0
Your cart

Your cart is empty

Books > Gardening > Gardening: plants > Flowers

Not currently available

Die Suider-Afrikaanse Watter Blom is dit? - 'n Onontbeerlike gids tot tuinplante (Afrikaans, Hardcover) Loot Price: R224
Discovery Miles 2 240
You Save: R36 (14%)

Die Suider-Afrikaanse Watter Blom is dit? - 'n Onontbeerlike gids tot tuinplante (Afrikaans, Hardcover)

Kristo Pienaar, Gideon Smith

 (sign in to rate)
List price R260 Loot Price R224 Discovery Miles 2 240 You Save R36 (14%)

Bookmark and Share

Supplier out of stock. If you add this item to your wish list we will let you know when it becomes available.

Sedert 1984, toe die heel eerste uitgawe van Die Suid-Afrikaanse watter blom is dit? gepubliseer is, was hierdie boek vir Suid-Afrikaanse tuiniers (of voornemende tuiniers) die naslaanwerk van keuse wat blomidentifikasie betref. Nou, heeltemal hersien en opgedateer deur Professor Gideon F. Smith, verskyn hierdie nuwe, vierde uitgawe 15 jaar na die afsterwe van die oorspronklike outeur, professor Kristo Pienaar. Nie net is dit nou aangepas vir Suider-Afrika (soos die huidige titel daarop wys) nie, maar ook die alfabetiese rangskikking is verander: die plante word nou alfabeties volgens families gegroepeer en binne families volgens genus. Binne 'n genus is die soorte steeds alfabeties gerangskik. Die nuwe boek baat by die vordering wat nie net in Suider-Afrika nie, maar dwarsdeur die wêreld gemaak is ten opsigte van ons kennis omtrent die klassifikasie van plante. Addisionele volksname is ingesluit, asook ikone wat aandui of 'n plant 'waterwys', 'inheems' of dalk 'n 'indringer' is. Die Suider-Afrikaanse watter blom is dit? bly steeds 'n omvattende en insiggewende naslaanwerk vir enigeen wat graag tuin- en huisplante kweek en meer oor hulle wil weet, of dalk ’n nuwe kultivar wil identifiseer. Ongeveer 1 600 jaarplante, meerjariges, struike, bome en klimplante word algemeen in Suider-Afrikaanse tuine, parke en langs strate aangetref en hulle kan maklik uitgeken word met behulp van pragtige volkleur-illustrasies. Die meegaande teks is kort, maar bevat elke plant se herkoms, voorkoms en hoe, wanneer en waar dit geplant moet word en hoe om dit te versorg. Duidelike insiggewende ikone wys die leser met 'n enkele oogopslag wat die plant se behoeftes is, of dit hou van volle son of halfskadu, en nog baie meer.

General

Imprint: Struik Lifestyle
Country of origin: South Africa
Release date: October 2011
Authors: Kristo Pienaar • Gideon Smith
Dimensions: 285 x 228 x 28mm (L x W x T)
Format: Hardcover - With dust jacket
Pages: 368
ISBN-13: 978-1-77007-874-1
Languages: Afrikaans
Categories: Books > Health, Home & Family > Gardening > Gardening: plants > Flowers
Books > Gardening > Gardening: plants > Flowers
Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin
Books > Afrikaans > Tuinmaak
LSN: 1-77007-874-6
Barcode: 9781770078741

Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate? Let us know about it.

Does this product have an incorrect or missing image? Send us a new image.

Is this product missing categories? Add more categories.

Review This Product

No reviews yet - be the first to create one!

Partners