0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R50 - R100 (3)
  • R100 - R250 (14)
  • R250 - R500 (2)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans

Showing 1 - 19 of 19 matches in Afrikaans

Al Wat Tel (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Al Wat Tel (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter
bundle available
R330 R240 Discovery Miles 2 400 Save R90 (27%) Ships in 4 - 8 working days

Toe Ami hoor dat ’n man voor haar gim geskiet is, weet sy daar is moeilikheid. Hoekom is die Valke op die misdaadtoneel? Was dit ’n sluipmoord? En wat is dit wat die speurder optel en in sy sak druk? Voor Ami hierdie raaisels kan oplos, kruis haar pad met dié van ’n Duitse joernalis wat bewerings van ’n ontstellende voorval in Mosambiek ondersoek. Is daar werklik ’n verband tussen die twee stories?

Blou Bloed - Koninklike Spore In Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Daniel Lotter Blou Bloed - Koninklike Spore In Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Daniel Lotter
bundle available
R365 R265 Discovery Miles 2 650 Save R100 (27%) In Stock

Suid-Afrika se skoonheid en koloniale geskiedenis het seker gemaak dat verskeie bloubloediges deur die eeue heen sterk bande met die land ontwikkel het. Só is daar byvoorbeeld die Nederlandse prinses Irene van Lippe-Biesterfeld, met haar groot liefde vir die Karoo, wat hard baklei het teen skaliegas-ontginning deur die Nederlandse petroleummaatskappy Shell.

As godsdienstige of politieke leiers - dikwels van adellike afkoms - in die Oosterse kolonies té veel geluide begin maak het, is hulle na die Kaap verban, wat 'n deurslaggewende rol gespeel het in die land se slawegeskiedenis: Hiervan getuig die verhale van sjeg Joesoef en die radja van Tambora. Watter spoor het die Napoleons in Durban agtergelaat? En George Rex, stigter van Knysna, wat dan nou op 'n druppel water soos koning George III van Engeland gelyk het?

Hoe het dit gekom dat prinses Anne van Brittanje se oorkrabbetjie dwarsdeur 'n volstruis se pens gegaan het? Konstantyn II, die laaste Griekse koning, prinses Charlotte van Liechtenstein en die Karadjordjević's van Serwië het hulle eie bande met Suid-Afrika - en die kroonprins van Albanië praat Afrikaans! Hoe het dit alles gebeur? En hoekom lui die naam lady Juana Smith 'n klokkie?

Blou bloed: koninklike spore in Suid-Afrika gaan soek antwoorde op hierdie en nog baie ander vrae.

Portchie - Van Tweeling tot Trafalgar Square - 'n Memoir (Afrikaans, Paperback): Portchie Portchie - Van Tweeling tot Trafalgar Square - 'n Memoir (Afrikaans, Paperback)
Portchie
bundle available
R295 R215 Discovery Miles 2 150 Save R80 (27%) In Stock

Portchie is een van Suid-Afrika se suksesvolste kunstenaars, maar wie is die man wat agter die skilderye skuil? Waar kom die naam Portchie vandaan? En hoe en wanneer het Jan Hendrik Viljoen van die klein dorpie Tweeling in die Vrystaat, aangemeld om die wêreldbekende kunstenaar Portchie te word? Hierdie memoir kombineer Portchie se inspirerende verhaal met foto’s, staaltjies en selfs resepte. Dit vertel die storie agter die storie: onopgesmuk, sonder tierlantjies, maar met ’n tikkie flair.

Massamoord Op Kaapsche Hoop (Afrikaans, Paperback): Maria Prinsloo Massamoord Op Kaapsche Hoop (Afrikaans, Paperback)
Maria Prinsloo
bundle available
R185 R135 Discovery Miles 1 350 Save R50 (27%) Ships in 5 - 10 working days

Hugo hou sy hand in die lug. “Wag jy ook eers in die eetsaal. Ek gaan net gou die situasie bekyk. Ek kan nie toelaat dat hierdie ʼn sirkus word nie.”

