0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
  • All departments
Price
  • R50 - R100 (4)
  • R100 - R250 (69)
  • R250 - R500 (3)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 25 of 76 matches in All departments

Die Ickabog (Afrikaans, Paperback): J. K. Rowling Die Ickabog (Afrikaans, Paperback)
J. K. Rowling; Translated by Kobus Geldenhuys
R290 R249 Discovery Miles 2 490 Save R41 (14%) In stock

Die koninkryk van Kornukopi was eens op ’n tyd die gelukkigste in die wreld. Daar was baie goud, ’n koning met die spoggerigste snor, slagters, bakkers en kaasmakers wie se uitsonderlike kos mense laat jubel en juig het.

Alles was perfek – behalwe vir die mistige Moerasland in die noorde wat, volgens legende, die tuiste van die monsteragtige Ickabog was. Mense met gesonde verstand weet dat die Ickabog net ’n mite is, ’n bangmaakstorie vir kinders. Maar soms neem so ’n storie ’n lewe van sy eie aan.

Kan ’n mite veroorsaak dat ’n geliefde koning sy titel kwyt raak? Kan ’n mite ’n eens gelukkige land op sy knie bring? Kan ’n mite twee brawe kinders op ’n avontuur stuur waarvoor hulle nie gevra het nie en wat hulle nooit sou kon verwag nie?

Die Towenaar Se Nefie (Afrikaans, Paperback): C. S. Lewis Die Towenaar Se Nefie (Afrikaans, Paperback)
C. S. Lewis; Translated by Kobus Geldenhuys
R163 Discovery Miles 1 630 In stock

Tydens een van die koudste en natste somers in jare, besluit Polly en Digory om die soldervloer van hulle ou ry verdiepinghuise te gaan verken. Versigtig klouter hulle oor die dakbalke en al met die lang tonnel af wat hulle blyplekke aan die lee huis langsaan verbind. Digory is seker hulle gaan 'n bende gevaarlike misdadigers daar betrap en dan 'n beloning kry. As 'n huis al vir soveel jare leeg staan, moet daar tog een of ander geheim wees, nie waar nie? Dis daarom amper 'n teleurstelling toe hulle maar net op Digory se oom Andrew in 'n geheime werkkamer afkom. Maar dan laat 'n wilde eksperiment vir Polly soos mis voor die son verdwyn en ontaard die vervelige somer in 'n naelbytavontuur.

Die Bullebakke - Episode 4 (Paperback): Aaron Blabey Die Bullebakke - Episode 4 (Paperback)
Aaron Blabey; Translated by Kobus Geldenhuys
R124 Discovery Miles 1 240 Ships in 10 - 15 working days
Die Bullebakke - Episode 3 (Paperback): Aaron Blabey Die Bullebakke - Episode 3 (Paperback)
Aaron Blabey; Translated by Kobus Geldenhuys
R124 Discovery Miles 1 240 Ships in 10 - 15 working days
Brida (Paperback): Paulo Coelho Brida (Paperback)
Paulo Coelho; Translated by Kobus Geldenhuys
R215 Discovery Miles 2 150 Ships in 10 - 15 working days
Veronika Besluit Om Te Sterf - 'n Roman Oor Verlossing (Afrikaans, Paperback): Paulo Coelho Veronika Besluit Om Te Sterf - 'n Roman Oor Verlossing (Afrikaans, Paperback)
Paulo Coelho; Translated by Kobus Geldenhuys
R215 Discovery Miles 2 150 Ships in 10 - 15 working days

Veronika het alles wat sy kan begeer – sy is jonk en mooi, met oorgenoeg aantreklike krels, ’n vaste werk, ’n liefdevolle familie. Nogtans is Veronika ongelukkig, en een winteroggend besluit sy om ’n oordosis slaappille te drink, maar word dan ’n ruk later in die plaaslike hospitaal wakker. Daar vind sy uit dat hoewel sy lewe, haar hart onherstelbaar beskadig is en dat sy slegs ’n paar dae oor het om te lewe … Die verhaal volg haar deur hierdie intense tyd terwyl sy al haar idees oor die lewe begin bevraagteken. Sy besef spoedig dat elke sekonde van ons bestaan ’n keuse tussen lewe en dood is. Dis ’n roerende en besielende lied aan die lewe, wat ons daaraan herinner dat elke oomblik in ons lewe spesiaal en kosbaar is.

