0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (44)
  • R50 - R100 (252)
  • R100 - R250 (892)
  • R250 - R500 (117)
  • R500+ (33)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie

Polleke (Afrikaans, Hardcover): Guus Kuijer Polleke (Afrikaans, Hardcover)
Guus Kuijer; Translated by Martjie Bosman
R99 Discovery Miles 990 Ships in 4 - 8 working days

Al vyf van die gewilde Nederlandse Polleke-boeke is nou saam in een band in Afrikaans beskikbaar! Polleke het ’n kerel, Mimoen. Maar sy geloof en sy kultuur maak hulle vriendskap byna onmoontlik. Polleke se pa, Spiek, loop rond en gebruik dwelms. En Polleke se onderwyser is skielik haar ma se nuwe vriend – hulle praat glad van trou … Dit is nie maklik om opgeruimd te bly as so baie dinge skeefloop nie. Maar Polleke gooi nie sommer tou op nie. Daar is darem ook Oupa en Ouma se plaas buite die stad waar sy tot rus kan kom. Daarnatoe gaan sy graag – sy het selfs haar eie kalfie wat sy Polleke gedoop het! Guus Kuijer het verskeie toekennings vir die Polleke-boeke ontvang, waaronder ’n Gouden Griffel, ’n Zilveren Griffel en die Woutertje Pieterse-prys. Die boeke is ook met groot sukses in Nederland verfilm.

Dr. Seuss: Hoe Die Grons Kersfees Gesteel Het! (Afrikaans, Paperback): Dr. Seuss Dr. Seuss: Hoe Die Grons Kersfees Gesteel Het! (Afrikaans, Paperback)
Dr. Seuss; Illustrated by Dr. Seuss; Translated by Philip de Vos
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 4 - 8 working days
Eerste Leesboeke: Myne, myne, myne! Se die ystervark (Afrikaans, Paperback): Alex English Eerste Leesboeke: Myne, myne, myne! Se die ystervark (Afrikaans, Paperback)
Alex English; Illustrated by Emma Levey
R65 R51 Discovery Miles 510 Save R14 (22%) Ships in 5 - 10 working days
Krygsperd (Afrikaans, Paperback): Michael Morpurgo Krygsperd (Afrikaans, Paperback)
Michael Morpurgo; Translated by Kobus Geldenhuys 1
R163 Discovery Miles 1 630 In Stock

Krygsperd (War Horse in die oorspronklike Engels) vertel die aangrypende verhaal van die dapper Joey, 'n perd wat in 1914 verkoop word en kort daarna as oorlogsperd in die middel van die choas en ontbering van die Eerste Wereldoorlog beland. Die boek het aanleiding gegee tot Steven Spielberg se gewilde gelyknamige rolprent, wat in 2011 op die grootskerm vrygestel is.

My storie-skatkis (Afrikaans, Hardcover): Francois Ruyer My storie-skatkis (Afrikaans, Hardcover)
Francois Ruyer; Fantasi-Paneel Fantasi-Paneel
R275 R215 Discovery Miles 2 150 Save R60 (22%) Ships in 5 - 10 working days
Vonkel die eenhoring (Afrikaans, Paperback): Karen King Vonkel die eenhoring (Afrikaans, Paperback)
Karen King; Illustrated by Angela Hicks; Edited by Fantasi Fantasi
R80 R63 Discovery Miles 630 Save R17 (21%) Ships in 5 - 10 working days

Vonkel is die kleinste eenhorinkie in die Wonder-Woud. Almal se sy’s te klein om te help bessies soek, en te klein om speletjies te speel. Maar Vonkel is moeg daarvan om altyd eenkant toe geskuif te word. Op ’n dag besluit Vonkel om te wys hoe dapper sy is. Op haar eie gaan verken sy die diepste deel van die woud...

