|
Showing 1 - 25 of
53 matches in All departments
Hierdie is die tweede drie-in-een boek van Hanli die hasie! (Die
vlieende hasie; Die Ysprinses & Die Kersfeeswens). Hanli die
hasie is die Afrikaanse vertaling van die gewilde Engelse boek
Lettice – waarvan daar al oor ’n miljoen boeke verkoop is. Hanli is
’n vrolike hasie wat saam met haar gesin hoog teen die kruin van ’n
heuwel woon. Knibbel, knibbel, hop, hop, elke dag is presies
dieselfde, behalwe wanneer sy verras word! Op ’n dag sien Hanli ’n
pragtige pienk vliegtuig in die lug. Daar en dan besluit sy dat sy
ook wil vlieg. Sy flap haar arms, haar ore, selfs haar snorbaarde
en stert, maar niks werk nie. Sy plof moedeloos op die gras neer.
Sal ’n gewone hasie soos sy dan nooit kan vlieg nie?. ’n Ander keer
hoor Hanli hoe kinders oor Kersfees praat. Sy wou nog altyd geweet
het wat Kersfees is en besluit om die kinders te volg en self
ondersoek in te stel … Die wonderlikste verrassing van almal is toe
Hanli op ’n yskoue wintersoggend genooi word om saam met kinders op
die bevrore meer te ysskaats. Net toe sy dink die dag kan nie meer
betowerend word nie, kry sy die kans om voor die Ysprinses te dans
– heeltemal op haar eie. Hanli die hasie sal reguit in klein
dogtertjies se harte in hop!.
|
Wiplala (Afrikaans, Hardcover)
Annie M. G Schmidt; Illustrated by Philip Hopman; Translated by Amelia de Vaal
|
R191
Discovery Miles 1 910
|
Ships in 10 - 15 working days
|
“Pappa!” roep Johannes. “Pappa, kyk net!”. “Stil!” roep meneer
Blom. “Ek kry nie gewerk nie!”. “Maar jy moet kyk, Pappa,” se Nella
Della. Sy hou haar hand ’n bietjie stywer om die mannetjie sodat hy
nie kan ontsnap nie. Meneer Blom kyk. “Wat is dit?” vra hy effens
knorrig, asof hy vies is dat hulle hom oor so ’n kleinigheid pla.
“Is dit ’n kabouter? Kabouters bestaan nie. Dit is dus onmoontlik.
Los my nou dat ek kan werk.” ’n Kabouter is dit nie, maar ’n
wiplala met die naam Wiplala. En Wiplala kan toor, of soos hy dit
noem ‘tinkel’. Die enigste probleem is dat Wiplala dit soms regkry
om te tinkel en soms nie. Wanneer hy die Blom-gesin net so klein
maak soos hy, is dit die begin van ’n opwindende avontuur. Die
Bloms wonder egter of hulle ooit weer normale mense sal word!.
Wiplala verskyn oorspronklik in 1957 in Nederlands. Dit is uit die
pen van die bekende Nederlandse kinderboekskrywer Annie M.G.
Schmidt. Die boek word in verskeie tale vertaal (onder meer Duits,
Fins, Engels en selfs Japannees). In 2014 verskyn daar ook ’n film
wat gebaseer is op die boek.
Tillie Appelpit, die appelbloeiselwit kerkmuisie, is mal oor
kuiergaste – en wanneer sy haar vriende vir tee nooi, ruik haar
huisie tussen die heuwels altyd heerlik na vars gebak. Eendag
ontdek sy ’n onverwagse gas voor haar deur: ’n Eier! Tillie neem
daar en dan verantwoordelikheid vir die eier – want sy weet ’n eier
moet warm gehou, vertroetel en versorg word. Wat sy egter nie weet
nie, is dat daar ’n groot verrassing in die eier wag. Welkom by die
wonderlike wereld van Tillie Appelpit!