Die Heerser van die Ringe - Die Koning Keer Terug (Afrikaans, Paperback): J. R. R. Tolkien Die Heerser van die Ringe - Die Koning Keer Terug (Afrikaans, Paperback)
J. R. R. Tolkien; Translated by Kobus Geldenhuys
R272 Discovery Miles 2 720 Ships in 10 - 15 working days
Krygsperd (Afrikaans, Paperback): Michael Morpurgo Krygsperd (Afrikaans, Paperback)
Michael Morpurgo; Translated by Kobus Geldenhuys 1
R158 Discovery Miles 1 580 In stock

Krygsperd (War Horse in die oorspronklike Engels) vertel die aangrypende verhaal van die dapper Joey, 'n perd wat in 1914 verkoop word en kort daarna as oorlogsperd in die middel van die choas en ontbering van die Eerste Wereldoorlog beland. Die boek het aanleiding gegee tot Steven Spielberg se gewilde gelyknamige rolprent, wat in 2011 op die grootskerm vrygestel is.

Die Bullebakke, Episode 2 (Afrikaans, Paperback): Aaron Blabey Die Bullebakke, Episode 2 (Afrikaans, Paperback)
Aaron Blabey; Translated by Kobus Geldenhuys
R124 Discovery Miles 1 240 Ships in 10 - 15 working days

10 000 hoenders is vasgevang in ’n ho-tegnologie-hoenderplaas. Wie sal hulle kan red? Dit klink soos ’n missie vir die nuutgestigte Goor Gawies-klub.

Mnr. Wolf, mnr. Haai, mnr. Slang en mnr. Piranha is gereed vir die uitdaging. Maar daar is een klein probleem ... Een van hulle is baie lief vir hoendervleis. Maar toemaar, hulle is mos nou Goeie Ouens. Wat kan tog nou verkeerd gaan?

Di prettige boek is van bladsy 1 tot 144 vol snaakse illustrasies wat lui lesers sal geniet!

Juffrou Goth 4: Juffrou Goth en die Sinistere Simfonie (Afrikaans, Paperback): Chris Riddel Juffrou Goth 4: Juffrou Goth en die Sinistere Simfonie (Afrikaans, Paperback)
Chris Riddel; Illustrated by Chris Riddel; Translated by Kobus Geldenhuys
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 10 - 15 working days

Die vierde en finale boek in die bekroonde Juffrou Goth-reeks. Vertaal deur Kobus Geldenhuys.

Lord Goth hou ’n musiekfees by die Grommengrys-herehuis, en die land se beste musikante gaan daar kom optree. Ada sien baie uit, maar eers kry sy te doen met haar ouma wat probeer om vir haar pa ’n deftige dame as vrou te kry, ’n sater wat in haar klerekas bly en Maltravers wat weer sy ou streke uithaal. Ada moet seker maak dat alles volgens plan verloop, en gelukkig bied ’n baie interessante huisgas aan om te help …

Redder Van Die Ryk (Afrikaans, Paperback): Mark Huckerby, Nick Ostler Redder Van Die Ryk (Afrikaans, Paperback)
Mark Huckerby, Nick Ostler; Translated by Kobus Geldenhuys
R191 Discovery Miles 1 910 Ships in 10 - 15 working days

S nou oeroue mites is glad nie mites nie, en daar bestaan regtig iets soos monsters en towerkuns?

Alfie is die troonopvolger, maar op veertien sukkel hy nog om skool te oorleef. Terwyl ’n oeroue vyand probeer om Brittanje in sy bose mag te kry, besef hy dit gaan baie meer gaan verg as wat hy ooit gedink het om koning te word: Alfie moet ook die Redder word: Die Redder van die Ryk.

Die Towenaars van Toeka - Twee Teen Twee (Afrikaans, Paperback): Cressida Cowell Die Towenaars van Toeka - Twee Teen Twee (Afrikaans, Paperback)
Cressida Cowell; Translated by Kobus Geldenhuys
R239 Discovery Miles 2 390 Ships in 10 - 15 working days

Hekse maak amok in die woeste woud en daar skuil gevaar agter elke boomstam. Wens is n krygermeisie wat n kosbare Towerboek besit. Xar is n towenaarseun met n gevaarlike heksevlek op sy hand. Wens en Xar word van mekaar weggehou deur die hoogste muur wat jy jou kan voorstel.