Bomani Meerkat - Die Twee Jaloerse Meerkatte (Afrikaans, Paperback): Ewald Van Rensburg Bomani Meerkat - Die Twee Jaloerse Meerkatte (Afrikaans, Paperback)
Ewald Van Rensburg
R29 R23 Discovery Miles 230 Save R6 (21%) Ships in 5 - 10 working days

Iets vreesliks het in die Kalahari gebeur – die meerkatte baklei onder mekaar en is nie meer een groot, gelukkige familie nie. Wat gaan Dapper Bomani doen om die vrede te herstel? Sluit by hom aan in ’n klompie nuwe avonture. Julle gaan weer vir Thandi, ’n ou vriendin, raakloop. Maar ook ’n nuwe vriend, Makhaya die Dassie. Dan is daar nog Byevanger, die dief. Lees gerus hoe Bomani met hom te werk gaan.

Eerste Leesboeke: Kallie en die Nuwe Gier (Afrikaans, Paperback): Alice Hemming Eerste Leesboeke: Kallie en die Nuwe Gier (Afrikaans, Paperback)
Alice Hemming; Illustrated by Kimberley Scott
R65 R51 Discovery Miles 510 Save R14 (22%) Ships in 5 - 10 working days

’n Nuwe gier trek deur die wildpark. Mensekaarte! Kallie die Kameelperd en sy vriende wil al die kaarte bymekaarmaak, maar hulle sal dalk moet saamwerk om die versameling vol te kry! Daar is verskillende kleurkodes wat die leesvlak en moeilikheidsgraad van die teks aandui. Al die leesboekies in hierdie reeks is met kleurkodes gemerk volgens die aanvaarde standaard.

Wiplala (Afrikaans, Hardcover): Annie M. G Schmidt Wiplala (Afrikaans, Hardcover)
Annie M. G Schmidt; Illustrated by Philip Hopman; Translated by Amelia de Vaal
R210 Discovery Miles 2 100 Ships in 4 - 8 working days

“Pappa!” roep Johannes. “Pappa, kyk net!”. “Stil!” roep meneer Blom. “Ek kry nie gewerk nie!”. “Maar jy moet kyk, Pappa,” se Nella Della. Sy hou haar hand ’n bietjie stywer om die mannetjie sodat hy nie kan ontsnap nie. Meneer Blom kyk. “Wat is dit?” vra hy effens knorrig, asof hy vies is dat hulle hom oor so ’n kleinigheid pla. “Is dit ’n kabouter? Kabouters bestaan nie. Dit is dus onmoontlik. Los my nou dat ek kan werk.” ’n Kabouter is dit nie, maar ’n wiplala met die naam Wiplala. En Wiplala kan toor, of soos hy dit noem ‘tinkel’. Die enigste probleem is dat Wiplala dit soms regkry om te tinkel en soms nie. Wanneer hy die Blom-gesin net so klein maak soos hy, is dit die begin van ’n opwindende avontuur. Die Bloms wonder egter of hulle ooit weer normale mense sal word!. Wiplala verskyn oorspronklik in 1957 in Nederlands. Dit is uit die pen van die bekende Nederlandse kinderboekskrywer Annie M.G. Schmidt. Die boek word in verskeie tale vertaal (onder meer Duits, Fins, Engels en selfs Japannees). In 2014 verskyn daar ook ’n film wat gebaseer is op die boek.

Hondeskou Ramp Reader (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Dale Hondeskou Ramp Reader (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Dale; Edited by Veronica Montoya
R65 R51 Discovery Miles 510 Save R14 (22%) Ships in 5 - 10 working days
Waldo En Die Vampier Met Die Geel Reënjas (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Waldo En Die Vampier Met Die Geel Reënjas (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
bundle available
R150 R117 Discovery Miles 1 170 Save R33 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Waldo is seker Connie is in groot gevaar. Wat anders beteken die vreemde gedagteflits wat hy gesien het? En wie is die meisie met die geel reënjas wat Waldo ’n ruk lank agtervolg het? Gaan sy weer haar opwagting maak? En wat wil sy he? Die antwoorde op hierdie vrae gaan Waldo se lewe vir ewig verander …

Die vierde en laaste boek in die reeks.

