0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R50 - R100 (98)
  • R100 - R250 (5)
  • R250 - R500 (1)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Fiksie

Showing 1 - 25 of 104 matches in Fiksie

Die Kontrak (Afrikaans, Paperback): Erla-Mari Diedericks Die Kontrak (Afrikaans, Paperback)
Erla-Mari Diedericks
R110 R79 Discovery Miles 790 Save R31 (28%) Ships in 7 - 11 working days

Kort nadat haar verloofde haar met haar vrouebaas verkul het, ontmoet Marike haar droomman. Brett is aantreklik, skatryk, en ‘n beroemde draaiboekskrywer. Daar is net een probleem: Sy is met ‘n kontrak aan hom verbind, een wat dit duidelik stel dat sy nie op hom verlief mag raak nie, maar dat sy mildelik vergoed sal word om sy minnares en muse te word.

Hoe moeilik kan dit tog wees? Veral noudat sy besluit het om mans vir altyd af te sweer, en wild en wragtig in die oomblik te leef. Maar die hart sluit sy eie kontrakte, ongeag wat die verstand vir haar voorsê.

Soos wat Marike meer tyd saam met die enigmatiese Brett deurbring, vat vonke tussen hulle vlam. Totdat hulle terugkeer van ‘n stomende vakansie in Mauritius en hulself in ‘n uiters netelige posisie bevind – en in ‘n kontrak van ‘n heel ander aard.

Kersfeeswonderwerk (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Kersfeeswonderwerk (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Jess Faber is groot vriende met haar vriendin Sabella se swaer, die bekende sjef Erasmus Steyn. Sy is nie onbewus van hoe aantreklik hy is nie, maar sy is nie van plan om ooit te trou nie. Om vriende te wees is net baie minder gekompliseerd. Maar toe kry sy nie die bevordering waarop sy gehoop het nie en besluit om al haar lysies en boksies weg te gooi.

Sy oorweeg selfs 'n one-night stand met 'n vreemdeling. Toe Erasmus ewe hulpvaardig aanbied om haar one-night stand te wees, verander hulle vriendskap binne minute in iets heeltemal anders. Jess is huiwerig om haar hart oop te maak vir liefde en bly skuil agter haar ongelukkige kinderjare. Kan 'n kersfeeswonderwerk twee harte een maak?

Hierdie verhaal bevat al die kenmerke van Elsa se boeke: humor, tydigheid en passie. Dit ondersoek die idee van toeval, maar ook tweede kanse, in moderne verhoudings.

Herberg Vir Die Hart (Afrikaans, Paperback): Marile Cloete Herberg Vir Die Hart (Afrikaans, Paperback)
Marile Cloete
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Marike Marais is passievol oor haar werk as ontvangsdame by ‘n kliniek vir geestesgesondheid. Ná ‘n mislukte verhouding is sy vasberade om haar nooit weer aan ‘n lyntjie te laat hou nie.

Louis Calitz probeer ‘n nuwe begin maak in die Boland as arbeidsterapeut by die kliniek. Hy pas gemaklik aan by die kliniek, maar op persoonlike vlak stoot hy vir Marike en hul ander kollegas van hom af weg. Boonop steek hy die rede vir sy probleme met mobiliteit vir almal weg en weier om hulp te aanvaar. Marike besef mettertyd dat Louis homself straf vir die dood van sy suster deur die pyn te verduur wat ‘n heupvervanging kan genees.

Louis besluit om vir die operasie te gaan, maar sal dit genoeg wees om sy probleme op te los en sy hart vir Marike oop te maak?

Locum Op Ski's (Afrikaans, Paperback): Rina Cilliers Locum Op Ski's (Afrikaans, Paperback)
Rina Cilliers
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Dat Yentl Beylstra as tweejarige 'n tante geword het was destyds voorbladnuus in die kontreikoerant. Met 'n volksvreemde naam soos hare, is sy as graadagt leerling in 'n nuwe skool deur die hoofseun, Wicus Willers, van 'n klomp koggelende matrieks gered.