En die tyd word min Maar hoe gaan die twee verby hulle ouers kom? Dit word n stryd van TWEE teen TWEE.

Die Bullebakke, Episode 1 (Afrikaans, Paperback): Aaron Blabey Die Bullebakke, Episode 1 (Afrikaans, Paperback)
Aaron Blabey; Translated by Kobus Geldenhuys
R124 Discovery Miles 1 240 Ships in 10 - 15 working days

Ontmoet mnr. Wolf, mnr. Haai, mnr. Slang en mnr. Piranha. Hulle maak mens bang, hulle is gevaarlik en hulle is sommer net ... GOOR.

MAAR hierdie vier ouens wil graag helde wees. Hulle is moeg daarvoor om as slegte ouens gebrandmerk te wees. En hulle wil dit bewys, of jy nou daarvan hou of nie.

En hul eerste missie as GOEIE ouens besluit mnr. Wolf om honde uit ’n maksimum-sekuriteit-hondeskut te red. Maar sal die missie slaag met di vier bullebakke saam?

Di prettige boek is van bladsy 1 tot 144 vol snaakse illustrasies wat lui lesers sal geniet!

Kewerkoningin (Afrikaans, Paperback): M. G. Leonard Kewerkoningin (Afrikaans, Paperback)
M. G. Leonard; Translated by Kobus Geldenhuys
R186 Discovery Miles 1 860 Ships in 10 - 15 working days

Wrede kewermodebaas Lucretia Cutter het ’n plan om die wreld voor haar kewerkloue te laat buig. Hierdie keer behels dit ’n besoek aan die jaarlikse Filmtoekennings in Los Angeles, ’n stel pragtige maar gevaarlike kewerrokke vir bekende aktrises en ’n weermag van bose lieweheersbesies. Darkus, Virginia en Bertold is vasbeslote om ’n stokkie voor haar planne te steek, maar Darkus se pa het hom verbied om verder ondersoek in te stel, die gruwelike skelms, Humphrey en Pickering is weer uit die tronk en die kewers van Kewerberg se lewens word ernstig bedreig.

Juffrou Goth 3: Juffrou Goth en die Bedorwe Brakke (Afrikaans, Paperback): Chris Riddell Juffrou Goth 3: Juffrou Goth en die Bedorwe Brakke (Afrikaans, Paperback)
Chris Riddell; Translated by Kobus Geldenhuys
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 10 - 15 working days

Die derde boek in die bekroonde Juffrou Goth-reeks.

Die wreld se beroemdste skrywers kom spog met hulle bedorwe brakke by die Grommengrys-herehuis se literre hondeskou.

Maar daar is allerhande vreemde dinge in en om die herehuis wat Ada pla – geheimsinnige dierespore, tjankgeluide snags en skoene waaraan gekou is. Kan sy uitvind wat aangaan voor dit weer volmaan is?

Hoe Om 'N Draak Se Vloek Te Fnuik (Afrikaans, Paperback): Cressida Cowell Hoe Om 'N Draak Se Vloek Te Fnuik (Afrikaans, Paperback)
Cressida Cowell; Translated by Kobus Geldenhuys
R170 R143 Discovery Miles 1 430 Save R27 (16%) Ships in 10 - 15 working days

Kan Harwarrus die teengif vir dodelike Gadderitis kry en teen die Doodstand baklei? Kan hy Brandalf die Besetene se byl oorleef en weer die held wees?

Juffrou Goth 2: Juffrou Goth en die Onfeestelike Fees (Afrikaans, Paperback): Chris Riddell Juffrou Goth 2: Juffrou Goth en die Onfeestelike Fees (Afrikaans, Paperback)
Chris Riddell; Illustrated by Chris Riddell; Translated by Kobus Geldenhuys
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 10 - 15 working days

Die opvolg van die bekroonde Juffrou Goth en die spookmuis. Daar word naarstiglik voorbereidings getref vir die volmaanfees en die groot Grommengrou-bakkompetisie.

Beroemde kokke daag vir die groot geleentheid op, en soos gewoonlik tree Maltravers verdag op. Om alles te kroon verras Ada se ontwykende kamermeisie, Martelina, haar met ’n groot geheim en dit lyk asof almal Ada se verjaarsdag vergeet het!

