0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
  • All departments
Price
  • R0 - R50 (1)
  • R100 - R250 (38)
  • R250 - R500 (2)
  • R1,000 - R2,500 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 25 of 42 matches in All departments

Die Belydenis (Afrikaans, Paperback): Jodi Picoult Die Belydenis (Afrikaans, Paperback)
Jodi Picoult; Translated by Daniel Hugo
R190 R152 Discovery Miles 1 520 Save R38 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Heel eerste vertaling van ’n Jodi Picoult-roman in Afrikaans, hierdie is die vertaling van Plain Truth.

Die ontdekking van ’n dooie baba in ’n skuur op ’n Amiese plaas in Amerika dreig om ’n jong vrou se lewe te verwoes.

Omstandigheidsgetuienis dui daarop dat die 18-jarige Katie Fisher, ’n ongetroude Amiese meisie wat glo die pasgeborene se ma is, vir die moord verantwoordelik is. Katie hou vol: sy het nie die baba vermoor nie. Terselfdertyd vlug Ellie Hathaway, ’n ontnugterde advokaat, na familie wat in dieselfde streek woon om haar kop skoon te maak. Haar tannie is verwant aan Katie en kort voor lank stem Ellie teensinnig in om Katie te verdedig.

Ellie word as Katie se toesighouer aangestel terwyl sy op borgtog is en moet boonop by die Fishers intrek. Om Katie te verdedig, moet Ellie haar nie net diep ingrawe in ’n wreld wat radikaal van haar eie verskil nie, maar ook ’n manier vind om Katie volgens hr verwysingsraamwerk te verstaan. Wanneer ’n man uit haar verlede weer sy verskyning maak, word Ellie terselfdertyd gedwing om haar eie vrese en begeertes te konfronteer.

Uit die pen van die gewilde skrywer van My Sister’s Keeper verskyn di boeiende verhaal van twee vroue . . . en een geheim.

Wintersrust (Afrikaans, Paperback): Joyce Kotze Wintersrust (Afrikaans, Paperback)
Joyce Kotze; Translated by Daniel Hugo 1
R290 R232 Discovery Miles 2 320 Save R58 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Een familie, deels van Britse en deels van Boere-afkoms, ontdek dat hul lewens onlosmaaklik verstrengel raak deur die onverbiddelike gang van die geskiedenis.

Die Transvaalse politiek en die Britte se arrogante imperialisme sleur hulle mee in die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902. Liefdes- en vriendskapsbande wat in die Trandvaalse bosveld en die sitkamers van Victoriaanse Engeland gesmee is, word op die slagvelde van Suid-Afrika getoets. Wanneer die formele fase van die oorlog oorgaan in die gruwelike beleid van die verskroeide aarde en ’n guerrillastryd, moet die familielede riskante keuses maak. Wintersrust is ’n bruisende verhaal vol hartstog en avontuur oor die individu se worsteling met magte buite sy beheer.

Sommige, wat deur wanhoop oorweldig word, oorleef nie. Ander moet ten slotte by ’n plek van vrede en vergiffenis uitkom.

(Hierdie is die Afrikaanse vertaling van The Runaway Horses)

Die Boek Van Twee Wee (Afrikaans, Paperback): Jodi Picoult Die Boek Van Twee Wee (Afrikaans, Paperback)
Jodi Picoult; Translated by Daniel Hugo
R320 R215 Discovery Miles 2 150 Save R105 (33%) In stock

In die splitsekonde wat sy met haar eie dood gekonfronteer word, verander alles in Dawn Edelstein se lewe. Sy is op ’n vliegtuig wat skielik gedwing word om ’n noodlanding te doen.

Terwyl sy haar op die ergste voorberei, is haar gedagtes egter nie by haar eggenoot en dogter nie, maar by Wyatt Armstrong – ’n man wat sy 15 jaar gelede in Egipte agtergelaat het. Dawn oorleef die vliegtuigongeluk op wonderbaarlike wyse, maar word daarna deur groot onsekerheid oor haar lewenskeuses gery.

Sy het ’n goeie lewe in Boston saam met haar man en dogter en sy vind vervulling in haar werk as doulah, waar sy sterwende mense help om die oorgang tussen die lewe en die dood te maak. Tog kan sy nie help om te wonder wat geword het van Wyatt en sy werk as argeoloog wat antieke grafkelders opgrawe nie. As jong studente het hulle saam opgrawings gedoen totdat Dawn weens ’n persoonlike krisis terug is na Amerika.

