0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R0 - R50 (1)
  • R50 - R100 (2)
  • R100 - R250 (2)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 5 of 5 matches in All Departments

Polleke (Afrikaans, Hardcover): Guus Kuijer Polleke (Afrikaans, Hardcover)
Guus Kuijer; Translated by Martjie Bosman
R99 Discovery Miles 990 Ships in 4 - 8 working days

Al vyf van die gewilde Nederlandse Polleke-boeke is nou saam in een band in Afrikaans beskikbaar! Polleke het ’n kerel, Mimoen. Maar sy geloof en sy kultuur maak hulle vriendskap byna onmoontlik. Polleke se pa, Spiek, loop rond en gebruik dwelms. En Polleke se onderwyser is skielik haar ma se nuwe vriend – hulle praat glad van trou … Dit is nie maklik om opgeruimd te bly as so baie dinge skeefloop nie. Maar Polleke gooi nie sommer tou op nie. Daar is darem ook Oupa en Ouma se plaas buite die stad waar sy tot rus kan kom. Daarnatoe gaan sy graag – sy het selfs haar eie kalfie wat sy Polleke gedoop het! Guus Kuijer het verskeie toekennings vir die Polleke-boeke ontvang, waaronder ’n Gouden Griffel, ’n Zilveren Griffel en die Woutertje Pieterse-prys. Die boeke is ook met groot sukses in Nederland verfilm.

Landelik (Afrikaans, Paperback): Martjie Bosman Landelik (Afrikaans, Paperback)
Martjie Bosman
R20 Discovery Miles 200 Ships in 4 - 8 working days

Martjie Bosman se debuutbundel, wat in 2003 met die Ingrid Jonkerprys vir poesie bekroon is. Die verse in hierdie versameling getuig van sterk beheer oor verstegniek, sober eenvoud en uitgebreide kennis van die breer literatuurlandskap. Dit spreek ook van intense meelewing met die geskiedenis en die natuur.

Die Boek Van Alle Dinge (Afrikaans, Hardcover): Guus Kuijer Die Boek Van Alle Dinge (Afrikaans, Hardcover)
Guus Kuijer; Translated by Martjie Bosman
R51 Discovery Miles 510 View more sellers Ships in 4 - 8 working days

Die verhaal speel in 1951 af en handel oor 'n negejarige seuntjie, Thomas, wat Die boek van alle dinge begin skryf. Daar word in Thomas-hulle se huis elke dag uit die Bybel gelees. Hy ken al hele stukke uit sy kop, wat hy op sy eie manier met humor en fantasie probeer verstaan. Sy pa hou nie van Thomas se manier nie. As sy ma weer eens met harde klappe deur sy pa tot die ware geloof gebring word, besluit Thomas dat dit tyd is vir 'n Egiptiese plaag. Daarom gooi hy lemoenstroop in die vistenk sodat die water soos die Nyl in bloed moet verander... Thomas dink sy tienersuster is so dom soos 'n ui, maar hy is verlief op haar gestremde vriendin met die leerbeen wat kraak-kraak, Eliza. Hy sien gereeld dinge wat nie bestaan nie – sy ma noem hom haar "droomkoninkie" – en hy voer gesprekke met Jesus (soms lyk Hy soos Thomas se oupa en soms soos sy tante....). 'n Gawe buurtannie (wat deur die res van die buurt se kinders vir 'n heks aangesien word) neem hom onder haar vlerk en help Thomas om 'n leesklub te stig. Maar Thomas onderskep 'n briefie wat die tannie aan sy pa skryf ("'n Man wat sy vrou slaan, onteer himself") en nadat hy sy suster moet vra wat "onteer" beteken, begin broer en suster vir die eerste keer gesels oor wat in hul huis aangaan. Hoe sal hulle die moeilike huislike omstandighede te bowe kom? "Die humor, intelligensie, ontroering en poesie maak dit 'n boek vir alle ouderdomme." – The Washington Post. "Knap geskryf in egte Kuijer-styl. Hier is 'n skrywer aan die werk wat presies weet wat hy doen wat styl en woordkeuse betref." – De Volkskrant. Die oorspronklike uitgawe, Het boek van alle dingen, is in 2005 bekroon met die Gouden Griffel- en die Gouden Uil-Jeugliteratuurprys.

