0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
  • All departments
Price
  • R0 - R50 (3)
  • R100 - R250 (60)
  • R250 - R500 (4)
  • R1,000 - R2,500 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 25 of 68 matches in All departments

Wintersrust (Afrikaans, Paperback): Joyce Kotze Wintersrust (Afrikaans, Paperback)
Joyce Kotze; Translated by Daniel Hugo 1
R290 R229 Discovery Miles 2 290 Save R61 (21%) Shipped within 4 - 8 working days

Een familie, deels van Britse en deels van Boere-afkoms, ontdek dat hul lewens onlosmaaklik verstrengel raak deur die onverbiddelike gang van die geskiedenis.

Die Transvaalse politiek en die Britte se arrogante imperialisme sleur hulle mee in die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902. Liefdes- en vriendskapsbande wat in die Trandvaalse bosveld en die sitkamers van Victoriaanse Engeland gesmee is, word op die slagvelde van Suid-Afrika getoets. Wanneer die formele fase van die oorlog oorgaan in die gruwelike beleid van die verskroeide aarde en ’n guerrillastryd, moet die familielede riskante keuses maak. Wintersrust is ’n bruisende verhaal vol hartstog en avontuur oor die individu se worsteling met magte buite sy beheer.

Sommige, wat deur wanhoop oorweldig word, oorleef nie. Ander moet ten slotte by ’n plek van vrede en vergiffenis uitkom.

(Hierdie is die Afrikaanse vertaling van The Runaway Horses)

Die helaasheid van die dinge (Afrikaans, Paperback): Daniel Hugo Die helaasheid van die dinge (Afrikaans, Paperback)
Daniel Hugo
R215 Discovery Miles 2 150 Shipped within 10 - 15 working days

In Die helaasheid van die dinge keer die skrywer terug na sy geboortedorp in Vlaandere. Ons maak kennis met die pa wat trots op sy fiets van kroeg tot kroeg ry om sy pasgebore seun vir sy drinkebroers te wys, met die ouma wie se nagrus alte dikwels deur die polisie versteur word as hulle een van haar dronk seuns huis toe bring, en met die werklose ooms wat meer belangstel in 地 suipwedstryd as in 地 deugsame lewe. Dimitri Verhulst se Die helaasheid van die dinge is sowel 地 pragtige ode aan as 地 skreeusnaakse afrekening met die dorp van sy jeug.

El Negro en ek (Afrikaans, Paperback): Frank Westerman El Negro en ek (Afrikaans, Paperback)
Frank Westerman; Translated by Daniel Hugo
R253 Discovery Miles 2 530 Shipped within 10 - 15 working days

As negentienjarige ryloper in Spanje beland Frank Westerman toevallig in die dorpie Banyoles, waar 地 opgestopte 適alahari-Boesman, slegs bekend as El Negro, uitgestal word. Sy indrukke bly hom by en wanneer hy dekades later weer van El Negro lees, die keer in 地 Franse koerant, is dit die begin van 地 ondersoeksreis wat belangrike vrae oor rasopvattings en die Westerse beskawing na vore bring. Wie was hierdie naamlose man? Wat se sy opgestopte 杜useumteenwoordigheid oor Europese denke oor slawerny, rassisme en kolonialisme en bied hy slegs 地 spieel op 地 vergange tyd, of ook op die hede?

Vakansiehuis Met Swembad (Afrikaans, Paperback): Herman Koch Vakansiehuis Met Swembad (Afrikaans, Paperback)
Herman Koch; Translated by Daniel Hugo
R206 Discovery Miles 2 060 Shipped within 10 - 15 working days

Marc Schlosser, 'n huisdokter, begaan 'n mediese fout en as gevolg daarvan sterf een van sy pasiente. Schlosser moet voor die Mediese Raad verskyn om verantwoording te doen. Schlosser is nie te bekommerd oor die Mediese Raad nie: Hy sal seker 'n paar maande geskors word, wat nie te erg is nie. Wat die saak egter kompliseer, is dat die pasient 'n baie bekende akteur, Ralph Meier, is, wat miskien net te veel aandag gegee het aan Schlosser se pragtige vrou, Caroline. Of hou die hele gedoente verband met wat by die Meiers se vakansiehuis gebeur het toe die Schlosser-gesin daar op besoek was? Soos in Die aandete is die hoofkarakter van die verhaal ook die verteller wat net vertel wat hy wil he die leser moet weet en so die leser aan die raai hou oor wat werklik gebeur het.