Moet sy terugkeer na haar voorstedelike lewe en haar gesin? Of moet sy na Egipte gaan en die spoke van die verlede finaal in die o kyk en dalk haar navorsing oor die Boek van twee we voltooi?

Soos die verhaal ontvou, moet Dawn antwoorde op talle kritiese vrae vind: Wat behels ’n goeie lewe? Wat los ons agter wanneer ons sterf en hoeveel van ons lewenskeuses is ons eie en hoeveel maak die lewe vir ons?

Die helaasheid van die dinge (Afrikaans, Paperback): Daniel Hugo Die helaasheid van die dinge (Afrikaans, Paperback)
Daniel Hugo
R215 Discovery Miles 2 150 Ships in 10 - 15 working days

In Die helaasheid van die dinge keer die skrywer terug na sy geboortedorp in Vlaandere. Ons maak kennis met die pa wat trots op sy fiets van kroeg tot kroeg ry om sy pasgebore seun vir sy drinkebroers te wys, met die ouma wie se nagrus alte dikwels deur die polisie versteur word as hulle een van haar dronk seuns huis toe bring, en met die werklose ooms wat meer belangstel in n suipwedstryd as in n deugsame lewe. Dimitri Verhulst se Die helaasheid van die dinge is sowel n pragtige ode aan as n skreeusnaakse afrekening met die dorp van sy jeug.

Die Suurtjies (Afrikaans, Hardcover): Jaap Robben Die Suurtjies (Afrikaans, Hardcover)
Jaap Robben; Edited by Daniel Hugo; Illustrated by Benjamin Leroy
R172 Discovery Miles 1 720 Ships in 10 - 15 working days

Lek gou aan 'n suurlemoen en kyk hoe lyk jy in die spieel. So suur soos wat jou gesig nou lyk, so lyk die broers Harry en Huibert Suur s'n altyd. En hulle hou boonop daarvan! Suig gou aan n suikerklontjie en lees wat gebeur wanneer Harry en Huibert op n dag n kaartjie in die pos kry wat hulle rustige lewe omkeer.

Hallo, Vos! Hallo, Haas! (Afrikaans, Paperback): Sylvia Van Den Heede Hallo, Vos! Hallo, Haas! (Afrikaans, Paperback)
Sylvia Van Den Heede; Illustrated by The Tjong- Khing; Translated by Daniel Hugo
R139 Discovery Miles 1 390 Ships in 10 - 15 working days

Pluim besluit dis tyd om weg te kom uit die stad en die lee hok in die heining lyk na 'n aanloklike alternatiewe woonplek. Die vierde boek in die bekroonde reeks oor Vos en Haas sluit ten opsigte van die leesvlak en die verhaallyn by die vorige drie dele aan.

Wolf en Hond (Afrikaans, Paperback): Sylvia Van Den Heede Wolf en Hond (Afrikaans, Paperback)
Sylvia Van Den Heede; Illustrated by Marije Tolman; Translated by Daniel Hugo
R139 Discovery Miles 1 390 Ships in 10 - 15 working days

Wolf is wild. Hond is mak. Wolf bly in die bos op 'n berg. Hond het 'n baas en 'n mandjie. 'n Kat pla vir Wolf. Hond moet hom help. Wat gaan hulle doen? Dit is 'n prettige storie vir beginner-lesers deur die skrywer van die veelbekroonde boeke oor Vos en Haas. Hierdie boek begin met eenvoudige woorde en kort sinne en word dan geleidelik 'n bietjie moeiliker. Die boek is egter so boeiend en snaaks dat die beginner-lesertjie dit nie eens sal agterkom nie!