Tillie Appelpit, die appelbloeiselwit kerkmuisie, hou van kuier met
haar vriende en is baie lief vir naaldwerk. Eendag bring haar
vriendin opwindende nuus ... daar is ’n groot naaldwerkkompetisie
op die dorp met uitstekende pryse om te wen! Dadelik is al hier
vriende druk besig met naaldwerk, en niemand word genooi vir tee
nie. Die nuuskierigheid raak vir Tillie net te veel!! Wat maak
hulle almal? En hoekom is almal so vreeslik geheimsinnig? Welkom by
die wonderlike wereld van Tillie Appelpit!
Wanneer ’n mens na die naghemel opkyk, sien jy nie net sterre nie.
Die swart leegte van die ruimte is deurspek met voorwerpe van elke
denkbare vorm en grootte – van enorme brandende sterre tot
piepklein stofvlekkies. Hierdie boek verken die geheimenisse van
sterre en planete en ontsluit die raaisels van astronomie: die
wetenskap van die buitenste ruimte.
Vanaf die oomblik toe sy babasussie daar aankom, is dit vir Baas
Baba duidelik SY is nou die baas. Die personeel is in vervoering
oor haar en sien hom skaars raak – maak nie saak wat hy doen, waar
hy dit doen of hoe verregaande dit is nie. Toe gooi Baas Baba
handdoek in. Maar gelukkig weet die nuwe baas net wat om te doen om
die organisasie van ondergang te red … Baas Baba se baas volg op
Baas Baba. Dis ‘n tong-in-die-kies-storie waaroor kinders EN ouers
mal sal wees! Moet nie die film Boss Baby misloop nie!
Hoe oud is die aarde? Waar kom die son vandaan? As jy graag
wetenskaplike antwoorde wil he op vrae soos die, hoef jy nie verder
as hierdie boek te soek nie. Op ’n gemaklike verteltrant en met
hope foto’s en illustrasies neem Die storie van Planeet Aarde die
leser op reis deur die geskiedenis: vandat ons blou planeet maar
net ’n stoffie was, tot by die komplekse, steeds veranderende
planeet wat dit vandag is.
Die storie van Gulliver se reise is vir Lillie betowerend –
letterlik! Lillie is absoluut gek oor die boek en wonder hoe dit
moet voel om ’n reus te wees in ’n land waar die mense skaars
groter is as jou duim. Maar hoe kom sy daar? Toe haar klein pes van
’n boetie, Leon, haar kom pla met ’n probleem, gee hy onwetend vir
haar die antwoord! Haar eerste probeerslag loop egter skeef, en so
amper word sy die prooi van die buurvrou se kat. Wanneer haar
toordery wel ’n tweede keer slaag, kry sy nie met ’n kat te doen
nie, maar met ’n veel gevaarliker vyand wat die Lilliputters se
lewens daagliks bedreig. Sal sy daarin slaag om hulle te help?
Lillie besluit om weer ’n keer haar draakvriendjie, Hektor, te
besoek. Daar gekom is die arme drake skoon geel van stres ... Drie
groot draakeksamen le vir hom voor en hy oefen verwoed om elke item
te slaag. Met die eet soveel as wat jy kan-item het Hektor geen
probleem nie: so klein soos hy is, het hy die aptyt van ’n beer.
Maar die lekkerbekkigheid het nadele! Met sy ronde boepens sukkel
sy klein vlerkies om hom in die lug te hou – en die belangrikste
toets is natuurlik wie die hoogste en vinnigste kan vlieg. Hekse
word nie toegelaat by die eksamen nie, maar onse Lillie is nie
sommer enige heksie nie en sy laat nooit haar vriende in die steek
nie.
Ernst is 'n aaklige kiem, 'n vreesaanjaende kiem. Die wetenskaplike
wat hom ontdek het, Professor Pluk, is sy eerste slagoffer. Die dag
toe die professor hom vir die eerste keer onder sy mikroskoop
gewaar, spring hy op die professor en klim tot binne-in sy brein.
Vandaar vermaak hy homself deur vreemde opdragte vir die professor
te gee: hardloop die comrades-maraton met hoehakskoene, kam 'n
kameelperd se kuif, nooi kannibale uit vir aandete, verf die
marsmannetjies rooi … en Pluk gehoorsaam elke keer. 'n Heerlike
absurde kinderboek wat kinders en ouers met humor en helderkleurige
illustrasies vermaak.
