Johan en Helena Smith span kragte saam om kinders te oortuig hoe
belangrik dit is om Jesus as fondament in hul lewe te he sodat
hulle die regte besluite kan neem. Jesus in my lewe bevat 101
lekker-lees oordenkings vir laerskolers. Die dagstukke kyk na temas
soos hoe God oor jou voel, dat die kruis vir jou was, beloftes uit
die Woord, verhoudings en gee ook antwoorde op vrae wat ander vir
hulle kan vra oor Christenskap, soos: "Waarom vier ons Paasfees?"
Naas die gebed aan die einde van elke stukkie, sluit elke dagstuk
ook af met 'n praktiese uitdaging. Dit wissel van iets om oor te
dink, vrae om te beantwoord met plek om te skryf en selfs iets wat
die kind moet gaan doen. Hierdie 101 dae saam met Jesus sal vir
kinders van onskatbare waarde wees terwyl hulle leer dat Jesus
altyd by hulle is.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!