Wolf, Hond en Kat (Afrikaans, Paperback): Sylvia Van Den Heede Wolf, Hond en Kat (Afrikaans, Paperback)
Sylvia Van Den Heede; Illustrated by Marije Tolman; Translated by Daniel Hugo
R139 Discovery Miles 1 390 Ships in 10 - 15 working days

Kat is terug. Sy is in die bos. Wolf se bos! Wolf is bang vir Kat. Maar Hond nie. Hy help sy neef. Hoe? Dit kan jy in hierdie boek lees. n Prettige storie vir beginnerlesers deur die skrywer van die veelbekroonde boeke oor Vos en Haas. Hierdie boek begin met eenvoudige woorde en kort sinne en word dan geleidelik n bietjie moeiliker. Die boek is egter so boeiend en snaaks dat die beginner-lesertjie dit nie eens sal agterkom nie! Die warmte en humor van die stories word wonderlik aangevul deur Marije Tolman se skitterende tekeninge in volkleur. Dit maak hierdie eerste leeservaring iets onvergeetlik.

Klein Fielies Raak Weg (Afrikaans, Hardcover): Sven Nordqvist Klein Fielies Raak Weg (Afrikaans, Hardcover)
Sven Nordqvist; Translated by Daniel Hugo
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 10 - 15 working days
?n Hond Sal Dit Beslis Nie Wees Nie (Afrikaans, Hardcover): Martin Baltscheit, Katja Kamm ?n Hond Sal Dit Beslis Nie Wees Nie (Afrikaans, Hardcover)
Martin Baltscheit, Katja Kamm; Translated by Daniel Hugo
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 10 - 15 working days

Mamma se vriendin het onlangs gevra: “Nou, wat sal dit wees?” Mamma het geantwoord: “Gesond!” En Pappa het ges: “’n Hond sal dit beslis nie wees nie!”

Toe lag almal. Behalwe ek. Hoekom dan nie ’n hond nie?

Daar is mos al ’n kind! Maar ons kort ’n hond.

Reinaard Die Vos (Afrikaans, Hardcover): Henri van Daele Reinaard Die Vos (Afrikaans, Hardcover)
Henri van Daele; Illustrated by Klaas Verplancke; Translated by Daniel Hugo
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 10 - 15 working days

Reinaard die Vos breek weg van die tradisie van ou fabels of diereverhale. Die vosverhaal is n bytende satire op die destydse politieke, sosiale en godsdienstige (wan) toestande. Die dinge wat deur die skrywer aan die kaak gestel word, is vandag nog deel van ons samelewing. Henri van Daele het die oorspronklike Middelnederlandse rymende eposse naatloos aanmekaargelas en in soepel prosa herskryf. Daniel Hugo se Afrikaanse vertaling maak dit ook Suid-Afrikaanse volksbesit.

Die Rooi Prinses (Afrikaans, Paperback): Paul Biegel Die Rooi Prinses (Afrikaans, Paperback)
Paul Biegel; Illustrated by Fiel van der Veen; Translated by Daniel Hugo
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 10 - 15 working days

Niemand het nog ooit die Rooi prinses gesien nie, want sy het agter die mure van die Wit Toringpaleis grootgeword. Eers op haar twaalfde verjaardag kom sy uit om in 'n feestelike optog aan die volk bekendgestel te word. Dit is 'n lang stoet van rytuie vol waardige persone, met heel aan die einde die rooi koets waarin die prinses sit. Die volk rek hulle nekke om haar uiteindelik te sien, maar voor enigeen 'n glimp van haar kan kry, gebeur iets verskrikliks. Woeste rowers storm nader en ontvoer die prinses met koets en al in 'n wilde rit die stad uit en die wildernis in. Hoe vreeslik! dink almal. Maar dan begin sommige mense wonder of dit nie alles net toneelspel was nie. Bestaan die Rooi prinses regtig? Niemand het haar dan met 'n oog gesien nie. En daardie rooihaarmeisie wat in vuil klere stoksielalleen deur die wildernis dwaal, is dit 'n prinses? Elke meisie van twaalf met rooi hare kan mos nou se sy is die Rooi prinses. En dit gee iemand 'n blink idee...

Die Wildewragtags (Afrikaans, Hardcover): Manuela Olten Die Wildewragtags (Afrikaans, Hardcover)
Manuela Olten; Translated by Daniel Hugo
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 10 - 15 working days

Hierdie skreeusnaakse verhaal word vertel vanuit die perspektief van twee grootprater jong seuns.

Die seuns dink alle meisies is laf en simpel. Maar wanneer spoke geopper word, sing hulle gou ’n ander deuntjie!