Die Suurtjies (Afrikaans, Hardcover): Jaap Robben Die Suurtjies (Afrikaans, Hardcover)
Jaap Robben; Edited by Daniel Hugo; Illustrated by Benjamin Leroy
R172 Discovery Miles 1 720 Shipped within 10 - 15 working days

Lek gou aan 'n suurlemoen en kyk hoe lyk jy in die spieel. So suur soos wat jou gesig nou lyk, so lyk die broers Harry en Huibert Suur s'n altyd. En hulle hou boonop daarvan! Suig gou aan 地 suikerklontjie en lees wat gebeur wanneer Harry en Huibert op 地 dag 地 kaartjie in die pos kry wat hulle rustige lewe omkeer.

Die Groot Klein Kaptein (Afrikaans, Paperback): Paul Biegel Die Groot Klein Kaptein (Afrikaans, Paperback)
Paul Biegel; Illustrated by Carlton Hollander; Translated by Daniel Hugo
R295 R249 Discovery Miles 2 490 Save R46 (16%) Shipped within 10 - 15 working days

Die Klein Kaptein is 地 kereltjie wat met 地 skoorsteenpyp, 地 sinkbad, 地 stoelpoot en 地 fietsketting sy skip die 哲ooitlek weer seevaardig maak. Wanneer die skroef, gemaak van gesmelte bronsmunte, ook klaar is, skep 地 groot brander die skip van die hoe duin af waar dit gestrand het. Die avontuurlike tog van die 哲ooitlek met die Klein Kaptein en sy kamerade Dik Druif, Marinka en Bang Tonie kan nou begin. Hulle vaar oor die oseane, kom by vreemde lande aan en trotseer talle gevare. Al drie dele van die Klein Kaptein se wereldreis is hier in een band gebundel, met illustrasies in volkleur deur Carl Hollander.

Tot Siens Vos en Haas (Afrikaans, Paperback): Sylvia Van Den Heede Tot Siens Vos en Haas (Afrikaans, Paperback)
Sylvia Van Den Heede; Illustrated by The Tjong- Khing; Translated by Daniel Hugo
R139 Discovery Miles 1 390 Shipped within 10 - 15 working days

Lees net hier: "Haai, Vos! Haai, Haas!" Dit is Uil wat so roep. Hy sit in sy boom en wink deur die venster. "Dis snaaks," se Haas. "Baie snaaks," se Vos. Want vandat Uil 'n eier het, wil hy niemand sien nie. Vos en Haas, uit Sylvia Vanden Heede en illustreerder The Tjong-Khing se eerste Vos en Haas-"groeiboek", het die harte van ontelbare eerste lesers verower. Uiteindelik was daar 'n dik boek wat hulle heeltemal op hul eie kon lees. Nou is daar meer van Vos en Haas! Die stories en die karakters in Tot siens, Vos en Haas bou voort op die eerste boek, en ook die moeilikheidsgraad vorm 'n perfekte vervolg daarop. Soos die jong leser se vermoe groei, word die taalgebruik van die boek geleidelik moeiliker. Die stories is net so oorspronklik en vermaaklik as in die eerste boek.

