Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Showing 1 - 25 of 35 matches in All Departments
Vendettas, liggeraakte, trotse stamme en rebelle wat die Romeine in die maquis ontduik – dit is 50 v.C. in Korsika. Asterix en Obelix help hoofman Verinniwereldkitikitikitix om praetor Opsysenuvius se planne te fnuik en om teen Julius Caesar se leër op te staan. Want die Korsikane hou vol dat hulle net ’n Korsikaan as keiser sal aanvaar … Asterix in Korsika is die 20ste boek in die gewilde Asterix-reeks.
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture. In Kuifie en die Pikaro's word Bianca Castafiore en haar gevolg tydens haar toer deur Suid-Amerika in hegtenis geneem. Sy word aangekla daarvan dat sy die regering van generaal Tapioca omver wil werp. Luidens berigte is Kuifie, kaptein Sardijn en professor Sonneblom ook deel van die sameswering. Tapioca nooi hulle na Tapiocapolis om hulle kant van die saak te stel. Daar gekom, besef hulle dit is ’n set, maar generaal Alcazar en sy manskappe, die Pikaro’s, kom tot hulle redding, en Kuifie-hulle raak betrokke by Alcazar se rewolusie teen Tapioca.
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture. Die eerste verhaal van Kuifie verskyn op 10 Januarie 1929 as ’n bylae tot die Franstalige Brusselse koerant Le Vingtième Siècle. Hergé skryf en teken in die tydperk tussen 1929 en 1976 23 strokiesverhale (die 24ste verhaal bly onvoltooi). In Die avonture van Kuifie – Bestemming maan word Kuifie, Spokie en kaptein Sardijn onverwags deur professor Sonneblom na die Sbrodjse Atoomnavorsingsentrum in Sildawië ontbied. Groot is hul verbasing toe hulle uitvind dat professor Sonneblom besig is om ’n reis na die maan te organiseer en van plan is om hulle saam te neem. Ná maande se voorbereiding vertrek hulle op die gevaarlikste reis wat nog ooit deur mense aangepak is …
In hierdie opvolg tot Bestemming maan vlieg Kuifie, Spokie en kaptein Sardijn onder leiding van professor Sonneblom die ruimte in met ’n vuurpyl. Hulle avontuur raak nóg gevaarliker wanneer hulle op die maan land. Ten spyte van ’n hele paar noue ontkomings maak hulle wel groot wetenskaplike ontdekkings. Hulle wonder egter of hulle ooit weer die aarde veilig sal bereik.
Hoofman Allamapstix en sy vrou Margarien gaan kuier vir sy swaer Spoggerix in Lutecia. Allamapstix en Spoggerix kan egter nie help om te wedywer nie en dit loop uit op 'n uitnodiging van Allamapstix: Spoggerix kan 'n bredie wat gekrui is met lourierblare uit Caesar se lourierkrans by hulle kom eet! Dit beteken Asterix en Obelix moet Rome toe om die lourierblare te gaan kry. In Rome verkoop hulle hulself as slawe om naby aan Caesar te kom. Sal hulle met die slaaf Copineenmus kan ooreenkom om die lourierkrans met 'n vinkelkrans te ruil?.
Toe legioensoldaat Romeomontagus by Caesar die titelakte kry van ’n
Galliese dorpie in Armorica, verruil hy die dorpie aan die
herbergier Ortopedix as betaling vir sy drankrekening. Ortopedix is
baie opgewonde om te trek na die dorpie wat hy gekoop het.
Julius Caesar wend hom tot sielkundige oorlogvoering ... Ignasius Vullus, die Romeinse agent, maak moeilikheid en onder die Galliers en probeer hulle beinvloed om mekaar van verraad te verdink. Het Asterix regtig die geheim van die towerdrankie aan die Romeine verkoop? Sal Asterix, Obelix en Kasterolix die glibberige Ignasius Vullus kan uitoorle en vrede in die dorpie herstel? Asterix en die groot moles is die 15de boek in die gewilde Asterix-reeks.
Die dapper Iberiers hou nog die fort teen Julias Caesar, net soos Asterix en sy vriende. Maar wanneer die Romeine Grootcoq y Dores se seun gevange neem, staan die Galliers reg om te help. Asterix en Obelix kry vir Pepe uit die kloue van die Romeine en moet hom Spanje toe neem. Langs die pad moet hulle egter teen ’n oeros baklei en die nukke van die astrante Pepe trotseer ... Asterix in Spanje is die 14de boek in die gewilde Asterix-reeks.
