logboek om brandstof en afstand op te teken
  • Notabladsye
  • 210 x 142 mm (A5), kunsleer met ritssluiter, lintmerker
Die Bybel - 2020 Vertaling (Afrikaans, Leather / fine binding, 2nd ed): Die Bybel - 2020 Vertaling (Afrikaans, Leather / fine binding, 2nd ed)
R819 R639 Discovery Miles 6 390 Save R180 (22%) Ships in 5 - 10 working days
Weerlose Weerstand - Die Gaydebat in die NG Kerk (Afrikaans, Paperback): Andre Bartlett Weerlose Weerstand - Die Gaydebat in die NG Kerk (Afrikaans, Paperback)
Andre Bartlett
R78 Discovery Miles 780 Ships in 4 - 8 working days

In Oktober 2015 het die Algemene Sinode van die NG Kerk ’n merkwaardige besluit oor selfdegeslagverhoudings geneem. Die besluit het erkenning gegee aan sulke verhoudings en dit vir predikante moontlik gemaak om gay en lesbiese persone in die eg te verbind. Ook die selibaatsvereiste wat tot op daardie stadium vir gay predikante gegeld het, is opgehef. Met hierdie besluit het die NG Kerk die eerste hoofstroomkerk in Suid-Afrika en Afrika geword wat totale gelykwaardige menswaardige behandeling van alle mense, ongeag seksuele oriëntasie, erken – en is gedoen wat slegs in ’n handjievol kerke wêreldwyd uitgevoer is. Die besluit het egter gelei tot groot konsternasie. Verskeie appèlle en beswaargeskrifte is ingedien, distriksinodes het hulle van die besluit distansieer, en in die media was daar volgehoue kritiek en debat.

Die Bybel - 2020-Vertaling (Afrikaans, Hardcover): Die Bybel - 2020-Vertaling (Afrikaans, Hardcover)
R379 R296 Discovery Miles 2 960 Save R83 (22%) Ships in 5 - 10 working days
Die Bybel - 2020 Vertaling (Afrikaans, Hardcover, 2nd ed): Die Bybel - 2020 Vertaling (Afrikaans, Hardcover, 2nd ed)
R549 R429 Discovery Miles 4 290 Save R120 (22%) Ships in 5 - 10 working days
'n Stil gemoed - 'n Inleiding tot die Boeddhisme meditasie (Afrikaans, Paperback): Rob Naim 'n Stil gemoed - 'n Inleiding tot die Boeddhisme meditasie (Afrikaans, Paperback)
Rob Naim; Translated by Karel Schoeman
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 4 - 8 working days

’n Stil gemoed verskyn oorspronklik in 1993 in Engels onder die titel Tranquil Mind. Die eerste Afrikaanse uitgawe verskyn in 1997, en die tyd is dus ryp vir ’n heruitgawe. ’n Stil gemoed is ’n eenvoudige inleiding tot die Boeddhisme en meditasie. Die Boeddhisme is wesenlik ’n aantal metodes om met die verstand en gemoed om te gaan. As ons hierdie metodes verstaan en op ons lewens toepas, sal hulle ons inherente vermoe om innerlike vrede, erbarming en wysheid te ervaar laat ontplooi deur die potensiaal van ons gees te ontwikkel. Mediteerders in die Weste ervaar unieke probleme as gevolg van hul kulturele, sosiale en sielkundige agtergrond. Aan die hand van sy uitgebreide akademiese en praktiese ervaring stel die skrywer van hierdie inleiding die onderwerp bekend op ’n manier wat met die invloede rekening hou.