Hy sorg vir die bynaam Gentle-Yentl, minwetende dat hy die oorsaak was vir haar eerste, en mees geheime drome, oor die liefde. Jare later, na 'n mislukte verlowing, oorreed haar neef, Bertus, haar om as locum vir hom in 'n tandartspraktyk in Engeland in te staan. Daar ontmoet sy in vreemde omstandighede Bertus se huismaat, Wicus - die einste hoofseun van haar tienerliefde. Sy ontdek dat haar gevoelens net latent gewag het om soos sjampanje weer na die oppervlak te borrel.

Tussen die eeue-oue geboue ontdek sy uiteindelik die oerwete van dit wat tussen 'n man en vrou gebeur wanneer twee siele vervleg.

Soene Onder Die Kersboom (Afrikaans, Paperback): Madelie Human Soene Onder Die Kersboom (Afrikaans, Paperback)
Madelie Human
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Serina Bothma kom pas uit 'n lang verhouding wat sleg geeïndig het en wil niks van mans weet nie. Maar Tiaan, een van haar leerders in haar graad een klas, het egter besluit dat sy die perfekte pasmaat sal wees vir sy enkellopende pa, Hugo. Serina daag toevallig by dieselfde vakansieplek as Tiaan en Hugo op.

Hugo vermoed dat sy hom agtervolg het soontoe, maar is nie van plan om by haar betrokke te raak nie, al bekoor haar sagte stem en mooi oë hom. Serina wil self nie haar nuutgevonde vryheid prysgee nie en beplan om te begin skryf. Die enigste probleem is dat geen man haar al ooit so aangeraak het soos Hugo nie. Serina en Hugo probeer mekaar vermy, maar klein Tiaan het ander idees. Hy smee allerhande planne dat die twee gedurig in mekaar se geselskap beland. Hy hét mos vir Kersvader gevra dat sy pappa met sy juffrou moet trou. En vir Kersvader is niks onmoontlik nie…

Hierdie is 'n kersverhaal vol liefde, deernis en familiewaardes. Madelie gebruik godsdiens en Christenskap sonder dat dit die romantiek van die liefdesverhaal bederf.

In Twee Geskeur (Afrikaans, Paperback): Lizelle von Wielligh In Twee Geskeur (Afrikaans, Paperback)
Lizelle von Wielligh
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die De Vries-tweeling lyk eenders.

Jakob se oë kyk egter tot diep in Helena se siel en woel ongekende dinge in haar los – sóndige dinge. Hoe kan sy so aangetrokke tot hom wees terwyl sy verloof is aan sy broer, Daniel? Om enige misverstande te voorkom, besluit Helena om Jakob in die geheim te gaan ontmoet voor sy die volgende dag met Daniël trou. Dit loop uit op ‘n soen wat verbode begeertes in haar aanwakker en haar net meer verwar. Moet sy na Jakob luister en haar huwelik met Daniël afstel? Wanneer Helena en die De Vries-broers saam met ander emigrante die Kaapkolonie verlaat, bly haar hart egter na Jakob hunker. Boonop is dit onmoontlik om hom op die trek te vermy.

Sal sy en Jakob daarin slaag om hul liefde vir Daniël weg te steek? Nog belangriker: Sal sy haar hart te teenoor Jakob kan sluit?

Jy Is My Droom (Afrikaans, Paperback): Alma Carstens Jy Is My Droom (Afrikaans, Paperback)
Alma Carstens
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Ellie se eerste ontmoeting met haar nuwe buurman, Simon, is allesbehalwe aangenaam. Reeds met die intrapslag dring hy daarop aan dat sy haar geliefde hond, Rudolf, van sy eiendom kom verwyder. Al hou hy nie van honde nie, voel sy steeds verplig om die nuwe intrekker touwys te maak op die dorp.

