’n Joernaaldagboek met plek om te krabbel sodat meisies hulle geloof op ’n kreatiewe manier kan uitdruk.
’n Doodle-dagboek vir meisies deur Nancy Taylor bevat 60 inspirerende dagstukkies spesiaal vir jong meisies. By elke dagstukkie is daar ook ’n wenk of riglyn wat hulle aanmoedig om iets te krabbel wat hulle geleer het terwyl hulle daaroor dink – ’n wonderlike manier om hulle geloof op ’n kreatiewe wyse uit te druk.
Terwyl meisies in hierdie boek krabbel, sal hulle ’n bietjie oor hulleself leer – wie hulle is en wie hulle wil wees. Hulle sal ook van God leer – wie Hy is en wie Hy wil hê hulle moet wees. Hoe meer meisies oor God leer, hoe meer sal hulle hulleself verstaan en hoe gelukkiger sal hulle wees met wie hulle is.
Ook beskikbaar in Engels onder titel Doodle Devotions for Girls.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!