0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (63)
  • R50 - R100 (256)
  • R100 - R250 (892)
  • R250 - R500 (113)
  • R500+ (33)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie

Showing 1 - 25 of 1357 matches in Kinder en Tiener Fiksie

Felina Kat, Geheime Agent (Afrikaans, Paperback): Louise Smit Felina Kat, Geheime Agent (Afrikaans, Paperback)
Louise Smit; Illustrated by Zinelda McDonald
R160 R138 Discovery Miles 1 380 Save R22 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Timo wonder wie die geheimsinnige inwoner op die boonste verdieping van hulle woonstelblok is. Wanneer hy gaan ondersoek instel, verander sy vervelige skoolvakansie skielik in ’n groot avontuur!

Hy maak kennis met Felina Kat, maar sy is geen gewone kat nie . . . Sy is ’n GEHEIME AGENT.

Speurder Skote Petoors het ’n probleem. ’n Kosbare blou diamantring is gesteel en daar is nog geen leidraad nie. Die Geheime Agent moet kom help.

Sal Felina, Skote en Timo saam die skurke kan vastrek?

Twa Die Tydloper (Afrikaans, Paperback): Anoeschka Von Meck Twa Die Tydloper (Afrikaans, Paperback)
Anoeschka Von Meck
R310 R225 Discovery Miles 2 250 Save R85 (27%) In Stock

Daar is mense wie se lewens van die begin af anders verloop. Sulke mense se liefde l nie op die gewone plekke en paaie nie, maar juis daar waar min ooit die moed sal h om hul toekoms te gaan haal.

Twalie is die enigste meisiekind onder die eksentrieke Albrechts wat in ’n dorre landskap om oorlewing veg. Hulle is ’n geharde, eenkant gesin vol geheime. Twalie se pa verwerp haar en haar ma maak haar gedurig stil.

Dan red die Namavrou Letgoed haar uit ’n sandstorm en leer haar die geheime van Die Poort, wat tydens die heuningmaan ’n magiese plek word. Hier maak tyd soms ’n deur agtertoe oop …

Twa die Tydloper is ’n aangrypende roman oor een mens se groei wat lesers sal meevoer en met nuwe o na die wreld om hulle sal laat kyk.

Anderkant Die Blou (Afrikaans, Paperback): Zelda Bezuidenhout Anderkant Die Blou (Afrikaans, Paperback)
Zelda Bezuidenhout
R150 R129 Discovery Miles 1 290 Save R21 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Lienke en Dezi beleef die vakansie van hulle lewe in Kalkbaai.

By die hotel ontmoet hulle Danroy, 'n kelner wat vakansiewerk doen, wat hulle na al die mooiste plekke in die baai vat. Hulle leer ken Danroy se "skwad" en sy geliefde Uncle Kaz. Dan is daar 'n tragedie op see wat Danroy en sy ma se lewe omkeer.

Soos Uncle Kaz altyd s: "Mens het net drie goete nodig om gelukkig te wees: iemand om lief te h, iets om jou hande mee besig te hou, en iets om na uit te sien."

Wereld Van Wolwe 3 - Derde Mag (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Wereld Van Wolwe 3 - Derde Mag (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R220 R165 Discovery Miles 1 650 Save R55 (25%) Ships in 7 - 11 working days

“Jou pa is ’n moordenaar,” sis Wolfgang. “Hy moor my weerwolwe. Eendag gaan hy jou ook skiet. Wag maar, daardie dag kom.”

Joshua Reinders se lewe is ’n gemors. Hy dra ’n groot geheim: Hy is ’n weerwolf. En sy pa is ’n weerwolfjagter. Die spanning verhoog egter toe Wolfgang Lycaon in Droomhoek opdaag. Die afskuwelike leier van die Wreld van Wolwe glo dat Joshua aan hom behoort. En hy wil die seun terugh. Of Joshua gaan sterf.

Maar sal dit werklik gebeur? Joshua sal vir sy lewe moet veg en van Wolfgang ontslae raak.