Gelukkige Slawe (Afrikaans, Paperback): Tom Lanoye Gelukkige Slawe (Afrikaans, Paperback)
Tom Lanoye; Translated by Daniel Hugo
R239 Discovery Miles 2 390 Shipped within 10 - 15 working days

In Gelukkige slawe bevind twee Belgiese mans met presies dieselfde naam en van, Tony Hanssen, hulleself op 'n keerpunt. In Buenos Aires speel Tony Hanssen eens 'n toerdirekteur op van die mees luuksueuse plesierbote ter wereld 'n gevaarlike speletjie as toyboy van mevrou Bo Xiang, die bejaarde eggenote van 'n skatryk Chinese bouondernemer met legendariese genadeloosheid. In Suid-Afrika korrel 'n ander Tony Hanssen die vlugtende rekenaarprogrammeerder van 'n bankrot bank met 'n geweer na 'n renoster in die Krugerwildtuin. Die een Tony wil sy vryheid terughe, en die ander een sy gesin. Eers as hulle mekaar vir die eerste keer ontmoet, op 'n ander kontinent, blyk dit hoeveel hulle op mekaar aangewese is.

Ware mense (Afrikaans, Hardcover): Bart de Graaff Ware mense (Afrikaans, Hardcover)
Bart de Graaff; Translated by Daniel Hugo
R253 Discovery Miles 2 530 Shipped within 10 - 15 working days

Bart de Graaff is 地 Nederlandse historikus en joernalis wat 地 besonderse belangstelling in die Suid-Afrikaanse politiek en kultuur het. In 2015 en 2016 het hy verskeie besoeke aan Suid-Afrika en Namibie gebring. Sy oogmerk was om die nasate van die Khoi-Khoin, synde die eerste 努are mense van die subkontinent, op te spoor, en aan die woord te stel. Hierdie boek is die resultaat van sy onderhoude. De Graaff kontekstualiseer nie net die geskiedenis van die Khoi-Khoin en haar vele vertakkings nie, maar stel ook bepaalde eietydse leiersfigure in die onderskeie gemeenskappe aan die woord. Daarvolgens word die historiese kyk na legendariese kapteins soos die Korannas se Goliat Yzerbek, die Griekwas se Adam Kok, die Basters se Dirk Vilander, Abraham Swartbooi van die Namas en Frederik Vleermuis van die Oorlams afgewissel met De Graaff se persoonlike reisindrukke en die talle gesprekke wat hy met die waarskynlike nasate van bogenoemde leiers gehad het. In sy onopgesmukte skryfstyl, vol deernis en humor, vertel De Graaff van hierdie ontmoetings en gesprekke en algaande kom die leser onder die indruk van die sistemiese geweld wat teen die Khoi-Khoin oor soveel eeue heen gepleeg is. Dit is 地 belangrike boek wat die geskiedenis en huidige stand van die bruin mense onder hulle landsgenote se aandag bring.

Pettson Gaan Kampeer (Afrikaans, Hardcover): Sven Nordqvist Pettson Gaan Kampeer (Afrikaans, Hardcover)
Sven Nordqvist; Translated by Daniel Hugo
R143 Discovery Miles 1 430 Shipped within 10 - 15 working days
Vos en Haas Op die Eiland (Afrikaans, Paperback): Sylvia Van Den Heede Vos en Haas Op die Eiland (Afrikaans, Paperback)
Sylvia Van Den Heede; Illustrated by The Tjong- Khing; Translated by Daniel Hugo
R139 Discovery Miles 1 390 Shipped within 10 - 15 working days

"Stop! Ons is hier! roep Haas. Vos sit die tasse neer. 的s jy seker dat dit hier is? vra hy.摘k sien net sand. En water. En twee bome. Die derde boek in die bekroonde reeks oor Vos en Haas sluit ten opsigte van die leesvlak en die verhaallyn by die vorige twee dele aan. Vos en Haas op die eiland is geskryf in kort sinne, met 地 effens meer gevorderde woordeskat wat rekening hou met die jong leser se begripsvermoe. Die wisselende lettergroottes ondersteun die intonasie en beklemtoning wanneer daar hardop gelees word.