Kewerkoningin (Afrikaans, Paperback): M. G. Leonard Kewerkoningin (Afrikaans, Paperback)
M. G. Leonard; Translated by Kobus Geldenhuys
R67 Discovery Miles 670 Ships in 4 - 8 working days

Wrede kewermodebaas Lucretia Cutter het ’n plan om die wêreld voor haar kewerkloue te laat buig. Hierdie keer behels dit ’n besoek aan die jaarlikse Filmtoekennings in Los Angeles, ’n stel pragtige maar gevaarlike kewerrokke vir bekende aktrises en ’n weermag van bose lieweheersbesies. Darkus, Virginia en Bertold is vasbeslote om ’n stokkie voor haar planne te steek, maar Darkus se pa het hom verbied om verder ondersoek in te stel, die gruwelike skelms, Humphrey en Pickering is weer uit die tronk en die kewers van Kewerberg se lewens word ernstig bedreig.

Al Staan Jy Op Jou Kop - En Ander Lawwe Rympies (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Al Staan Jy Op Jou Kop - En Ander Lawwe Rympies (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
bundle available
R180 R141 Discovery Miles 1 410 Save R39 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Het jy al ’n weermag Weense worsies gesien? Wat sal jy doen as jou huiswerk wegvlieg? Watter nare dinge gebeur as jy jou pizza met ’n mes en vurk eet?Kom baljaar saam in dié prettige, holderstebolder rympieboek uit die pen van Jaco Jacobs. Jy gaan nêrens ’n lawwer rympieboek as dié een kry nie – al staan jy op jou kop!Die versameling bevat 58 rympies met illustrasies deur Nici Brockwell.

Jasper speel toneel: Boek 7 (Afrikaans, Paperback): C.F. Beyers-Boshoff Jasper speel toneel: Boek 7 (Afrikaans, Paperback)
C.F. Beyers-Boshoff
R134 Discovery Miles 1 340 Ships in 4 - 8 working days

Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke. Hierdie is die sewende titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is 'n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke! In alles was Jasper nog altyd die onbestrede leier, maar nou lyk dit asof sy maats hom eenkant toe stoot, en dit net omdat hy nie soos ‘n meisiekind op ‘n verhoog wil gaan ronddans nie. Asof daar nie veel belangriker dinge is wat ‘n seun kan doen nie! En boonop lyk dit ook nog asof hulle dink hy kan nie toneel speel nie! Jasper is egter nie iemand wat homself bejammer as dinge ‘n bietjie donker lyk nie. Hy het lankal geleer dat dit die heel beste is om uit te spring en iets te doen om die saak reg te stel — en soos altyd spring die klein borselkop met soveel entoesiasme aan die werk, dat hy homself, en die leser, ‘n bietjie uitasem laat. Kom deel in die avonture van Jasper.

Die Aardigste Onnies op Aarde (Afrikaans, Paperback): David Walliams Die Aardigste Onnies op Aarde (Afrikaans, Paperback)
David Walliams; Illustrated by Tony Ross; Translated by Kobus Geldenhuys
R282 Discovery Miles 2 820 Ships in 4 - 8 working days
Eerste Leesboeke: Buks die Skaaphond (Afrikaans, Paperback): Cath Jones Eerste Leesboeke: Buks die Skaaphond (Afrikaans, Paperback)
Cath Jones
R65 R51 Discovery Miles 510 Save R14 (22%) Ships in 5 - 10 working days
Hanli die hasie 2 - Die vlieende hase; Die ysprinses; Die Kersfeeswens (Afrikaans, Hardcover): Mandy Stanley Hanli die hasie 2 - Die vlieende hase; Die ysprinses; Die Kersfeeswens (Afrikaans, Hardcover)
Mandy Stanley; Illustrated by Mandy Stanley; Translated by Amelia de Vaal
R191 Discovery Miles 1 910 Ships in 4 - 8 working days