Jonkvrou (Afrikaans, Paperback): Jean-Claude Van Rijckeghem, Pat Van Beirs Jonkvrou (Afrikaans, Paperback)
Jean-Claude Van Rijckeghem, Pat Van Beirs; Translated by Daniel Hugo
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 10 - 15 working days

In haar eie woorde vertel Marguerite van haar wilde rooi hare, van Willem wat 'n meester is in die soenkunde, van Roderik uit wie se mond sy n tand geslaan het, van die monnik Zannekin wat stink soos 'n varkhok, van die vrye stad Brugge met sy knarsende uithangborde, van haar moeder se boeke met hul smagtende liefdesverhale, van die rooi sweertjies op haar toekomstige eggenoot se gesig en van die haat vir haar bloedeie vader.

Die Groot Poefwedstryd (Afrikaans, Hardcover): Guido van Genechten Die Groot Poefwedstryd (Afrikaans, Hardcover)
Guido van Genechten; Translated by Daniel Hugo
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 10 - 15 working days

Koning Kuttel het n bietjie bly vassteek in sy piepie- en poeffase. Elke jaar laat kom hy sy minister van Binnelandse Poefsake om die Groot Poefwedstryd te organiseer. Vanaf sy kasteel se balkon sien Koning Kuttel dan n optog van verruklike poefkunswerke voor hom verbykom. Wie se naam gaan hierdie keer deur die koninklike kneg uitgebeitel word in die gedenksteen met al die wenners van die Groot Poefwedstryd?

Because I love you so much (Hardcover): Guido van Genechten Because I love you so much (Hardcover)
Guido van Genechten; Illustrated by Guido van Genechten; Translated by Daniel Hugo
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 10 - 15 working days

Little Polly, the polar bear, already knows quite a lot: He knows where the juiciest fish swim, what a snowflake tastes like, that the wind can caress and bite, and when the sun and moon shine. He also knows how far he can wander away from his mommy before he is in danger. Of course there are a few things that Polly does not understand yet, but he knows the answer to the most important question all too well...

Een Minuut vir die Haan (Afrikaans, Hardcover): Sven Nordqvist Een Minuut vir die Haan (Afrikaans, Hardcover)
Sven Nordqvist; Illustrated by Sven Nordqvist; Translated by Daniel Hugo
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 10 - 15 working days
Nege Oop Arms (Afrikaans, Paperback): Benny Lindelauf Nege Oop Arms (Afrikaans, Paperback)
Benny Lindelauf; Translated by Daniel Hugo
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 10 - 15 working days

Muulke, Fing en Jes is glad nie lus om vir die hoeveelste keer te trek nie. Maar wanneer hulle eers die huis van Nege Oop Arms leer ken, wag daar verskeie ontdekkings en avonture op die Nederlandse sussies.

En Toe Kom Tom (Afrikaans, Hardcover): Edward Van De Vendel En Toe Kom Tom (Afrikaans, Hardcover)
Edward Van De Vendel; Illustrated by Philip Hopman; Translated by Daniel Hugo
R139 Discovery Miles 1 390 Ships in 10 - 15 working days

Vir Kix het alles verander toe daar eendag n pragtige wit berghond by hulle aankom. Hy maak vriende met die geheimsinnige hond, wat hy Tom noem. Tom hou daarvan om heeltyd by Kix te wees en dit is vir hom lekker om gedurig gestreel te word. Maar Kix is bekommerd, want se nou net die eienaar wil Tom terughe? Tydens n spanningsvolle nag moet Kix bewys hoe lief hy vir sy hond is. Hierdie boek is gebaseer op n ware verhaal. Toe Edward van de Vendel by familie in Kanada was, het daar 'n groot, wit hond uit die niet verskyn. Die avontuur wat hulle met die hond beleef het, staan nou in hierdie boek.

Die Hemel Van Heivisj (Afrikaans, Paperback): Benny Lindenauf Die Hemel Van Heivisj (Afrikaans, Paperback)
Benny Lindenauf; Translated by Daniel Hugo
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 10 - 15 working days

Nederland, 1938. Fing Boon se droom stort in duie. In plaas van verder studeer om onderwyseres te word, moet sy by die Sigaarkeiser gaan werk. As oppasser of eerder betaalde vriendin vir die Sigaarkeiser se eienaardige niggie Liesl voel sy al hoe meer opstandig oor haar lot: vriendskap is tog nie iets wat n mens kan koop nie?

