Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Showing 1 - 25 of 1212 matches in Fiksie
Toe Ami hoor dat ’n man voor haar gim geskiet is, weet sy daar is
moeilikheid. Hoekom is die Valke op die misdaadtoneel? Was dit ’n
sluipmoord? En wat is dit wat die speurder optel en in sy sak druk?
Voor Ami hierdie raaisels kan oplos, kruis haar pad met dié van ’n
Duitse joernalis wat bewerings van ’n ontstellende voorval in Mosambiek
ondersoek. Is daar werklik ’n verband tussen die twee stories?
Kan jy vlug van wie jy regtig is?
Petunia Moraleng, voormalige stasiebevelvoerder op Parys, is haar rang kwyt en oorgeplaas Mooibaai toe. Die bedompige klimaat voel soos ’n tronksel en sy mis die ooptes van die Vrystaat en, daarmee saam, bekostigbare blyplek. Speursersant JP Hendriks, aan wie sy deesdae rapporteer, toon boonop nie ’n greintjie simpatie nie. Een Vrydagoggend in Desember vang ’n vakansieganger met sy hommeltuig se kamera ’n afgryslike toneel vas. Tussen die voetstukke van ’n geroeste windpomp in ’n afgeleë stuk veld wat grens aan ’n staproete, lê ’n bebloede bondeltjie mens. Minder as 24 uur later word ’n foto van nóg ’n slagoffer iewers in ’n stegie van die onderdorp soos ’n veldbrand op sosiale media versprei. Wat het Die Clowns, ’n Russiese skeepskaptein en die matriarg van die vooraanstaande Heemstra-familie se testament gemeen? En waar kom die albaster wat in die eerste slagoffer se hand vasgeknyp is, vandaan? Petunia en JP bevind hulself oornag as die hoofondersoekers in ’n duistere moordsaak.
Hierdie boek is ’n hersiene weergawe van Emma is g’n engel nie (2011). Emma dra verskriklike verwyte in haar binneste rond. Sy het iets vreesliks gedoen en dit kou aan haar. Sy voel al klaar moeilik om lief te hê met haar mollige lyf en haar vaal gelaatstrekke. Miskien as sy ook funky en blond en pret kon wees sou sy liefde kon vind. Sy wil ook weet hoe dit voel om iemand se arms styf om jou te voel … iemand soos Burger Botha. Dis ’n eensame pad wat sy stap en die laaste mense by wie sy kan troos soek is haar ma en suster. Die Bybelversies van haar kindertyd weergalm in haar kop en herinner haar dat sy eintlik maar ’n closet Christen is. Sy weet wat sy verkeerd gedoen het, wat sy aangevang het, maar hoe gaan sy dit regmaak? Waar begin sy om na vergifnis te soek? As ’n mens nie van jouself hou nie is dit moeilik om te glo dat iemand anders van jou sal kan hou. En as Emma nie haarself kan vergewe, of vir haarself lief kan wees nie, wie sal ooit kan? Sy voel allesbehalwe soos ’n engel, eintlik meer soos ’n duiwel, om die waarheid te sê. Haar skuld is te swaar om alleen te dra. Emma het gehoor dat bevryding jou vlerke gee, en daar is soveel engel-vroue rondom haar met vlerke. Dalk kan hulle haar help om haar eie vlerke te kry sodat sy uiteindelik vry en haarself kan wees.
'n Student se dood in die berg by Stellenbosch lyk verdag. 'n Oud-recce vermoor as 'n boodskap. Aan iemand: Hou julle bekke. 'n Korrupte politikus se lyk in die sandkuil van Arabella se sestiende putjie. Met 'n onontsyferbare kode daarby. 'n Mooi veldgids, gewerf as 'n heuningwip vir die grootste dollar-rooftog in die land se geskiedenis. En staatskapers wat elkeen van die ondersoeke saboteer. Jy't 'n koel kop nodig om dit alles te ontrafel, om die enorme druk te kan hanteer. Jy moet kalm en gefokus en nugter wees. Maar Bennie Griessel se kop is nie koel nie. Hy's bedruk. Bekommerd. Bevrees. Want op 12 Junie moet hy trou, 'n datum wat op hom afkom soos 'n sneltrein. En hy's glad nie reg vir dié ding nie. Dis 'n resep vir 'n ramp. Griessel en Cupido is terug. Hier kom moeilikheid, GROOT moeilikheid.