Hierdie is die tweede drie-in-een boek van Hanli die hasie! (Die vlieende hasie; Die Ysprinses & Die Kersfeeswens). Hanli die hasie is die Afrikaanse vertaling van die gewilde Engelse boek Lettice – waarvan daar al oor ’n miljoen boeke verkoop is. Hanli is ’n vrolike hasie wat saam met haar gesin hoog teen die kruin van ’n heuwel woon. Knibbel, knibbel, hop, hop, elke dag is presies dieselfde, behalwe wanneer sy verras word! Op ’n dag sien Hanli ’n pragtige pienk vliegtuig in die lug. Daar en dan besluit sy dat sy ook wil vlieg. Sy flap haar arms, haar ore, selfs haar snorbaarde en stert, maar niks werk nie. Sy plof moedeloos op die gras neer. Sal ’n gewone hasie soos sy dan nooit kan vlieg nie?. ’n Ander keer hoor Hanli hoe kinders oor Kersfees praat. Sy wou nog altyd geweet het wat Kersfees is en besluit om die kinders te volg en self ondersoek in te stel … Die wonderlikste verrassing van almal is toe Hanli op ’n yskoue wintersoggend genooi word om saam met kinders op die bevrore meer te ysskaats. Net toe sy dink die dag kan nie meer betowerend word nie, kry sy die kans om voor die Ysprinses te dans – heeltemal op haar eie. Hanli die hasie sal reguit in klein dogtertjies se harte in hop!.

Klein Grillie Spinnekop: Vakansie by die See (Afrikaans, Hardcover): Diana Amft Klein Grillie Spinnekop: Vakansie by die See (Afrikaans, Hardcover)
Diana Amft; Illustrated by Martina Matos
R140 R110 Discovery Miles 1 100 Save R30 (21%) Ships in 5 - 10 working days

Klein Grillie Spinnekop is baie opgewonde, want hy gaan ver reis. Saam met Ouma Erna gaan jy vakansie hou by die see! Wat gaan hulle alles daar ontdek?

Leer saam met Grillie van die getye, seediere, hoë sandduine vorm en nog baie meer.

Kleuterland (Afrikaans, Hardcover): Helena J.F. Lochner Kleuterland (Afrikaans, Hardcover)
Helena J.F. Lochner
R191 Discovery Miles 1 910 Ships in 4 - 8 working days

Kleuterland is ‘n pragtige kinderboek met 40 stories en pragtige illustrasies vir kleuters uit die verhaleskat van Helena J.F. Lochner en was oorspronklik deel van ’n reeks van ses bundels, onder andere Diereland, Storieland, Kammaland en Avontuurland. Dit is lekker-lees stories vir voorlees aan kleuters. Protea gaan dit weer publiseer in ‘n nuwer moderne baadjie om hierdie wonderlike stories aan ‘n nuwe generasie bekend te stel. Die stories in die bundel word volgens bevatlikheid rangskik. Die langste woorde in die eerste ses stories bestaan uit slegs drie letters, die in die volgende drie stories uit vier lettes en die volgende drie uit net vyf. Gaandeweg word die woorde moeiliker en langer.

Skrik Kom Huis Toe (Afrikaans, Paperback, 3rd ed): Dolf van Niekerk Skrik Kom Huis Toe (Afrikaans, Paperback, 3rd ed)
Dolf van Niekerk
R58 Discovery Miles 580 Ships in 4 - 8 working days

