0
Your cart

Your cart is empty

Books > Fiction > Genre fiction > Romance

Buy Now

Strooisuikerliefde - Lekker Korter Liefdesverhale! (Afrikaans, Paperback) Loot Price: R125
Discovery Miles 1 250
You Save: R35 (22%)

Share your images

Strooisuikerliefde - Lekker Korter Liefdesverhale! (Afrikaans, Paperback)

Jacolet van den Berg, Corne La Camera, Rika Cloete, Bernette Bergenthuin, Nadia de Bruin, Lizelle von Wielligh, Petronel Louw, Didi Potgieter

Series: Jongliefde

 (sign in to rate)
List price R160 Loot Price R125 Discovery Miles 1 250 You Save R35 (22%)

Bookmark and Share

Expected to ship within 5 - 13 working days

Vars, snaaks, speels - liefdesverhale vir alle generasies. Agt (8) lekkerlees-verhale wat Ma, Ouma, Tannie en Dogter kan deel - sonder om te bloos!

Hierdie omnibus is 'n samestelling van agt RomanzaLiefde-novelles: Soos hout en konfetti, Net in stories, Gelukkige nommer 13, Kersie bo-op, Net drie woorde, Kakie, stewels en liefde, Net ons twee en Om haar pinkie.

Soos hout en konfetti - Jacolet van den Berg

Max is banger vir vroue en trou as die duiwel vir 'n slypsteen. Maar sy hart werk oortyd as hy Sandra Sinclair sien. Sy maak hom ongemaklik, want hy weet: Sy mag dalk net sy ondergang beteken.

Net in stories - Rika Cloete

Altyd die strooimeisie, nooit die bruid nie. Dit is Maddie Schoeman. Totdat sy een keer opkyk in 'n strooijonker, Wynand Raath, se mooi o. Skielik is liefde nie net vir storieboeke bedoel nie, maar ook vir haar.

Gelukkige nommer 13 - Corn La Camera (debuutskrywer)

Hoeveel mislukte afsprake neem dit voor jy meneer perfek ontmoet? Na twaalf wou Renate 'n ferm streep trek, want die opsies van 'n spiertier tot 'n IT-nerd is maar yl. Maar dalk is dertien haar gelukkige nommer?

Kersie bo-op - Bernette Bergenthuin

Marcelle se lieflingtante skryf haar in om deel te neem aan die werklikheidsprogram Baas-van-die-plaas. Eers is sy woedend, maar nadat sy Basjan Rademan ontmoet het, moet sy erken dat haar tante dalk van beter weet.

Net drie woorde - Nadia de Bruin (debuutskrywer)

Janne wen rugbykaartjies oor die radio en gaan later die aand van die Springbokspelers in hul losie ontmoet. Haar hart maak wilde draaie toe Arend, een van haar ou skoolvriende onder die groep rugbyspelers is.

Kakie, stewels en liefde - Lizelle von Wielligh (debuutskrywer, het later 'n Romanza gepubliseer)

Craig hou nie van mooi vroue nie, Lauren vertrou nie mans wat van mooi vroue hou nie. Hulle behoort pasmaats te wees, maar onwelkome gevoelens hou hulle uitmekaar. Sal hulle ooit besef dis liefdesvonke, nie irritasie nie?

Net ons twee - Petronel Louw

Een kopverlooroomblik en Rozelle en Francois se verhouding verander vir ewig. Skielik is hy nie meer haar broer se beste vriend en haar 'ander ouboet' nie, maar die man wat die vlinders in haar maag energie gee om amok te maak.

Om haar pinkie - Didi Potgieter

Willem loop draaie om Melissa nadat hulle 'n soen gedeel het, want hy kan homself nie rondom haar vertrou nie. Wat is dit aan di pragtige brunet wat so met hom toor? Waarom kan sy hom moeiteloos om haar pinkie draai?

Strooisuikerliefde is deel van die uitbreiding van die Romanza-handelsmerk. Die novelles het as e-boeke onder die RomanzaLiefde-vaandel verskyn en was nie voorheen gedruk nie.

General

Imprint: LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms) Bpk
Country of origin: South Africa
Series: Jongliefde
Release date: March 2019
Authors: Jacolet van den Berg • Corne La Camera • Rika Cloete • Bernette Bergenthuin • Nadia de Bruin • Lizelle von Wielligh • Petronel Louw • Didi Potgieter
Dimensions: 198 x 129 x 23mm (L x W x T)
Format: Paperback
Pages: 448
ISBN-13: 978-0-7993-9358-3
Languages: Afrikaans
Categories: Books > Children's & Educational > Fiction
Books > Fiction > Genre fiction > Romance
Books > Children's & Educational > Fiction > Teenage romance
Books > Fiction > Genre fiction > Romance > General
Books > Children's Fiction & Fun
Books > Children's Fiction & Fun > Teenage Romance
Books > Afrikaans > Fiksie
Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Books > Afrikaans > Nuwe Vrystellings
Books > Local Author Showcase > Fiction - adults
Books > Local Author Showcase > Fiction - kids & teens
Promotions
LSN: 0-7993-9358-4
Barcode: 9780799393583

Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate? Let us know about it.

Does this product have an incorrect or missing image? Send us a new image.

Is this product missing categories? Add more categories.

Review This Product

No reviews yet - be the first to create one!

Partners