Hallo, Vos! Hallo, Haas! (Afrikaans, Paperback): Sylvia Van Den Heede Hallo, Vos! Hallo, Haas! (Afrikaans, Paperback)
Sylvia Van Den Heede; Illustrated by The Tjong- Khing; Translated by Daniel Hugo
R139 Discovery Miles 1 390 Shipped within 10 - 15 working days

Pluim besluit dis tyd om weg te kom uit die stad en die lee hok in die heining lyk na 'n aanloklike alternatiewe woonplek. Die vierde boek in die bekroonde reeks oor Vos en Haas sluit ten opsigte van die leesvlak en die verhaallyn by die vorige drie dele aan.

Die Rooi Prinses (Afrikaans, Paperback): Paul Biegel Die Rooi Prinses (Afrikaans, Paperback)
Paul Biegel; Illustrated by Fiel van der Veen; Translated by Daniel Hugo
R163 Discovery Miles 1 630 Shipped within 10 - 15 working days

Niemand het nog ooit die Rooi prinses gesien nie, want sy het agter die mure van die Wit Toringpaleis grootgeword. Eers op haar twaalfde verjaardag kom sy uit om in 'n feestelike optog aan die volk bekendgestel te word. Dit is 'n lang stoet van rytuie vol waardige persone, met heel aan die einde die rooi koets waarin die prinses sit. Die volk rek hulle nekke om haar uiteindelik te sien, maar voor enigeen 'n glimp van haar kan kry, gebeur iets verskrikliks. Woeste rowers storm nader en ontvoer die prinses met koets en al in 'n wilde rit die stad uit en die wildernis in. 滴oe vreeslik! dink almal. Maar dan begin sommige mense wonder of dit nie alles net toneelspel was nie. Bestaan die Rooi prinses regtig? Niemand het haar dan met 'n oog gesien nie. En daardie rooihaarmeisie wat in vuil klere stoksielalleen deur die wildernis dwaal, is dit 'n prinses? Elke meisie van twaalf met rooi hare kan mos nou se sy is die Rooi prinses. En dit gee iemand 'n blink idee...

Die Aandete (Afrikaans, Paperback): Herman Koch Die Aandete (Afrikaans, Paperback)
Herman Koch; Translated by Daniel Hugo
R234 Discovery Miles 2 340 Shipped within 10 - 15 working days

Twee broers en hulle vrouens gaan een aand eet in 地 deftige restaurant: Paul Lohman, mislukte onderwyser en sy slim vrou Claire, saam met Serge Lohman, kandidaat vir die premierskap in die opkomende verkiesing, en sy vrou Babette. Teen die agtergrond van die bediening van keurige geregte en tipiese restaurantpraatjies ontvou 地 ontstellende verhaal.

Vos en Haas (Afrikaans, Paperback): Sylvia Van Den Heede Vos en Haas (Afrikaans, Paperback)
Sylvia Van Den Heede; Translated by Daniel Hugo
R139 Discovery Miles 1 390 Shipped within 10 - 15 working days

Hierdie boek begin met eenvoudige woorde en kort sinne en word dan geleidelik ’n bietjie moeiliker. Die boek is egter so boeiend en snaaks dat die beginner-lesertjie dit nie eens sal agterkom nie!

Vos en Haas is ’n boek wat saam met die kind se leesvermo “groei”. Maar dit is ook ’n boek om weer en weer te lees. Die warmte en humor van die stories word wonderlik aangevul deur Th Tjong-Khing se skitterende tekeninge in volkleur.

Dit maak hierdie eerste leeservaring iets onvergeetliks.