Juffrou Goth 1: Juffrou Goth en die Spookmuis (Afrikaans, Paperback): Chris Riddell Juffrou Goth 1: Juffrou Goth en die Spookmuis (Afrikaans, Paperback)
Chris Riddell; Illustrated by Chris Riddell; Translated by Kobus Geldenhuys
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 10 - 15 working days

Ada Goth is die enigste kind van Lord Goth. Hulle woon saam in die reusagtige Ghastly-Gorm Hall. Lord Goth glo dat kinders gehoor maar nie gesien mag word nie, en laat Ada groot lomp stewels dra sodat hy haar altyd kan hoor wanneer sy naderkom. Dit maak dir vir haar moeilik om vriende te maak en sy is eintlik baie eensaam. Een dag kom Emily en William Cabbage by hulle bly, en saam met ’n spookagtige muis met die naam Ishmael begin hulle om agter die kap van die byl te kom van dit wat die geheimsinnige opsigter Maltravers probeer konkel. Ada en haar vriende moet saamwerk om ’n stokkie voor sy nare planne te steek voordat dit te laat is!

Hoe Om Jou Draak Te Tem 10: Hoe Om 'n Draak Se Juweel Te Steel (Afrikaans, Paperback): Cressida Cowell Hoe Om Jou Draak Te Tem 10: Hoe Om 'n Draak Se Juweel Te Steel (Afrikaans, Paperback)
Cressida Cowell; Translated by Kobus Geldenhuys
R186 Discovery Miles 1 860 Ships in 10 - 15 working days

Harwarrus Horribalus Heldehelm die Derde was 'n swaardvegter, draakfluisteraar en die grootste Wiking-held wat nog ooit gelewe het. Die draakrebellie het begin. Harwarrus is stoksielalleen en in ballingskap. Mense sowel as drake maak jag op hom - sy enigste hoop is dat hy die draakjuweel sal opspoor. Maar waar moet hy begin soek?

Die Middernagbende (Afrikaans, Paperback): David Walliams Die Middernagbende (Afrikaans, Paperback)
David Walliams; Illustrated by Tony Ross; Translated by Kobus Geldenhuys
R215 Discovery Miles 2 150 Ships in 10 - 15 working days

Toe ’n krieketbal Tom se kop tref, moet hy Lord Funt-hospitaal toe gaan, waar hy ontvang word deur ’n man met die skrikwekkendste voorkoms wat hy nog ooit gesien het. En net toe hy dink dat dinge nie erger kan word nie, ontmoet hy die bose matrone wat in beheer is van die kinderafdeling …

Die spioen - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Paulo Coelho Die spioen - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Paulo Coelho; Translated by Kobus Geldenhuys
R182 Discovery Miles 1 820 Ships in 10 - 15 working days

Toe Mata Hari in Parys aangekom het, was sy platsak. Kort daarna is sy gevier as die elegantste vrou in die stad. As n danseres het sy gehore geskok en verruk, as n vertroueling en courtisane het sy die rykste en magtigste mans van haar era betower. Maar paranoia as gevolg van die oorlog het Frankryk verteer, en Mata Hari se leefstyl het haar onder verdenking geplaas. In 1917 is sy gearresteer in haar hotelkamer aan die Champs-Elysees en van spioenasie aangekla. Die Spioen is die onvergeetlike verhaal van n vrou wat dit gewaag het om die konvensies van haar tyd uit te daag en die prys daarvoor betaal het, soos vertel in Mata Hari se stem in haar finale brief.

Prins Kaspian: No. 4 (Afrikaans, Paperback): C. S. Lewis Prins Kaspian: No. 4 (Afrikaans, Paperback)
C. S. Lewis; Translated by Kobus Geldenhuys 2
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 10 - 15 working days

Die vier Pevensie-kinders sit nog ewe mismoedig op die stasie en wag vir die trein wat hulle moet terugneem skool toe, toe Lucy skielik 'n pluk voel. Dan voel Edmund dit ook, en 'n minuut later Susan en Peter ook. In 'n ommesientjie verdwyn die stasie en bevind die kinders hulle in 'n ruie woud langs die see, naby die bouval van wat vroeer hulle kasteel, Kair Paravel, was. Hulle is terug in die magiese land Narnia, waar hulle as konings en koninginne geheers het in Die leeu, die heks en die klerekas. Iets is egter nie pluis nie. Hulle eens majesteuese kasteel is 'n ruine en dis oral vreemd stil en leeg. Deur Troempels die dwerg leer hulle van die tragiese lot wat Narnia getref het: Burgeroorlog is besig om die land te verwoes en die dapper Prins Kaspian probeer moedig om sy regmatige koninkryk uit sy bose oom Miraz se kloue te red. Kaspian het egter hulp nodig en met Aslan se leiding aanvaar die kinders die uitdaging om Narnia weer 'n vrolike en vry land te maak.