Daar wag egter nuwe geheime wat Joshua eers moet ontrafel: Hoekom het hy elke keer bloed aan sy hande as iemand in die dorp wegraak? Hoe is sy ma werklik dood? Wat is die derde mag?

Asterix in Korsika (Afrikaans, Paperback): R. Goscinny Asterix in Korsika (Afrikaans, Paperback)
R. Goscinny; Illustrated by A. Uderzo; Translated by Sonya van Schalkwyk-Barrois
R190 R140 Discovery Miles 1 400 Save R50 (26%) Ships in 4 - 8 working days

Vendettas, liggeraakte, trotse stamme en rebelle wat die Romeine in die maquis ontduik – dit is 50 v.C. in Korsika. Asterix en Obelix help hoofman Verinniwereldkitikitikitix om praetor Opsysenuvius se planne te fnuik en om teen Julius Caesar se ler op te staan. Want die Korsikane hou vol dat hulle net ’n Korsikaan as keiser sal aanvaar …

Asterix in Korsika is die 20ste boek in die gewilde Asterix-reeks.

Die Woud Van Sneeu & Ys (Afrikaans, Paperback): Frenette van Wyk Die Woud Van Sneeu & Ys (Afrikaans, Paperback)
Frenette van Wyk
R260 R224 Discovery Miles 2 240 Save R36 (14%) Ships in 7 - 11 working days

“ … Ons noem jou Mysti,” sê Ravka, “dit pas by jou ... dis misterieus en mooi.” Mysti word in die sneeu in Lapland wakker. Verkluim. Met geen idee wie sy is of waar presies sy is nie. Ravka ontferm hom oor haar. Hy en sy ma Tóva neem Mysti onder hulle vlerk terwyl sy haar geheue probeer herwin. Intussen help sy Ravka by die rendiersentrum in Menetetty om getraumatiseerde rendiere te versorg, en raak al liewer vir hom. Maar iets onverklaarbaar gebeur in die nag met haar. Haar lyf verander en vervorm. Sy verstaan nie wat met haar gebeur nie. Mysti besluit om die raad van ’n heks in die vervloekte Iselande woud te gaan opsoek – voor Ravka uitvind daar is iets fout met haar. Wanneer Mysti moet kies waar sy wil bly, daag Cosmo, iemand uit haar verlede, op. Hy het haar kom haal om terug te neem na die woud waar sy vandaan kom. Saam met hom onthou sy al meer wie sy is. Is Ravka regtig wie hy sê hy is? Wie is Ozymoz? En hoe pas die legende van Joulupukki by die raaisel in?

Hartklop - Die Ontwaking Van Winter: Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Sunel Combrinck Hartklop - Die Ontwaking Van Winter: Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Sunel Combrinck
R270 R232 Discovery Miles 2 320 Save R38 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die dood. Dis al waaraan Lumi kan dink en in ’n poging om seker te maak dat sy verder as haar sewentiende verjaarsdag leef, word sy deur haar peetouers in ’n kosskool vir tienerfae gesit. Hier vind sy haarself vasgevang in ’n web van onbeheerbare faemagte, nuwe vriende en ’n vyand wat net nie wil los nie.

En dan is daar Colden Breakspear. Die ligtekop, blou-oog Kruisfae wat haar gedagtes gevangene hou, maar iets pla.

Waarom is hy amper belangriker as wat sy is vir twee van die sterkste faemonarge in Tr na hige? En wat presies het hulle ouers met alles te doen?

Donker Web (Afrikaans, Paperback, Skooluitgawe): Fanie Viljoen Donker Web (Afrikaans, Paperback, Skooluitgawe)
Fanie Viljoen 2
R255 R195 Discovery Miles 1 950 Save R60 (24%) Ships in 4 - 8 working days

Greg Owen, die ou wat sy eie pa vir die wolwe gegooi het, is 'n eerstejaar op Stellenbosch. Klaar met hacking. Ingeskryf vir 'n graad in Sportwetenskap. Maar sal hy ooit van die skadu van Lawson Kollege en Project Nursery Rhyme kan wegkom? As jy wil wraak neem, moet jy twee grafte grawe, besef hy gou, in hierdie vervolg op die topverkoper Onderwreld. Verkorte skooluitgawe van die topverkoper. 'n Gratis leesgids is beskikbaar.