Wolf en Hond (Afrikaans, Paperback): Sylvia Van Den Heede Wolf en Hond (Afrikaans, Paperback)
Sylvia Van Den Heede; Illustrated by Marije Tolman; Translated by Daniel Hugo
R139 Discovery Miles 1 390 Shipped within 10 - 15 working days

Wolf is wild. Hond is mak. Wolf bly in die bos op 'n berg. Hond het 'n baas en 'n mandjie. 'n Kat pla vir Wolf. Hond moet hom help. Wat gaan hulle doen? Dit is 'n prettige storie vir beginner-lesers deur die skrywer van die veelbekroonde boeke oor Vos en Haas. Hierdie boek begin met eenvoudige woorde en kort sinne en word dan geleidelik 'n bietjie moeiliker. Die boek is egter so boeiend en snaaks dat die beginner-lesertjie dit nie eens sal agterkom nie!

Die Groot Poefwedstryd (Afrikaans, Hardcover): Guido van Genechten Die Groot Poefwedstryd (Afrikaans, Hardcover)
Guido van Genechten; Translated by Daniel Hugo
R143 Discovery Miles 1 430 Shipped within 10 - 15 working days

Koning Kuttel het 地 bietjie bly vassteek in sy piepie- en poeffase. Elke jaar laat kom hy sy minister van Binnelandse Poefsake om die Groot Poefwedstryd te organiseer. Vanaf sy kasteel se balkon sien Koning Kuttel dan 地 optog van verruklike poefkunswerke voor hom verbykom. Wie se naam gaan hierdie keer deur die koninklike kneg uitgebeitel word in die gedenksteen met al die wenners van die Groot Poefwedstryd?

Wolf, Hond en Kat (Afrikaans, Paperback): Sylvia Van Den Heede Wolf, Hond en Kat (Afrikaans, Paperback)
Sylvia Van Den Heede; Illustrated by Marije Tolman; Translated by Daniel Hugo
R139 Discovery Miles 1 390 Shipped within 10 - 15 working days

Kat is terug. Sy is in die bos. Wolf se bos! Wolf is bang vir Kat. Maar Hond nie. Hy help sy neef. Hoe? Dit kan jy in hierdie boek lees. 地 Prettige storie vir beginnerlesers deur die skrywer van die veelbekroonde boeke oor Vos en Haas. Hierdie boek begin met eenvoudige woorde en kort sinne en word dan geleidelik 地 bietjie moeiliker. Die boek is egter so boeiend en snaaks dat die beginner-lesertjie dit nie eens sal agterkom nie! Die warmte en humor van die stories word wonderlik aangevul deur Marije Tolman se skitterende tekeninge in volkleur. Dit maak hierdie eerste leeservaring iets onvergeetlik.

Klein Fielies Raak Weg (Afrikaans, Hardcover): Sven Nordqvist Klein Fielies Raak Weg (Afrikaans, Hardcover)
Sven Nordqvist; Translated by Daniel Hugo
R143 Discovery Miles 1 430 Shipped within 10 - 15 working days
Fielies se Nuwe Huisie (Afrikaans, Hardcover): Sven Nordqvist Fielies se Nuwe Huisie (Afrikaans, Hardcover)
Sven Nordqvist; Illustrated by Sven Nordqvist; Translated by Daniel Hugo
R143 Discovery Miles 1 430 Shipped within 10 - 15 working days
Reinaard Die Vos (Afrikaans, Hardcover): Henri van Daele Reinaard Die Vos (Afrikaans, Hardcover)
Henri van Daele; Illustrated by Klaas Verplancke; Translated by Daniel Hugo
R177 Discovery Miles 1 770 Shipped within 10 - 15 working days

Reinaard die Vos breek weg van die tradisie van ou fabels of diereverhale. Die vosverhaal is 地 bytende satire op die destydse politieke, sosiale en godsdienstige (wan) toestande. Die dinge wat deur die skrywer aan die kaak gestel word, is vandag nog deel van ons samelewing. Henri van Daele het die oorspronklike Middelnederlandse rymende eposse naatloos aanmekaargelas en in soepel prosa herskryf. Daniel Hugo se Afrikaanse vertaling maak dit ook Suid-Afrikaanse volksbesit.

