![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 4 of 4 matches in All departments
Op 'n dag skraap ek my moed bymekaar: 'Eugene, hoe voel dit om 'n ander mens dood te maak?' Sy gesigspiere trek onwillekeurig in afgryse. 'Die mens, die slagoffer, gee 'n reuk af,' se hy. 'Ek kan die reuk vandag steeds herroep. Dit walg my tot in my siel toe, daardie reuk van vrees wat deur daardie mens se sweetgaatjies en liggaamsvog na buite bars.' Die bloed van tientalle anti-apartheidaktiviste sit aan Eugene de Kock hande. Vir die meeste Suid-Afrikaners is hy die vergestalting van boosheid. Is daar enige menslikheid aan die man wat talle 'n monster noem en hoe het hy so geword? Anemari Jansen gaan soek na antwoorde in De Kock se streng grootwordjare, sy eerste blootstelling aan grutonele as jong polisieman aan die Oos-Rand en in die Grensoorlog waar hy as lid van Koevoet 'n jagter van mense geword het. Jansen het eksklusiewe toegang tot De Kock se familie, asook oud-Koevoet- en Vlakplaaskollegas gehad. Sy skets ’n prentjie van 'n hoogs intelligente, dog komplekse mens wat van kindsbeen af 'n buitestaander was. De Kock het ook sy dagboeke en ’n ongepubliseerde manuskrip aan haar beskikbaar gestel – hieruit haal sy groot dele direk aan. In sy eie woorde is hy skreiend eerlik – De Kock skram nie daarvan weg om van sy wandade in detail te beskryf of sy opdraggewers te identifiseer nie. Die boek skets nie net die era en omstandighede wat tot Vlakplaas gelei het nie, maar bied ook insae in De Kock se menslikheid.
Toe die legendariese Suiker Britz homself in 2018 om die lewe gebring het, het die einde van ’n era aangebreek – ’n tydvak waarin ouskool-polisiemanne se reputasie gebou was op ongelooflike suksesse in die bekamping van misdaad. In sy luisterryke loopbaan as polisieman en speurder, en as hoof van die Suid-Afrikaanse Polisie se Moord en Roof-eenheid, was Britz as ondersoeker betrokke by misdade wat die samelewing tot in sy fondamente geskud het. In die land se oorgangstydperk na demokrasie het hy, in opdrag van verskeie kommissies van ondersoek, duisterhede help opklaar rondom polities-geïnspireerde moorde. In hierdie boek probeer die skrywers ’n beeld van die man agter die legende kry deur die soeklig op sake waarby hy betrokke was, te laat val. En die beeld wat na vore kom is dié van ’n passievolle speurder wat uitsonderlike prestasies in sy loopbaan behaal het, maar hy was ook ’n gewone mens met unieke tekortkominge. Britz het dikwels onder fel kritiek deurgeloop oor die manier waarop polities sensitiewe sake hanteer is. Lesers wat maklik ontstel word deur grafiese materiaal, moet daarop bedag wees dat die sake wat in hierdie boek gedek word, dikwels grusaam en angswekkend is. Om egter ’n profiel van ’n man in Suiker Britz se liga saam te stel, is dit onvermydelik dat die donkerste uithoeke van die menslike psige verken moet word.
|
![]() ![]() You may like...
Black Panther - 2D / 3D
Chadwick Boseman, Michael B. Jordan, …
Blu-ray disc
![]() R199 Discovery Miles 1 990
|