Dagboek Van 'n Wimpy Kid 18 - Leekoppie (Afrikaans, Paperback): Jeff Kinney Dagboek Van 'n Wimpy Kid 18 - Leekoppie (Afrikaans, Paperback)
Jeff Kinney
R185 R145 Discovery Miles 1 450 Save R40 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Tot nou toe was horskool nie eintlik ’n pretrit vir Greg Heffley nie. Wanneer die dorp dreig om die vervalle gebou toe te maak, is hy min gespin.

Maar toe Greg besef hy sal na ’n ander skool as sy beste vriend, Rowley Jefferson, gestuur word, sing hy ’n ander deuntjie.

Kan Greg en sy klasmaats die skool red voordat die deure finaal gesluit word? Of is dit die begin van ’n splinternuwe hoofstuk in Greg se lewe?

Die Mooiste Sprokies Van Grimm (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Marita van der Vyver Die Mooiste Sprokies Van Grimm (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Marita van der Vyver
R395 R339 Discovery Miles 3 390 Save R56 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die sprokies van Grimm is bekend en geliefd oor die wreld heen.

Marita van der Vyver stel in hierdie pragbundel ’n persoonlike keur saam van veertig van die Grimmbroers se mooiste sprokies, wat sy self uit Duits vertaal het. Hier is bekendes soos Rooikappie, Die wolf en die sewe bokkies, Die musikante van Bremen, Klein Duimpie, Die Paddaprins, Raponsie en Sneeuwitjie, asook minder bekende sprokies soos Die ganswagtertjie, Beervel, Die goue vol en Ysterhans. Die internasionaal bekroonde kunstenaar Piet Grobler se onweerstaanbare illustrasies skenk nuwe dimensie aan ’n skatkis van magiese verhale wat oud en jonk sal betower. 'n Herdruk in sagteband.

Asterix En Die Trans-Italiese Wawedren (Afrikaans, Paperback): R. Goscinny, A. Uderzo Asterix En Die Trans-Italiese Wawedren (Afrikaans, Paperback)
R. Goscinny, A. Uderzo
R190 R140 Discovery Miles 1 400 Save R50 (26%) Ships in 4 - 8 working days

In hierdie album neem Asterix en Obelix deel aan die groot Trans-Italiese wawedren.

Alle volke van die Bekende Wreld kan deelneem. Die gunstelingdeelnemer is die auriga van Rome: die gemaskerderde grote Coronavirus! Olyfolie op die pad en ’n gepeuter aan padaanwysings is enkele van die uitdagings wat die deelnemers moet trotseer, maar Asterix en Obelix was nog altyd opgewonde oor ’n lekker resies.

Asterix en die Trans-Italiese wawedren is die37ste boek in die gewilde Asterix-reeks.

Kattemaai 2: Annabel Gaan Skool Toe (Afrikaans, Paperback): Betsie Vos Kattemaai 2: Annabel Gaan Skool Toe (Afrikaans, Paperback)
Betsie Vos; Illustrated by Shayna Olivier
R150 R129 Discovery Miles 1 290 Save R21 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Mila se nuwe maat moet skool toe gaan. Maar sal sy weet hoe om haar soos ’n regte dogtertjie te gedra?

Juffrou Kadawer jaag Annabel sommer dadelik uit die klas oor haar vreemde kat-maniere. Maar waar kom hierdie nuwe juffrou vandaan, en hoekom is sy op Rottes se spoor?

Die toorpolisie keer die maats vas, en dan laat val Jannus ’n vuurhoutjie op die verkeerde plek ...

Kattemaai 1: Die Bure Se Nuwe Dogter (Afrikaans, Paperback): Betsie Vos Kattemaai 1: Die Bure Se Nuwe Dogter (Afrikaans, Paperback)
Betsie Vos; Illustrated by Shayna Olivier
R150 R129 Discovery Miles 1 290 Save R21 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die bure het ’n nuwe dogter. Waar kom sy vandaan, en hoekom lyk sy so baie na Annabel, die kat wat weggeraak het? Boonop is hierdie buurmeisie se naam k Annabel ...