Annie M.G. Schmidt se verhaaltjies oor Jip en Janneke het
oorspronklik in die 1950’s in die Nederlandse koerant Het Parool
verskyn, in kombinasie met Fiep Westendorp se ikoniese swart en wit
illustrasies. Met verloop van tyd het die twee karaktertjies se
avonture sinoniem geword met die Nederlandse lewenswyse en word Jip
en Janneke vandag as een van Nederland se mees geliefde
uitvoerprodukte beskou. Jip en Janneke is beste maats. Hulle woon
langs mekaar en speel elke dag van vroeg tot laat. Saam-saam het
Jip en Janneke die wonderlikste avonture. Hulle speel skool-skool,
verken die solder, spring in reenplasse en hou 'n kompetisie om te
sien wie die meeste pannekoeke kan eet. Hulle word selfs die
eienaars van die oulikste brakkie met die naam Takkie! Partykeer is
hulle lekker stout – soos wanneer hulle prentjies uit Pappa se
boeke knip – en partykeer kan hulle lekker baklei. Maar oor een
ding stem hulle saam: Met 'n maatjie aan die ander kant van die
heining kan die lewe nooit vervelig wees nie!
Kasper en Seppel sien die hele week uit na Sondae by Ouma, want
Sondag is pruimtert-met-room-dag. Maar toe die rower Hotsenplots
Ouma se koffiemeultjie steel, is haar lus vir bak en kuier daarmee
heen ... en die twee vriende besluit om plan te maak. Sal hulle die
rower Hotsenplots kan vastrek?
Natuurlik wil ons almal graag gewild wees. Maar Clemens die kat wil
regtig he ALMAL moet van hom hou – en daarom is dit vir die ander
diere op die werf kinderspeletjies om hom met flikflooiery en
komplimente ’n gat in die kop te praat. Clemens doen alles om hulle
guns te wen … maar teen watter prys? ’n Storie oor gewildheid,
groepsdruk, selfvertroue en ware geluk.
In hierdie unieke boek bring die baasverteller Henri van Daele 'n
besondere versameling sprokies bymekaar. Die sprokies kom uit die
verskillende lande waaruit die ses koninginne van Belgie afkomstig
was of is. Sowel bekende as minder bekende verhale en legendes word
hier oorvertel. Henri van Daele het dit geskryf vir prinses
Elisabeth van Belgie wat in 2001 gebore is. Maar dit is ook vir
alle kinders wat daarvan hou om na sprokies te luister of om dit
self te lees. Met ’n voorwoord deur Haar Koninklike Hoogheid
Prinses Mathilde van Belgie. Agterin die boek is daar afbeeldings
van die ses Belgiese koninginne sedert 1832.
Die lawwe ridder Don Quijote is besig om die stad op horings te
neem, en dis alles Lillie se skuld! Die storieboekheld het met
behulp van een van haar towerspreuke daar beland en nou saai hy
oral verwoesting. Hy sien motors vir drake aan en storm met sy
“strydros” ('n fiets wat hy roesinante noem) op hulle af.
Advertensieborde val hy met sy lans aan. En by die kermis wil hy
opsluit die mallemeuleperdjies bevry! En dis nog net die
begin...Maar die soort petalje is mos Lillie se kos.
Wannie woon alleen in ? klein kamertjie op die boonste verdieping
van ’n gebou. Hy maak hier vriende met Zaza, die kokkerot, en
Dollie, die vriendelike duif wat wéét wanneer om haar ding te doen.
Kort voor lank moet Wannie sy dierevriende uit die moeilikheid
help. Met sy rooi insleeplorretjie, en saam met Agie en die
Stampertjies beleef hy groot avonture.
