Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Showing 1 - 5 of 5 matches in All Departments
Daar is mense wie se lewens van die begin af anders verloop. Sulke mense se liefde lê nie op die gewone plekke en paaie nie, maar juis daar waar min ooit die moed sal hê om hul toekoms te gaan haal. Twalie is die enigste meisiekind onder die eksentrieke Albrechts wat in ’n dorre landskap om oorlewing veg. Hulle is ’n geharde, eenkant gesin vol geheime. Twalie se pa verwerp haar en haar ma maak haar gedurig stil. Dan red die Namavrou Letgoed haar uit ’n sandstorm en leer haar die geheime van Die Poort, wat tydens die heuningmaan ’n magiese plek word. Hier maak tyd soms ’n deur agtertoe oop … Twa die Tydloper is ’n aangrypende roman oor een mens se groei wat lesers sal meevoer en met nuwe oë na die wêreld om hulle sal laat kyk.
Daar is ’n kluis in ’n winkeltrollie op die dak van Wille Willemien se 4×4. Want sy en haar sus is op pad. Richtersveld toe. Om tussen Eksteenfontein en Khuboes hul pa se kluis – en sy sneeujas – nou ná sy dood oor ’n afgrond te boender. Terwyl die twee vroue reis, ontvou die verhaal van Willemien en haar pa: ’n Storie oor ’n Afrikaanse Al Capone, ’n man wie se duister sakeondernemings nie net tot die grense van Suid-Afrika beperk was nie. In Palm Springs dra sy lyfwagte koeldrank vir die fbi-agente aan vanwaar hulle sy huis dophou. Vroeër jare moet Willemien in haar pa se kattebak wegkruip terwyl hy sake in verlate parkeerareas doen. Ná sulke uitstappies was haar beloning altyd ’n lekkerny, en só word haar lewenslange stryd met kos aangevuur. Van Kaapstad na San Francisco en selfs Sri Lanka, met ’n wavrag vol seks, drugs & rock ’n’ roll, tref Anoeschka von Meck se nuutste roman jou soos ’n reusegolf en spoel sy die verhoudings oop wat van ons denkende, spirituele wesens maak.
Sy is Helena Bosman van ’n piepklein dorpie doer ver in die Noord-Kaap, maar Oupa en Oumie noem haar sommer Vaselinetjie. Sy is hulle veldbosengeltjie, hulle hart se punt. Tot Vaselinetjie tien jaar oud is en die Welsyn haar laat wegstuur na die kosskool in Gauteng – die weeshuis waar Madiba se weggooikinders bly. Dis ’n vreemde, harde, gevaarlike wêreld van skomgatkinders, kwaai huistannies en ’n hardvogtige, onregverdige koshuisvader; van entjies rook, hare laat afskeer en planne maak om te whallap. Waar niemand oor jou traak nie, en waar jy ook leer om oor niemand te traak nie. Maar soos die maande jare word, kruis een naam telkens Vaselinetjie se pad: Texan Kirby. En daardie naam loop reguit na haar hart. **Film weergawe van boek in teaters 22 September 2017
Sy is Helena Bosman van 'n piepklein dorpie doer ver in die Noord-Kaap, maar Oupa en Oumie noem haar sommer Vaselinetjie. Sy is hulle veldbosengeltjie, hulle hart se punt. Tot Vaselinetjie tien jaar oud is en die Welsyn haar laat wegstuur na die kosskool in Gauteng – die weeshuis waar Madiba se weggooikinders bly. Dis 'n vreemde, harde, gevaarlike wereld van skomgatkinders, kwaai huistannies en 'n hardvogtige, onregverdige koshuisvader; van entjies rook, hare laat afskeer en planne maak om te whallap. Waar niemand oor jou traak nie, en waar jy ook leer om oor niemand te traak nie. Maar, soos die maande jare word, kruis een naam telkens Vaselinetjie se pad: Texan Kirby. En daardie naam loop reguit na haar hart.
|
You may like...
|