“Ek verstaan,” fluister Irma. ʼn Warm gloed van woede stoot teen haar wange op. Sirkus! Sy draai om en stap na die eetsaal waar die span en Inus reeds sit en wag. Irma frons. As almal siek is, is dit dan net die span en syself, Inus en Mari wat nie simptome toon nie. Hoe kan dit wees?

Irma Mulder vind haarself steeds vasgevang na die reeksmoorde van die verlede. Die Bloedspore van haar verlede weerhou haar sosiale vryheid. Tog besluit sy om deel te neem aan die groot skryf uitdaging waarheen sy genooi is. Wat kan tog verkeerd gaan? Nes Irma dink dinge werk in haar guns val haar drome plat en staan sy te midde van ‘n massamoord. Weereens word sy as verdagte gesien deur Hugo.

Gaan die saak vinnig opgelos word, en wat gaan oorbly van die reeds sukkelende vriendskap tussen haar en Hugo. Of gaan daar dalk die keer erkenning gegee word aan die liefde wat in haar hart brand?

Die Kleine Klitse (Afrikaans, Paperback): Bonham Jayden Jimmy Kukari Die Kleine Klitse (Afrikaans, Paperback)
Bonham Jayden Jimmy Kukari
bundle available
R95 R70 Discovery Miles 700 Save R25 (26%) Ships in 5 - 10 working days

Kom ontmoet die mense van Volksvreemd, ’n gemeenskap in die Bruinstad van Suid-Afrika. Hulle is ’n hegte klomp, al kan hulle ook heerlik oor mekaar skinder.

Die vurige en ondeunde Marie is ’n tipiese 12-jarige-effens aan die katterige kant, meestal selfbehep, dikwels in die moeilikheid. Sy maak haar streng Oupa Martinus en godvresende Ouma Hettie mal! Wanneer gaan sy leer dat die lewe nie net om haar draai nie, en dat ’n mens soms opofferinge moet maak om ander te help wat nie so bevoorreg is soos jy nie?

Marie se neef, Leroy, is baie wyser as wat sy ouderdom verklap. Ou Wouks, die suinige buurman wat homself sien as ’n sjarmante heer, en Lêven, die dorpie se grapjas, sorg vir kleur in die alledaagse doen en late van Volksvreemd.

Die kleine klitse is ’n verhaal van hoop – ’n vars, humoristiese storie oor wat dit werklik beteken om deel te wees van ’n gemeenskap.

Die Man Wattie Kinnes Vang (Afrikaans, Paperback): Nathan Trantraal Die Man Wattie Kinnes Vang (Afrikaans, Paperback)
Nathan Trantraal
bundle available
R290 R215 Discovery Miles 2 150 Save R75 (26%) Ships in 4 - 8 working days

In 2021, is Damian de Jong biesag mette boek oo serial killers. Hy force homself ommie dae te onthou toe hy asse kind innie 90s oppie sandduine gespeel. Die man wattie media ‘The Railway Ripper' noem, het begin coloured boys doodmaak en begrawe in vlak grafte innie bosse en sandduine rondomie Western Cape. Hy praat met ex-detective Michelle Wakefield ma soe meer sy die feite vi Damian ytlê, soe minner vestaan hy wat rêrag daityd gebeerit.

Harry Potter en die Towenaar se Steen (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): J. K. Rowling Harry Potter en die Towenaar se Steen (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
J. K. Rowling; Translated by Janie Oosthuysen
R250 R185 Discovery Miles 1 850 Save R65 (26%) In Stock

Harry Potter se lewe verander op die dag wat 'n posuil 'n geheimsinnige brief by die Dursleys aflewer: 'n brief wat Harry nooi na 'n ongelooflike plek wat hy – en almal wat oor hom lees – nooit sal vergeet nie. Dit is juis op Harry se elfde verjaardag wat hy die verstommende nuus kry: Hy is 'n towenaar en hy word genooi na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery. 'n Ongelooflike avontuur is op die punt om te begin!

