0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R50 - R100 (14)
  • R100 - R250 (14)
  • R250 - R500 (3)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Fiksie

Showing 1 - 25 of 31 matches in Fiksie

Hemel En Aarde En Ons (Afrikaans, Paperback): Zirk van den Berg Hemel En Aarde En Ons (Afrikaans, Paperback)
Zirk van den Berg
bundle available
R300 R219 Discovery Miles 2 190 Save R81 (27%) In Stock

Dat die dokter wat mynbaas Hans-Peter Kranz aangestel het al die tyd ’n vrou is, het die dorpenaars op Kolmanskop vroeg in die twintigste eeu heeltemal oorhoops. Dokter Alexandra Stackelberg kom om die x-straalmasjien by die diamantmyn te bedryf – nie bloot om mediese redes nie, maar ook om diamantdiewe vas te trek. Haar werk raak ’n morele dilemma en twee mans ding mee om haar aandag, terwyl oorlogswolke op die horison saampak...

Soos Kolmanskop se mense deur die sand sif na diamante, so sif een van hulle later jare deur herinneringe, op soek na sekerheid en die waarheid agter een van hulle se dood.

Hemel en aarde en ons is ’n whodunit met ’n konsepsuele kinkel, ’n verkenning van identiteit, bewussyn, verwording en vergetelheid.

Bloedsomer (Afrikaans, Paperback): Sidney Gilroy Bloedsomer (Afrikaans, Paperback)
Sidney Gilroy
bundle available
R350 R255 Discovery Miles 2 550 Save R95 (27%) In Stock

Petunia Moraleng, voormalige stasiebevelvoerder op Parys, is haar rang kwyt en oorgeplaas Mooibaai toe. Die bedompige klimaat voel soos ’n tronksel en sy mis die ooptes van die Vrystaat en, daarmee saam, bekostigbare blyplek. Speursersant JP Hendriks, aan wie sy deesdae rapporteer, toon boonop nie ’n greintjie simpatie nie.

Een Vrydagoggend in Desember vang ’n vakansieganger met sy hommeltuig se kamera ’n afgryslike toneel vas. Tussen die voetstukke van ’n geroeste windpomp in ’n afgeleë stuk veld wat grens aan ’n staproete, lê ’n bebloede bondeltjie mens. Minder as 24 uur later word ’n foto van nóg ’n slagoffer iewers in ’n stegie van die onderdorp soos ’n veldbrand op sosiale media versprei.

Wat het Die Clowns, ’n Russiese skeepskaptein en die matriarg van die vooraanstaande Heemstra-familie se testament gemeen? En waar kom die albaster wat in die eerste slagoffer se hand vasgeknyp is, vandaan?

Petunia en JP bevind hulself oornag as die hoofondersoekers in ’n duistere moordsaak.

Al Wat Tel (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Al Wat Tel (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter
bundle available
R330 R240 Discovery Miles 2 400 Save R90 (27%) In Stock

Toe Ami hoor dat ’n man voor haar gim geskiet is, weet sy daar is moeilikheid. Hoekom is die Valke op die misdaadtoneel? Was dit ’n sluipmoord? En wat is dit wat die speurder optel en in sy sak druk? Voor Ami hierdie raaisels kan oplos, kruis haar pad met dié van ’n Duitse joernalis wat bewerings van ’n ontstellende voorval in Mosambiek ondersoek. Is daar werklik ’n verband tussen die twee stories?

Donkertyd - My Naam Is Tina (Afrikaans, Paperback): Mariel le Roux Donkertyd - My Naam Is Tina (Afrikaans, Paperback)
Mariel le Roux
bundle available
R290 R215 Discovery Miles 2 150 Save R75 (26%) Ships in 7 - 11 working days

Die donker het 'n manier om jou in te haal.

Op die plaas Die Laagte in die hartjie van die Boland, waar vyf geslagte Jouberts 'n bestaan gemaak het, word Tina in 'n huis vol donkerte groot: Daar is haar bullebakpa, Servaas, haar sagte, maar swakkelingma, Annie, en haar outboet, Sarel, die “sondekind”.