Simon keer terug na Bloubaai na twintig jaar in Hollywood as ‘n suksesvolle draaiboekskrywer. Al wat hy wil hê, is om uitgelos te word. Na ’n morsige egskeiding wat in die openbaar afgespeel het, sal hy enigiets doen om sy privaatheid te beskerm.

Maar Simon kom gou agter dat dit nie so maklik is om Ellie afgeskud te kry nie. Buitendien is hy nie meer so seker dis wat hy wil hê nie...

Sinkplaatpad Na Liefde (Afrikaans, Paperback): Jaco Versfeld Sinkplaatpad Na Liefde (Afrikaans, Paperback)
Jaco Versfeld
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Deziré Kriek, ‘n bestuursinstrukteur, sukkel om kop bo water te hou en die enigste manier waarop sy haar onderneming kan red is om ‘n kontrak te sluit met ‘n wildsplaas wat gevorderde bestuursopleiding vir hulle werknemers wil hê. Nico, die veearts op die wildsplaas, maak egter haar knieë lam en dreig om haar fokus van haar onderneming af te haal. Boonop het die wildsplaas se finansiële bestuurder, Kylie, ook háár oog op die aantreklike diere-dokter. Die verhouding tussen Deziré en die Nico ontwikkel in meer as net ‘n werksverhouding tydens ‘n safari na Botswana. Sake word egter bemoeilik wanneer Nico se sesjarige seun uit ‘n vorige huwelik, verdwyn. Terug in Suid-Afrika probeer Kylie alles in haar vermoë om Deziré en Nico uit mekaar uit te hou. Maar gaan sy daarin slaag?

As Die Sterre Kon Praat (Afrikaans, Paperback): Corne van Rooyen As Die Sterre Kon Praat (Afrikaans, Paperback)
Corne van Rooyen
R110 R79 Discovery Miles 790 Save R31 (28%) In Stock

Jare gelede het Amelia Henning haar hart gesluit vir enige vorm van die liefde. By Enigma, die wildreservaat waar sy werk, staan sy bekend as die katvrou met haar kennis en liefde vir luiperds.

Amelia vind dit moeilik om vriende te maak totdat sy vir Justin Mills ontmoet. Met sy grasgroen oë en terglustige glimlag help hy haar om uit haar dop te kruip. Hoe meer tyd hulle saam deurbring, hoe sterker word haar gevoelens vir hom. Sy veg daarteen, maar tog kan sy nie ontken dat sy begin verander nie. Sy is nie meer die kwaai, stroewe mens van voorheen nie en weet Justin is deel van die verandering.

Haar verlede bly egter in die pad staan van haar emosies. Gaan sy toelaat dat die verlede haar toekomstige geluk steel, of gaan sy haar hart oopmaak teenoor Justin?

Sutherlandbroers 1: Alan (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Sutherlandbroers 1: Alan (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R110 R79 Discovery Miles 790 Save R31 (28%) Ships in 7 - 11 working days

Toe Alan Sutherland en sy broers by haar blommewinkel inbars, vervies Corinne Hansen haar dadelik vir die Skot. Hy mag dalk dodelik aantreklik wees, maar hoe durf hy vir haar sê sy is nie sy tipe nie? Sy sal hom eenvoudig ’n les moet leer...

As mede-eienaar van ’n groot maatskappy, is Alan nie net op soek na ’n trouvrou nie, maar ook ’n sakevennoot: Iemand wat stemmig is, gedienstig is, die pad vir hom gelyk kan maak. Met haar vreemde klere, ritse armbande en vurigheid is Corinne allesbehalwe stemmig.

Sal Alan sy kop volg en aanhou soek na die vrou wat netjies by sy planne inpas of sal hy swig voor dít wat sy hart wil hê?

Soeter As Nougat (Afrikaans, Paperback): Lizelle von Wielligh Soeter As Nougat (Afrikaans, Paperback)
Lizelle von Wielligh
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Ongelukkig spook Stella se verlede nog te veel by haar om die toekoms met albei hande aan te gryp. Sy voel ook nie gereed om te deel wat vyf jaar gelede op Ridgeway gebeur het nie – al vertel die tatoes op haar liggaam ʼn groot deel van die storie.

