0
Your cart

Your cart is empty

Books > Fiction > Genre fiction > Historical fiction

Not currently available

Fiksie 3-Boek Bundel (Afrikaans, Paperback) Loot Price: R577
Discovery Miles 5 770
You Save: R122 (17%)

Fiksie 3-Boek Bundel (Afrikaans, Paperback)

 (sign in to rate)
List price R699 Loot Price R577 Discovery Miles 5 770 You Save R122 (17%)

Bookmark and Share

Supplier out of stock. If you add this item to your wish list we will let you know when it becomes available.

Op 'n Eiland - Karel Schoeman
’n Welkome heruitgawe van een van Schoeman se bekendste en gewildste vroeë romans (1971). Hy beeld die wondbaarheid van mense in hul verhouding tot mekaar, asook hul wesenlike eensaamheid, met groot helderheid uit. Die fokus is op vier mense wat ’n tyd lank saam op ’n Griekse eiland bly: die verteller Ruud gaan kuier by die jong Suid-Afrikaanse skilder Johan en sy vrou Hilde, en ’n ruk later kom ’n vriendin van Hilde ook daar aan. Hulle leef eenkant en geïsoleerd van die eilanders omdat hulle nie Grieks praat nie, en die emosionele wisselwerking wat tussen mens en mens ontstaan, verkry algaande ’n verwikkeldheid wat uiteindelik móét uitrafel. Schoeman het aan hierdie roman die sensitiewe, indringende toonaard gegee wat hom ’n Hertzogpryswenner gemaak he

Ander Lewens - Andre P. Brink
Hierdie boeiende drie novelles word op intrigerende wyse aan mekaar verbind deur oorvleuelende karakters en plekke, asook tematiese ooreenkomste. Die drie vertellers is al drie kunstenaars – ’n skilder, ’n argitek, ’n pianis. Die blou deur begin met ’n droom en ’n verwysing na Kafka se Metamorfose. In hierdie verhaal vervaag die grense tussen die droomwêreld en die realiteit ook soos by Kafka. Kunstenaar David het ’n kothuis wat hy as ateljee gebruik en waarheen hy gaan om te skilder. En op ’n dag wanneer hy daar aankom, bevind hy hom in ’n ander werklikheid: ’n donkerkop vrou en twee kinders heet hom welkom asof hy deel is van hulle gesin... In Spieël maak argitek Steve een oggend die ontdekking dat hy nou swart is. Daardie dag ervaar hy dinge en mense telkens op ’n heel ander wyse, en word hy gekonfronteer met die probleem van identiteit. Totdat alles tot ’n keerpunt kom die aand toe hy en sy vrou Carla saam met ander mense in ’n restaurant deur ’n groep gemaskerde mans oorval word. In Appassionata raak pianis Derek Hugo betrokke in ’n verhouding met sangeres Nina Rousseau – ’n verhouding wat egter op haar aandrang platonies bly. Maar alles verander na ’n gewelddadige voorval in ’n restaurant, toe Nina daarop aandring dat hulle vir ’n paar dae na haar ou familieplaas toe gaan – ’n plek met ’n donker geskiedenis. Soos sy lesers van André Brink kan verwag: hier is weer eens die meesterverteller aan die woord!