Dis twee jaar ná ’n oudkollega Julia en haar seun Rudi se lewe hel gemaak het. Maar die inwoners van Kosmoslaan het herstel en aanbeweeg. Dit blyk op die oppervlak asof dinge weer vreedsaam is in Kosmoslaan. ’n Knorrige man met ’n fyn meisiekind en ’n hartseer verlede trek in Ida se huis in. Vanaf die eerste oomblik wat hy trompop in haar vasloop, ontwrig hy Julia se lewe. Watse verspottigheid laat haar nou skielik op twee-en-veertig in vervoering raak oor ’n befoeterde man? En wie saboteur haar en Rudi se eiendom skielik? Ida voel en lyk soos ’n ou en halwe vrou na ’n ontdekking. En Alma se Jurie is deesdae so omgekrap dat niemand met hom kan huishou nie. Ellie en Justin smag steeds na ’n baba van hul eie na haar vorige miskraam, terwyl hul grootste wens soos ’n ryp perske in Hugo en Claire se skoot val. Ellie smee egter ’n onverwagse band met ’n kinderhuismeisie wat gereeld by Marella se teruggetrokke seun, Bouwer, kuier. En Bouwer is nie Marella en Lourens se enigste bekommernis nie. Marella voel deesdae nie haarself nie ... Boonop kom Klein-Lourens met groot nuus wat sy en Sabina se lewens kan verander. Daar is dinge wat broei in Kosmoslaan en die vriende en families tot hulle uiterstes toets. Gelukkig is daar ook engele in Kosmoslaan.
Reghardt du Toit is ’n bekende sanger met die wêreld aan sy voete. ’n Ernstige ongeluk verander sy lewe onherroeplik. As gevolg van gehoorverlies, is sing skielik buite die kwessie. Hy gaan soek na ’n nuwe begin in die klein WesKaapse dorpie van Philadelphia. Hier maak Reghardt ’n boetiekrestaurant oop terwyl die dorpie en inwoners in sy hart inkruip. ’n Dokter met ’n praktyk in die naburige Malmesbury trek ook met sy gesin en ’n geheimsinnige au pair na Philadelphia. Die plaaslike dominee se dogter is ’n internasionale model en haar pa se enigste kind. Sy weet sy presies wat sy in die lewe wil hê. Sy spits haar toe daarop om Reghardt se hart te verower. Die dowe sanger fokus egter daarop om mentor te wees vir ’n seun wat sy eie sangtalent wil slyp. ’n Skokkende tragedie bring ’n onverwagse wenteling in almal se lewens. Sal Reghardt genoeg liefde en vergifnis kan vind om die ontrafeling wat volg te weerstaan, of sal alles weer inmekaartuimel?
Mia Steyn is nog bloedjonk wanneer haar broer haar een laatmiddag by ’n losieshuis in Bloemfontein, aflaai. Dis toe sy ’n stowwerige boekwinkel instap dat Mia besef dis waar sy wil werk. Kort voor lank vind sy haar voete, én verloor sy haar hart. Die laaste kanariegeel notaboek is die jongste roman uit die pen van blitsverkoperskrywer Anchien Troskie. Niks is ooit soos dit lyk op die oppervlak nie, besef ’n mens weer met die lees van hierdie aangrypende storie binne 'n storie.
Die nuwe Afrikaanse prosaboek is ’n viering van verskeidenheid. Dit bied ’n verruimende, vars blik op die Afrikaanse kortverhaal met sowel klassieke verhale deur welbekende skrywers asook voorheen ongepubliseerde verhale deur nuwe stemme. Jan Rabie, wat in die laat-1950’s die kontoere van die literêre landskap verlê het met sy soms absurde, soms filosofiese, soms politieke “prosas”, dien as inspirasie.