Hart Van Goud (Afrikaans, Paperback): Didi Potgieter Hart Van Goud (Afrikaans, Paperback)
Didi Potgieter
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Op die oog af lyk dit of daar niks is wat Stella Smith nie kan doen nie. Sy kan dans met ʼn skinkbord vol drankies, haar stempel afdruk as sy saam met ’n gewilde country groep sing, ʼn lekkende kraan en stukkende pyp regmaak, blomme rangskik en selfs kerkorrel speel. Daar is egter iets wat sy nie kan doen nie: om normaal op te tree as Kyle White in die vertrek is.

Kyle het sy toekoms en sy loopbaan deeglik beplan. Hy is op pad San Francisco toe. Daar sal hy nie net die seun van ’n goewerneur wees nie, maar ʼn talentvolle argitek in eie reg.

Ridgeway is net ʼn vinnige stop voor dan, maar die ongelooflike sexy kroegmeisie Stella maak gevoelens in hom wakker en krap sy planne deurmekaar.

Lulu En Die Liefdeghoeroe (Afrikaans, Paperback): Ida Bester Lulu En Die Liefdeghoeroe (Afrikaans, Paperback)
Ida Bester
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Ná ’n verhoudingsdroogte van twee jaar, raadpleeg arbeidsterapeut Lulu du Randt ’n man wat hom uitgee vir ’n verhoudingsraadgewer.

Onbewustelik skop sy Kobus Botha, alias Romeo Montague, se voete heeltemal onder hom uit met hul eerste ontmoeting. Hy trap tydens die sessie só klei dat Lulu eerder op die rak sal bly sit as in sy kamtige spreekkamer. Dit neem nie lank nie voordat sy besef dat die einste Kobus baie beter vaar in die liefde se praktiese sy as met die teorie. Kobus se vriende maak die lewe ook nie vir hom makliker wanneer dit kom by sy verhouding met Lulu nie.

Sy word Kobus se grootste uitdaging en hy werp alles in die stryd tot geluk. Maar is dit genoeg om Lulu se hart te wen?

Sneeuvlokkies En Rooiwyn (Afrikaans, Paperback): Judy Troskie Sneeuvlokkies En Rooiwyn (Afrikaans, Paperback)
Judy Troskie
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Amelia besef haar besluit om te gaan kyk waar haar wortels tussen die Rooiberge in die Noord-Oos-Vrystaat begrawe lê, is onverstaanbaar vir haar aangenome familie. Sy wil egter antwoorde gaan soek. Wie was haar biologiese ma regtig en waarom het geen familie haar probeer opspoor na haar ma se skielike dood toe sy nog ‘n baba was nie?

Tussen die stofstrate van Clarens vind sy egter meer as waarop sy gereken het en verloor haar hart onverwags in die proses. Dirk word daardie iemand êrens wat sy so heldhaftig in haar dagboek aangeteken het, maar nooit gedink het sy eendag gaan ontmoet nie.

Net jammer sy is nie seker waar “klitsgras Christie” in sy lewe pas nie.

Nuwe Vlam Vir Vincent (Afrikaans, Paperback): Cecilia Nortje Nuwe Vlam Vir Vincent (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Nortje
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Ou liefde roes nie, selfs nie eers op jou oudag nie.

Dít ontdek Mara toe Vincent vyftien jaar na hulle egskeiding weer haar buurman word. Die ou vonk is onmiddellik terug, maar so ook al die ou koeie uit die verlede. Vincent het in die vyftien jaar ná hul egskeiding ‘n hele harem vroue vir hom bymekaar gemaak met ‘n string mislukte verhoudings. Wanneer sy pad weer met Mara kruis, besef hy dat sy nog altyd sy hart in haar hande gehou het en dat hy nie ‘n tweede kans op geluk wil verloor nie.

