Lana en haar gesin gaan die vakansie by haar ouma-hulle kuier. Dit
is by die see en Ouma beplan hope prettige dinge vir die vakansie.
Sy is egter baie gesteld daarop dat haar huis netjies moet wees –
en dit gaan nogal moeilik wees met Rakker in die omtrek! Kan Rakker
dit regkry om Ouma se hart te steel, voor sy so vies word dat sy
hom terug huis toe stuur? Vakansie by die see is die vyfde boek in
’n splinternuwe reeks van agt boeke. Jong diereliefhebbers sal
versot wees op Lana en die ondeunde Rakker se avonture. ’n
Humoristiese lekkerlees-reeks met prettige illustrasies.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!