Van New York Times -topverkoperskrywer Karen Kingsbury kom ’n splinternuwe Baxterfamilie-roman oor ’n
geliefde skoolhoof wat ’n Bybelstudieklub begin om die lewens van sy sukkelende leerlinge te verbeter. Dit het
egter tot gevolg dat hy die nasionale fokus van ’n omstrede regsgeding word.
Hamilton Hoërskool se skoolhoof, Wendell Quinn, is moeg vir die dwelmmisbruik, tienerswangerskappe,
geweld, en lae verwagtings by sy skool. Quinn is ’n Christen en gesinsman, en wil verandering in sy
gemeenskap sien. Daarom begin hy ’n vrywillige naskoolse Bybelstudieprogram, ten spyte daarvan dat dit sy
werk in gevaar kan stel. Die hoë bywoning by elke byeenkoms moedig hom egter aan om voort te gaan. Dis
duidelik dat die program werk – totdat een ouer die pers daarvan in kennis stel. Nou staan Quinn voor ’n
regsgeding wat alles kan verwoes, en moet hy kies: Gaan hy toegee en die program stop, of gaan hy opstaan
vir wat hy glo reg is.
Hierdie stryd kom met ’n hoë prys, en daar is net een prokureur wat Quinn aan sy kant wil hê: Luke Baxter.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!