Maar vir Mara lyk dit of Vincent weer besig is met sy ou streke. Sy stel glad nie belang in Vincent en sy skielike vlerkslepery nie. Sal hul harte mekaar weer kan vind? Of het Mara haar hart vir ewig teenoor Vincent gesluit?

Hoe Om 'n Hart Te Steel (Afrikaans, Paperback): Didi Potgieter Hoe Om 'n Hart Te Steel (Afrikaans, Paperback)
Didi Potgieter
R110 R79 Discovery Miles 790 Save R31 (28%) Ships in 7 - 11 working days

Binne ‘n kwessie van ‘n dag val Milan se lewe uitmekaar en verloor sy alles. Teensinnig moet sy Albert du Randt se hulp aanvaar. Sy is egter moeg daarvoor dat mans haar boelie, en Albert is juis die soort man wat daaraan gewoond is om te kry wat hy wil hê. Boonop is hy net te diep gewortel in die verlede waarvan sy graag wil wegkom.

Albert se lewe is netjies en agtermekaar en hy het reeds die ring gekoop vir iemand wat uitstekend daarin pas. Maar die loskop Milan maak dinge in hom wakker wat eerder slapend moes bly. Toe Milan in die tuinwoonstel op sy erf intrek, help dit ook niks om die effek van haar liggaam op sy sintuie te verdoof nie.

Die vonk tussen hulle word vinnig ‘n vuur, en Milan wonder of sy ooit ‘n man soos Albert se hart sal kan steel.

Liefde Genees (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Liefde Genees (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R110 R79 Discovery Miles 790 Save R31 (28%) In Stock

Dokter Madeline du Bois se man verkul haar met ʼn verpleegster en sy besluit om die huwelik te beëindig. Sy doen aansoek vir ʼn pos in die Kaap by die nuwe Jonkershoek-kliniek buite Stellenbosch waar sy die eienaar, dokter Brian Thompson, ontmoet.

Madeline voel dadelik sterk aangetrokke tot Brian, al is sy nou versigtig vir mans. Brian reken hy rou nog oor sy oorlede vrou, maar besef ook dat hy Madeline nie kan weerstaan nie. Nie een van die twee beoog weer ʼn verhouding nie, maar hulle kan ook nie die aantrekkingskrag tussen hulle ignoreer nie.

Sal hulle die vele uitdagings kan oorwin en toelaat dat die liefde ou wonde genees?

Jy's My Kersgeskenk (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Jy's My Kersgeskenk (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R110 R79 Discovery Miles 790 Save R31 (28%) In Stock

Nicola moet fokus op haar nuwe werwingsagentskap, en nie dagdroom oor Etienne Fouché, een van die direkteure van DFHM Capital nie. Sy wil in elk gev al nooit trou nie, want sy kom uit 'n huis vol konflik en drama. Dit is beslis iets wat sy nooit weer in haar lewe wil hê nie.

Maar toe daag Etienne by haar werkplek op. Hy't nie geweet sy is die Nic Ackerman met wie hy 'n afspraak het nie, en al die gevoelens wat sy - én hy - die afgelope ses maande probeer onderdruk, borrel na die oppervlak. Hy soen haar, maar is baie gou om vir haar te sê sy voldoen nie aan die vereistes wat hy stel vir sy toekomstige vrou nie. Anders as sy twee vriende saam met wie hy in die kinderhuis was, wil Etienne wel eendag trou.

Nicola voldoen net glad nie aan een van sy vereistes nie. Maar hoekom is sy die enigste vrou by wie hy wil wees? Die lug vol Kersmusiek kan 'n man dalk net van plan verander...

Matrone Op 'n Harley (Afrikaans, Paperback): Rina Cilliers Matrone Op 'n Harley (Afrikaans, Paperback)
Rina Cilliers
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Charlotte Beyers doen aansoek vir ‘n pos as matrone by die indrukwekkende Shalom Verpleegkundige Kliniek. Sommer met die intrapslag spring sy en die formidabele baas van die kliniek op ‘n verkeerde voet weg. Volgens hóm lyk sy nie soos wat ‘n matrone behoort te lyk nie, verál nie toe sy met ‘n Harley by die kliniek arriveer nie.