Wanneer haar pa sy woede op hulle uithaal, paai haar ma: “Vergewe hom maar. Sy kindertyd was donker.” In 'n poging om van haar eie donker kindertyd te vlug, word Tina uiteindelik 'n verpleegster. In stede van haat, sal sy heling bring.

Sy kom egter gou agter dis nie so maklik om van jou verlede te ontsnap nie, en die donker het 'n manier om jou in te haal.

Engele In Kosmoslaan (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Engele In Kosmoslaan (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
bundle available
R290 R209 Discovery Miles 2 090 Save R81 (28%) In Stock

Dis twee jaar ná ’n oudkollega Julia en haar seun Rudi se lewe hel gemaak het. Maar die inwoners van Kosmoslaan het herstel en aanbeweeg. Dit blyk op die oppervlak asof dinge weer vreedsaam is in Kosmoslaan.

’n Knorrige man met ’n fyn meisiekind en ’n hartseer verlede trek in Ida se huis in. Vanaf die eerste oomblik wat hy trompop in haar vasloop, ontwrig hy Julia se lewe. Watse verspottigheid laat haar nou skielik op twee-en-veertig in vervoering raak oor ’n befoeterde man? En wie saboteur haar en Rudi se eiendom skielik?

Ida voel en lyk soos ’n ou en halwe vrou na ’n ontdekking. En Alma se Jurie is deesdae so omgekrap dat niemand met hom kan huishou nie. Ellie en Justin smag steeds na ’n baba van hul eie na haar vorige miskraam, terwyl hul grootste wens soos ’n ryp perske in Hugo en Claire se skoot val. Ellie smee egter ’n onverwagse band met ’n kinderhuismeisie wat gereeld by Marella se teruggetrokke seun, Bouwer, kuier. En Bouwer is nie Marella en Lourens se enigste bekommernis nie. Marella voel deesdae nie haarself nie ... Boonop kom Klein-Lourens met groot nuus wat sy en Sabina se lewens kan verander.

Daar is dinge wat broei in Kosmoslaan en die vriende en families tot hulle uiterstes toets. Gelukkig is daar ook engele in Kosmoslaan.

Duifeling (Afrikaans, Paperback): Lize Albertyn-du Toit Duifeling (Afrikaans, Paperback)
Lize Albertyn-du Toit
bundle available
R340 R249 Discovery Miles 2 490 Save R91 (27%) In Stock

Hoe Sara Koordom op Rooiduin in die verre Noord-Kaap aangeland het, is ’n raaisel. Sy het gekom soos die woestynwind – een dag was sy daar, en niemand weet van waar nie. En hoekom sy op Rooiduin bly, is selfs ’n groter raaisel.

Dis nie lank nie of die hele dorp merk op watter raakvatter Sara is. Tot meneer Thüneman van die Algemene Handelaar het gevra of sy twee keer ’n week die pos kan kom uitsorteer. En vir klein Kuikentjie Boskat is sy soos ’n eie ma.

Sara voel veral tuis by ouma Spriet en oom Alles, wat met die helm gebore is. En by ant Korreltjie, wat haar geleidelik leer van patrone uitlê en rokkies maak.

Maar die bedreiging wat Piet Boskat inhou, roep die spoke van Sara se verlede op. Kan sy vir haar ’n weg ooptrap om vry te kom van die gevare van die hede én van die verlede? En terselfdertyd die mense beskerm vir wie sy so lief geword het?

’n Aangrypende, meelewende roman deur die skrywer van die hoog aangeskrewe debuut Die kinders van Spookwerwe.

Massamoord Op Kaapsche Hoop (Afrikaans, Paperback): Maria Prinsloo Massamoord Op Kaapsche Hoop (Afrikaans, Paperback)
Maria Prinsloo
bundle available
R185 R135 Discovery Miles 1 350 Save R50 (27%) Ships in 5 - 10 working days

Hugo hou sy hand in die lug. “Wag jy ook eers in die eetsaal. Ek gaan net gou die situasie bekyk. Ek kan nie toelaat dat hierdie ʼn sirkus word nie.”