?n Hond Sal Dit Beslis Nie Wees Nie (Afrikaans, Hardcover): Martin Baltscheit, Katja Kamm ?n Hond Sal Dit Beslis Nie Wees Nie (Afrikaans, Hardcover)
Martin Baltscheit, Katja Kamm; Translated by Daniel Hugo
R143 Discovery Miles 1 430 Shipped within 10 - 15 working days

Mamma se vriendin het onlangs gevra: “Nou, wat sal dit wees?” Mamma het geantwoord: “Gesond!” En Pappa het ges: “’n Hond sal dit beslis nie wees nie!”

Toe lag almal. Behalwe ek. Hoekom dan nie ’n hond nie?

Daar is mos al ’n kind! Maar ons kort ’n hond.

Jonkvrou (Afrikaans, Paperback): Jean-Claude Van Rijckeghem, Pat Van Beirs Jonkvrou (Afrikaans, Paperback)
Jean-Claude Van Rijckeghem, Pat Van Beirs; Translated by Daniel Hugo
R177 Discovery Miles 1 770 Shipped within 10 - 15 working days

In haar eie woorde vertel Marguerite van haar wilde rooi hare, van Willem wat 'n meester is in die soenkunde, van Roderik uit wie se mond sy 地 tand geslaan het, van die monnik Zannekin wat stink soos 'n varkhok, van die vrye stad Brugge met sy knarsende uithangborde, van haar moeder se boeke met hul smagtende liefdesverhale, van die rooi sweertjies op haar toekomstige eggenoot se gesig en van die haat vir haar bloedeie vader.

Een Minuut vir die Haan (Afrikaans, Hardcover): Sven Nordqvist Een Minuut vir die Haan (Afrikaans, Hardcover)
Sven Nordqvist; Illustrated by Sven Nordqvist; Translated by Daniel Hugo
R143 Discovery Miles 1 430 Shipped within 10 - 15 working days
Oorlogswinter (Afrikaans, Paperback): Jan Terlouw Oorlogswinter (Afrikaans, Paperback)
Jan Terlouw; Translated by Daniel Hugo
R167 Discovery Miles 1 670 Shipped within 10 - 15 working days

Dit is die yskoue winter van 1944/1945. Die Tweede Wereldoorlog woed nog en Nederland ly onder die Duitse besetting. Die 15-jarige Michiel kan nie wag tot hy oud genoeg is om aan die ondergrondse versetsbeweging deel te neem nie. Wanneer Dirk, hulle bure se seun, hom vra om 'n brief af te lewer voel hy dat hy uiteindelik ernstig opgeneem word. Maar Dirk word gearresteer en die persoon aan wie hy die brief moet besorg, word deur die Duitsers doodgeskiet. Gaan Michiel die brief oopmaak en die verantwoordelikheid van die opdrag daarin aanvaar?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Companion 2kg Twin Tub Washing Machine
 (4)
R2,999 R1,799 Discovery Miles 17 990
K舐cher WD3 Multi-Purpose Vacuum Cleaner
 (5)
R1,499 R1,198 Discovery Miles 11 980
Philips BikiniGenie BRT381/15 Bikini…
 (3)
R269 R99 Discovery Miles 990
Wynie - My Bloed Is Blou
Wynie Strydom, Alita Steenkamp Paperback  (1)
R189 R29 Discovery Miles 290
Angelique du Toit Bundle - Standing Tall…
Angelique du Toit Paperback R360 R59 Discovery Miles 590
Kindle E-Reader WiFi with Touchscreen…
R2,199 R1,649 Discovery Miles 16 490
Philips 1000 Series Beard Trimmer
 (1)
R399 R249 Discovery Miles 2 490
Microsoft Xbox One X Console…
 (34)
R8,999 R7,999 Discovery Miles 79 990
HP 123 Ink Cartridge (Black)
R190 Discovery Miles 1 900
Austen Pistol Safe - Biometric and…
R3,550 R2,399 Discovery Miles 23 990

 

Partners