Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Showing 1 - 3 of 3 matches in All Departments
VAN BEGIN TOT EINDE: Madri verag die plaas se nuwe eienaar en veral sy gesofistikeerde seun. Maar die volgende keer toe sy hom sien, is hy in ’n gesagsposisie oor haar aangestel. En sy raak onseker oor veragting ...SKAKERINGS VAN BLOU:Laura ontmoet op dieselfde dag twee mans wat ewe aantreklik is en al twee wedywer om haar guns. Later blyk dit hulle verlede was lankal verstrengel. Gaan sy dieselfde fout as haar ouma maak?ONBLUSBARE LIEFDE:Lelievlei se dorpsraad het Magda Blom aangestel om ’n fotojoernaal van die dorp saam te stel. Sy is baie opgewonde daaroor, veral omdat fotografie haar passie is. Dis ’n droomopdrag, maar sommer die eerste dag loop dinge verkeerd: Sy gaan neem foto’s van ’n brand en raak in ’n onderonsie betrokke met Tinus Keet, ’n brandweerman. Boonop kom sy gou agter Sebastian Wessels, die redakteur en fotograaf van die weeklikse koerant, is ongelukkig omdat die tender nie aan hom toegeken is nie. Sebastian is nie die enigste vlieg in die salf nie. Op Lelievlei kry sy vir die eerste keer in haar lewe met openlike vyandiggesindheid te doen, en sy weet nie presies wie almal haar so haat nie. Is Tinus nie dalk ’n draadsitter wat tegelykertyd met haar én die vyand heul nie?
Dis 1814 in Carlisle, Engeland, en die lewe het min genade vir ’n
werkersklasvrou. Edith Maberry is dus verbaas toe Lewis Bloodsworth vir
haar in die bresse tree in die kroeg waar sy werk.
Geboei aan die verlede ... Christoff de Lange is ’n lid van die polisie se taakmageenheid. Hy word valslik van dwelmhandel aangekla en kry drie jaar tronkstraf. Hy spandeer elke sent wat hy het op regshulp om sy onskuld te probeer bewys, maar as hy uiteindelik ’n kwytskelding kry, is hy steeds nie nader aan die waarheid as die dag waarop hy gearresteer is nie. Hy is sinies, bitter en werkloos. Met die hulp van oom Bertie, ’n afgetrede sersant en sy vriend, vind hy ’n werk en ’n plek om te woon in Stoffel Myburgh se houtwerkfabriek op ’n kleinhoewe buite Johannesburg. Juanita, Stoffel se dogter wat ook daar werk, is minder entoesiasties oor haar pa se besluit. Daar is absoluut geen plek in haar lewe vir gevangenes of Lotharios nie. Buitendien dra sy swaar aan haar eie bagasie. Totdat sy die verlede kan vergeet en skielik nie ’n toekoms sonder hom kan voorstel nie ...
|
You may like...
|