Vloeibare middelpunt (Afrikaans, Paperback): Martjie Bosman Vloeibare middelpunt (Afrikaans, Paperback)
Martjie Bosman
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 4 - 8 working days

Vloeibare middelpunt is Martjie Bosman se derde digbundel en volg op Toevallige tekens (2010) en Landelik (2003), waarvoor sy met die Ingrid Jonker-prys bekroon is. Susan Smith skryf in haar keurverslag dat Vloeibare middelpunt handel oor ’n “gevoel van vervreemding en vreemdelingskap – nie net as reisende buite die grense van die bekende nie, maar selfs die bekende wat vervreemdend word.” Soos die bundeltitel voorspel, is daar sprake van ’n vloeibare in- en uitbeweeg na en van die veilige maar onvaste kern, en word verskillende bestaansmoontlikhede op verskillende plekke (hetsy fisiese of kopruimtes) verken. So handel heelparty gedigte oor woon in ’n stad (soos Pretoria, wat uitgebeeld word in Ryan Loubser se “Spookhuis in die reen” op die omslag) wat uitdagings aan die inwoners stel, maar ook ’n gevoel van behoort wek. Soos vroeer by die gedigreeks “Viervoud” uit Landelik, vind die Heideggeriaanse konsep van “woon” soos uiteengesit in sy referaat getiteld “Bauen wohnen denken”, sterk inslag, vandaar dat Bosman die Holderlin-aanhaling as motto vir die bundel gebruik: “… dichterisch wohnet der Mensch auf dieser Erde”. Foxtrot van die vleiseters: Satrae stop die BM’s en MB’s en 4-treks voor die slaghuis, sein die T-hemde die seisoene: ligblou, gestreep of groen en goud. Daar binne gesorteer volgens die slagoffers die tjops, die steaks, die sosaties, die worse – Weens, Russies, Spaans, Duits, gerook, gekaas, om nie te praat van die boeresoorte nie: gawe, gemoedelike Grabouw, kameelhout, rooikrans; skaap-, bees-, hoender-, lewer-, en iewers ten duurste ook “oorspronklik”. Agter loei die sae, spat die skaafsels, genoeg om vegetariers te laat verbleek. Maar wat, ons koop ook die bykosse, die braaipap, die dege uitgerys in hul plastieke, die knoffelbrode en roosterkoeke in hul foelies, die kase, die botters, die smere, gesofistikeerd met pesto en soet sondroe tamaties, die wyne, die olywe, die olies en balsamiese asyne, die skyfies vir vooraf en die terte vir daarna. Vanaand gaan die brikette brand, die rokies hang, die biere skuim, die vroue vol belofte lag, die kinders stry en op die sofas slaap. Vanaand vergeet ons die verlede, die kwellings van die week, die hoofpyn van die oordaad. Vanaand dans ons die dans van die lewe.

Toevallige Tekens - Gedigte (Afrikaans, Paperback): Martjie Bosman Toevallige Tekens - Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Martjie Bosman
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 4 - 8 working days

Toevallige Tekens is Martjie Bosman se tweede digbundel en volg op Landelik (2003). Om die verse in hierdie digbundel te lees is soos om spore te volg.

In die eerste afdeling word die verwoestende gevolge van die oorlog in Mosambiek en Rwanda op veral vroue en kinders getoon. Die tweede afdeling word gekenmerk deur bedreigings wat elke Suid-Afrikaner ervaar: Jou handsak word uit jou motor gesteel, ’n indringer wil die veilige hawe van jou huis betree, die dood wag dalk op die snelweg waarop jy elke dag ry.

Ná die aanslag van die bose van afdelings 1 en 2, word afdeling 3 gekenmerk deur mooi en gerusstellende herinneringe van ’n verblyf op ’n rustige dorp. In afdeling 4 kom kunstenaars, musikante en musiek aan die bod. <,p> Die bundel word afgesluit met verse waarin tekens van nuwe lewe, seisoene en tye oorheers. Dit is lonend om die spore en tekens wat Bosman in hierdie bundel laat, te volg.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Matrix Metalloproteinase Protocols
Ian M. Clark Hardcover R5,584 Discovery Miles 55 840
Molecular Aspects of the Stress…
Peter Csermely, L aszl o Vigh Hardcover R4,246 Discovery Miles 42 460
2-D Proteome Analysis Protocols
Andrew J. Link Hardcover R4,351 Discovery Miles 43 510
Molecular Manufacturing
Sergei Vakula Hardcover R4,365 Discovery Miles 43 650
Adaptation and Human Behavior - An…
Lee Cronk, Napoleon A Chagnon, … Hardcover R4,002 Discovery Miles 40 020
Human Cloning
James M. Humber, Robert Almeder Hardcover R1,596 Discovery Miles 15 960
cDNA Library Protocols
Ian G. Cowell, Caroline A Austin Hardcover R4,420 Discovery Miles 44 200
Gene Control
David Latchman Paperback R1,855 R1,652 Discovery Miles 16 520
Gene Targeting Protocols
Eric B Kmiec Hardcover R4,381 Discovery Miles 43 810
The Intelligent Genome - On the Origin…
H. Loserl Hardcover R2,996 Discovery Miles 29 960

 

Partners