In die Oos-Kaapse veld maak ’n skrywer haar in sy verbeelding staan: Vir Decima – ’n formidabele swartrenosterkoei. Haar dogter, Tandeka, is dragtig, en die handvol renosters sien uit na die kalf se koms in die lente. Maar vir Decima is daar vrees wat met elke volmaan in haar opwel. Sy kan steeds die gebeure onthou wat haar baie seisoene vantevore wees gelaat het. Al werkend aan Decima se verhaal, is Eben. Hy vra: Hoe skryf mens oor hierdie dier as gevoelvolle wese? Deel van die storie is die verskillende karakters wat ’n impak op die lot van die renosters het: stropers, hul kliënte, beoefenaars van tradisionele medisyne, ook die bewaarders. En tussendeur is daar Eben se brose ma wat in die land agtergebly het. Soos hy sy weg vind deur die bladsye van sy manuskrip, is dit die stem van Decima wat die suiwerste in sy gedagtes klink. Eben Venter se boek kombineer outofiksie, fabel, ’n speurverhaal en die wetenskap, en is ’n dringende pleidooi vir die bewaring van een van die wêreld se megaherbivore. Decima is ’n elegiese werk vir baie stemme waarin die skrywer die aard van verlies in sy vele gestaltes besing en besweer.
Mariette en Hannes was mekaar se skoolliefdes.Twaalf jaar later kruis hul paaie weer. Nou is hy Hank Grey, die bekende Hollywoodster, en sy bestuur ’n agentskap wat lyfwagte en beskerming aan BBP’s bied. Kort voor lank begin die vlamme van hul vergete liefde brand.
Wanneer oom Fanie, ’n pa van nege lewenslustige seuns, se plaas te klein word, gee hy die opdrag: “Uitspring, kêrels!”. Vir die ouer broers wat moet “uitspring” en hul eie potjie moet gaan krap, is hierdie woorde die begin van ’n groot avontuur. Maar om uit te spring is nie vir sommerso nie. Waar gaan die seuns plase kry? Wat moet hulle op hulle waens laai? En sal hulle alles onthou wat oom Fanie hulle geleer het?
'n Storie oor twee dapper tieners, Johannes en Dina, tydens die dodelike griepepidemie van 1918. As die enigste oorlewendes uit hul gesinne op twee buurplase in die Sandveld kruis hul paaie met oom Andries, 'n dorpenaar wat ook sy hele gesin verloor het. Tesame met Lya, wat vir Johannes help grootmaak het, durf hulle verskeie aanslae aan - van wilde diere en boewe tot die regering se beleid oor weeskinders en die eienaarskap van plase.
Isabelle (1932, Willemien se dogter) is 'n opstêrs Ierse gravinnetjie met 'n passie vir skilder, maar sy voel die verantwoordelikheid van haar gravinskap swaar op haar rus, veral toe sy besef dat haar titel bepaal met wie sy mag trou. En des te meer toe sy op 'n bywoner wat klei uithaal op hul plaas in Suid-Afrika verlief raak.
Fleur (1938), 'n Malherbe met suiwer Hugenotebloed in haar are, is die eienares van 'n verwaarloosde wynplaas en 'n groot hoop skuld, maar sy weet min van wynmaak en niks van wingerde nie. En dan kom Christiaan Davel aan in die vallei. Hy weet alles van wingerde en wyn af en laat haar hart skoon op galop gaan, maar hy is 'n Transvaler en boonop lief vir iemand anders.