“Ek verstaan,” fluister Irma. ʼn Warm gloed van woede stoot teen haar wange op. Sirkus! Sy draai om en stap na die eetsaal waar die span en Inus reeds sit en wag. Irma frons. As almal siek is, is dit dan net die span en syself, Inus en Mari wat nie simptome toon nie. Hoe kan dit wees?

Irma Mulder vind haarself steeds vasgevang na die reeksmoorde van die verlede. Die Bloedspore van haar verlede weerhou haar sosiale vryheid. Tog besluit sy om deel te neem aan die groot skryf uitdaging waarheen sy genooi is. Wat kan tog verkeerd gaan? Nes Irma dink dinge werk in haar guns val haar drome plat en staan sy te midde van ‘n massamoord. Weereens word sy as verdagte gesien deur Hugo.

Gaan die saak vinnig opgelos word, en wat gaan oorbly van die reeds sukkelende vriendskap tussen haar en Hugo. Of gaan daar dalk die keer erkenning gegee word aan die liefde wat in haar hart brand?

Judaskus (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Rudie van Rensburg Judaskus (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Rudie van Rensburg
bundle available
R365 R314 Discovery Miles 3 140 Save R51 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Iemand se beendere word gevind op ’n stortingsterrein...

Skielik moet kaptein Kassie Kasselman nuut dink oor moordsake van jare gelede, en die moorde kom vinnig opmekaar. Tussendeur die aantreklike nuwe buurvrou wat Kassie aan die swymel het, en sy enorme posseël-meevaller weens nóg ’n sterfte, moet hy uitwerk waarom ’n geheimsinnige witboordjie-bende van binne uitgeroei word.

Is dit dalk nié doodgewone bende-oorlog soos Kassie se kollegas glo nie? Wie kan die verraaier in hul midde wees − die een met die vlymskerp broodmes?

Elke warm leidraad lewer ’n koue lyk op, en Kassie en Rooi kan nie voorbly nie . . .

Vlug Van Gister (Afrikaans, Paperback): Jan Bonthuys Vlug Van Gister (Afrikaans, Paperback)
Jan Bonthuys
bundle available
R290 R215 Discovery Miles 2 150 Save R75 (26%) In Stock

Waarheen vlug jy as huis nie meer huis is nie?

Na jare se afpersing, agterdogtigheid en alkoholmisbruik, slaan Emma se man, Gert, haar byna in die hospitaal in. By hom kan sy nie verder bly nie, dit sal haar lewe kos. Sy vlug vanuit hulle klein myndorpie in Mpumalanga met nie veel meer as die klere aan haar rug nie. Maar waarheen en wat gemaak sonder geld, 'n werk, of familie wat haar kan ondersteun? So kies Emma koers Kaap toe, en bid vir die beste.

Die tog suid is angstig en eensaam, en uiteindelik gee haar motor die gees naby Stilbaai. Nes dit lyk of haar gebede op dowe ore val, kom 'n plaaslike boer, Dewald, tot haar redding. Noodgedwonge nooi hy haar om by hom op die plaas te bly terwyl sy wag vir die kar se herstel. Maar iets skort op Dewald se werf; die plaas boer agteruit, die olyfboorde is oorgroei, en die foto's van hom as gelukkige jonggetroude staan nog die huis vol. Dewald is te jonk om 'n wewenaar te wees, maar dis sy lot in die lewe.

Vir hom bring Emma se aankoms nuwe lig, vir haar kan hy die heenkome wees wat sy nog altyd gesoek het. Maar as hulle die liefde wat tussen hulle ontstaan wil kans gee, gaan albei eers moet vrede maak met die verlede. Want Gert het nog nie vir Emma laat gaan nie, en oudvriendin Julia wil vir Dewald hê, en sal doen wat sy moet om hierdie onverwagse inkommer uit die weg te ruim.

Vlug van gister is 'n hartroerende verhaal van tweede kanse en oorbegin wat lesers weer sal laat glo in ware liefde.

Die Kleine Klitse (Afrikaans, Paperback): Bonham Jayden Jimmy Kukari Die Kleine Klitse (Afrikaans, Paperback)
Bonham Jayden Jimmy Kukari
bundle available
R95 R70 Discovery Miles 700 Save R25 (26%) Ships in 5 - 10 working days

Kom ontmoet die mense van Volksvreemd, ’n gemeenskap in die Bruinstad van Suid-Afrika. Hulle is ’n hegte klomp, al kan hulle ook heerlik oor mekaar skinder.

