0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
  • All departments
Price
  • R100 - R250 (8)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 8 of 8 matches in All departments

Op Ver Paaie (Afrikaans, Paperback): P.J. Schoeman Op Ver Paaie (Afrikaans, Paperback)
P.J. Schoeman
R158 Discovery Miles 1 580 Ships in 10 - 15 working days

Die "ver paaie" in hierdie teks (wat in 1949 vir die eerste keer verskyn het) verwys na 'n reis wat die vertellende P.J. Schoeman deur die Kaokoveld in Suidwes-Afrika onderneem het. Deur die soektog na 'n wilde perd ontwikkel die reis egter in 'n verkenning van die gees en word die uiterlike gebeure met die romantiese verlange en die strewe na 'n onvervulde droom verbind.

Op Die Klein Spoortjies (Afrikaans, Paperback, Revised edition): P.J. Schoeman Op Die Klein Spoortjies (Afrikaans, Paperback, Revised edition)
P.J. Schoeman
R158 Discovery Miles 1 580 Ships in 10 - 15 working days

Wanneer Sakkibiaan, ’n seuntjie van Dorslandtrekkers, wegdwaal van sy familie terwyl hulle deur die Kalahari na Angola trek, maak groot hartseer gou plek vir groot avontuur. Sy pad kruis met di van twee donker woestynmense en jagmaats: Doemdoempie en Gagaboemboem. Terwyl Doemdoempie met sy mooi hart graag sy nuwe wit broertjie wil help, wil Gagaboemboem met sy swart hart graag biltong van Sakkibiaan maak! Sakkibiaan moet vinnig die geheime taal van die woestyndiere en –insekte leer verstaan om met Doemdoempie kragte saam te span teen Gaggaboemboem en sy bende.

’n Wreld vol geheimenisse ontvou namate Doemdoempie en Sakkibiaan met hul nuwe familie – waaronder die reuseboomsprinkaan Tjierlabaai, die rooioog-rivierwese Liewenatan en die mak silwerrugjakkals Peppitan – hul vyande moet trotseer en deur die Kalahari trek.

Uiteindelik lei die reis Sakkibiaan op ’n toweragtige pelgrimstog wat bewys: “Vir hulle wat nog nie al die vrae van die lewe kan beantwoord nie, l daar nog ’n lekker lang pad voor met baie spoortjies daarop.”

Waar Ver Winde Waai (Afrikaans, Paperback): P.J. Schoeman Waar Ver Winde Waai (Afrikaans, Paperback)
P.J. Schoeman
R158 Discovery Miles 1 580 Ships in 10 - 15 working days

Dit is die hemelgod, Xamab, se voorvinger wat vir ons wys om om te draai. Miskien moes Johan en Bulman na Kalimbo se profetiese woorde geluister het voordat hulle Kowares saam met hul Amerikaanse vriende aangedurf het. Vandat Jack, n fotograaf, en sy geselskap op Kowares aankom, tref die een ongeluk na die ander die groep. Gelukkig is Johan en Bulman ervare jagters en natuurkenners en kan hulle op die spoorsnyer, Kalimbo, se fyn gehoor en kennis van die veld en diere staatmaak. Maar is dit genoeg om hulle teen die ongenaakbare Afrika te beskerm? Boonop is die pragtige Penny, Jack se dogter, in n baie moeilike situasie. Want hoe verduidelik sy aan Bulman dat haar hart aan Johan behoort? En sal Johan ooit sy swerwershart ten volle vir haar oopmaak? Waar ver winde waai vertel die verhaal van n klein groepie mense wat deur hul ontmoeting met mekaar vir n kort rukkie van die groot eensaamheid kan ontsnap, maar uiteindelik leer dat Afrika altyd die laaste se het.

Jagters Van Die Woestynland (Afrikaans, Paperback): P.J. Schoeman Jagters Van Die Woestynland (Afrikaans, Paperback)
P.J. Schoeman
R158 Discovery Miles 1 580 Ships in 10 - 15 working days

Twihi, “kind van die winde” is oud genoeg om ’n man te kry. Haar pa Xameb wil haar spore vir die jagters van die woestynland gaan wys. Want by die Boesmans “sien jy ’n vrou mooiste aan haar spore”.

Wat gebeur wanneer Twihi nie tussen twee mans kan kies nie? Die twee jagters dans die dans van die dood.

In Jagters Van Die Woestynland is Twihi en Xameb die mondstukke van die swerwers van die woestynland.

Xameb vertel van die wette van die Heikum-Boesmanstam. Hy vertel van die wette van die grafte, en van die wet dat ’n Boesmanseun eendag ’n vader moet word. Twihi vertel stories met onveranderlike waarhede oor die dogters van die aarde. Maar selfs haar stories is nie altyd genoeg om die sluier te lig oor die hart van ’n vrou nie. Is daar ’n man wat kan s watter winde daar saans deur die hart van ’n vrou waai?

