0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
  • All departments
Price
  • R100 - R250 (2)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 2 of 2 matches in All departments

Oorkant Jou - 'n Verhaal Uit Die Binnekamer (Afrikaans, Paperback): Juliana Coetzer Oorkant Jou - 'n Verhaal Uit Die Binnekamer (Afrikaans, Paperback)
Juliana Coetzer
R250 R205 Discovery Miles 2 050 Save R45 (18%) Shipped within 4 - 8 working days

Toe sÍ sy, terwyl sy skuins afkyk na die mat, asof sy met haarself praat: “Vir te lank in my lewe het ek ongedefinieerd geleef. Ek weet nie wie ek is nie.”

Iets of iemand moet die katalisator wees wat ’n mens aan die dink sit oor jouself. Die vrou van Waterkloof was dit vir my, die een wat my oor myself laat wonder en bewus gemaak het: hier binne is ’n mens. Die vraag laat vra het: Wie is ek?

Oorkant jou is gevul met die stories van die uiteenlopende mense wat Juliana Coetzer se pad kruis as psigoterapeut. Deur hul verhale van swaarkry en herstel, neem Juliana die leser op ʼn reis wat eintlik ons almal sʼn is: Die pad van grootword en eienaarskap neem.

Sy vertel hoe sommige kliŽnte haar inspireer en uitdaag om haar eie vrese te konfronteer, maar ook watter uitwerking dit op terapeute het om aan die wreedheid van die mensdom blootgestel te word. Daar is die families wat uitmekaar geskeur is as gevolg van seksuele misbruik, die man wat sukkel met sy selfbeeld weens afknouery en ook die prostituut Venicia wat ’n tragiese symbool van verwaarlosing word.

Juliana se aardse humorsin maak dat sy egter ook die komiese oomblikke raaksien – totdat die volgende storie oor die menslike toestand jou wind uitslaan.

Bloedvreemd (Afrikaans, Paperback): Juliana Coetzer Bloedvreemd (Afrikaans, Paperback)
Juliana Coetzer 3
R225 R184 Discovery Miles 1 840 Save R41 (18%) Shipped within 4 - 8 working days

Tydens 'n gesinsvakansie raak die sewejarige Anneke siek en draai by die dood om. Sy herstel, maar met ernstige nagevolge: Weens breinskade word haar verstandelike agteruitgang elke maand meer sigbaar.

Om die sprankelende kind wat lag en presteer te behou, en die naderende gestremdheid af te weer, gaan die gesin op 'n soektog na 'n wonderkuur. Alles word probeer, van alternatiewe behandelings en 'n vreemde dieet tot 'n besoek aan die profeet TB Joshua in NigeriŽ. Soos die siekte toeneem, word alles vir Juliana vreemd en onherkenbaar – haar kind, syself en haar gesin. Sy voel onbevoeg om haarself of haar gesin te red, ten spyte daarvan dat sy as psigoterapeut juis in trauma spesialiseer.

Haar eens vrolike huis word 'n plek waar elke lid van die gesin op 'n ander manier leer om te oorleef.Want Anneke se siekte laat almal se unfinished business uit die kas val. Juliana se pad na aanvaarding dwing haar uiteindelik om ook op haar eie spore terug te loop en haar idee van ma-wees te heroorweeg.

Bloedvreemd vertel die aangrypende verhaal van 'n ma se poging om haarself en haar gesin heel te hou en vrede te maak met 'n kind wat nou 'in 'n ander vorm leef'. Juliana Coetzer skroom nie om te wys wat in die binnekamers van haar huis gebeur nie en laat die leser beurtelings saam met haar huil ťn lag.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Janjax Rope Side Table (Small) (Natural…
R1,800 Discovery Miles 18 000
Not available Not available
Kids Cove Luke L-Shape Double Bunk…
 (1)
R6,049 Discovery Miles 60 490
Johnson's Gentle Protect Handwash…
R31 Discovery Miles 310
Not available Not available
Maped Color'Peps Plastic Crayons (Box of…
R39 Discovery Miles 390
Johnson's Baby Scented Petroleum Jelly…
R39 Discovery Miles 390
Spider-Man: Into The Spider-Verse - 2D…
Blu-ray disc R260 R230 Discovery Miles 2 300

 

Partners