0
Your cart

Your cart is empty

Books > Christianity > Christian life & practice

Not currently available

Oorvloed: Gee God 40 Dae (Paperback) Loot Price: R77
Discovery Miles 770
Oorvloed: Gee God 40 Dae (Paperback):

Oorvloed: Gee God 40 Dae (Paperback)

 (sign in to rate)
Loot Price R77 Discovery Miles 770

Bookmark and Share

Supplier out of stock. If you add this item to your wish list we will let you know when it becomes available.

Jy het die mooi huis, die blink motor, die suksesvolle man en die spog­ kinders. Jy het die suksesleer by die werk tot bo geklim. Jou lewe is so na aan perfek as kan kom. En tog voel dit vir jou asof iets kort.

In die Johannes-evangelie het Jesus iets hieroor te sê: “’n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.” (Johannes 10:10). Dit wat die dief, oftewel vyand van ons siele, bied, is so anders as wat Hy wil gee. Die duiwel kom steel, vernietig en doodmaak. Maar Christus het gekom sodat ons ’n lewe van oorvloed kan hê.

Hierdie 40-dag bybelstudie gee vir jou ’n oorsig oor wat dit beteken om ’n lewe van oorvloed te hê. Andries Enslin wys jou stap vir stap hoe om op die regte manier Bybelstudie te doen en dit wat jy leer op jou lewe toe te pas. So kan jy bou op die soliede fondasie van God se Woord. Dit sal jou lewe verander!

Hoekom juis 40 dae? Elke keer wat God iemand wou voorberei om iets vir Hom te doen, het Hy 40 dae gebruik. Noag se lewe is verander deur 40 dae reën. Moses was anders na 40 dae op die berg Sinaï. Elia is verander na slegs een maaltyd wat hom krag gegee het vir 40 dae. Jesus self het krag gekry na 40 dae in die woestyn.

Elke dag word jy uitgenooi om drie gedeeltes uit die Bybel te bestu­ deer, wat pas by die tema vir die dag. Na elke aanhaling is daar drie besprekings­ rae wat jou aanmoedig om dieper in die Woord te delf. Met hierdie metode volg jy drie stappe: observasie, interpretasie en toepassing.

Dit is die heel beste manier om die Bybel te lees. Lees wat daar staan. Vind uit wat dit vir jou wil sê. Leef dit dan prakties uit.

General

Imprint: Carpe Diem
Format: Paperback
Pages: 144
ISBN-13: 978-1-4322-0827-1
Categories: Books > Humanities > Religion & beliefs > Christianity > Christian life & practice > General
Books > Religion & Spirituality > Christianity > Christian life & practice > General
Books > Christianity > Christian life & practice
LSN: 1-4322-0827-6
Barcode: 9781432208271

Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate? Let us know about it.

Does this product have an incorrect or missing image? Send us a new image.

Is this product missing categories? Add more categories.

Review This Product

No reviews yet - be the first to create one!

Partners