Mila besluit om ondersoek in te stel. Maar haar boetie Jannus spring haar voor en steel Annabel se mens-word-middel. Hy voer dit vir sy aaklige troeteldier, Rottes, net om te kyk wat gebeur.

Katastrofe!

Perde-omnibus 1: 3-in-1 - Sonder Chocolate Charlie en ander gunstelinge (Afrikaans, Paperback): Marga Jonker Perde-omnibus 1: 3-in-1 - Sonder Chocolate Charlie en ander gunstelinge (Afrikaans, Paperback)
Marga Jonker
R235 R202 Discovery Miles 2 020 Save R33 (14%) Ships in 4 - 8 working days

In Sonder Chocolate Charlie moet Nell die ongeluk wat haar geliefde Charlie se lewe geis het, verwerk.

Brigadier en die raaiselponie is die verhaal van susters Zahn en Alex en hulle pa se stram verhouding, met 'n raaisel wat in die Knysna-bos ontrafel word deur Zahn en Brigadier.

In City Girl en die swart hings is Nicole teen haar sin saam met haar ma aan die Kaapse Weskus terwyl haar vriendinne foto's van hulle glansvakansies deel.

Renboogrant Maats: Omnibus 2 (3 in 1) (Afrikaans, Paperback): Maritha Snyman, Lorraine Hattingh Renboogrant Maats: Omnibus 2 (3 in 1) (Afrikaans, Paperback)
Maritha Snyman, Lorraine Hattingh
R250 R215 Discovery Miles 2 150 Save R35 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Kom deel in die lekkerste tye van Shani en Sunette se lewe – die Renboogrant-jare!

Een van die gewildste Afrikaanse reekse is nou in ’n omnibus beskikbaar! Kom deel in die lekkerste tye van Shani en haar sussie Sunette se lewe – die Renboogrant-jare! In die Renboogrant Maats-boeke is Shani-hulle op laerskool, en hulle beleef allerlei opwindende avonture – van ’n geheimsinnige hanswors wat sy verskyning tydens ’n skooluitstappie maak, tot ’n wetenskap-ekspo wat lelik skeefloop.

Hierdie omnibus bevat die volgende drie titels uit di gewilde reeks:

- ’n Nag van angs

- Die hanswors

- Teddie se geheim

Kanniedood - Branderjaer-Sage: Boek 3 (Afrikaans, Paperback): Joha van Dyk Kanniedood - Branderjaer-Sage: Boek 3 (Afrikaans, Paperback)
Joha van Dyk
R295 R254 Discovery Miles 2 540 Save R41 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Dis die Branderjaers se matriekjaar en Ben wou sy kop laag hou. Maar dinge loop van die begin skeef.

‘n Ou bendeleier is terug in Breekwater en Ben en sy suster Kalla word gekonfronteer met ’n legacy waarvoor hulle nooit gevra het nie; met oorlog. Die nag wat Kalla in die niemandsland aangeval is het alles verander.

Nou het sy dalk 'n kans om dinge reg te stel. Om seker te maak daar is nie nog ’n slagoffer nie. Al moet sy alles om haar afbrand.

Hondman 3: Katkenades (Afrikaans, Paperback): Dav Pilkey Hondman 3: Katkenades (Afrikaans, Paperback)
Dav Pilkey; Translated by Kobus Geldenhuys
R240 R206 Discovery Miles 2 060 Save R34 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die superspeurder kom weer te staan teen sy groot vyand, Ramkat, wat die lewe vir die polisie moeilik maak.

Ramkat ontsnap uit die tronk en breek in by ’n laboratorium. Hy steel ’n masjien en maak ’n miniatuurkloon van homself, Kleinkat. Intussen ontvries ’n professor ’n psigokentiese vis om sy brein te bestudeer, maar Hondman breek per ongeluk al die grate in sy lyf.

Die professor opereer die vis en maak ’n supervis.

