Wat sal jy doen as jy onsigbaar kan raak? Kyle is moeg daarvoor dat
die skoolboelie op hom pik. Denzel die Draak knou gedurig ander
kinders af, terg hulle en vat hulle pousebroodjies. Toe Kyle 'n
nuwe selfoon kry, laai hy ’n vreemde app af – een wat belowe om jou
onsigbaar te maak! Kort voor lank verander Kyle in 'n superheld:
Kaptein Verdwyn! En hy besluit dit is tyd om die boelie ’n les te
leer ... 'n Aksiebelaaide storie met 'n positiewe boodskap wat
kinders kan bemagtig om hul man te staan teen boelies. Agterin die
boek verskyn nuttige raad oor hoe om boelies te identifiseer en wat
om te doen as iemand jou boelie.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!