Hierdie keer doen Lillie 'n heksesprong wat haar miljoene jare
terugneem tot in die land van die dinosourusse. Maar – o gedorie! –
kleinboet Leon is ook daar! Hoe op aarde het hy daar gekom? Lillie
wil hom so gou moontlik terug huis toeneem, maar dan gebeur iets
vreesliks: 'n Pterosourus gryp die knapie en vlieg met hom weg! Hoe
nou gemaak? Sal Lillie haar boetie betyds uit die vlieende reus se
kloue kan bevry?
Lillie neem die heksesprong na die heldhaftige wikings. Daar gekom,
besef sy egter dat nie alle wikings sterk en dapper is nie...Sy
ontmoet Helgar die bangbroek! Helgar se pa, die gewese stamhoof,
het tydens 'n vorige ekspedisie weggeraak en die vikings het
aanvaar dat hy dood is. Lillie ontdek egter iets wat haar daarvan
oortuig dat hy nog lewe. Sy bied aan om na hom te gaan soek en
vertrek saam met 'n hele klomp vikings op 'n skip. Maar nie almal
is ewe entoesiasties om die ou hoofman te vind nie, en die soektog
raak lewensgevaarlik...
Hierdie keer beland Lillie in die Wilde Weste – plek van
stofstrate, saloons en skietgevegte! Sal Lillie en haar Colt die
inwoners van Bourbontown kan help om drie geslepe rampokkers ore
aan te sit?
As jy al ooit oor reenboe en wolke gewonder het, vir ure na die
miere kan staar of sommer net daarvan hou om te vra “hoekom?” is
hierdie die boek vir jou! Kyk met nuwe oe na die wereld waarin ons
woon – van die kleinste vlekkie materie tot die reuse van die see
en die land – en besef sommer vroeg-vroeg: daar is altyd nog iets
om te leer ken en te ontdek! Internetskakels maak boonop van die
teks 'n volledig interaktiewe leerervaring.
Lillie lees op 'n dag 'n gruwelike boek oor vampiere. Maar moenie
dink dit skrik Lillie af nie! Inteendeel. Lillie is mos vir niks
bang nie, en sy besluit om Transsilvanie te besoek om die gevreesde
skepsels met haar eie oe te sien. Gewapen met knoffel, houtdolke,
sonbrille en nog wat, doen sy die heksesprong en beland binne-in
Dracula se kasteel! Sal sy die moedelose inwoners van Brasov kan
help? En self uit Dracula se kloue kan bly?
Vir langer as wat kroonprins Florin oud is, is die twee koninkryke
Monfiel en Vinland in ’n wrede oorlog verwikkel. Tot daar op ’n dag
’n bode die goeie tyding bring dat die twee konings vrede gesluit
het. Florin word na die vredesfees in Vinland genooi, maar daar
aangekom, wag die grootste skok op die jong prins: Die sogenaamde
vredesverdrag was ’n lokval. Sy pa, koning Philip, en sy gevolg is
gevange geneem en Florin verloor in ’n oogwink alles wat hy het: sy
pa, sy titel, sy koninkryk en sy eer. Koning Theodo laat hom leef,
maar verdoem hom om opgelei te word as hofnar deur Mimus – Theodo
se onvoorspelbare, enigmatiese en met tye gemene hofnar. Saam met
Mimus moet Florin dag na dag leer hoe om die laagste skepsel aan
die hof te wees en sy kop te behou deur die koning te laat lag.
Maar daar is meer aan Mimus as donkieore, ’n narmasker en lawwe
toertjies, wat Florin laat wonder of Mimus dalk sy vertroueling en
vriend kan wees … of ’n pop wat slegs na Theodo se pype dans? Mimus
is ’n verhaal van konings en narre, mag en vernedering, humor en
hartseer, en in die middel ’n enkele hofnar wat terselfdertyd lig
en donker verteenwoordig. Dit is ’n intrige wat oud en jonk sal
meesleur na die Middeleeue en tot op die laaste bladsy sal boei.
|
You may like...
Loot
Nadine Gordimer
Paperback
(2)
R325
R274
Discovery Miles 2 740
Loot
Nadine Gordimer
Paperback
(2)
R325
R274
Discovery Miles 2 740
Poms
Diane Keaton, Jacki Weaver, …
DVD
R150
R98
Discovery Miles 980
|