Dat die dokter wat mynbaas Hans-Peter Kranz aangestel het al die tyd ’n vrou is, het die dorpenaars op Kolmanskop vroeg in die twintigste eeu heeltemal oorhoops. Dokter Alexandra Stackelberg kom om die x-straalmasjien by die diamantmyn te bedryf – nie bloot om mediese redes nie, maar ook om diamantdiewe vas te trek. Haar werk raak ’n morele dilemma en twee mans ding mee om haar aandag, terwyl oorlogswolke op die horison saampak... Soos Kolmanskop se mense deur die sand sif na diamante, so sif een van hulle later jare deur herinneringe, op soek na sekerheid en die waarheid agter een van hulle se dood. Hemel en aarde en ons is ’n whodunit met ’n konsepsuele kinkel, ’n verkenning van identiteit, bewussyn, verwording en vergetelheid.
Twee gewese speurders word koelbloedig langs 'n plaasdam afgemaai. En Kassie en Rooi moet die moordsaak oorneem by 'n uitgedunde Paarlse speurspan wat al 'n week lank daarmee kleitrap. Met die ooglopendste aspekte van die ondersoek reeds afgehandel, voel dit vir Kassie of hulle 'n saak erf waarvan die karkas klaar skoon gevreet is. Kassie bevraagteken egter die Paarliete se afleiding dat diefstal die motief vir die moorde was. Wanneer hy en Rooi ander moontlikhede ondersoek, begin dinge doller as kopaf raak. Geraamtes uit die verlede, 'n oud-lid van die Brixtonse Moord en Roof-eenheid, 'n leier van 'n eens berugte tronkbende, en 'n swendelaar wat die grootste maatskappy-gekonkel sedert Steinhoff orkestreer, sorg vir talle vrae waarvan die Spookeenheid-speurders probeer sin maak. En sit daar dalk iemand anders agter die man wat die sneller getrek het? Om sake vir Kassie te vererger, beleef hy 'n yslike persoonlike krisis wat hy nie weet hóé om te hanteer of op te los nie.
Wanneer ʼn man doodgeskiet word deur sy vrou in hul pragtige huis in die noordelike voorstede, besef die bure dat hulle dalk nie die oënskynlike gelukkige paartjie langsaan baie goed geken het nie. Stories oor MJ en Emilee loop skielik die buurt vol, stories wat net so uiteenlopend is soos Salemstraat se inwoners. Almal, van die oud weermagman Stefaans tot die mooie Russiese Natasja, onthul ’n nuwe blik op die paartjie. Dit val grootliks op die skouers van dr. Ann, afgetrede psigiater, en Liz, die jong prokureur met ’n voorliefde vir hoëprofiel-egskeidings, om uit te vind watter stories waarheid inhou en wat blote bog is. Maar hoe dieper hulle grawe, hoe meer geheime word verklap, en een ná die ander kom die middelklas geraamtes uit die instapkaste getuimel. Een ding is egter seker: Satan het nog altyd in die suburbs geskuil.
Internasionaal gevierde misdaadskrywer Deon Meyer se bundel tydskrifverhale Bottervisse in die jêm het in 1997 verskyn. Nou is dié lekkerleesverhale in ’n splinternuwe, hersiene gedaante te kry, mét vyf verhale wat nog nooit voorheen gebundel is nie, onder andere "Die ballade van Robbie de Wee". Elke verhaal ontlok ’n gevoel van deernis met die karakters, of ’n uitbundige skaterlag. En die romantiek bly nie agterweë nie. Van eerste tot laaste krul die leser se tone van pure leesplesier.
Die donker het 'n manier om jou in te haal. Op die plaas Die Laagte in die hartjie van die Boland, waar vyf geslagte Jouberts 'n bestaan gemaak het, word Tina in 'n huis vol donkerte groot: Daar is haar bullebakpa, Servaas, haar sagte, maar swakkelingma, Annie, en haar outboet, Sarel, die “sondekind”. Wanneer haar pa sy woede op hulle uithaal, paai haar ma: “Vergewe hom maar. Sy kindertyd was donker.” In 'n poging om van haar eie donker kindertyd te vlug, word Tina uiteindelik 'n verpleegster. In stede van haat, sal sy heling bring. Sy kom egter gou agter dis nie so maklik om van jou verlede te ontsnap nie, en die donker het 'n manier om jou in te haal.
