0
Your cart

Your cart is empty

Books > Christianity

Not currently available

Die Vernuwings-Reeks (Combo) (Afrikaans, Paperback) Loot Price: R371
Discovery Miles 3 710
You Save: R79 (18%)
Die Vernuwings-Reeks (Combo) (Afrikaans, Paperback): Karen Kingsbury, Gary Smalley

Die Vernuwings-Reeks (Combo) (Afrikaans, Paperback)

Karen Kingsbury, Gary Smalley

 (sign in to rate)
List price R450 Loot Price R371 Discovery Miles 3 710 You Save R79 (18%)

Bookmark and Share

Supplier out of stock. If you add this item to your wish list we will let you know when it becomes available.

Om Vry te Wees

Hulle verhouding was hooploos, maar sal dit oorleef as liefde ’n keuse is? Wanneer Kari Baxter Jacobs ontdek dat haar man, Tim, ’n gerespekteerde professor in joernalistiek, ’n buite-egtelike verhouding het met een van sy studente en ’n egskeiding wil hê, is sy woedend, seergemaak en verward. Sy keer terug na haar ouerhuis om dinge uit te sorteer. Daar besluit sy dat sy haar man steeds sal liefhê en getrou sal bly aan haar huwelik, ongeag wat dit van haar vra. Maar wanneer ’n ou liefde opdaag, raak sy net nog meer verward. Om vry te wees is die eerste boek in die Vernuwing-reeks wat Karen Kingsbury saam met Gary Smalley geskryf het. Hierdie boeke wys hoe God skynbaar hooplose verhoudings kan red en illustreer ook ’n kernboodskap: Liefde is ’n keuse.

Om te Onthou

Tragedie en genesing. Seerkry en vergifnis. En onvergeetlike lesse oor die krag van herinneringe. Ashley Baxter het haar hart gesluit vir liefde omdat sy oortuig is niemand, insluitende God, kan haar liefhê nie. Vier on­waar­skynlike mense – Alzheimer-pasiënte – dring onbewustelik tot haar deur en help haar om te onthou. Dan gebeur die tragedie van 11 September, wat elkeen in die Baxter-familie se lewe vir ewig ver­an­der. Hulle word gelei om die belangrike dinge in die lewe te onthou en besluite te neem wat hart­ver­skeurend en hoopvol is. Landon Blake het Ashley al van sy tienerjare af lief. Ná die aanvalle van 11 September probeer hy die pyn van haar verwerping verlig deur te help met die reddings- en opruimingspogings in New York. Om te onthou is die tweede boek in die baie ge­wilde Vernuwing-reeks.

Die Tuiskoms

Luke Baxter het weggedraai van alles af, maar sy familie weier om moed op te gee. Luke, die Baxters se trots en enigste seun, het sy rug gekeer op alles wat voorheen vir hom saak gemaak het: sy geloof, sy familie en sy geliefde Reagan. Reagan is op die punt om geboorte te gee aan haar kind, maar Luke is nog onbewus van sy vaderskap. Hierdie verlore seun besef nie dat die geheim wat uit sy verlede na vore gaan kom sy lewe, soos hy dit ken, vir altyd gaan verander nie. Maar Luke is nie die enigste een in die Baxter-familie wat ’n le­wensveranderende geheim saamdra nie ... In Die tuiskoms moet Luke weer ’n manier kry om terug te keer na die familie wat hom so liefhet en na hom verlang, maar hoe? En wat sal ’n jong brandweerman bereid wees om te doen om die Baxter-familie weer bymekaar te bring en ook sy eie plek in hul midde te vind? Die tuiskoms is die derde boek in die gewilde Vernuwing-reeks.

Om Bly te Wees

’n Feesviering wat tragies eindig, bedreig nie net ’n huwelik nie, maar ook ’n lewe. Brooke en Peter se huwelik word tot die uiterste beproef terwyl hul driejarige Hayley om haar lewe veg. In Om bly te wees moet die Baxter-familie mekaar ondersteun al lyk selfs gebed buite bereik. In plaas daarvan om na Brooke te draai om Hayley se ongeluk te verwerk word Peter deur selfverwyt verteer en soek hy op ander maniere troos. Sy besluite slinger hom in ’n bodemlose diepte wat nie net dreig om sy verhouding met sy vrou te vernietig nie, maar ook sy lewe. In Om bly te wees kom die Baxters te staan voor seer en verlies, maar ’n troue bring weer vir almal ’n rede om te glimlag. Brooke en haar gesin moet hul terugslae verwerk en die toekoms tegemoetgaan. Maar die verlies van ’n baie spesiale vrou in hul lewe sal almal vir altyd verander. Om bly te wees is die vierde boek in die gewilde Vernuwing-reeks.

Die Reünie

’n Skokkende diagnose en ʼn jare lange geheim sal ’n familie se lewens vir altyd verander. In hierdie laaste boek in die Vernuwing-reeks maak die Baxter-gesin gereed vir ’n familie-reünie. Die volwasse Baxter-kinders het almal rede om fees te vier – behalwe een ... Maar voor hulle kan feesvier, word die familie deur ’n ernstige diagnose geskok. In Die reünie dwing die realiteit van die toekoms elkeen van die Baxters tot geloof en eerlikheid. Selfs Elizabeth en John worstel met ’n geheim wat hulle nog nooit aan enigiemand geopenbaar het nie, ’n geheim wat hulle selde aan hulself erken. Terselfdertyd is daar ’n jong man wat sy opgang maak in Hollywood terwyl hy wonder oor sy plek in die lewe. Te midde van diepe droefheid vier die Baxters saam fees in Die reünie. Hulle besef dat liefde altyd oorwin en dat God selfs in die donkerste nag in beheer is.

General

Imprint: Christian Media Publishing
Authors: Karen Kingsbury • Gary Smalley
Dimensions: 255 x 180 x 84mm (L x W x T)
Format: Paperback
ISBN-13: 978-1-4316-2018-0
Languages: Afrikaans
Categories: Books > Humanities > Religion & beliefs > Christianity > General
Books > Religion & Spirituality > Christianity > General
Books > Christianity > Afrikaans
Books > Humanities > Religion & beliefs > Christianity > Christian Fiction
Books > Christianity > Christian Fiction
Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe
Books > Afrikaans > Christelike Publikasies
Books > Afrikaans > Geloof en Spiritualiteit
LSN: 1-4316-2018-1
Barcode: 9781431620180

Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate? Let us know about it.

Does this product have an incorrect or missing image? Send us a new image.

Is this product missing categories? Add more categories.

Review This Product

No reviews yet - be the first to create one!

Partners