Die vurige en ondeunde Marie is ’n tipiese 12-jarige-effens aan die katterige kant, meestal selfbehep, dikwels in die moeilikheid. Sy maak haar streng Oupa Martinus en godvresende Ouma Hettie mal! Wanneer gaan sy leer dat die lewe nie net om haar draai nie, en dat ’n mens soms opofferinge moet maak om ander te help wat nie so bevoorreg is soos jy nie?

Marie se neef, Leroy, is baie wyser as wat sy ouderdom verklap. Ou Wouks, die suinige buurman wat homself sien as ’n sjarmante heer, en Lêven, die dorpie se grapjas, sorg vir kleur in die alledaagse doen en late van Volksvreemd.

Die kleine klitse is ’n verhaal van hoop – ’n vars, humoristiese storie oor wat dit werklik beteken om deel te wees van ’n gemeenskap.

Die Dokter Langsaan (Afrikaans, Paperback): Madelie Human Die Dokter Langsaan (Afrikaans, Paperback)
Madelie Human
bundle available
R110 R79 Discovery Miles 790 Save R31 (28%) Ships in 7 - 11 working days

Bea Botes het pas klaar gestudeer en begin ’n boek-en-koffiewinkel terwyl sy werk soek.

Romantiese verhoudings is nie bo-aan haar lys nie, en sy glo buitendien liefde bestaan net in feëverhale.

Hawe Vir Haar Hart (Afrikaans, Paperback): Tosca de Villiers Hawe Vir Haar Hart (Afrikaans, Paperback)
Tosca de Villiers
bundle available
R110 R79 Discovery Miles 790 Save R31 (28%) Ships in 7 - 11 working days

Die volmaakte prentjie van Wendy se lewe spat aan skerwe toe haar verloofde erken hy is lief vir ’n ander man.

Op die ingewing van die oomblik besluit sy om as skoonheidsdeskundige op ’n passasierskip te gaan werk, al is sy as fisioterapeut gekwalifiseer, in die hoop om van alles en almal te vergeet.

Onvergeetlike Liefde (Afrikaans, Paperback): Dina Botha Onvergeetlike Liefde (Afrikaans, Paperback)
Dina Botha
bundle available
R110 R79 Discovery Miles 790 Save R31 (28%) Ships in 7 - 11 working days

Mariette en Hannes was mekaar se skoolliefdes.Twaalf jaar later kruis hul paaie weer. Nou is hy Hank Grey, die bekende Hollywoodster, en sy bestuur ’n agentskap wat lyfwagte en beskerming aan BBP’s bied.

Kort voor lank begin die vlamme van hul vergete liefde brand.

Solank As Die Aarde (Afrikaans, Paperback): Lucia Prinsloo Solank As Die Aarde (Afrikaans, Paperback)
Lucia Prinsloo
bundle available
R320 R235 Discovery Miles 2 350 Save R85 (27%) In Stock

Ná ’n jagongeluk is niks op die familieplaas Soetkloof ooit weer dieselfde nie. Die 15-jarige De Viljee is dood en sy broer en suster, die 18-jarige tweeling Cornél en Ragel, se lewe is verwoes. Cornél slaan op die vlug, want hy kan nie sy gebroke ouers in die oë kyk nie. Die koeël het immers uit sy jaggeweer gekom.

In die nasleep van die tragedie moet Ragel meisie-alleen red wat te redde is op Soetkloof. Dan kom daar ’n groot droogte en die Opkomsrivier, hul laaste oorblywende reddingsboei, verdor. Boonop is hul grond in die gedrang, want ’n yslike bewaringsgroep wil al die plase in die distrik op koop.

Gaan Ragel aanhou om vir haar erfgrond te baklei of gaan die noodlot die oorhand kry? Kan die luiperdman die jong, taai vrou weer ’n proesel van lewensvreugde gee? En gaan Cornél ooit lewend na Soetkloof terugkeer?