Die Galliese stamhoof, Tweegesix, vra vir Allamapstix om sy koperpot vol geld te bewaar en uit die Romeine se hande te hou. Asterix hou wag by die pot, maar dit en die geld word gesteel. Asterix en Obelix moet nou maniere vind om geld in te bring sodat hulle die skade aan Tweegesix kan terugbetaal. Hulle doen enigiets: neem deel aan gladiatorkompetisies, is akteurs in ’n teaterproduksie en beroof selfs ’n bank! Sal hulle die geld kan terugbetaal en uitvind wie sit eintlik agter die kroekspul? Asterix en die koperpot is die 13de boek in die gewilde Asterix-reeks.
Die atlete van die antieke wêreld kom in Athene bymekaar vir die Olimpiese Spele. Asterix en Obelix en die ander Galliërs skryf ook in, maar hulle beleef ’n terugslag: Die drink van towerdoepa is verbode, want dit is ’n opkikker. Kan die Galliërs die Olimpiese Spele wen sonder towerdoepa? En wat is die spesiale bestanddeel van die doepa wat staan in die hut waarvan die deur nie mooi sluit nie? Asterix by die Olimpiese Spele is die 12de boek in die gewilde Asterix-reeks.
Jare gelede is Vercingetorix by Alesia verslaan en Gallie is amptelik oorwin...'n teer onderwerp waaroor die Alesiers (of sal ons se Alesjiers) nie graag praat nie. Tydens hierdie oorwinning het Vercingetorix sy skild aan Caesar se voete neergewerp (letterlik), en sedertdien is dit nooit weer gesien nie...En word dit dus 'n gesogte voorwerp waarna nie net Caesar nie, maar ook ons Galliese helde soek. Hulle soektog neem hulle na interessante plekke en elkeen het 'n storie om te vertel oor wat van die beroemde skild geword het. Hul begin te wonder of hul ooit in die regte hoop houtskool soek! Dalk is die skild nie so ver weg van hulle soos hulle dink nie...
Julius Caesar is vasbeslote om Asterix-hulle se woud te ontbos en te omskep in 'n moderne woonkompleks vir die Romeine met die naam die speelplek van die Gode. Cosinus is die talentvolle jong argitek wat die projek onderneem en hy dryf die slawe om die bome uit te trek en te begin bou. Eers probeer Asterix-hulle die bouproses verhinder, maar besef dat die slawe benadeel word. Die Speelplek van die Gode word gebou en die Romeine trek in. Hoe gaan die Galliers hul geliefde woud met wildevarke terugkry?
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou)
is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu
verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60
tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese
verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie
avonture.
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is
een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn
en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale
vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese
verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie
avonture.
Britannie is in die mag van die Romeine, maar een dorpie bied nog dapper weerstand. Hulle posisie is egter benard. Asterix en Obelix is natuurlik gretig om te help en hulle reis met ’n vaatjie vol van Kasterolix se brousel saam met Sturefax, 'n kleinneef van Asterix, na Britannie. Hulle trotseer mis, reen, lou garsbier en gekookte wildevark met kruisementsous. Ongelukkig verloor hulle die vat met towerdoepa en dit is ’n stryd teen die Romeinse goewerneur Cosus Oppiprimus oor wie eerste die vat in die hande gaan kry...
Daar is groot fout met Obelix! Hy eet net twee wildevarke op 'n keer en dwaal rusteloos rond. Die druide sien 'n nuweling in die Galliese dorpie en sit dadelik twee en twee bymekaar. Die beeldskone Tierlantyn het kom kuier – en Obelix is dolverlief. Ongelukkig is Tierlantyn reeds verloof, en baie hartseer, want haar verloofde, Melodramatix, het as legioensoldaat in Afrika soek geraak. Natuurlik bied ons helde, gebroke hart maar dapper gemoed, die tog na Afrika aan om haar geliefde te red.
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou)
is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu
verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60
tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese
verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie
avonture.
Olaf Grotentaf, die gevreesde leier van die Noormanne, ken geen vrees nie. Daarom wil by 'n bangbroek leer wat vrees is, want hy dink dit laat 'n mens vlieg. Hy en sy manne doen aan by die Galliese kus en ontvoer vir Spiekerix, Allamapstix se kleinneef. Hy moet hulle leer wat vrees is. Weer eens moet Asterix en Obelix inspring om hul hoofman se nefie te red. |
You may like...
Samurai Sword Murder - The Morne Harmse…
Nicole Engelbrecht
Paperback
|