Die Sproetebessies En Die Hart Van Die Swart Roos (Afrikaans, Paperback): Troula Goosen Die Sproetebessies En Die Hart Van Die Swart Roos (Afrikaans, Paperback)
Troula Goosen
R175 R151 Discovery Miles 1 510 Save R24 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Milan, Andante en Nova gaan na ’n musiekfees om die beroemde popster, Tyrion, te sien optree, maar daar wag ’n groter avontuur . . .

Milan beland op die verhoog saam met die Kaalbas Kitare en uit die bloute ontvang hulle ’n uitnodiging om ’n slypskool by te woon by ’n eksklusiewe superster-akademie.

Maar daar skuil ’n donker geheim op Die Swart Roos en die drie van hulle moet vinnig plan maak – net soos toe hulle eens die bekende Sproetebessie-bende was.

Saterdag Val Ek Vir Jou (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn Saterdag Val Ek Vir Jou (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn
R200 R172 Discovery Miles 1 720 Save R28 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Donker Delia, soos haar vriende haar noem, glo nie in die liefde nie. Sy bewaar haar hart veilig agter ysmure, nes die planeet Saturnus waarna haar geboortedag, Saterdag, vernoem is. Toe sy haarself een Saterdag op Valentynsdag op ’n troue bevind, ontmoet sy vir Phoebe: ’n hopeless romantic wat met haar hart in plaas van haar kop dink. Vyf weke, belowe Phoebe. Dis al wat sy nodig het om vir Delia op ’n meisie verlief te maak. Daar volg ’n reeks warrelwind afsprake en ’n weddenskap wat haar hele lewensuitkyk kan maak of breek. Delia het net nie in ag geneem dat die meisie wat uit sonskyn en reënboë aanmekaargesit is dalk die een kan wees wat haar hart gaan steel nie.

Sankind Lees Die Wind (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Sankind Lees Die Wind (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens
R190 R139 Discovery Miles 1 390 Save R51 (27%) Ships in 7 - 11 working days

Ontdek die wonderlike wreld van die Sanmense in hierdie asemrowende bundel van kortverhale.

Wendy Maartens leer jou van die skerp wysheid wat skuil in die dans van die Kwagga en die fluister van die wind. Neem ʼn reis na ʼn tyd toe die diere nog kon praat en die mense ʼn besondere verhouding met die natuur gehad het. Dwaal saam met diere en mense in ʼn tyd waar elke ding ʼn betekenis het, en waar die verbintenis met die natuur die grootste skat is. Hierdie stories is nie net oor die diere nie, maar oor die erfenis en kultuur van die Sanmense wat die hart van hierdie unieke boek vorm.

Kom ontdek die geheime van mitologie, volksverhale en die ou San-geskiedenis.

Toe Als Groen Was (Afrikaans, Paperback): An-Mari do Carmo Toe Als Groen Was (Afrikaans, Paperback)
An-Mari do Carmo 1
R280 R241 Discovery Miles 2 410 Save R39 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Op haar agtiende verjaarsdag loop Marn weg van die huis af. Weg van Die Sending waar sy grootgemaak is tussen groen valleie. Weg van die kultus met hulle tienduisend rels wat haar hele lewe beheer.

Sy begin ’n nuwe lewe by haar tannie in Klerksdorp en probeer leer hoe om ’n doodnormale meisie te wees tussendeur die uitdagings van matriek in ’n nuwe skool. Sy maak nuwe vriende, en dan is daar die kitaarspeler met die mooi groen o …

Maar na jare van breinspoeling en manipulasie is dit nie so maklik om weg te breek van die sendingdogtertjie wat sy eens was nie. En haar ouers en Die Sending sal nie ophou om haar te probeer opspoor nie. ’n Aangrypende grootwordverhaal oor die soeke na self, die soeke na God en die soeke na waarheid.

Hierdie treffende debuut is gebaseer op ware gebeure by die KwaSizabantu Sendingstasie in KwaZulu-Natal, waarvan die skrywer deel was.