Solank as die aarde, Lucia Prinsloo se derde roman, is uiteindelik ’n verhaal van oorwinning en hoop. Want solank as die aarde bly staan, sal saaityd en oestyd nie ophou nie, sal koue weer warm word, winter weer somer en nag weer dag.

Helene de Kock Keur 9 - 'n Tyd Om Lief Te He / Lelie Van Die Laagte / Skadubelofte (Afrikaans, Paperback): Helene De Kock Helene de Kock Keur 9 - 'n Tyd Om Lief Te He / Lelie Van Die Laagte / Skadubelofte (Afrikaans, Paperback)
Helene De Kock
bundle available
R290 R210 Discovery Miles 2 100 Save R80 (28%) In Stock

In ’n Tyd om lief te hê keer Marina Joubert uit Griekeland terug na haar geboortedorp. Sal die dorpsmense haar ooit vergewe vir die fout wat sy jare gelede begaan het?

In Lelie van die laagte moet die jong Mia Dijkstra vrede maak met die feit dat sy moet blom waar sy geplant is.

In Die skadubelofte keer dr Pierre Greeff terug na sy tuisdorp en word heinner aan die belofte wat hy destyds aan Madel gemaak het.

Die Nege Lewens Van Mevrou Smit (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Die Nege Lewens Van Mevrou Smit (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
bundle available
R310 R220 Discovery Miles 2 200 Save R90 (29%) Pre-order

Die fantastiese Mevrou Smit is terug! En daar is weer ’n geheimsinnige moord…

Gaan die aweregse, hardekwas vrou met die skerp tong weer die moordenaar vastrek? Die nege lewens van Mevrou Smit is die heerlike opvolg op die gewilde Die fantastiese Mevrou Smit, die eerste boek in hierdie nuwe lekkerlees-spanningsreeks.

Dié keer hou Aronspoort bruilof en die dorp bewe behoorlik van opwinding. Maar op die troudag verloop niks volgens plan nie. Nie met Mevrou Smit in die omtrek nie…

Net voordat die skone bruid kansel toe stap waar haar aanstaande blouoogdokter vir haar wag, slaan dié se eksvrou morsdood in een van die kerkbanke neer. Pandemonium bars los. Was dit moord? En wie sal so ’n verskriklike ding op so ’n heuglike dag doen? Boonop loop die dorp onder ’n reeks boewery deur.

Wie of wat skuil agter al hierdie boosheid en wat het dit met Mevrou Smit se eie donker verlede te doen? Sal sy die dorp en haarself kan red?

Anoniem (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Anoniem (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
bundle available
R350 R259 Discovery Miles 2 590 Save R91 (26%) In Stock

Kan jy vlug van wie jy regtig is?

Lula Prins wil oor begin op Heydendal. ’n Nuwe lewe, ’n nuwe dorp, ’n nuwe naam. Anoniem. Dan stap ’n nuwe man ongenooid by haar lewe in en haar verlede begin haar inhaal.

Kriek Kruger wil uitvind wat met sy laatlambroer, Dian, gebeur het. Het hy werklik na sy dood gespring of wil iemand dit na selfdood laat lyk? En wie het daardie verdoemende verslag geskryf wat hom finaal laat knak het?

Terwyl Kriek na antwoorde soek en Lula van die spoke in haar verlede vlug, gooi die noodlot hulle saam in ’n opwindende, gevaarlike wentelbaan. Gaan Kriek uitvind wie sy regtig is? En kan ’n mens ooit werklik van jou jouself weg vlug?

Die Beweging Van Bloed (Afrikaans, Paperback): Pieter Stoffberg Die Beweging Van Bloed (Afrikaans, Paperback)
Pieter Stoffberg
bundle available
R320 R239 Discovery Miles 2 390 Save R81 (25%) Ships in 5 - 10 working days

Professor Nino Everhard word op sy kombuisvloer wakker met bloed oral. Iemand het ingebreek en hom en sy vrou, Willemien, aangeval, maar niks gesteel nie. Wat wou die aanvaller hê? Nino weet dit was nie toeval nie. Hy is uitgekies. Iemand wou vir hom ’n boodskap stuur. Op sy speurtog na antwoorde lei die leidrade hom op ’n kronkelpad deur sy verlede na die skadukant van die samelewing. Elke tree nader aan die waarheid is ook ’n tree nader aan lewensgevaar. Sal Nino die antwoorde kry waarna hy soek? En hoeveel van sy eie duiwels gaan hom langs die pad inhaal? Die beweging van bloed is ’n naelbytspanningsverhaal wat jou laat raai tot die einde.

