0
Your cart

Your cart is empty

Music > Gospel

Not currently available

Neville D - Prag Van Verskil (Afrikaans, CD) Loot Price: R78
Discovery Miles 780

Neville D - Prag Van Verskil (Afrikaans, CD)

Neville D

 (sign in to rate)
Loot Price R78 Discovery Miles 780

Bookmark and Share

Supplier out of stock. If you add this item to your wish list we will let you know when it becomes available.

Ervaar die prag van verskil saam met Neville D.

Prag van Verskil: Seisoen 2, is die tweede aflewering van die gospel kunstenaar en Dove Toekenning benoemde, Neville D. Seisoen 2 bestaan uit twee albums: ’n Afrikaans album getitel Prag Van Verskil en ’n Engelse album, albei lewendig opgeneem by die Lifehouse Church in Kaapstad. In 2016 word Prag van Verskil Seisoen 2 vrygestel, ’n aand van lofsang, die energieke en gesalfde lewendige konsertopname met albei tale op DVD.

Sedert die vrystelling van Prag van Verskil Seisoen 1 in 2014, het Neville D ’n pad geloop om te wys wat die titel werklik beteken. Seisoen 2 ondersoek die pragtige verskille van ras en kleur tot die verskille tussen kulture en generasies. Die mees ooglopende uitdrukking van hierdie temas is te vinde in die 75-lid Prag van Verskil koor wat hy saamgebring het. Hy sê, “Dit is vol mans, vrouens, seuns en dogters van alle rasse en tale, en daar is geen manier waarop jy nie die prag van die verskil kan ervaar nie.”

Gedurende Neville D se grootwordjare in die Cape Flats, kon gospel staatmakers soos Tommy Saaiden en Simon Seekoei se musiek dag en nag op die Deidrick-gesin se platespeler gehoor word. Met sy fokus op die prag van generasieverskille kon Neville D nie aan ’n beter manier dink as dat sy plaaslike invloede wat sy musiekloopbaan gevorm het saam met hom op die verhoog klim vir die opname van Seisoen 2 nie.

Die liedjies op die Afrikaanse album wat uitstaan sluit in Ek Vertel Jesus, Die Liefde van Jesus, en My Siel Sê Ja, saam met die kragtige stemme van gaskunstenaars Charisma & Jonathan Rubain. Die Engelse album pryk met liedjies soos No Body, Our God is bigger en God of the Universe. Idols wenner Khaya Mthethwa sing saam met Neville D vir die treffer Our God Is Awesome. Legendariese Jazz Diva Judith Sephuma span kragte saam met Neville D vir die liedjie Beauty Of Difference, en Patrick Duncan sing saam met Neville D die liedjie wat hy geskryf het tydens die Xenofobiese aanvalle, Pray.

’n Merkwaardige boodskap blyk uit die sukses van die opname van Seisoen 2…mense het mense nodig. Neville verduidelik “Van die organisasies tot by die fynere besonderhede van die geleentheid self… mense erken soms nie dat mense ander mense nodig het nie, want dit klink soos swakheid, maar ek glo die teenoorgestelde. Dit word ’n sterkpunt as jy kan erken waar jou kennis eindig en waar ander s’n begin … nog ’n mooiheid van verskil”. Neville D benadruk die volgende vir mense wat sukses wil bereik in enige aspek van die lewe, “bly altyd onderrigbaar…deur God, en mense van alle ouderdomme”.

General

Imprint: Christian Art Media
Performers: Neville D
Format: CD
Running time: 60 minutes
ISBN-13: 978-1-4316-1507-0
Languages: Afrikaans
Categories: Music > Gospel
LSN: 1-4316-1507-2
Barcode: 9781431615070

Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate? Let us know about it.

Does this product have an incorrect or missing image? Send us a new image.

Is this product missing categories? Add more categories.

Disc 1

1 Jesus Neem My Laste
2 Deur die Hele Week
3 Die Naam van die Here
4 Ons Prys Sy Dierbare Naam
5 My Siel Sê Ja
6 Ek Vertel Jesus
7 Salig Maker
8 Weer Ontmoet
9 Is Hy nie Wonderbaar
10 Lekker Smakie
11 Dit is Jesus
12 Ek is Vry
13 Die Liefde

Review This Product

No reviews yet - be the first to create one!

Partners