0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
  • All departments
Price
  • R50 - R100 (7)
  • R100 - R250 (53)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 25 of 60 matches in All departments

Goue Lint-Stories: Die Mooiste Verhale van die Grimm-Broers (Hardcover): Kobus Geldenhuys Goue Lint-Stories: Die Mooiste Verhale van die Grimm-Broers (Hardcover)
Kobus Geldenhuys; Retold by Stefania Leonardi Hartley; Moon S.R.L.
R200 R172 Discovery Miles 1 720 Save R28 (14%) Shipped within 7 - 15 working days

Hierdie wonderlike boek met 15 tydlose verhale, pragtige illustrasies en onvergeetlike karakters stel kinders bekend aan die betowerende wreld van die Broers Grimm.

Oupa Ontsnap (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): David Walliams Oupa Ontsnap (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
David Walliams; Illustrated by Tony Ross; Translated by Kobus Geldenhuys
R215 Discovery Miles 2 150 In stock

Baie jare gelede was Oupa 'n bobaasvlieenier in die Tweede Wereldoorlog. Maar sedertdien is hy na die ouetehuis Twilight Towers toe gestuur waar die onheilspellende matrone Swine die septer swaai. Oupa en sy kleinseun, Jack, moet 'n waaghalsige plan beraam om te ontsnap. Min weet hulle dat die bose matrone hulle fyn dophou ...

Juffrou Goth 3: Juffrou Goth en die Bedorwe Brakke (Afrikaans, Paperback): Chris Riddell Juffrou Goth 3: Juffrou Goth en die Bedorwe Brakke (Afrikaans, Paperback)
Chris Riddell; Translated by Kobus Geldenhuys
R153 Discovery Miles 1 530 Shipped within 10 - 15 working days

Die derde boek in die bekroonde Juffrou Goth-reeks.

Die wreld se beroemdste skrywers kom spog met hulle bedorwe brakke by die Grommengrys-herehuis se literre hondeskou.

Maar daar is allerhande vreemde dinge in en om die herehuis wat Ada pla – geheimsinnige dierespore, tjankgeluide snags en skoene waaraan gekou is. Kan sy uitvind wat aangaan voor dit weer volmaan is?

Juffrou Goth 4: Juffrou Goth en die Sinistere Simfonie (Afrikaans, Paperback): Chris Riddel Juffrou Goth 4: Juffrou Goth en die Sinistere Simfonie (Afrikaans, Paperback)
Chris Riddel; Illustrated by Chris Riddel; Translated by Kobus Geldenhuys
R153 Discovery Miles 1 530 Shipped within 10 - 15 working days

Die vierde en finale boek in die bekroonde Juffrou Goth-reeks. Vertaal deur Kobus Geldenhuys.

Lord Goth hou ’n musiekfees by die Grommengrys-herehuis, en die land se beste musikante gaan daar kom optree. Ada sien baie uit, maar eers kry sy te doen met haar ouma wat probeer om vir haar pa ’n deftige dame as vrou te kry, ’n sater wat in haar klerekas bly en Maltravers wat weer sy ou streke uithaal. Ada moet seker maak dat alles volgens plan verloop, en gelukkig bied ’n baie interessante huisgas aan om te help …

Die Middernagbende (Afrikaans, Paperback): David Walliams Die Middernagbende (Afrikaans, Paperback)
David Walliams; Illustrated by Tony Ross; Translated by Kobus Geldenhuys
R210 Discovery Miles 2 100 Shipped within 10 - 15 working days

Toe ’n krieketbal Tom se kop tref, moet hy Lord Funt-hospitaal toe gaan, waar hy ontvang word deur ’n man met die skrikwekkendste voorkoms wat hy nog ooit gesien het. En net toe hy dink dat dinge nie erger kan word nie, ontmoet hy die bose matrone wat in beheer is van die kinderafdeling …

Redder Van Die Ryk (Afrikaans, Paperback): Mark Huckerby, Nick Ostler Redder Van Die Ryk (Afrikaans, Paperback)
Mark Huckerby, Nick Ostler; Translated by Kobus Geldenhuys
R191 Discovery Miles 1 910 Shipped within 10 - 15 working days

S nou oeroue mites is glad nie mites nie, en daar bestaan regtig iets soos monsters en towerkuns?

