|
Showing 1 - 6 of
6 matches in All Departments
n Televisieprogram oor die rekonstruksie van skedels dwing Carolien
se gedagtes terug na ontstellende gebeure vyftien jaar tevore. En
na die vreemdeling wat sy toe geteken het. Die taal van been is 'n
roman oor gewone mense se strewe en verlies en die onthutsende
werklikheid wat onder die oppervlak skuil. Dis tegelyk 'n
speurverhaal met 'n politieke ondertoon, die storie van 'n
kunsdosent wat haar werk deur regstellende aksie verloor en 'n
eiesoortige liefdesverhaal. Uiteindelik gaan dit egter om veel
meer. Hierdie roman bly subtiel spook omdat dit dinge se wat die
teks verswyg.
In Heilna du Plooy se derde digbundel besin sy veral oor
verskillende soorte verhoudings: die verhouding met Suid-Afrika en
die stamlande van Afrikaanssprekendes, verhoudings met familie en
geliefde vriende, die verhouding met die persoonlike en kollektiewe
verlede en verskillende vorms van magsverhoudings. ’n Besonder
treffende reeks in die bundel handel dan ook oor die verhouding
tussen jagter en prooi, die skuld van die maghebber en die
offerande van die ondergeskikte, wat in die vorm van ’n gesprek met
’n reeks beeldhouwerke van Maureen Quin gegiet word. By hierdie
reeks sluit verdere gedigte oor die skepping van kuns aan, wat
teenoor ’n reeks oor ’n oppervlakkige verbruikerskultuur gelees kan
word. Die bundel word afgesluit met ’n aantal elegiese verse en
twee verse oor die eenvoudige waardigheid van sorg en
mededeelsaamheid.
Hierdie lywige bundel van sowat 700 bladsye is deur Heilna du Plooy saamgestel uit briewe van Elize Botha en verskeie skrywers en ander bekendes. Skrywers en digters soos Audrey Blignault, Hennie Aucamp, NP van Wyk Louw, Elisabeth Eybers, Lina Spies en baie ander het met Botha gekorrespondeer. Party briewe is diep ontroerend, ander laat jou hardop lag en 'n klompie lees jy herhaaldelik om die besonderse insig daarin. Die briefskrywers skets die klein en groot gebeure in hulle lewens, deel hul menings oor boeke en mense en vertel van die dinge wat hul lewens moeilik of vreugdevol maak. Dit is 'n intieme teks wat by baie lesers byval sal vind
Lyric poetry as a temporal art-form makes pervasive use of
narrative elements in organizing the progressive course of the
poetic text. This observation justifies the application of the
advanced methodology of narratology to the systematic analysis of
lyric poems. After a concise presentation of this transgeneric
approach to poetry, the study sets out to demonstrate its practical
fruitfulness in detailed analyses of a large number of English (and
some American) poems from the early modern period to the present.
The narratological approach proves particularly suited to focus on
the hitherto widely neglected dimension of sequentiality, the
dynamic progression of the poetic utterance and its eventful turns,
which largely constitute the raison d'etre of the poem. To
facilitate comparisons, the examples chosen share one special
thematic complex, the traumatic experience of severe loss: the
death of a beloved person, the imminence of one's own death, the
death of a revered fellow-poet and the loss of a fundamental
stabilizing order. The function of the poems can be described as
facing the traumatic experience in the poetic medium and employing
various coping strategies. The poems thus possess a therapeutic
impetus.
|
You may like...
She Said
Carey Mulligan, Zoe Kazan, …
DVD
R93
Discovery Miles 930
|