Sprakeloos (Afrikaans, Paperback): Tom Lanoye Sprakeloos (Afrikaans, Paperback)
Tom Lanoye; Translated by Daniel Hugo
R191 Discovery Miles 1 910 Ships in 10 - 15 working days

In die (outo)biografiese roman Sprakeloos vertel Tom Lanoye van sy ma se beroerte, haar spraakverlies en haar langsame aftakeling en uiteindelike dood.

Terselfdertyd toon die roman die ontreddering van ’n skrywer wat sy moedertaal in sy moeder sien verlore gaan en wat di verlies probeer besweer met ’n vuurwerk van woorde. Die verlies van taal word herstel met taal. Met heelwat humor neem die skrywer ook afskeid van sy jeug, van sy pa se slaghuis en die sprankelende Vlaamse stadsbuurt waarin hy grootgeword het. Maar bowenal is dit ’n afrekening met sy ma – ’n klein, temperamentele amateuraktrise wat nie die teater en die werklike lewe uit mekaar kon hou nie. Sy vorm die middelpunt van talle tragikomiese familietaferele.

Die vertelling is vol oordaad, uitweidings en doelbewuste vertragings, maar in die hande van Tom Lanoye word dit ’n stilistiese kragtoer. Dit is ’n meesleurende en oorrompelende boek.

Die groot drukkieboek (Afrikaans, Hardcover): Guido van Genechten Die groot drukkieboek (Afrikaans, Hardcover)
Guido van Genechten; Illustrated by Guido van Genechten; Translated by Daniel Hugo
R124 Discovery Miles 1 240 Ships in 10 - 15 working days
Omdat Ek So Lief is Vir Jou (Afrikaans, Hardcover): Guido van Genechten Omdat Ek So Lief is Vir Jou (Afrikaans, Hardcover)
Guido van Genechten; Illustrated by Guido van Genechten; Translated by Daniel Hugo
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 10 - 15 working days

Ysie Ysbeer weet al baie: waar die lekkerste visse swem, hoe 'n sneeuvlokkie smaak, dat die wind kan streel en byt, en wanneer die son of die maan skyn. Hy weet ook hoe ver hy van sy mamma af kan dwaal sonder dat hy in gevaar is. Daar is natuurlik dinge wat Ysie nog nie heeltemal verstaan nie, maar die antwoord op die heel belangrikste vraag ken hy goed...

Slagterseun Met 'n Brilletjie (Afrikaans, Paperback): Daniel Hugo, Tom Lanoye Slagterseun Met 'n Brilletjie (Afrikaans, Paperback)
Daniel Hugo, Tom Lanoye
R172 Discovery Miles 1 720 Ships in 10 - 15 working days
Ek is My Brein - Van Baarmoeder Tot Alzheimer (Afrikaans, Paperback): Dick. F. Swaab Ek is My Brein - Van Baarmoeder Tot Alzheimer (Afrikaans, Paperback)
Dick. F. Swaab; Translated by Daniel Hugo
R282 Discovery Miles 2 820 Ships in 10 - 15 working days

Alles kom ter sprake in Ek is by brein: puberteit, seksualiteit, Alzheimer se siekte, misdadigheid, geloof, breinbeserings, psigiese probleme en byna-dood ervarings. Die teks is toeganklik genoeg geskryf dat enigiemand wat belangstel in hoe die brein ons lewe rig en benvloed, dit maklik leesbaar sal vind.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
JVC XS-N1129B Bluetooth Portable Speaker…
R549 R382 Discovery Miles 3 820
The Music In My Head
Michael Franks CD R94 Discovery Miles 940
Lucky Plastic Measuring Cup (200ml)
R15 Discovery Miles 150
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R336 R269 Discovery Miles 2 690
Catan
 (16)
R880 R499 Discovery Miles 4 990
Gloop Dinosaur Snot Slime
R49 Discovery Miles 490
BANTING 7 Day Meal Plans - 100 Favourite…
Rita Venter, Natalie Lawson, … Paperback  (12)
R350 R289 Discovery Miles 2 890
Assassin's Creed: Valhalla
 (1)
R1,299 R1,189 Discovery Miles 11 890
Microsoft Xbox One S Console (1TB)
 (12)
R6,999 Discovery Miles 69 990
Springsteen On Broadway
Bruce Springsteen CD  (2)
R323 R166 Discovery Miles 1 660

 

Partners