Alfie is die troonopvolger, maar op veertien sukkel hy nog om skool te oorleef. Terwyl ’n oeroue vyand probeer om Brittanje in sy bose mag te kry, besef hy dit gaan baie meer gaan verg as wat hy ooit gedink het om koning te word: Alfie moet ook die Redder word: Die Redder van die Ryk.

Juffrou Goth 2: Juffrou Goth en die Onfeestelike Fees (Afrikaans, Paperback): Chris Riddell Juffrou Goth 2: Juffrou Goth en die Onfeestelike Fees (Afrikaans, Paperback)
Chris Riddell; Illustrated by Chris Riddell; Translated by Kobus Geldenhuys
R153 Discovery Miles 1 530 Shipped within 10 - 15 working days

Die opvolg van die bekroonde Juffrou Goth en die spookmuis. Daar word naarstiglik voorbereidings getref vir die volmaanfees en die groot Grommengrou-bakkompetisie.

Beroemde kokke daag vir die groot geleentheid op, en soos gewoonlik tree Maltravers verdag op. Om alles te kroon verras Ada se ontwykende kamermeisie, Martelina, haar met ’n groot geheim en dit lyk asof almal Ada se verjaarsdag vergeet het!

Juffrou Goth 1: Juffrou Goth en die Spookmuis (Afrikaans, Paperback): Chris Riddell Juffrou Goth 1: Juffrou Goth en die Spookmuis (Afrikaans, Paperback)
Chris Riddell; Illustrated by Chris Riddell; Translated by Kobus Geldenhuys
R153 Discovery Miles 1 530 Shipped within 10 - 15 working days

Ada Goth is die enigste kind van Lord Goth. Hulle woon saam in die reusagtige Ghastly-Gorm Hall. Lord Goth glo dat kinders gehoor maar nie gesien mag word nie, en laat Ada groot lomp stewels dra sodat hy haar altyd kan hoor wanneer sy naderkom. Dit maak dir vir haar moeilik om vriende te maak en sy is eintlik baie eensaam. Een dag kom Emily en William Cabbage by hulle bly, en saam met ’n spookagtige muis met die naam Ishmael begin hulle om agter die kap van die byl te kom van dit wat die geheimsinnige opsigter Maltravers probeer konkel. Ada en haar vriende moet saamwerk om ’n stokkie voor sy nare planne te steek voordat dit te laat is!

Die spioen - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Paulo Coelho Die spioen - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Paulo Coelho; Translated by Kobus Geldenhuys
R182 Discovery Miles 1 820 Shipped within 10 - 15 working days

Toe Mata Hari in Parys aangekom het, was sy platsak. Kort daarna is sy gevier as die elegantste vrou in die stad. As n danseres het sy gehore geskok en verruk, as n vertroueling en courtisane het sy die rykste en magtigste mans van haar era betower. Maar paranoia as gevolg van die oorlog het Frankryk verteer, en Mata Hari se leefstyl het haar onder verdenking geplaas. In 1917 is sy gearresteer in haar hotelkamer aan die Champs-Elysees en van spioenasie aangekla. Die Spioen is die onvergeetlike verhaal van n vrou wat dit gewaag het om die konvensies van haar tyd uit te daag en die prys daarvoor betaal het, soos vertel in Mata Hari se stem in haar finale brief.

Hoe Om Jou Draak Te Tem 10: Hoe Om 'n Draak Se Juweel Te Steel (Afrikaans, Paperback): Cressida Cowell Hoe Om Jou Draak Te Tem 10: Hoe Om 'n Draak Se Juweel Te Steel (Afrikaans, Paperback)
Cressida Cowell; Translated by Kobus Geldenhuys
R186 Discovery Miles 1 860 Shipped within 10 - 15 working days

Harwarrus Horribalus Heldehelm die Derde was 'n swaardvegter, draakfluisteraar en die grootste Wiking-held wat nog ooit gelewe het. Die draakrebellie het begin. Harwarrus is stoksielalleen en in ballingskap. Mense sowel as drake maak jag op hom - sy enigste hoop is dat hy die draakjuweel sal opspoor. Maar waar moet hy begin soek?

