0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R50 - R100 (4)
  • R100 - R250 (16)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie

Showing 1 - 20 of 20 matches in Kinder en Tiener Fiksie

Twa Die Tydloper (Afrikaans, Paperback): Anoeschka Von Meck Twa Die Tydloper (Afrikaans, Paperback)
Anoeschka Von Meck
bundle available
R310 R225 Discovery Miles 2 250 Save R85 (27%) In Stock

Daar is mense wie se lewens van die begin af anders verloop. Sulke mense se liefde lê nie op die gewone plekke en paaie nie, maar juis daar waar min ooit die moed sal hê om hul toekoms te gaan haal.

Twalie is die enigste meisiekind onder die eksentrieke Albrechts wat in ’n dorre landskap om oorlewing veg. Hulle is ’n geharde, eenkant gesin vol geheime. Twalie se pa verwerp haar en haar ma maak haar gedurig stil.

Dan red die Namavrou Letgoed haar uit ’n sandstorm en leer haar die geheime van Die Poort, wat tydens die heuningmaan ’n magiese plek word. Hier maak tyd soms ’n deur agtertoe oop …

Twa die Tydloper is ’n aangrypende roman oor een mens se groei wat lesers sal meevoer en met nuwe oë na die wêreld om hulle sal laat kyk.

Sankind Lees Die Wind (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Sankind Lees Die Wind (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens
bundle available
R190 R139 Discovery Miles 1 390 Save R51 (27%) Ships in 7 - 11 working days

Ontdek die wonderlike wêreld van die Sanmense in hierdie asemrowende bundel van kortverhale.

Wendy Maartens leer jou van die skerp wysheid wat skuil in die dans van die Kwagga en die fluister van die wind. Neem ʼn reis na ʼn tyd toe die diere nog kon praat en die mense ʼn besondere verhouding met die natuur gehad het. Dwaal saam met diere en mense in ʼn tyd waar elke ding ʼn betekenis het, en waar die verbintenis met die natuur die grootste skat is. Hierdie stories is nie net oor die diere nie, maar oor die erfenis en kultuur van die Sanmense wat die hart van hierdie unieke boek vorm.

Kom ontdek die geheime van mitologie, volksverhale en die ou San-geskiedenis.

Ben En Die Boelies (Afrikaans, Paperback): Zuleka Smit, Johann Strauss Ben En Die Boelies (Afrikaans, Paperback)
Zuleka Smit, Johann Strauss
bundle available
R170 R125 Discovery Miles 1 250 Save R45 (26%) Ships in 7 - 11 working days

Ben word geteister deur nie net een nie, maar twee boelies by die skool. Die rooikop-tweeling maak hom baie bang en ongelukkig en hy wil nie eers meer skool toe gaan nie. Mamma herinner Ben dat hy nooit hoef bang te wees as Jesus by hom is nie en dat daar ander maniere is om boelies te hanteer.

Zuléka Smit se pragtige storie bespreek die sensitiewe tema van boelies, veral by skole, en is gebaseer op haar baie jare van ondervinding in die onderwys en ook haar ervaring met haar eie kinders.

Maltrap (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Maltrap (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
bundle available
R140 R99 Discovery Miles 990 Save R41 (29%) In Stock

Maak jou sitplekgordel vas vir 'n monster-avontuur!

Adriaan hou van karre. En motorfietse. En vliegtuie. Hoe groter en vinniger, hoe beter.

Op 'n dag ontdek hy en sy pa die wrak van 'n ou monsterbakkie in 'n stowwerige motorhuis.

Sy pa besluit om die monsterbakkie reg te maak ... en dit is die begin van 'n maltrap - avontuur!

Springboekie (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Springboekie (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen; Illustrated by Elsabe Ebersohn
bundle available
R160 R115 Discovery Miles 1 150 Save R45 (28%) Pre-order

Springbokke het ’n superkrag. Hulle is die beste rugbyspelers, natuurlik. Amabhokobhoko! Maar wat as jy ’n ander superkrag het?

Dalk is LEES jou superkrag! Soos Springboekie!

Springboekie is MAL daaroor om te lees. Hy wens net sy maats het ook daarvan gehou. Hulle wil net HEELDAG in die moddergat speel en hulle dink boeke is VERVELIG.

Gelukkig is Springboekie baie slim. Hy wys sy maats dat daar ʼn boek vir elkeen bestaan. Selfs ’n kwaai leeu!

Harry Potter en die Towenaar se Steen (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): J. K. Rowling Harry Potter en die Towenaar se Steen (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
J. K. Rowling; Translated by Janie Oosthuysen
R250 R185 Discovery Miles 1 850 Save R65 (26%) In Stock

Harry Potter se lewe verander op die dag wat 'n posuil 'n geheimsinnige brief by die Dursleys aflewer: 'n brief wat Harry nooi na 'n ongelooflike plek wat hy – en almal wat oor hom lees – nooit sal vergeet nie. Dit is juis op Harry se elfde verjaardag wat hy die verstommende nuus kry: Hy is 'n towenaar en hy word genooi na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery. 'n Ongelooflike avontuur is op die punt om te begin!