Wie weet hoeveel tatoeërmerke onder die sexy leeruitrusting verberg word? Gaan Charlotte haar man kan staan teen die aanvanklike teëstand van die personeel, en veral die antagonisme van haar hoofsuster? Gaan sy bestand wees teen die sterk persoonlikheid van haar aantreklike baas, veral as sy bewus word van emosies wat hy in haar ontketen. Gaan sy weer toelaat dat ‘n man beheer neem van haar lewe? Mag sy die een man oordeel aan die hand van ‘n ander man se neiging tot mishandeling?

Eers wanneer sy weer volkome vertroue kry, kan sy die liefde eien en aanvaar.

'n Warrelwind (Afrikaans, Paperback): Dina Botha 'n Warrelwind (Afrikaans, Paperback)
Dina Botha
R110 R79 Discovery Miles 790 Save R31 (28%) Ships in 7 - 11 working days

Geskeide Lillian Henderson se beste vriendin, Elzibi Cronjé, beplan 'n familiefees en vra of haar drie ongetroude broers tydens die Kerstyd by Lillian kan tuisgaan. Tot haar argwaan daag Louis, die oudste van die drie ongetroude broers, 'n week te vroeg by haar huis op.

Sy laat hom goed verstaan dat hy nie heeldag op haar bank kan sit en niks doen nie, en steek hom in die werk. Sy sleep hom saam winkels toe sodat hy haar Kersfeesaankope kan dra, help geskenke toedraai en selfs dat om in die kombuis help. Louis is boonop 'n regte ou knorpot en hou haar op 'n afstand, maar ten spyte daarvan kan sy hom net nie uit haar gedagtes kry nie. Daar is egter net een probleem: Louis woon in die Kaap en is met sy werk getroud.

Daar is nie plek vir 'n vrou in sy besige lewe nie. Op haar beurt glo Lillian nie in langafstandverhoudings nie. Die grootste stryd tussen die twee is egter om seker te maak hul vakansieromanse eindig nie in een van hul slaapkamers nie.

As Die Liefde Kom (Afrikaans, Paperback): Corne van Rooyen As Die Liefde Kom (Afrikaans, Paperback)
Corne van Rooyen
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Mianke, is ′n romanskrywer, maar glo nie aan die liefde nie. Vir haar is liefde bloot ′n mite, nes feëverhale. Haar aanstaande swear vra haar om uit te help op sy vriend se wildreservaat.

Vanaf die intrapslag laat hy haar hart vinniger klop. Gaan sy ingee tot die liefde?

Tuiskoms Van Die Hart (Afrikaans, Paperback): Marile Cloete Tuiskoms Van Die Hart (Afrikaans, Paperback)
Marile Cloete
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Elsbet Minnaar keer terug na Suid-Afrika ná sy lank in die buiteland netbal gespeel. Sy is tuis vir een doel: Om behandeling vir haar depressie in ‘n kliniek te ontvang. Niemand is bewus van haar stryd met depressie nie, want sy beplan om terug te keer na Australie sodra sy uit die kliniek ontslae word en verkies om dit geheim te hou.

Sy word genoodsaak om haar eerste aand oor te slaap in Brent, ‘n ou skoolkennis, se huis in die Boland. Sy vertrek die volgende oggend na die kliniek, gerus dat Brent nie weet van haar planne nie. ‘n Paar dae later daag Brent egter by die kliniek op nadat ‘n vriend toevallig gehoor het van haar opname. Elsbet is sy geskok, maar Brent maak dit gou duidelik dat hy haar deur die proses gaan bystaan. Hul v erhouding ontwikkel geleidelik en kort voor lank besef ablei dat daar sterk gevoelens is wat nie geïgnoreer kan word nie.