Kewerkoningin (Afrikaans, Paperback): M G Leonard Kewerkoningin (Afrikaans, Paperback)
M G Leonard; Translated by Kobus Geldenhuys
R186 Discovery Miles 1 860 Shipped within 10 - 15 working days

Wrede kewermodebaas Lucretia Cutter het ’n plan om die wreld voor haar kewerkloue te laat buig. Hierdie keer behels dit ’n besoek aan die jaarlikse Filmtoekennings in Los Angeles, ’n stel pragtige maar gevaarlike kewerrokke vir bekende aktrises en ’n weermag van bose lieweheersbesies. Darkus, Virginia en Bertold is vasbeslote om ’n stokkie voor haar planne te steek, maar Darkus se pa het hom verbied om verder ondersoek in te stel, die gruwelike skelms, Humphrey en Pickering is weer uit die tronk en die kewers van Kewerberg se lewens word ernstig bedreig.

Karre en Kroeks (Afrikaans, Paperback): David Walliams Karre en Kroeks (Afrikaans, Paperback)
David Walliams; Illustrated by Tony Ross; Translated by Kobus Geldenhuys
R180 R150 Discovery Miles 1 500 Save R30 (17%) Shipped within 10 - 15 working days

Jy kry allerhande soorte pa’s. Daar is vettes en maeres, langes en kortes. Daar is lawwe pa’s en ernstige pa’s, pa’s wat bulder en pa’s wat sag praat.

Daar is natuurlik goeie pa’s.

En daar is slegte pa’s …

Frank se pa was ’n kampioen-stampkarrenjaer, die koning van die renbaan. Gilbert die Grote! Maar n ’n aaklige ongeluk noem mense hierdie topjaer ’n flopjaer. Nou is Frank en Gilbert platsak – en in ’n wrede boewebaas en sy trawante se kloue. En wanneer Gilbert in die tronk gegooi word, kan net Frank hom red … David Walliams se tiende roman is ’n doller-as-kopaf-rit saam met ’n pa en seun op ’n opwindende avontuur om die bose meneer Groot op sy plek te sit!

Die Towenaar Se Nefie (Afrikaans, Paperback): C. S. Lewis Die Towenaar Se Nefie (Afrikaans, Paperback)
C. S. Lewis; Translated by Kobus Geldenhuys
R153 Discovery Miles 1 530 In stock

Tydens een van die koudste en natste somers in jare, besluit Polly en Digory om die soldervloer van hulle ou ry verdiepinghuise te gaan verken. Versigtig klouter hulle oor die dakbalke en al met die lang tonnel af wat hulle blyplekke aan die lee huis langsaan verbind. Digory is seker hulle gaan 'n bende gevaarlike misdadigers daar betrap en dan 'n beloning kry. As 'n huis al vir soveel jare leeg staan, moet daar tog een of ander geheim wees, nie waar nie? Dis daarom amper 'n teleurstelling toe hulle maar net op Digory se oom Andrew in 'n geheime werkkamer afkom. Maar dan laat 'n wilde eksperiment vir Polly soos mis voor die son verdwyn en ontaard die vervelige somer in 'n naelbytavontuur.

Brug na Terabithia (Afrikaans, Paperback): Katherine Paterson Brug na Terabithia (Afrikaans, Paperback)
Katherine Paterson; Translated by Kobus Geldenhuys
R153 Discovery Miles 1 530 Shipped within 10 - 15 working days

Jess Aarons se grootste droom is om die vinnigste in sy graad te hardloop. Hy het die hele somervakansie geoefen en kan nie wag om sy klasmaats se gesigte te sien wanneer hy hulle almal wen nie.

Maar op die eerste skooldag is ’n nuwe meisie dapper genoeg om die seuns aan te durf en boonop almal uit te stof.

Dis nie ’n baie belowende begin vir ’n vriendskap nie, maar Jess en Leslie Burke word onafskeidbaar. Saam skep hulle Terabithia, ’n magiese koninkryk in die woud waar hulle twee as koning en koningin heers.