Fanie Se Veldskooldae (Afrikaans, Paperback): P.J. Schoeman Fanie Se Veldskooldae (Afrikaans, Paperback)
P.J. Schoeman
R158 Discovery Miles 1 580 Ships in 10 - 15 working days

Fanie is nou 14 jaar oud en sy pa besluit dis tyd dat hy die plaasskool moet verlaat en verder in die veldskool moet gaan leer. En die uitdagings van die veldskool raak Fanie soms byna baas - hy moet sommer gou leer om te skiet vir die pot, hy moet die luiperds wat sy pa se skape vang, die skrik op die lyf jaag, hy moet wilde-eende jag op 'n kwaai oom se plaas en hy moet 'n week lank saam met twee Zoeloes in die berge langs die Pongolarivier oorleef. Naas die fisiese uitdagings moet hy ook respek vir ander kulture leer - die Engelse wereld van sy vriendinnetjie Jekkie en haar pa en die Zoeloewereld van sy jagmaats. Hy leer ook hoe delikaat die verhoudings tussen mense en tussen die verskillende natuurdinge is wanneer hy bewus raak van die gevolge van sy optrede teenoor koggelmanders, skerpioene en muishonde.

Van Jagter Tot Wildliefhebber (Afrikaans, Paperback): P.J. Schoeman Van Jagter Tot Wildliefhebber (Afrikaans, Paperback)
P.J. Schoeman
R158 Discovery Miles 1 580 Ships in 10 - 15 working days

Jag is n avontuur wat jou wegvoer van vier mure na die oop ruimtes van groot Afrika en jou laat kennis maak met ontbering en volharding, met lekker spog en lekker eet. En die oog, die kamera en die sakboekie vervang nie in een dag die jagroer nie. P.J. Schoeman se naam was vir geslagte Afrikaanslesers sinoniem met verhale waarin natuurkennis en natuurgevoeligheid saampraat. Vir diegene wat as jong lesers met Schoeman kennis gemaak het, sal die lees van hierdie hersiene heruitgawe n nostalgiese ervaring wees n erfenis om aan vandag se jong lesers oor te dra.

Fanie Se Vuurdoop (Afrikaans, Paperback, Revised edition): P.J. Schoeman Fanie Se Vuurdoop (Afrikaans, Paperback, Revised edition)
P.J. Schoeman
R158 Discovery Miles 1 580 Ships in 10 - 15 working days

Die karakter Fanie het reeds in Fanie se veldskooldae en Fanie word grootwildjagter in almal se harte gekruip. In hierdie boek, die derde in die Fanie-trilogie, neem die outeur die leser op nog n boeiende avontuur. Soos in die vorige boeke is daar weer n sterk Afrika mens as vaderfiguur. Die Afrikaans-Engels problematiek kom ook weer ter sprake en die Anglo-Boereoorlog is n belangrike tema in hierdie verhaal. Verder moet Fanie uiteindelik besluit wie die meisie van sy hart is: Die Engelse nooi Jekkie, of die Boerenooi Soekie?

Fanie Word Grootwildjagter (Afrikaans, Paperback): P.J. Schoeman Fanie Word Grootwildjagter (Afrikaans, Paperback)
P.J. Schoeman
R158 Discovery Miles 1 580 Ships in 10 - 15 working days

Fanie is nou 'n bietjie ouer en sy pa reken dis tyd om hom alleen saam met die Zoeloes op 'n jagtog te stuur. Met 'n splinternuwe jaggeweer oor die skouer vertrek Fanie in die rigting van die Swart-Mfoloz. In die ongerepte Bosveld moet Fanie groot besluite neem: 'n Goeie skoot of regte besluit kan die verskil maak tussen lewe en dood. Hartsake kwel hom ook. Met die moontlikheid van oorlog tussen Boer en Brit wat swaar op sy skouers druk, moet hy kies aan wie sy hart gaan behoort: Die Engelse meisie, Jekkie, of Soekie, 'n Boerenooientjie. Soos die weke in die Bosveld verbygaan, ontluik die wispelturige seun in 'n verantwoordelike jong man.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
ZA Tummy Control, Bust Enhancing & Waist…
R570 R319 Discovery Miles 3 190
Beeno Mallows Swirl Semi-Moist Dog…
R25 R21 Discovery Miles 210
King Kong Leather Ladies Laptop Bag…
R3,349 R1,737 Discovery Miles 17 370
Casio LW-200-7AV Watch with 10-Year…
R899 R765 Discovery Miles 7 650
Canon CL-446XL High-Yield Ink Cartridge…
 (2)
R352 Discovery Miles 3 520
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R336 R269 Discovery Miles 2 690
JBL C100SI Headset In-ear Black
R149 R129 Discovery Miles 1 290
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R336 R269 Discovery Miles 2 690
Oral-B Vitality Precision Clean…
R549 Discovery Miles 5 490
Swiss Mobile Gear Gellihug Switch Shell…
R199 Discovery Miles 1 990

 

Partners