Maar Elsbet moet egter eers besluit of sy haar internasionale netballoopbaan gaan laat vaar ter wille van liefde, en of sy van Brent gaan probeer vergeet en terug keer Australië toe.

Paradyseiland (Afrikaans, Paperback): Elsa Drotsky Paradyseiland (Afrikaans, Paperback)
Elsa Drotsky
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Anabel Verhage is die enigste dogter van welgestelde ouers en het pas klaar studeer. Sy gaan kuier by haar tante Jinni op die Seychelle terwyl sy werk soek op die internet, min wetende dat sy meer as net werk op die eiland gaan ontdek.

Dokter Jerome D`Espeville is geskei en het ʼn vyfjarige dogtertjie. Hy woon saam met sy geliefde stiefma, Jinni, in ʼn groot plantasiehuis op die eiland. Hy is nie haastig om weer te trou nie, al het sy teatersuster haar oog op hom.

Anabel se teenwoordigheid in die huis kom krap Jerome se kop heeltemal deurmekaar. Saam met haar ontdek hy weer die ligter sy van die lewe en begin hy weer in liefde hoop. Maar sal Anabel sy verlede en kind aanvaar en ’n kans op geluk waag?

Liewer As Lief (Afrikaans, Paperback): Zinet Oostuizen Liewer As Lief (Afrikaans, Paperback)
Zinet Oostuizen
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Anika was maar al te bly toe Ivan, haar vriend, so vinnig vir hul albei werk gekry het by die magtige eiendomsmagnaat, EVS. Dinge het aanvanklik goed begin, totdat die ontwikkelaar, Hugo, Anika se voete onder haar uitslaan.

Anika sukkel om ʼn balans te vind tussen haar nuwe werk en haar gevoelens vir Hugo. Wat sy nie besef nie, is dat daar veel meer in die familiebesigheid skuil. Hugo is nie wie hy sê hy is nie, en Ivan is nie die vriend wat sy gedink het sy ken nie.

Boonop is daar ʼn ondersoek na bedrog geloods en Anika is die hoofverdagte. Hoe sal die nuutgevonde liefde die stryd wen tussen al die misverstande, leuens en korrupsie?

'n Hart Wat Pas (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler 'n Hart Wat Pas (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die liefde en warmte van die Steyn-gesin waarvan Sabella deel geword het toe haar broer met hulle dogter getroud is, is nie iets wat sy ken nie. Sy het hoë mure om haar hart en baie slotte aan haar voordeur om seker te maak sy is veilig en kry nie weer seer nie.

Alles verloop seepglad totdat Hardus Steyn, ’n hartebreker en wingerdboer, haar soen. Hardus is ’n man wat dinge wil doen, probleme oplos en sy geliefdes beskerm en help. Trou en kinders kry was egter nog nooit deel van sy toekomsplanne nie. Totdat hy vir Sabella Morkel soen.

Skielik het hy ’n hart gekry wat by syne pas, maar is hy bereid om al sy planne te verander ter wille van liefde?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Katvis
Annelie Botes Paperback R300 R240 Discovery Miles 2 400
Bloedsomer
Sidney Gilroy Paperback R350 R255 Discovery Miles 2 550
Vrydagaand
Elsa Winckler Paperback R310 Discovery Miles 3 100
Die Wet Van Gauteng
Hannes Barnard Paperback R330 R284 Discovery Miles 2 840
Rut & Boas - 'n Liefdesverhaal
Barend Vos Paperback  (1)
R245 R211 Discovery Miles 2 110
Heiliger
Dibi Breytenbach Paperback R280 R241 Discovery Miles 2 410
As Die Katjiepiering Blom
Audrey Jantjies Paperback R265 R228 Discovery Miles 2 280
Een Voet Innie Kabr
Gaireyah Fredericks Paperback R280 R200 Discovery Miles 2 000
Doolhof
Rudie van Rensburg Paperback R330 R284 Discovery Miles 2 840
Polsslag
Marie Lotz Paperback  (1)
R335 R288 Discovery Miles 2 880

 

Partners