Dan is daar eendag ’n verskriklike tragedie.

Eers wanneer Jess hierdie tragedie begin verwerk, besef hy uiteindelik hoeveel krag en moed Leslie vir hom gegee het.

Hoe Om 'N Draak Se Vloek Te Fnuik (Afrikaans, Paperback): Cressida Cowell Hoe Om 'N Draak Se Vloek Te Fnuik (Afrikaans, Paperback)
Cressida Cowell; Translated by Kobus Geldenhuys
R165 R139 Discovery Miles 1 390 Save R26 (16%) Shipped within 10 - 15 working days

Kan Harwarrus die teengif vir dodelike Gadderitis kry en teen die Doodstand baklei? Kan hy Brandalf die Besetene se byl oorleef en weer die held wees?

Die alchemis (Afrikaans, Paperback): Paulo Coelho Die alchemis (Afrikaans, Paperback)
Paulo Coelho; Translated by Kobus Geldenhuys
R172 Discovery Miles 1 720 Shipped within 10 - 15 working days

Hierdie verhaal, skitterend in sy eenvoud, gaan oor n Andalusiese skaapwagter genaamd Santiago wat uit sy vaderland Spanje vertrek en deur Egipte se woestyn reis op soek na n skat wat by die piramides begrawe is. Langs die pad ontmoet hy n sigeunerin, n man wat homself n koning noem, en n alchemis. Hulle almal help Santiago om tydens sy soektog op koers te bly. Niemand weet wat die skat is en of Santiago die struikelblokke langs die pad sal oorkom nie. Maar wat begin as n reis op soek na wereldse goed, verander in n ontdekking van die skat binne-in n mens self. Santiago se verhaal is ryk, inspirerend en eg menslik; dis n universele ode aan hoe ons drome ons kan transformeer en hoe belangrik dit is om na ons harte te luister.

Prins Kaspian: No. 4 (Afrikaans, Paperback): C. S. Lewis Prins Kaspian: No. 4 (Afrikaans, Paperback)
C. S. Lewis; Translated by Kobus Geldenhuys 2
R153 Discovery Miles 1 530 Shipped within 10 - 15 working days

Die vier Pevensie-kinders sit nog ewe mismoedig op die stasie en wag vir die trein wat hulle moet terugneem skool toe, toe Lucy skielik 'n pluk voel. Dan voel Edmund dit ook, en 'n minuut later Susan en Peter ook. In 'n ommesientjie verdwyn die stasie en bevind die kinders hulle in 'n ruie woud langs die see, naby die bouval van wat vroeer hulle kasteel, Kair Paravel, was. Hulle is terug in die magiese land Narnia, waar hulle as konings en koninginne geheers het in Die leeu, die heks en die klerekas. Iets is egter nie pluis nie. Hulle eens majesteuese kasteel is 'n ruine en dis oral vreemd stil en leeg. Deur Troempels die dwerg leer hulle van die tragiese lot wat Narnia getref het: Burgeroorlog is besig om die land te verwoes en die dapper Prins Kaspian probeer moedig om sy regmatige koninkryk uit sy bose oom Miraz se kloue te red. Kaspian het egter hulp nodig en met Aslan se leiding aanvaar die kinders die uitdaging om Narnia weer 'n vrolike en vry land te maak.

Die Perd En Sy Seun (Afrikaans, Paperback): C. S. Lewis Die Perd En Sy Seun (Afrikaans, Paperback)
C. S. Lewis; Translated by Kobus Geldenhuys
R153 Discovery Miles 1 530 Shipped within 10 - 15 working days

Toe Sjasta uitvind hys nie regtig die arm visserman Arsjeesj se seun nie, is hy verras en selfs 'n bietjie verlig. Hyt in elk geval nog nooit soos 'n Kalormeen gevoel nie. Dit beteken hy kan enigiemand wees! In sy wildste drome sou hy hom egter nie die verrassings en avonture kon voorstel wat op hom wag wanneer hy deur die pratende perd Bree oortuig word om Kalormen te verlaat en na die magiese koninkryk van Narnia te vertrek nie. Hulle reis is propvol gevaar en intrige: eers deur die bose stad Tasjbaan, dan verby grieselrige grafkelders van oerkonings en dan deur 'n skynbaar nimmereindigende woestyn tot by die hoe berge van Argenland. En wanneer Narnia reeds op die horison wink, besef Sjasta die grootste uitdaging le nog voor hom: As jy dit opmors, gaan jy elke geveg in jou lewe opmors. Dis nou of nooit.