Die Goorste Week Ooit! - Woensdag (Afrikaans, Paperback): Eva Amores, Matt Cosgrove Die Goorste Week Ooit! - Woensdag (Afrikaans, Paperback)
Eva Amores, Matt Cosgrove
R200 R145 Discovery Miles 1 450 Save R55 (28%) In Stock

Het JY al ooit ’n GOOR WEEK gehad? Justin Chase het MAANDAG en DINSDAG skaars oorleef, maar nou is dit . . . WOENSDAG!

Sy kat is steeds spoorloos weg. Hy word per ongeluk ’n internetsensasie. En op die oomblik swem haaie in sirkels om hom, want hy’s vasgekeer in ’n hart-gaan-staan, vel-word-hoendervleis, mond-hang-oop, lewe-op-die-spel SOS (sweet-op-sweet) situasie saam met sy ongelooflik irriterende aartsvyand!

'n Droomhuis vir Kristie (Afrikaans, Paperback): Elaine Marais 'n Droomhuis vir Kristie (Afrikaans, Paperback)
Elaine Marais
bundle available
R270 R199 Discovery Miles 1 990 Save R71 (26%) In Stock

’n Vreemdeling by ’n familiebegrafnis keer Kristie se lewe onderstebo. Haar daaglikse take by die argiteksfirma beleef ook ’n wending: Erik is ’n moeilike kliёnt en ook die onweerstaanbare tipe. Toe Kristie se werklikheid ineenstort, vlug sy na Phuket in Thailand. Maar die eiland bring nie vir haar die gemoedsrus waarop sy gehoop het nie. Terwyl sy van haar omgekeerde wêreld probeer sin maak, begin een van die laaste bastions in haar lewe wankel.

Die Beweging Van Bloed (Afrikaans, Paperback): Pieter Stoffberg Die Beweging Van Bloed (Afrikaans, Paperback)
Pieter Stoffberg
bundle available
R320 R239 Discovery Miles 2 390 Save R81 (25%) Ships in 5 - 10 working days

Professor Nino Everhard word op sy kombuisvloer wakker met bloed oral. Iemand het ingebreek en hom en sy vrou, Willemien, aangeval, maar niks gesteel nie. Wat wou die aanvaller hê? Nino weet dit was nie toeval nie. Hy is uitgekies. Iemand wou vir hom ’n boodskap stuur. Op sy speurtog na antwoorde lei die leidrade hom op ’n kronkelpad deur sy verlede na die skadukant van die samelewing. Elke tree nader aan die waarheid is ook ’n tree nader aan lewensgevaar. Sal Nino die antwoorde kry waarna hy soek? En hoeveel van sy eie duiwels gaan hom langs die pad inhaal? Die beweging van bloed is ’n naelbytspanningsverhaal wat jou laat raai tot die einde.

Weerskyn - Gedigte (Afrikaans, Paperback): Alwyn Roux Weerskyn - Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Alwyn Roux
R220 R160 Discovery Miles 1 600 Save R60 (27%) Ships in 4 - 8 working days

'n Treffende debuut waarin Roux die siklus van die lewe van jeugherinneringe tot die dood van geliefdes en die skepping van nuwe lewe verken.

Die bundel bevat eietydse belewenisse en verwysings na die Covid-tyd waarmee baie lesers sal kan vereenselwig.

Jesus Luister - Dagstukkiegebede vir Vrede, Vreugde en Hoop (Afrikaans, Hardcover): Sarah Young Jesus Luister - Dagstukkiegebede vir Vrede, Vreugde en Hoop (Afrikaans, Hardcover)
Sarah Young
R199 R139 Discovery Miles 1 390 Save R60 (30%) Ships in 4 - 8 working days

In Jesus luister, 'n 366-dagstukkiegebedeboek, word jy uitgenooi om jou verhouding te verdiep met die Een wat met oneindige liefde na jou gebede luister.