Leer My Ken (Afrikaans, Paperback): Louise Van Der Merwe Leer My Ken (Afrikaans, Paperback)
Louise Van Der Merwe
bundle available
R110 R79 Discovery Miles 790 Save R31 (28%) In Stock

Marina wil so graag ’n sorgelose jeug hê, maar geld – of eerder die gebrek daaraan – staan in haar pad. Dan stap haar buurvrou se broer by haar lewe in…

Riaan is ’n musikant en ’n groot geleentheid wag vir hom in Amerika. Hy weet dus ’n langtermynverhouding met Marina is buite die kwessie. Maar hy gebruik die kans om haar anders te laat kyk na álles in die lewe.

In die proses stamp hulle koppe, maar vind mekaar ook onweerstaanbaar. Intussen kruip die datum nader wanneer Riaan na Amerika moet terugkeer.

Gaan hy sy groot droom vir Marina laat vaar? Of gaan Marina instem tot ’n onkonvensionele reëling?

Reese Se Dilemma (Afrikaans, Paperback): Alma Carstens Reese Se Dilemma (Afrikaans, Paperback)
Alma Carstens
bundle available
R110 R79 Discovery Miles 790 Save R31 (28%) In Stock

Nadat ’n bemoeisieke tante haar neus in haar sake steek, begin Nian teësinnig ’n nuwe pos by die familiesaak Durandt Ingelyf. Sy stamp egter dadelik koppe met die knorrige grootbaas…

Reese Durandt moet as uitvoerende hoof ’n voorbeeld aan sy personeel stel. Daar is ’n rede hoekom maatskappybeleid romantiese verhoudings tussen kollegas verbied. Nian vryf hom buitendien uit die staanspoor verkeerd op.

Hoekom kan die twee dan nie ophou om aan mekaar te dink nie? En wat voer daardie rooikopfeeks in Durandt se kantoor in die mou?

So Ook Op Die Aarde (Afrikaans, Paperback): Betsie van Niekerk So Ook Op Die Aarde (Afrikaans, Paperback)
Betsie van Niekerk
bundle available
R250 R185 Discovery Miles 1 850 Save R65 (26%) Ships in 5 - 10 working days

In ʼn afgeleë Kalahari-woestyndorpie ontdek ʼn jong Franse non, Léonie Duvernois, dat haar lewe lyflik en aards is; en om lief te hê onkeerbaar soos ʼn fontein in jou opborrel.

Sy leer ken die jong Vader Simon, die kaalvoet priester wat die klein woestynkatedraal eiehandig gebou het en wie se biblioteek vol verbode boeke is. Ook die vreemde hondkind wat hande-viervoet deur die dorpie se strate hardloop en die geheimsinnige, streng Suster Agnes. By die wyse ouma Pop leer sy: “… hier op die aarde het ons net ons lywe en ons moet lewe en glo met ons lywe.”

Wanneer Léonie in die skemerlig kaal swem in die Grootrivier, raak sy met verwondering aan haar borste en heupe en voel hoe die water al langs haar rug streel as sy haar oorgee aan die sorgelose vryheid van ligter word en wegdryf.

Hierdie is die universeel, eg-menslike verhaal van ʼn klein gemeenskap met eie wegsteekdinge, mense vir wie God in die worsteling van hul bestaan soms net ʼn skrale wete is.

Waar die Wolwe Huil (Afrikaans, Paperback): Magdaleen Walters Waar die Wolwe Huil (Afrikaans, Paperback)
Magdaleen Walters
bundle available
R110 R79 Discovery Miles 790 Save R31 (28%) Ships in 7 - 11 working days

Dis 1814 in Carlisle, Engeland, en die lewe het min genade vir ’n werkersklasvrou. Edith Maberry is dus verbaas toe Lewis Bloodsworth vir haar in die bresse tree in die kroeg waar sy werk.

