’n Kreatiewe joernaal-Bybel met die volledige NLV-teks ontwerp om meisies tussen 8 en 12 jaar dieper in God se Woord en ’n verhouding met Hom te trek.
My eie kreatiewe joernaal-Bybel met die volledige NLV-teks in enkelkolom en breë kantlyne met woordkuns en plek vir joernaalinskrywings is ’n unieke kleinood. Nou kan jong meisies tussen 8 en 12 jaar hierdie Bybel ook geniet met ’n spesiale uitgawe vir hulle.
My eie joernaal-Bybel – vir meisies is ontwerp om meisies dieper in God se Woord in te trek. Dit sluit die volgende kenmerke in:
• Lesersvriendelike 8.5 punt lettergrootte
• 366 oordenkings deur topverkoper-outeur Carolyn Larsen
• Inleidings tot Bybelboeke, vrae om joernaal-inskrywings aan te moedig en interessante Bybelfeite.
• Meer as 400 woordkuns-teksverse om in te kleur – elkeen uniek ontwerp
• Indeks van woordkuns-teksverse
• Onderwerpregister vir oordenkings
Leer meisies al op ’n jong ouderdom watter vreugde en waarde daar in Bybellees is sodat hulle ’n dieper verhouding met God kan ontwikkel en kosbare waarhede in die Bybel ontdek – wat hulle uiteindelik in hulle lewe kan uitleef.
Ook beskikbaar in Engels onder titel Inspire Bible for Girls
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!