'n Jeugverhaal wat ook geskik is vir volwassenes. Met Dolf van Niekerk se intieme kennis van die kind, skryf hy vanuit 'n kind se oogpunt oor “die buitestaander/outcast”. Verskeie kwessies wat 'n kind na aan die hart le word aangeraak, soos: gebroke families, tekort aan aandag en liefde, drome en standvastigheid. Albert is eensaam. Hy kom uit 'n gebroke huis waar daar baie gehuil en min gelag word. Hy ken nie sy stiefma nie en dis asof sy pa net 'n kuiergas in die huis is. 'n Posduif bring nuwe hoop en opwinding in sy lewe. Die tuin word sy veilige hawe – die plek waar hy net homself kan wees en vrylik mag liefhe. 'n Jeugboek wat meer as net 'n ontspanningsboek is. As jou kind hierdie eers gelees het, sal sy vir die res van haar lewe opkyk as sy die geruis van duifvlerke hoor. Sy sal deernis he met haar maats wat uit gebroke huise kom, want sy sal besef dat hulle dit nie maklik in die lewe het nie. Sy sal nooit net niks kan voel as sy 'n dooie posduif in die pad sien le nie. As sy dikbek of sleg voel, sal sy uitwyk na die stilte van die tuin. En as iemand haar drome bedreig, sal sy hulle op 'n afstand by die diere stilletjies sit en vloek. – Keina Swart

Haas Das Se Nuuskas: Episode 5 (Afrikaans, Paperback): Louise Smit Haas Das Se Nuuskas: Episode 5 (Afrikaans, Paperback)
Louise Smit
R185 R159 Discovery Miles 1 590 Save R26 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, is terug met Diereland se manewales in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie uitsending vind die opwindende stoeigeveg tussen die Gemaskerde Wonder en Kongo Kangaroe plaas, maar die diere moet ook vlug vir 'n gevaarlike veldbrand in Diereland. Die gewilde Haas Das- stories word opnuut uitgebeeld deur Vian Oelofsen se pragtige illustrasies.

Jasper in gevaar: 10 (Afrikaans, Paperback): C.F. Beyers-Boshoff Jasper in gevaar: 10 (Afrikaans, Paperback)
C.F. Beyers-Boshoff
R134 Discovery Miles 1 340 Ships in 4 - 8 working days

Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke. Hierdie is die tiende titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is 'n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke! Saam met ‘n groep kinders van Leliesvlei se hoerskool, en onder toesig van meneer Basson, gaan Jasper die Wildtuin besoek. Maar op pad daarheen - en nogal op ‘n steil bergpas en in gietende reen van ‘n Laeveldse donderstorm - raak die bus waarmee hulle reis onklaar. En lank nadat die donderstorm bedaar het, staan die logge ou rooi gevaarte nog al die tyd langs die pad, te steeks om ‘n wiel te verroer. Intussen begin dit reeds donker word en meneer Basson word onrustig. Nou nie heeltemal met meneer Basson se toestemming nie, besluit Jasper en sy drie maats dat hulle die wereld moet gaan verken en kyk of hulle nie hulp kan kry nie. En ja werklik, voordat hulle baie ver gevorder het, hoor hulle die gedreun van ‘n vragmotor, wat hulle na ‘n afgesonderde plaashuis lei. Omhul deur die waas van geheimsinnigheid, le die huis tussen die bosse, sonder ‘n lig of enige ander teken van lewe, behalwe die vragmotor wat daar staan. Jasper se kort hare gaan staan nog regopper as gewoonlik, maar hy besluit om deur te druk met sy ondersoek. Hy is immers die leier van die Viermanskap. Maar hy moes liewer net daar omgedraai en teruggestap het skoolbus toe. Dit sou beter gewees het vir almal … Kom deel in die avonture van Jasper!

Die Towenaars Van Toeka - Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Cressida Cowell Die Towenaars Van Toeka - Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Cressida Cowell; Translated by Kobus Geldenhuys
R282 Discovery Miles 2 820 Ships in 4 - 8 working days

Hierdie storie gaan oor ’n jong towenaarseun en ’n jong krygermeisie wat van geboorte af geleer is om mekaar soos gif te haat.

Die storie begin met die ontdekking van 'n reusagtige swart veer.