Deur daagliks tyd in gebed saam met God deur te bring, sal jy:

• Leer hoe om te bid
• Jou gebedslewe verryk
• Ondervind hoe gebed jou hart en lewe verander
• Jou verhouding met God verdiep
• Vrede, vreugde en hoop vir moeilike tye vind

Kenmerke:

• 366 dae van gebed wat gebaseer is op die Bybel
• Met Skrifverwysings ná elke gebed
• 190 mm x 140 mm, hardeband, met 'n lint vir plekaanduiding
• 12-punt lettergrootte

Jesus Luister - 100 Mini-oordenkings vir Dankbaarheid en Vreugde (Afrikaans, Paperback): Sarah Young Jesus Luister - 100 Mini-oordenkings vir Dankbaarheid en Vreugde (Afrikaans, Paperback)
Sarah Young
R79 R55 Discovery Miles 550 Save R24 (30%) Ships in 4 - 8 working days

In Jesus luister: 100 mini-oordenkings vir dankbaarheid & vreugde neem Sarah Young jou op 'n reis van 100 dae om al die seëninge uit te ken wat God elke dag oor jou lewenspad strooi.

Deur hierdie reis saam met haar te onderneem, sal jy:

• agterkom dat geen vreugde volledig is as jy nie daavoor dankbaar is nie
• 'n fondament van dankbaarheid in jou hart vestig
• op die uitkyk wees vir al die skatte wat God daagliks op jou pad sit
• die seëninge wat jy voorheen misgekyk het, begin raaksien
• groter dankbaarheid begin toon vir God se genade
• meer bewus raak van al die ander seëninge wat God ook voorsien
• vreugde ervaar

Kenmerke:

• 152 mm x 107 mm, sagteband
• 10-punt lettergrootte

Jesus Luister - 100 Mini-oordenkings vir Vertroosting en Vrede (Afrikaans, Paperback): Sarah Young Jesus Luister - 100 Mini-oordenkings vir Vertroosting en Vrede (Afrikaans, Paperback)
Sarah Young
R79 R55 Discovery Miles 550 Save R24 (30%) Ships in 4 - 8 working days

In Jesus luister: 100 mini-oordenkings vir vertroosting & vrede neem Sarah Young jou op 'n reis van 100 dae om vrede in sy teenwoordigheid te vind en verkwik te word.

Deur hierdie reis saam met haar te onderneem, sal jy:

• jou hart voor God kan uitstort
• leer om God werklik te vertrou
• vertroosting vind
• leer om jou wêreldse bekommernisse te vergeet
• ontspan in God se teenwoordigheid
• vrede ervaar
• God se teenwoordigheid kan geniet

Kenmerke:

• 152 mm x 107 mm, sagteband
• 10-punt lettergrootte

Om Teen Treine Te Skree - Dramabundel Graad 7-9 Afrikaans Huistaal (Afrikaans, Paperback): Tanya Viviers Om Teen Treine Te Skree - Dramabundel Graad 7-9 Afrikaans Huistaal (Afrikaans, Paperback)
Tanya Viviers
R290 R211 Discovery Miles 2 110 Save R79 (27%) Ships in 4 - 8 working days

Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met tieners se smagting na aanvaarding as sentrale tema. Jong volwassenes se soeke na hul eie identiteit is ook van belang. Kanya Viljoen se toneelstuk is die titelstuk van hierdie versameling tekste.

Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul medemens gesien wil word. Ongelukkig moet daar ook struikelblokke wees wat die reis na volwassenheid bemoeilik. Fanie Viljoen beskryf hierdie drome en smagting as 'n "reis na nêrens" in die eerste drama in hierdie bundel. In "Reënblom" word vertel van die Namamense, wat smag na reën, en weer kan lag en sing omdat 'n kind vir die ouer mense uitkoms gee met water vir almal. Ook in "Is jy al wakker?" is dit die jonger mense wat daarin slaag om die ouer garde uit die groef van hulle verlede te laat losbreek.

Om teen treine te skree, is 'n uitsonderlike bundel vir elke leerder om te besit en aan te wend vir leesgenot, verhoogoptredes en kunswedstryde.

Best Books vir Klaslees - Platsak maak 'n Plan (Afrikaans, Paperback): Anneke Langner Best Books vir Klaslees - Platsak maak 'n Plan (Afrikaans, Paperback)
Anneke Langner
R170 R125 Discovery Miles 1 250 Save R45 (26%) Ships in 4 - 8 working days

Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan bekostig om Leo saam te neem nie. Ethan begin dadelik planne beraam om geld in te samel, want ʼn lewe sonder sy beste vriend is ondenkbaar. R40 000 is baie geld, en drie maande is baie min tyd . . .