Toe Edith haar werk en blyplek verloor, wend sy haar tot Lewis. Hiermee dompel sy beide van hulle in ’n krisis. Lewis word met sy verlede gekonfronteer en kom voor ’n keuse te staan.

Sal hy Edith kies wat vir hom die verpersoonliking is van alles wat hy in ’n vrou wil hê? Of sal hy hul liefde opoffer om die geheim te bewaar oor wie en, belangriker, wát hy werklik is?

In die Hart van Lente (Afrikaans, Paperback): Felicia Snyman In die Hart van Lente (Afrikaans, Paperback)
Felicia Snyman
bundle available
R110 R79 Discovery Miles 790 Save R31 (28%) Ships in 7 - 11 working days

Lente is verloof aan die aantreklike Herman Pretorius, maar sy weet haar hart behoort eintlik aan haar gevaarlike en stormagtige jeugliefde, Stander Gerber. Hy is egter verantwoordelik vir die dood van hul goeie vriend en die letsel in haar nek…

Stander stoei steeds met skuldgevoelens oor destyds, maar sy liefde vir Lente brand al hoe sterker.

Sal hulle die spoke van die verlede kan verjaag of gaan hulle die maklike roete kies en met ’n hart vol letsels wegstap?

Verlief op die Hartebreker (Afrikaans, Paperback): Elize Davies Verlief op die Hartebreker (Afrikaans, Paperback)
Elize Davies
bundle available
R110 R79 Discovery Miles 790 Save R31 (28%) Ships in 7 - 11 working days

As skoolkind was Carli dolverlief op haar ouer broer se vriend Rudolph Beyers. Hoekom het sy haar dan so skaamteloos gedra toe hy by die maskerbal vir haar matriekafskeid opgedaag het? En het hy haar agter haar masker herken?

Rudolph het nog altyd ’n sagte plekkie vir Carli gehad, al het sy as kind soos ’n stertjie al agter die groot seuns aangetou. Wanneer hul paaie agt jaar later weer kruis, woon en werk Rudolph oorsee en Carli is verloof aan Louis.

Gaan sy ter wille van haar gesin se behoud met Louis trou en haar in ’n liefdelose huwelik begewe? Of gaan sy alles op die spel plaas vir die hartebreker wat haar knieë al van kindsbeen af lam maak?

Vlamme Van Gister (Afrikaans, Paperback): Ciska Olivier Vlamme Van Gister (Afrikaans, Paperback)
Ciska Olivier
bundle available
R110 R79 Discovery Miles 790 Save R31 (28%) Ships in 7 - 11 working days

Leonie en Stefan is beste vriende.

Hulle was lank terug kortstondig in ’n verhouding, maar dit het nie uitgewerk nie. Nou is hy verloof aan haar beste vriendin, Olga.

Leonie wíl bly wees vir hulle en sy ís ... Of is sy besig om haarself te bluf?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
As Die Katjiepiering Blom
Audrey Jantjies Paperback R280 R241 Discovery Miles 2 410
Bloedbande
Jeanette Stals Paperback R320 R275 Discovery Miles 2 750
Die Kontrak
Erla-Mari Diedericks Paperback R110 R95 Discovery Miles 950
Die Wet Van Gauteng
Hannes Barnard Paperback R350 R301 Discovery Miles 3 010
Rut & Boas - 'n Liefdesverhaal
Barend Vos Paperback  (1)
R260 R224 Discovery Miles 2 240
Vloek
Rudie van Rensburg Paperback R365 R314 Discovery Miles 3 140
Polsslag
Marie Lotz Paperback  (1)
R355 R305 Discovery Miles 3 050
Een Voet Innie Kabr
Gaireyah Fredericks Paperback R280 R200 Discovery Miles 2 000
Doolhof
Rudie van Rensburg Paperback R365 R314 Discovery Miles 3 140
Moederland
Madelein Rust Paperback R355 R305 Discovery Miles 3 050

 

Partners