Die Pharos Junior tweetalige skoolwoordeboek fokus op leerders van graad 4–7
en het 'n paar nuwe, unieke kenmerke. Die woordeboek bevat sowat 5000
trefwoorde en is geskik vir Afrikaans en Engels huistaal of addisionele taal. Van
die kenmerke wat die gebruiker kan verwag, is:
- Voorbeeldsinne; sinonieme en antonieme; homonieme en
homofone; frases; idiome en spreekwoorde
- Woordverdeling en klem; woordsoorte volledig uitgeskryf
- Attributiewe vorm, trappe van vergelyking, meervoud, verkleiningsvorm,
deeltjiewerkwoorde, verlede tyd
- Inligtingskassies met verdere inligting oor grammatika, spelling en
taalgebruik
- Afleidings van basiswoorde met hul vertalings
Unieke kenmerke van die woordeboek is die byvoeging van woordsoorte se
onderafdelings; intensiewe vorme; homofone en woorde wat dikwels verwar word
by die betrokke inskrywing, plus die vertalings; en by diername, die
versamelnaam, manlik en vroulik, woord vir die kleintjies en die dier se geluid.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!