0
Your cart

Your cart is empty

Books > Fiction

Not currently available

Soetgoed Vir Die Siel Omnibus (3-in-1) (Afrikaans, Paperback) Loot Price: R187
Discovery Miles 1 870
You Save: R102 (35%)

Soetgoed Vir Die Siel Omnibus (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)

Susan Coetzer

 (sign in to rate)
List price R289 Loot Price R187 Discovery Miles 1 870 You Save R102 (35%)

Bookmark and Share

Supplier out of stock. If you add this item to your wish list we will let you know when it becomes available.

Soetgoed vir die siel is ʼn samestelling van drie van Susan Coetzer se verhale oor die soeke na soetgoed vir jou siel.

Die 3-boeke-in-1 sluit in: Oros vir die Siel, Custard vir die Siel en Tjoklits vir die Siel.

Oros vir die siel

Op die ouderdom van twee-en-veertig het Kyle van Aswegen oënskynlik alles: 'n skatryk man, twee normale tienerkinders, 'n weelderige huis en moody copper highlights in haar hare. Maar die man praat feitlik niks, die kinders toon aweregse neigings, die huis raak al hoe meer soos 'n tronk en die highlights voel net moody.

Vir meer as dertig jaar probeer Kyle om die gat in haar binneste vol te maak . Die gat wat oopgeruk is toe sy haar ma met onsiende oë langs die geel linoleumtafel aangetref het. So lank al probeer sy die Oros vir die siel vind wat haar ma voortdurend ontwyk het – in drank, dwelms, seks, geld ... tot sy op die dag van haar man se vyftigste verjaarsdag besef dat daar te veel pointers is om die uitnodiging langer te ignoreer: Sy sal die kerkding probeer. En die Here praat met haar, reguit en duidelik. By Hom kan sy die swaar tas afgooi en die inhoud uitskud, kry sy die moed om alles uit die kas te laat kom wat haar lewe so moeilik gemaak het. Maar dis nie 'n quick fix nie , en die grootste toets lê nog voor ...

Custard vir die siel

Op die vooraand van haar 25ste huweliksherdenking behoort Isabella se lewe goed te wees. Sy is getroud met Herman, 'n bekende sielkundige, en het twee tienerseuns en 'n mooi huis.

Maar eintlik is haar lewe besig om uitmekaar te val. Dit maak dat sy haar toevlug neem tot soetgoed en Ingrid Jonker se somber poësie. En sy het die verskriklikste vermoede ... Dan verras Herman haar met 'n reis na haar geboorteland. Dit is 'n reis wat haar eers naak stroop – en dan haar pyn in purpose omskep. Nou moet sy leer om haar vryheid te aanvaar ...

Tjoklits vir die siel

Vier vroue in hul veertigs. Aan die buitekant all glitz and glam, maar onder draai die duiwel rond... Suzanne, pleaser wat sloof vir haar man en drie tieners. Sy druk maar ore toe vir die menopause-wolf wat aan haar voordeur hamer en 'n spook wat oor haar Monet-roostuin buite die kombuis venster sweef...water Johan se mond dalk vir groener weivelde? Christel, haar kinderlose, wyser-as-die-wereldsuster, is drop dead beautiful en 'n celeb op Italiaanse spykerhakstewels. Die uiteinde van haar Mario se flings met systringemodelle is 'n skeipaartie waar die bird of Paradise 'n paar glans groen vere verloor... Adri, koel sakevrou en mik na die Who's Who Map. Franco mag nou wel werkloos wees, maar is steeds 'n beeld van 'n man en hou darem die twee tieners aan die gang. Haar beste vriend is botox - en haar verhouding met haar man en kinders is ewe leeg en sonder siel. Lisa, dromerige ontwerper van vloeiende skeppings vir vroue, het haar hart vir straathonde en bedelaars behou... al boelie haar welaf Stephen Covey-man haar

General

Imprint: Carpe Diem
Authors: Susan Coetzer
Dimensions: 211 x 136 x 45mm (L x W x T)
Format: Paperback
Pages: 891
ISBN-13: 978-1-4322-0674-1
Languages: Afrikaans
Categories: Books > Fiction > General
Books > Humanities > Religion & beliefs > Christianity > Christian Fiction
Books > Christianity > Christian Fiction
Books > Afrikaans > Fiksie
LSN: 1-4322-0674-5
Barcode: 9781432206741

Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate? Let us know about it.

Does this product have an incorrect or missing image? Send us a new image.

Is this product missing categories? Add more categories.

Review This Product

No reviews yet - be the first to create one!

Partners