Afrikaanse Oudiobybel (1983) (Afrikaans, Memory Stick Memory Card): Afrikaanse Oudiobybel (1983) (Afrikaans, Memory Stick Memory Card)
R385 R301 Discovery Miles 3 010 Save R84 (22%) Ships in 5 - 10 working days
God is steeds God (Afrikaans, Paperback): Benescke Janse van Rensburg God is steeds God (Afrikaans, Paperback)
Benescke Janse van Rensburg
R238 Discovery Miles 2 380 Ships in 4 - 8 working days
Afrikaans 1983 Medium Bybel (Afrikaans, Hardcover, 18th ed): Afrikaans 1983 Medium Bybel (Afrikaans, Hardcover, 18th ed)
R579 R452 Discovery Miles 4 520 Save R127 (22%) Ships in 5 - 10 working days
Die Wenresep Van Christus (Afrikaans, Paperback): Jeanette Basson Die Wenresep Van Christus (Afrikaans, Paperback)
Jeanette Basson
R10 Discovery Miles 100 Ships in 4 - 8 working days

Die kernboodskap is dat alle mense kinders van God is. Die hele titel draai om die begrip van liefde en die toepassing daarvan in ons lewe. Elke hoofstuk bevat 'n kort meditasie-oefening om Christene in te lei in hierdie persoonlike geesteservaring.

Afrikaanse Oudiobybel (Afrikaans, USB Flash Drive): Afrikaanse Oudiobybel (Afrikaans, USB Flash Drive)
R385 R301 Discovery Miles 3 010 Save R84 (22%) Ships in 5 - 10 working days
John C. Maxwell Dagbeplanner 2022 - (Met Ritssluiter)(Blou | Grys) (Afrikaans, Leather / fine binding): John C. Maxwell John C. Maxwell Dagbeplanner 2022 - (Met Ritssluiter)(Blou | Grys) (Afrikaans, Leather / fine binding)
John C. Maxwell
R299 R246 Discovery Miles 2 460 Save R53 (18%) In Stock

Die John C. Maxwell Dagbeplanner spog met unieke, nuwe ontwerpe in ’n A5 kunsleer-formaat en bevat wysheid in insig van John Maxwell, befaamde leierskapdeskundige. Besigheidsmense kan nou ’n beplanner kies wat aan hulle behoeftes én smaak voldoen.

Kenmerke sluit in:

  • Inspirerende daaglikse en maandelikse aanhalings
  • Openbare vakansiedae en skoolkwartale vir Suid-Afrika, Namibië, Botswana en Zimbabwe
  • Jaarbeplanners en kalenders vir 2022 en 2023
  • Jaarlikse en maandelikse kalenders
  • ’n Bladsy-per-dag met plek vir prioriteite, afsprake, notas en finansiële aanwysers
  • Logboek om brandstof en afstand op te teken
  • Notabladsye
  • 210 x 142 mm, kunsleer met ritssluiter, lintmerker
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Op Die Duiwel Se Spoor - Hoe Ek Die…
Ben "Bliksem" Booysen Paperback  (1)
R320 R275 Discovery Miles 2 750
'n Palet Vol Vreugde - 366 Dagstukkies
Alette-Johanni Winckler Paperback R310 R266 Discovery Miles 2 660
Hykie Berg: My Storie van Hoop
Hykie Berg, Marissa Coetzee Paperback R250 R215 Discovery Miles 2 150
Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen?
Jurie van den Heever Paperback  (1)
R10 R8 Discovery Miles 80
Terreur in Kaboel
Hannelie Groenewald Paperback R280 R241 Discovery Miles 2 410
Het Ek My Geloof Verloor?
Pierre du Plessis Paperback R270 R232 Discovery Miles 2 320
Geseend Is Die Wat Treur
Susan Jordaan Paperback R250 R215 Discovery Miles 2 150
My Stryd Met ADHD - Die Onsigbare Oorlog
Hykie Berg Paperback  (1)
R270 R232 Discovery Miles 2 320
Iemand Soos Jy
Karen Kingsbury Paperback R199 R164 Discovery Miles 1 640
Koeke en Terte - Aanvaar Mekaar se…
Susan Coetzer Paperback R270 R232 Discovery Miles 2 320

 

Partners