Die diereskuiling Vierpotige Vriende vier Kersfees in Julie om geld
in te samel. Daar gaan stalletjies wees met heerlike eetgoed,
oulike geskenke – en selfs speelgoed vir honde! Lana voel jammer
vir die honde wat nie huise het nie en beplan om saam met Rakker te
gaan Kersliedjies sing. Met sy oulike Kersvader-hoed gaan hy beslis
hope harte steel en baie geld vir liefdadigheid insamel. Rakker se
prettige Kersfees is die sesde boek in ’n splinternuwe reeks van
agt boeke. Jong diereliefhebbers sal versot wees op Lana en die
ondeunde Rakker se avonture. ’n Humoristiese lekkerlees-reeks met
prettige illustrasies.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!