366 koester-oordenkings op jou reis saam met die God van vreugde.
God wil hê dat jy deur Hom ‘n gelukkige en vervulde mens sal wees. Stap die pad na vrede saam met Milanie Vosloo en die God van vreugde.
Jou voetpad na vrede se 366 dagstukke bespreek temas soos hoop, eerlikheid, nuut glo, gee en ontvang, geluk en dat jy maar net jý kan wees. Hierdeur sal jy die versekering ontvang dat jy weer kan probeer omdat jy onder God se vergifnismantel leef, dat daar altyd hoop is ten spyte van donker oomblikke en dat jy rustig kan wees omdat God jou lei.
Milanie se gebed vir jou is dat Jou voetpad na vrede jou sal oortuig dat God jou nooit uit Sy hand sal laat val nie en dat jy opnuut bewus sal word van Sy liefde en genade-arm om jou.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!