Is die towenaars en krygers dalk so besig om teen mekaar te baklei dat hulle nie agterkom dat ’n oeroue bose mag teruggekeer het nie? Is daardie veer dalk regtig ’n hekseveer?

Peter Pan en Laurie (Afrikaans, Paperback): Marie Heese Peter Pan en Laurie (Afrikaans, Paperback)
Marie Heese; Edited by Marjorie van Heerden
R191 Discovery Miles 1 910 Ships in 4 - 8 working days

Meer as ’n honderd jaar nadat die boek Peter and Wendy deur J.M. Barrie in Engeland gepubliseer is, verskyn Marié Heese se opvolgstorie Peter Pan en Laurie by Protea Boekhuis in Suid-Afrika. Dit word gelyktydig in Engels en Afrikaans vrygestel, met sjarmante illustrasies deur Marjorie van Heerden. Marié Heese het reeds verskeie kinderstories gepubliseer en vertaal. In hierdie storie hou sy redelik naby aan die atmosfeer en verteltrant van die oorspronklike werk. Natuurlik is Peter nog net soos hy was, avontuurlik en vry, maar die meisie wat hy dié keer na die Nimmerland met hom saamneem, is ietwat anders as die moederlike Wendy. Sy nuwe feetjie-maat heet Klokkelokkies. Daar is ander Verlore Seuns, en ander vyande om te trotseer, veral die groteske reus, Half-gevreet, leier van die Grillergaaie, wat net ’n halwe kop het en die ore van sy oorwonne vyande pekel, aan ’n tou om sy nek hang en kou. Hy soek Peter se ore vir sy versameling. En daar is dinosaurusse wat die eiland wil oorneem …

Lillie die heksie in Lilliput: Boek 16 (Afrikaans, Hardcover): Knister Lillie die heksie in Lilliput: Boek 16 (Afrikaans, Hardcover)
Knister; Translated by Amelia de Vaal
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 4 - 8 working days

Die storie van Gulliver se reise is vir Lillie betowerend – letterlik! Lillie is absoluut gek oor die boek en wonder hoe dit moet voel om ’n reus te wees in ’n land waar die mense skaars groter is as jou duim. Maar hoe kom sy daar? Toe haar klein pes van ’n boetie, Leon, haar kom pla met ’n probleem, gee hy onwetend vir haar die antwoord! Haar eerste probeerslag loop egter skeef, en so amper word sy die prooi van die buurvrou se kat. Wanneer haar toordery wel ’n tweede keer slaag, kry sy nie met ’n kat te doen nie, maar met ’n veel gevaarliker vyand wat die Lilliputters se lewens daagliks bedreig. Sal sy daarin slaag om hulle te help?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Asterix in Korsika
R. Goscinny Paperback R190 R140 Discovery Miles 1 400
Hartklop - Die Ontwaking Van Winter…
Sunel Combrinck Paperback R270 R232 Discovery Miles 2 320
Die Woud Van Sneeu & Ys
Frenette van Wyk Paperback R260 R224 Discovery Miles 2 240
Sankind Lees Die Wind
Wendy Maartens Paperback R190 R139 Discovery Miles 1 390
Kattemaai 2: Annabel Gaan Skool Toe
Betsie Vos Paperback R150 R129 Discovery Miles 1 290
Saterdag Val Ek Vir Jou
Cecilia Steyn Paperback R200 R172 Discovery Miles 1 720
Kattemaai 1: Die Bure Se Nuwe Dogter
Betsie Vos Paperback R150 R129 Discovery Miles 1 290
Anderkant Die Blou
Zelda Bezuidenhout Paperback R160 R138 Discovery Miles 1 380
Felina Kat, Geheime Agent
Louise Smit Paperback R170 R146 Discovery Miles 1 460
Wereld Van Wolwe 3 - Derde Mag
Fanie Viljoen Paperback R220 R165 Discovery Miles 1 650

 

Partners