0
Your cart

Your cart is empty

Books > Health, Home & Family > Family & health > Coping with personal problems > Coping with illness

Buy Now

Hoop, Heling & Harmonie - Dink Nuut Oor Siekte En Genesing (Afrikaans, Paperback) Loot Price: R240
Discovery Miles 2 400
You Save: R60 (20%)

Hoop, Heling & Harmonie - Dink Nuut Oor Siekte En Genesing (Afrikaans, Paperback)

Malcolm De Roubaix

 (sign in to rate)
List price R300 Loot Price R240 Discovery Miles 2 400 You Save R60 (20%)

Bookmark and Share

Expected to ship within 5 - 10 working days

Siekte is ’n natuurlike verskynsel sonder betekenis – potensieel ernstig, ja, maar bloot deel van menswees. Teen hierdie agtergrond ondersoek Hoop, heling & harmonie hoe siekte en behandeling ons liggame, gees en menswees aantas. Die doel van geneeskunde is om ons lewens positief te beďnvloed – in die woorde van Hippokrates, om soms te genees, dikwels te behandel, altyd te troos – maar die positiewe is nie noodwendig onvoorwaardelik nie: ons kan té wetenskaplik wees, die persoon agter die siekte miskyk.

’n Terugblik na die verlede plaas die huidige in perspektief; die boek analiseer onder andere die taal van siekte en geneeskunde, die rol van emosies, ideologie en politiek in siekte, hoe ons teen die risiko’s van behandeling en navorsing beskerm word, einde-van-dielewe- besluite ... en bereik dan die hoogtepunt: Hoop, Heling en Harmonie. Sonder hoop is die toekoms duister, sonder heling is daar geen genesing nie, en sonder harmonie in die uiteenlopende aandrange van siekte kan daar geen vrede in die gemoed wees nie. Hierdie onderwerpe word dikwels in die media bespreek.

Covid-19 is vir almal ’n skrikwekkende nuwe ervaring wat beklemtoon hoe broos die mensdom is. Hoop, heling & harmonie is ’n tydige publikasie wat die besondere eise van die tyd vernuwend aanspreek. Die boek is uniek en sistematies, die teks en styl is toeganklik met heelwat toeligting; nogtans word die leser uitgedaag om opnuut oor siekte-ervaring na te dink.

General

Imprint: Penguin Random House South Africa
Country of origin: South Africa
Release date: July 2020
Authors: Malcolm De Roubaix
Dimensions: 234 x 153 x 50mm (L x W x T)
Format: Paperback
Pages: 312
ISBN-13: 978-1-77609-558-2
Languages: Afrikaans
Categories: Books > Health, Home & Family > Self-help & practical interests > General
Books > Health, Home & Family > Family & health > Coping with personal problems > Coping with illness
Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin
Books > Local Author Showcase > Lifestyle
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Lifestyle
LSN: 1-77609-558-8
Barcode: 9781776095582

Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate? Let us know about it.

Does this product have an incorrect or missing image? Send us a new image.

Is this product missing categories? Add more categories.

Review This Product

No reviews yet - be the first to create one!

Partners