Die Laaste Geveg (Afrikaans, Paperback): C. S. Lewis Die Laaste Geveg (Afrikaans, Paperback)
C. S. Lewis; Translated by Kobus Geldenhuys
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 10 - 15 working days

In Die laaste geveg die sewende en laaste aflewering in Die kronieke van Narnia keer Jill en Eustace terug na Narnia om die magiese land te red van ondergang. Die slinkse aap Swendel het die donkie warboel verlei om hom met 'n leeuvel te vermom en die diere en dwerge te laat glo hy is die ware Aslan. Chaos dreig en oorlog tussen die Narniane en die Kalormene is onafwendbaar. Sal die kinders Narnia van ondergang kan red? Die laaste geveg is danksy Kobus Geldenhuys se uitmuntende vertaling nou vir die eerste keer in Afrikaans beskikbaar.

Die Perd En Sy Seun (Afrikaans, Paperback): C. S. Lewis Die Perd En Sy Seun (Afrikaans, Paperback)
C. S. Lewis; Translated by Kobus Geldenhuys
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 10 - 15 working days

Toe Sjasta uitvind hys nie regtig die arm visserman Arsjeesj se seun nie, is hy verras en selfs 'n bietjie verlig. Hyt in elk geval nog nooit soos 'n Kalormeen gevoel nie. Dit beteken hy kan enigiemand wees! In sy wildste drome sou hy hom egter nie die verrassings en avonture kon voorstel wat op hom wag wanneer hy deur die pratende perd Bree oortuig word om Kalormen te verlaat en na die magiese koninkryk van Narnia te vertrek nie. Hulle reis is propvol gevaar en intrige: eers deur die bose stad Tasjbaan, dan verby grieselrige grafkelders van oerkonings en dan deur 'n skynbaar nimmereindigende woestyn tot by die hoe berge van Argenland. En wanneer Narnia reeds op die horison wink, besef Sjasta die grootste uitdaging le nog voor hom: As jy dit opmors, gaan jy elke geveg in jou lewe opmors. Dis nou of nooit.

Die Silwer Stoel (Afrikaans, Paperback): C. S. Lewis Die Silwer Stoel (Afrikaans, Paperback)
C. S. Lewis; Translated by Kobus Geldenhuys
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 10 - 15 working days

Net toe Jill Pole na die langste en goorste skoolkwartaal in haar lewe begin opsien, gebeur iets magies: Sy en Eustace Scrubb beland in Narnia! Aslan gee aan hulle vier tekens en 'n opdrag: om Prins Rilian, wat jare gelede spoorloos verdwyn het, op te spoor en terug te bring na Kair Paravel. Ongelukkig is die kinders so meegevoer deur hulle nuwe omgewing dat die eerste drie tekens heeltemal by hulle verbygaan. Sal hulle die vierde teken ook mis of sal hulle daarin slaag om Prins Rilian met sy sterwende vader te herenig? Die silwer stoel, briljant vertaal deur Kobus Geldenhuys, verskyn hiermee vir die heel eerste keer in Afrikaans.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Scentos: Scented Crayons (8-Pack)
R49 R21 Discovery Miles 210
Simply Child Hot Air Balloon Mobile…
R390 Discovery Miles 3 900
Unfriended 2: Dark Web
Colin Woodell, Betty Gabriel, … DVD R150 R23 Discovery Miles 230
Cook, Eat, Repeat - Ingredients, Recipes…
Nigella Lawson Hardcover R620 R485 Discovery Miles 4 850
Bennett Read Hydro De-Foamer
R98 Discovery Miles 980
ZA Tummy Control, Bust Enhancing & Waist…
R570 R399 Discovery Miles 3 990
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R336 R283 Discovery Miles 2 830
Bantex Polypropylene Lever Arch File…
 (1)
R38 Discovery Miles 380
Blessed By Bosasa - Inside Gavin…
Adriaan Basson Paperback  (1)
R275 R220 Discovery Miles 2 200
Bostik Fine and Wide School Glue (28ml)
R20 Discovery Miles 200

 

Partners