Rommel Die Ruimtehondjie (Afrikaans, Paperback): Nico Meyer Rommel Die Ruimtehondjie (Afrikaans, Paperback)
Nico Meyer
R120 R94 Discovery Miles 940 Save R26 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Dis nie maklik om in die ruimte te kom nie, maar met verbeelding, vindingrykheid en beplanning is alles moontlik. Kom ons help Rommel om sy droom te bereik ... om in die ruimte te kom, en dalk tot so ver as die maan.

Die Wandelende Geraamte - En Ander Spooksprokies (Afrikaans, Paperback): C. J. Langenhoven Die Wandelende Geraamte - En Ander Spooksprokies (Afrikaans, Paperback)
C. J. Langenhoven; Compiled by Wendy Maartens
R191 Discovery Miles 1 910 Ships in 4 - 8 working days

Hierdie bundel het ontstaan na aanleiding van ’n gesoute bibliotekaresse se vreugde oor kinders wat ’n ou hardebandbundel met Langenhoven se spookstories uit die volwasse afdeling smokkel om in die kinderafdeling voos te lees.

Die spookverhale is versigtig uitgekies en hervertel deur Wendy Maartens om by die oorspronklike teks aan te sluit, en terselfdertyd ook tot die kind van vandag te spreek.

Die Seun Wat Drake Kweek - Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Andy Shepherd Die Seun Wat Drake Kweek - Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Andy Shepherd; Illustrated by Sara Ogilvie; Translated by Kobus Geldenhuys
R210 Discovery Miles 2 100 Ships in 4 - 8 working days

Wanneer Tomas ’n draakvrugboom in sy oupa se tuin ontdek en ’n klein drakie uit een van die vrugte bars, ontdek hy dat drake baie meer moeite is as komkommers! Daar is ontploffende draakbolle oral ‒ selfs eenkeer in Oupa se ontbytgraan ‒ die huiskat word gedurig rondgejaag en Tomas se tandeborsel (en ander persoonlike items) word gereeld brandgesteek. Maar dis darem nie net chaos en ontploffende draakbolle nie! Die eerste keer toe Flikker sy stert om Tomas se nek krul en hom met sy groot diamant-o kyk, kom Tomas agter dat daar heelwat meer as net towerkrag in drake steek. Maar as jy ’n draak het moet jy dit geheim hou, want wie wil nie hulle eie draak h nie?

Katastrofe (Afrikaans, Paperback): De Wet Hugo Katastrofe (Afrikaans, Paperback)
De Wet Hugo
R150 R129 Discovery Miles 1 290 Save R21 (14%) Ships in 4 - 8 working days

’n Katastrofe het Katjiesfontein getref! Die geld wat mevrou Mynie Koen vir die talentkompetisie geskenk het, is van juffrou Katoliek se lessenaar af gesteel. Leo is seker dit was daardie boelie, Spiertier. Tiere soek mos altyd skoor! Of dalk het dit iets te doen met Gato, die vreemde nuwe leerling in Laerskool Katedraal wat van Kataloni af kom. Maar skielik dink almal Leo was die dief! Hoe gaan hy sy onskuld bewys en vir Spiertier uitvang? En wie gaan die talentkompetisie wen?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Monsterrugby
Fanie Viljoen Paperback  (1)
R170 R146 Discovery Miles 1 460
Ben En Die Boelies
Zuleka Smit, Johann Strauss Paperback R170 R125 Discovery Miles 1 250
Maltrap
Jaco Jacobs Paperback R140 R99 Discovery Miles 990
Toe Ons In Ghrieshuis Was
Maretha Maartens Paperback R200 R172 Discovery Miles 1 720
Anderkind
Betsie van Niekerk Paperback R205 R176 Discovery Miles 1 760
Die Seun Wat Saam Met Drake Lewe - Die…
Andy Shepherd Paperback R210 Discovery Miles 2 100
Spel
Annerle Barnard Paperback R210 R181 Discovery Miles 1 810
Geraamte In Die Klas
Fanie Viljoen Paperback R165 R142 Discovery Miles 1 420
Kompleks
Louis Pretorius Paperback R230 R198 Discovery Miles 1 980
Krag
Fanie Viljoen Paperback R180 R155 Discovery Miles 1 550

 

Partners