Wanneer hongersnood Betlehem tref, bly sommige hoop vir reën terwyl Naomi en haar gesin die lang reis na Moab aanpak op soek na groener weivelde. Dáár is die oes oorvloedig, en vir ’n tyd lank wil dit voorkom of die Here hulle seën. Maar dan begin die een ramp na die ander hulle tref totdat Naomi alleen agterbly in ’n vreemde land met net haar twee weduwee skoondogters om haar te vertroos.
Mismoedig en brandarm besluit Naomi om alleen terug te keer na Bethlehem. Maar haar skoondogter Rut weier om haar alleen te laat gaan. Ten spyte daarvan dat sy en Naomi waarskynlik die res van hulle lewe as armoedige weduwees sal leef, bly Rut hoop vir ’n beter toekoms ... en miskien selfs ’n tweede kans op die liefde.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!