Desembers - Petra Muller
Wanneer die dag net een oomblik het vir lees, is ’n kortverhaal van Petra Müller altyd ’n goeie keuse. Sy vertel met ’n helder vaart. Eerlik en verstaanbaar. Sy hou jou in die holte van haar skrywershand en los jou nie vir ’n oomblik nie. Elke lig laat sy vir jou brand dat jy nie oor een sin in ’n storie struikel nie. En jy glo elke woord wat jy lees, want jy lees oor jouself. Sy bemoei haar – soos die beste skrywers oor al die eeue – met ons almal se ordinêre verdriet, skelmstreke, nukke, liefdes, luste en eienaardighede. Sy trek dit in dié versamelbundel byeen en hou dit byeen in ’n fyn balans tussen detail en gevoel. Bowenal is haar stories tydloos wat styl én inhoud betref. Nou nog kan ons ons intens inleef in die mees onvergeetlike verhale van die Russiese skrywer Anton Chekhov (1860-1904) of die Nieu-Seelander Katherine Mansfield (1888-1923) omdat letterkunde nuus is wat nuus bly, het die digter Ezra Pound destyds gesê. Net so is elkeen van Petra Müller se verhale net so ‘nuuswaardig’ as wat dit was die dag toe sy dit geskryf is. Nog voordat Müller die Hertzogprys vir poësie gewen het, het sy vier bundels verhale gepubliseer: Werf in die Rûens (1980), Voëls van die hemel (1982), Die dwerg van die Infanta (1993) en In die omtes van die hart (1995). Dié keur, met die hand uitgesoek deur Rachelle Greeff, is ’n goeie verteenwoordiging van haar eerste verhale uit haar grootwordwêreld, die Rûens, stories van haar voormense, haar stads- en reisvertellings, haar bemoeienis met outsider-figure en die stories wat amper sprokies wil word. Gun jouself die tyd om weg te raak in die tydlose vertellings wat in Desembers opgeneem is. Geen boekrak van enige kortverhaalliefhebber behoort sonder Petra Müller se eiesoortige oeuvre te wees nie.

General

Imprint: Naledi
Dimensions: 230 x 160 x 65mm (L x W x T)
Format: Paperback (Shrink-wrapped)
Volumes: 3
ISBN-13: 2000552838043
Languages: Afrikaans
Categories: Books > Fiction > General & literary fiction > Modern fiction
Books > Fiction > Genre fiction > Historical fiction
Books > Fiction > Special features > Fiction anthologies & collections
Books > Afrikaans > Fiksie
Books > Local Author Showcase > Fiction - adults > Drama
Books > Local Author Showcase > Fiction - adults > Historical
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction
LSN: XU2-QJ3-AS5-7
Barcode:

Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate? Let us know about it.

Does this product have an incorrect or missing image? Send us a new image.

Is this product missing categories? Add more categories.

Review This Product

No reviews yet - be the first to create one!

Buy 2, Get An Extra 20% Off

Fiksie 3-Boek Bundel
Paperback R699 R577 Discovery Miles 5 770
bundle available
Bibby's - More Good Food
Dianne Bibby Hardcover R480 R340 Discovery Miles 3 400
bundle available
Maria's Keepers - One Woman's Escape…
Sam Human Paperback R280 R219 Discovery Miles 2 190
bundle available
Anton Rupert - The Life Of A Business…
Ebbe Dommisse Paperback R395 R289 Discovery Miles 2 890
bundle available
Hunting With The Hawks - Untold Stories…
Graham Coetzer Paperback R320 R235 Discovery Miles 2 350
bundle available
Power And Faith - How Evangelical…
Pontsho Pilane Paperback R280 R205 Discovery Miles 2 050
bundle available
When Love Kills - The Tragic Tale Of AKA…
Melinda Ferguson Paperback R320 R235 Discovery Miles 2 350
bundle available
Prisoners Of Jan Smuts - Italian…
Karen Horn Paperback R330 R225 Discovery Miles 2 250
bundle available
Kirstenbosch - A Visitor's Guide
Colin Paterson-Jones, John Winter Paperback R150 R109 Discovery Miles 1 090
bundle available
Cape, Curry & Koesisters
Fatima Sydow, Gadija Sydow Noordien Paperback  (3)
R415 R357 Discovery Miles 3 570
bundle available
Love And Fury - A Memoir
Margie Orford Paperback R300 R200 Discovery Miles 2 000
bundle available
The Future Of Mining In South Africa…
The Mapungubwe Institute for Strategic Reflection Paperback R320 R250 Discovery Miles 2 500
bundle available
Fatima Sydow Cooks
Fatima Sydow Paperback  (3)
R420 R361 Discovery Miles 3 610
bundle available
Low Carb Is Lekker Three
Ine Reynierse Paperback R320 R256 Discovery Miles 2 560
bundle available
Mission Of Malice - My Exodus From…
Erika Bornman Paperback  (8)
R260 R208 Discovery Miles 2 080
bundle available

See more

Partners