Weskus-Omnibus 2 - Ter wille van Talita / Haar ma se kind (Afrikaans, Paperback): Helena Hugo Weskus-Omnibus 2 - Ter wille van Talita / Haar ma se kind (Afrikaans, Paperback)
Helena Hugo
bundle available
R320 R235 Discovery Miles 2 350 Save R85 (27%) Ships in 4 - 8 working days

Twee inspirerende topverkoper-romans in een omnibus

Ter wille van Talita: Die Van den Heevers hou hulle eenkant, maar beland onder die soeklig wanneer Theuns van den Heever nie wil hê sy dogters moet aan ’n Kersspel deelneem nie.

Haar ma se kind​: Dania Pietersen is Dora en Jonnie se susterskind wat by hulle bly. Sy is ’n modelkind en volgende jaar is Dania sestien en Dora en Jonnie kan dit nie meer ontken nie: Dania hoort nie by hulle nie – sy is haar ma se kind.

Kaptein Onderbroek en die Inval van die Koelbloedige Kostannies uit die Ruimte - (en Daarna die Aanval van die Ewe Bose... Kaptein Onderbroek en die Inval van die Koelbloedige Kostannies uit die Ruimte - (en Daarna die Aanval van die Ewe Bose Zombie-Nerd Boelies) (Afrikaans, Paperback)
Dav Pilkey
R195 R140 Discovery Miles 1 400 Save R55 (28%) Ships in 4 - 8 working days

George en Harold het al vir amper almal in Leergierig Laer ’n poets of twee gebak.

Wanneer hulle nuutste poets veroorsaak dat die skool se kostannies bedank, stel mnr. Mor drie ongewone tannies aan – wat boonop baie soos aliens lyk!

Sal Kaptein Onderbroek, die held met die rooi mantel, die skool en kinders kan red? Of sal die drie kostannies uit die ruimte hom vir middagete verslind?

Ons eie Kleuterbybel (Afrikaans, Hardcover): Juliana Nothnagel, Johann Strauss Ons eie Kleuterbybel (Afrikaans, Hardcover)
Juliana Nothnagel, Johann Strauss
R350 R255 Discovery Miles 2 550 Save R95 (27%) Ships in 4 - 8 working days

Ons eie Kleuterbybel bied kinders die bekendste, mees geliefde Bybelverhale, met die besonderse illustrasies van Johann Strauss, een van Suid-Afrika se voorste illustreerders. Dié verhale strek vanaf die Skepping tot die belofte van die nuwe hemel en die nuwe aarde. Dit is 'n onontbeerlike toevoeging tot jong kinders se geloofsvorming en sal 'n kosbare skat in elke huishouding word. Dié klassieke Afrikaanse Kleuterbybel met sy uitstekende skrifgetroue teks is geskik vir saamlees en selflees.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Heimwee
Sophia Kapp Paperback R350 R273 Discovery Miles 2 730
Flaffie
Jaco Jacobs Paperback R130 R95 Discovery Miles 950
Anoniem
Chanette Paul Paperback R350 R259 Discovery Miles 2 590
Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 1…
Best Books Paperback R85 R73 Discovery Miles 730
Vuur
Hannes Barnard Paperback R230 R175 Discovery Miles 1 750
Frikkadel die Spookhond
Fanie Viljoen Paperback R160 R119 Discovery Miles 1 190
Donkerdrif
Deon Meyer Paperback R764 Discovery Miles 7 640
My Gunsteling Storie-Bybel
Ewald Van Rensburg Hardcover R111 Discovery Miles 1 110
When Love Kills - The Tragic Tale Of AKA…
Melinda Ferguson Paperback R320 R235 Discovery Miles 2 350
Low Carb Is Lekker Three
Ine Reynierse Paperback R320 R256 Discovery Miles 2 560

 

Partners