0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
  • All departments
Price
  • R50 - R100 (1)
  • R100 - R250 (2)
  • R250 - R500 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 4 of 4 matches in All departments

Bloedlelie (Afrikaans, Paperback): Jeanette Ferreira Bloedlelie (Afrikaans, Paperback)
Jeanette Ferreira
R295 R229 Discovery Miles 2 290 Save R66 (22%) Shipped within 5 - 13 working days

In die somer van 1838 vertrek die Voortrekkerleier Piet Retief en sowat 100 man na die Zoeloekoning Dingaan om oor grond vir die trekkers te onderhandel. In die laer by Doornkop wag sy vrou Magdalena op hulle terugkeer. Die afloop van hierdie sending na Dingaan is wyd opgeteken as die Slag van Bloedrivier.

Byna 180 jaar later is Hanna op soek na wat ook al Magdalena nagelaat het. Vroeg in hierdie soektog loop Hanna haar vas in ’n plaasmoord waarvoor sy nie antwoorde het nie. Bitter min is bekend oor Magdalena en haar lewe nŠ 1838, buiten haar brief in 1841 aan haar skoonfamilie. In Pietermaritzburg staan haar huisie vandag nog, nou ’n klerewinkel.

Kort voor haar dood in 1854 besoek ’n handelaar haar in Potchefstroom en staan in sy boek ’n paragraaf aan haar af.

Al wat ons het, is vandag en elke mens vertel ’n storie anders. Van ver af is niks soos dit vir ons lyk nie.

“Bloedlelie is ’n merkwaardige en belangrike roman uit die pen van ’n vaardige, gesoute skrywer. Verskriklike en weersinwekkende gebeure sowel as hedendaagse politieke kompleksiteite en strydpunte word met ’n seker hand uitgebeeld. Tegelykertyd is hierdie roman die verhaal van Magdalena Retief, die grootliks onbesonge vrou van Pieter Mauritz Retief.” - Helene de Kock

Vers en Vlam - ?n PoŽsiebloemlesing vir Gr 10 Eerste Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback): Jeanette Ferreira Vers en Vlam - ?n PoŽsiebloemlesing vir Gr 10 Eerste Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback)
Jeanette Ferreira
R200 R172 Discovery Miles 1 720 Save R28 (14%) Shipped within 7 - 15 working days

Vers en vlam stel graad 10- Eerste Addisionele Taalleerders in staat om te beleef hoe Afrikaanse gedigte kreatief, intelligent en vindingryk met die taal omgaan. Die bundel is volgens die KABV se riglyne saamgestel. Die bundel se titel verwys na die Afrikaanse uitdrukking “iemand is vuur en vlam”, ’n uitdrukking wat daarop dui dat iemand baie opgewonde en entoesiasties is. In Vers en vlam is gedigte uit al die soorte Afrikaans opgeneem wat die belangrikste versvorme, literÍre tydperke en temas in die Afrikaanse digkuns verteenwoordig. Sů word daar ’n vlam aangesteek wat lig werp op die geskiedenis, op vandag se samelewing en verhoudings, asook op ontwikkeling en verstegnieke in die Afrikaanse poŽsie. Vers en vlam is vir die leerder en onderwyser ’n uiters bruikbare werkboek. Dit bevat: ’n inleiding tot die Afrikaanse poŽsie; biografiese inligting by elke gedig met ’n oorsig van die digter se lewe en werk; ’n kort inleiding oor die onderwerp waaroor die leerder bloot kan nadink of ’n gesprek kan voer of kan skryf; agtergrond oor elke gedig en ’n kort verduideliking waaroor dit gaan; woordverklarings van moeiliker woorde in Afrikaans en Engels; ’n afdeling “Pitkos” wat die leerder se aandag op sake vestig wat ’n sleutel is om die gedig beter te verstaan; ’n afdeling “Leerfokus” wat die poŽsietegniek wat in die gedig gebruik word, saamvat; kontekstuele vrae wat leerders help om soveel as moontlik van die gedig te verstaan, dit te interpreteer, en hul gevoel daaroor weer te gee; ’n afdeling “Vir jou joernaal en/of in die klas” wat leerders die geleentheid bied om skeppend op aspekte van die gedig te reageer; ’n glossarium wat literÍre begrippe verduidelik. Ekstra hulpmateriaal kan gratis afgelaai word by www.nb.co.za

Boereoorlogstories (Afrikaans, Paperback): Jeanette Ferreira Boereoorlogstories (Afrikaans, Paperback)
Jeanette Ferreira
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) Shipped within 7 - 15 working days

Die Anglo-Boereoorlog het sy spore op die ganse Suid-Afrikaanse bevolking gelaat. Oor 'n eeu heen het sentimente jeens die oorlog gewissel en die talle gesigspunte in hierdie kortverhaalbundel getuig daarvan. Begrip vir joiners en hendsoppers is een van vele gesigspunte wat niefiksionele historiese beskouings grootliks vooruit was met die eerste uitgawe in 1998. Terselfdertyd herleef pynlike kennis van bannelinge, vroue en kinders se lyding in hierdie sogenaamde "gentleman's war". Nog grysaards nog pasgeborenes nog moeders is uitgespaar. Van die voorste skrywers in die Afrikaanse literatuur het bygedra tot hierdie 34 verhale. Sommige bydraers is reeds oorlede en hierdie verhale is nooit elders gepubliseer nie. Met hierdie heruitgawe, 112 jaar na 'n lotsbestemmende ingryping in die Suid-Afrikaanse samelewing, spreek dit opnuut daarvan dat oorlog verpletter en dat 'verraad' 'n stukkende woord is. Want deur die kreatiewe skrywer se oog gaan oorlog in die eerste plek oor mense.

Grensoorlogstories (Afrikaans, Paperback): Jeanette Ferreira Grensoorlogstories (Afrikaans, Paperback)
Jeanette Ferreira; Edited by Jeanette Ferreira 1
R97 Discovery Miles 970 Shipped within 10 - 15 working days

Aangrypende verhale deur gevestigde en nuwe Afirkaanse skrywers. 'n Kreatiewe, eerlike en roerende weergawe van onlangse Suid-Afirkaanse geskiedenis.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Microsoft Xbox One X Console…
 (32)
R8,999 R5,999 Discovery Miles 59 990
Bad Boy Anadigi 100M-WR Gents Watch
R589 R363 Discovery Miles 3 630
Badgirl Honey Ladies Sunglasses
R175 R163 Discovery Miles 1 630
Naleon - Ultimate - Mounting Disk
R159 R79 Discovery Miles 790
JJ Cole Linden Stone Arbor Diaper Bag
R839 R782 Discovery Miles 7 820
Bad Boy Digital 100M-WR Gents Watch
R419 R260 Discovery Miles 2 600
Social Concepts Summer Sun Straw Hat…
R699 R399 Discovery Miles 3 990
LeapFrog App Centre Download Card
 (1)
R237 Discovery Miles 2 370
Not available
Bubble Wrap (750mm)(30 Inch Wide x 100m…
R2,972 Discovery Miles 29 720

 

Partners