Hoe Om Jou Draak Te Tem (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Cressida Cowell Hoe Om Jou Draak Te Tem (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Cressida Cowell; Translated by Kobus Geldenhuys
R158 Discovery Miles 1 580 Shipped within 10 - 15 working days

Hik die Horribale Hamerkop die Derde is 'n fantastiese swaardvegter, 'n draaktemmer en die beste Wikingheld wat al ooit gelewe het. Kan Hik met 'n haasbekdraak die draak-inisiasieprogram slaag en boonop die Seedrakonius Kolossalikus Maksimus verslaan voordat die wreedaardige gedierte elke Wiking op die eiland Berk vermorsel? Dis tyd dat Hik leer hoe om 'n held te wees.

Die Laaste Geveg (Afrikaans, Paperback): C. S. Lewis Die Laaste Geveg (Afrikaans, Paperback)
C. S. Lewis; Translated by Kobus Geldenhuys
R153 Discovery Miles 1 530 Shipped within 10 - 15 working days

In Die laaste geveg die sewende en laaste aflewering in Die kronieke van Narnia keer Jill en Eustace terug na Narnia om die magiese land te red van ondergang. Die slinkse aap Swendel het die donkie warboel verlei om hom met 'n leeuvel te vermom en die diere en dwerge te laat glo hy is die ware Aslan. Chaos dreig en oorlog tussen die Narniane en die Kalormene is onafwendbaar. Sal die kinders Narnia van ondergang kan red? Die laaste geveg is danksy Kobus Geldenhuys se uitmuntende vertaling nou vir die eerste keer in Afrikaans beskikbaar.

Mnr Stink (Afrikaans, Paperback): David Walliams Mnr Stink (Afrikaans, Paperback)
David Walliams; Illustrated by Tony Ross; Translated by Kobus Geldenhuys
R158 Discovery Miles 1 580 Shipped within 10 - 15 working days

Meneer Stink het gestink. Hy was die ene stank. Sy stank was so erg dat dit jou asem weggeslaan het. Hy was die stinkste superstankstinker wat nog ooit gelewe het. n Superstank is die ergste soort reuk. n Superstank is erger as n stank. En n stank is erger as n stankie. En n stankie is erger as n klankie. Maar n klankie is al genoeg om n mens jou neus te laat optrek. Dit was nie meneer Stink se skuld dat hy gestink het nie. Hy was na alles n boemelaar. Hy het nie n huis gehad nie en kon hom nerens ordentlik was soos ek en jy elke dag doen nie. Chloe is seker die eensaamste meisie in die wereld. Maar toe ontmoet sy vir meneer Stink, die plaaslike boemelaar. Ja, hy ruik effens sleg maar hys die enigste mens wat haar nog ooit ordentlik behandel het. En wanneer meneer Stink blyplek nodig het, besluit Chloe om hom in hulle tuinhuisie weg te steek! Maar Chloe gaan leer dat party geheime n manier het om op n ramp af te stuur. En gepraat van geheime, daar steek dalk meer in meneer Stink as wat jy met die eerste neusoptrek sal agterkom

Aaklige Ant Alberta (Afrikaans, Paperback): David Walliams Aaklige Ant Alberta (Afrikaans, Paperback)
David Walliams; Illustrated by Tony Ross; Translated by Kobus Geldenhuys
R186 Discovery Miles 1 860 Shipped within 10 - 15 working days

Stella Saxby is die enigste erfgenaam van die Saxby-landgoed. Maar aaklige ant Alberta en haar reuse-uil sal enigiets doen om dit by haar af te vat. Gelukkig het Stella ’n geheime – en effens spokerige – wapen …

