Leer hoe om krisisse reg te hanteer sodat jy daardeur kan groei.
Stres, stres, stres. Die gonswoord op almal se lippe, want ons elkeen, van kinders tot volwassenes, beleef dit.
Dit hoef jou glad nie moedeloos te maak nie, want hierdie potensiële struikelblokke en breekpunte kán noodsaaklike groeipunte en trapklippe na sukses word.
In Breekpunt wys Henk Gous jou hoe om krisisse reg te hanteer en so persoonlik te groei. Hy verdeel die boek in vier afdelings, naamlik persoonlike stres, stres in verhoudings, stres by die werk en stres oor finansies. As ervare berader bespreek hy onder meer:
· Die oorsake van trauma en praktiese wenke om dit te hanteer.
· Hoe om konflik en krisisse op ’n gesonde manier te hanteer.
· Maak sin uit pyn.
· Stappe van vergifnis.
· Hoe om die bande van verslawing te breek.
· Hoe om op te staan ná ’n nederlaag.
· Hoe om op te hou stres oor finansies.
Neem vandag nog beheer oor jou lewe, want jy kán krisisse reg hanteer en oorkom, en so met selfvertroue die toekoms tegemoetgaan.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!