Hoe Sara Koordom op Rooiduin in die verre Noord-Kaap aangeland het, is ’n raaisel. Sy het gekom soos die woestynwind – een dag was sy daar, en niemand weet van waar nie. En hoekom sy op Rooiduin bly, is selfs ’n groter raaisel. Dis nie lank nie of die hele dorp merk op watter raakvatter Sara is. Tot meneer Thüneman van die Algemene Handelaar het gevra of sy twee keer ’n week die pos kan kom uitsorteer. En vir klein Kuikentjie Boskat is sy soos ’n eie ma. Sara voel veral tuis by ouma Spriet en oom Alles, wat met die helm gebore is. En by ant Korreltjie, wat haar geleidelik leer van patrone uitlê en rokkies maak. Maar die bedreiging wat Piet Boskat inhou, roep die spoke van Sara se verlede op. Kan sy vir haar ’n weg ooptrap om vry te kom van die gevare van die hede én van die verlede? En terselfdertyd die mense beskerm vir wie sy so lief geword het? ’n Aangrypende, meelewende roman deur die skrywer van die hoog aangeskrewe debuut Die kinders van Spookwerwe.
Sophie word in die middel van die nag uit haar bed gegryp en weggedra deur ’n reus met tennisbaan-treë en enorme groot ore. Maar Sophie is gelukkig. Die GSR is baie sagmoediger as sy afgryslike bure, wat vir ’n tydverdryf elke nag slapsoetige kidderen opgopsel . . .
In 1837 het ’n engel aan ’n jong skaapwagter verskyn, en die weerklank van hierdie gebeurtenis in sy eie lewe en dié van ander mense oor ’n tydperk van anderhalwe eeu is die onderwerp van dié uitsonderlike roman. Die verlede is “’n ander land . . . ’n netwerk wat saamgeweef is uit werklikheid en herinnering”.
In 2020, tien jaar nadat Sabine uit die Laeveld weggesteier het, keer sy terug om nog net een maal weer hulle familieplaas Donkerhoek te sien en ’n neersitplek te soek vir die bondel wat sy al so lank saamdra. Sy het egter nie ’n telefoonnommer vir die nuwe eienaar nie en Google Maps weet nie van so ’n plek nie. In tien jaar het die aarde hierlangs geswig voor grondeise en armoede en die media berig van ’n onbekende virus wat reeds dood op die planeet begin saai het.
In die somer van 1838 vertrek die Voortrekkerleier Piet Retief en sowat 100 man na die Zoeloekoning Dingaan om oor grond vir die trekkers te onderhandel. In die laer by Doornkop wag sy vrou Magdalena op hulle terugkeer. Die afloop van hierdie sending na Dingaan is wyd opgeteken as die Slag van Bloedrivier. Byna 180 jaar later is Hanna op soek na wat ook al Magdalena nagelaat het. Vroeg in hierdie soektog loop Hanna haar vas in ’n plaasmoord waarvoor sy nie antwoorde het nie. Bitter min is bekend oor Magdalena en haar lewe ná 1838, buiten haar brief in 1841 aan haar skoonfamilie. In Pietermaritzburg staan haar huisie vandag nog, nou ’n klerewinkel. Kort voor haar dood in 1854 besoek ’n handelaar haar in Potchefstroom en staan in sy boek ’n paragraaf aan haar af. Al wat ons het, is vandag en elke mens vertel ’n storie anders. Van ver af is niks soos dit vir ons lyk nie. “Bloedlelie is ’n merkwaardige en belangrike roman uit die pen van ’n vaardige, gesoute skrywer. Verskriklike en weersinwekkende gebeure sowel as hedendaagse politieke kompleksiteite en strydpunte word met ’n seker hand uitgebeeld. Tegelykertyd is hierdie roman die verhaal van Magdalena Retief, die grootliks onbesonge vrou van Pieter Mauritz Retief.” - Helene de Kock |
You may like...
|