Die Silwer Stoel (Afrikaans, Paperback): C. S. Lewis Die Silwer Stoel (Afrikaans, Paperback)
C. S. Lewis; Translated by Kobus Geldenhuys
R153 Discovery Miles 1 530 Shipped within 10 - 15 working days

Net toe Jill Pole na die langste en goorste skoolkwartaal in haar lewe begin opsien, gebeur iets magies: Sy en Eustace Scrubb beland in Narnia! Aslan gee aan hulle vier tekens en 'n opdrag: om Prins Rilian, wat jare gelede spoorloos verdwyn het, op te spoor en terug te bring na Kair Paravel. Ongelukkig is die kinders so meegevoer deur hulle nuwe omgewing dat die eerste drie tekens heeltemal by hulle verbygaan. Sal hulle die vierde teken ook mis of sal hulle daarin slaag om Prins Rilian met sy sterwende vader te herenig? Die silwer stoel, briljant vertaal deur Kobus Geldenhuys, verskyn hiermee vir die heel eerste keer in Afrikaans.

Die Vaart Van Die Dagbreker (Afrikaans, Paperback): C. S. Lewis Die Vaart Van Die Dagbreker (Afrikaans, Paperback)
C. S. Lewis; Translated by Kobus Geldenhuys
R153 Discovery Miles 1 530 Shipped within 10 - 15 working days

Alhoewel die eerste vier boeke in die wereldbekende Kronieke van Narnia met verloop van tyd drupsgewys en deur verskillende uitgewers in Afrikaans vertaal is, is Protea Boekhuis se publikasie van Die vaart van die dagbreker 'n eerste: Dis nie net die vyfde titel in die reeks se debuut in Afrikaans nie, maar ook die eerste van Kobus Geldenhuys se uitmuntende vertalings wat uiteindelik al sewe boeke in die reeks onder die Protea-vaandel sal verenig. In Die vaart van die dagbreker beland Edmund en Lucy Pevensie saam met hulle mislike nefie Eustace Scrubb aan boord van die dagbreker die skip waarmee Prins Kaspian onderweg is na die eensame eilande op soek na die sewe lords van Narnia wat jare gelede spoorloos verdwyn het. Op die gevaarlike reis trotseer hulle allerlei uitdagings maar die droom om tot by Aslan se land aan die einde van die wereld te seil bly groter as enige vrees vir die onbekende.

Die Tandeterroris (Afrikaans, Paperback): David Walliams Die Tandeterroris (Afrikaans, Paperback)
David Walliams; Illustrated by Tony Ross; Translated by Kobus Geldenhuys
R191 Discovery Miles 1 910 Shipped within 10 - 15 working days

Die dorp word bedreig. Vreemde goed gebeur in die middel van die nag. Kinders sit slapenstyd ’n tand vir die tandfeetjie onder hulle kussing, en soggens word hulle wakker en kry … ’n dooie slak, ’n lewendige spinnekop, honderde oorkruipers wat onder hulle kussings kriewel en krioel.

Daar is bose magte aan die werk. Maar wie of wat sit daaragter?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Hunter Killer
Gerard Butler, Gary Oldman, … DVD  (1)
R150 R129 Discovery Miles 1 290
The Grinch
DVD  (1)
R150 R129 Discovery Miles 1 290
Milex Hurricane Air Fryer (11 Litres)
 (7)
R2,299 R1,899 Discovery Miles 18 990
Springsteen On Broadway
Bruce Springsteen CD  (1)
R97 Discovery Miles 970
Green Book
Viggo Mortensen, Mahershala Ali, … DVD  (2)
R150 R125 Discovery Miles 1 250
The Hate U Give
Amandla Stenberg, Regina Hall, … DVD R150 R129 Discovery Miles 1 290
Monarch
Lady Zamar CD R150 R115 Discovery Miles 1 150
Voyager Typhoon WiFi Drone 720p with VR…
R1,700 R1,299 Discovery Miles 12 990
Swiss Mobile Gear Gellihug Switch Shell…
R199 Discovery Miles 1 990
Avantree HandiSync Keychain Micro USB…
 (3)
R98 Discovery Miles 980

 

Partners