Die Goorste Week Ooit! - Woensdag (Afrikaans, Paperback): Eva Amores, Matt Cosgrove Die Goorste Week Ooit! - Woensdag (Afrikaans, Paperback)
Eva Amores, Matt Cosgrove
R200 R145 Discovery Miles 1 450 Save R55 (28%) In Stock

Het JY al ooit ’n GOOR WEEK gehad? Justin Chase het MAANDAG en DINSDAG skaars oorleef, maar nou is dit . . . WOENSDAG!

Sy kat is steeds spoorloos weg. Hy word per ongeluk ’n internetsensasie. En op die oomblik swem haaie in sirkels om hom, want hy’s vasgekeer in ’n hart-gaan-staan, vel-word-hoendervleis, mond-hang-oop, lewe-op-die-spel SOS (sweet-op-sweet) situasie saam met sy ongelooflik irriterende aartsvyand!

Flaffie (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Flaffie (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
bundle available
R130 R95 Discovery Miles 950 Save R35 (27%) Ships in 5 - 10 working days

Moeg vir jou planeet se troeteldiere? Bestel vandag nog ‘n troeteldier van ‘n ander planeet!

Rudi en Judy baklei gedurig soos kat en hond. Hulle stem oor byna niks saam nie. Maar een aand bestel hulle per ongeluk in plaas van pizza … ‘n ruimtewese! Kort voor lank is daar groot moeilikheid …

Kaptein Onderbroek en die Inval van die Koelbloedige Kostannies uit die Ruimte - (en Daarna die Aanval van die Ewe Bose... Kaptein Onderbroek en die Inval van die Koelbloedige Kostannies uit die Ruimte - (en Daarna die Aanval van die Ewe Bose Zombie-Nerd Boelies) (Afrikaans, Paperback)
Dav Pilkey
R195 R140 Discovery Miles 1 400 Save R55 (28%) Ships in 4 - 8 working days

George en Harold het al vir amper almal in Leergierig Laer ’n poets of twee gebak.

Wanneer hulle nuutste poets veroorsaak dat die skool se kostannies bedank, stel mnr. Mor drie ongewone tannies aan – wat boonop baie soos aliens lyk!

Sal Kaptein Onderbroek, die held met die rooi mantel, die skool en kinders kan red? Of sal die drie kostannies uit die ruimte hom vir middagete verslind?

Minki se Verjaardag (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Minki se Verjaardag (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Tumi K. Steyn
bundle available
R130 R95 Discovery Miles 950 Save R35 (27%) Pre-order

Minki se verjaardag is om die draai.
Sy mag kies – wil sy ’n present hê of ’n partytjie hou?

Minki wil baie graag haar kamer mooi maak … maar sy wil ook nie die kans laat verbygaan om vir haar maats ’n lekker partytjie te hou nie!

Twee spesiale besoekers by die skool krap egter al haar planne
deurmekaar … en gee haar ’n baie oulike verjaardag-idee.

Maar dit lyk of Danika haar bes gaan doen om te sorg dat Minki ’n goor verjaardag het …

Mink se Pretdraf (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Mink se Pretdraf (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Tumi K. Steyn
bundle available
R130 R95 Discovery Miles 950 Save R35 (27%) Pre-order

’n Pretdraf?
Dit klink na groot pret!
Minki kan nie wag om saam met haar twee beste maats deel te neem nie.

Maar Danika gaan ook vir die pretdraf inskryf en sy is van plan om te wen … selfs al beteken dit sy moet ’n nare poets bak om te sorg dat Minki-hulle nie die wedloop kan klaarmaak nie.

Kort voor lank lyk dit of die pretdraf glad nie meer pret gaan wees nie …

Vuur (Afrikaans, Paperback): Hannes Barnard Vuur (Afrikaans, Paperback)
Hannes Barnard
bundle available
R230 R175 Discovery Miles 1 750 Save R55 (24%) Ships in 7 - 11 working days

Die elemente van ’n vuur is suurstof, hitte, brandstof, en ’n chemiese reaksie. Wat is die elemente van die apokalips? Wolk, Roet, Vuur, en ’n chemiese reaksie? Die noodlot het Rufus en Xandr van mekaar geskei. Rufus is op ’n skip iewers op die Indiese Oseaan terwyl Xandr veg om oorlewing in ’n wêreld wat deur die wolk vernietig is. Al wat hy het is Flip die hond en ’n rooi Mazda Midge. Gerugte van ’n toevlugsoord word Rufus en Xandr se enigste strewe: Vind mekaar, vind skuiling en ... wat dan? Hulle is lankreeds nie meer net vriende nie, is hulle? En hoe lank kan mens in elk geval oorleef as alles skynbaar deur vuur verteer is? Die kanse om mekaar te vind is egter skraler as om vars water te vind, veral as jy gekonfronteer word deur mense wat absoluut enigiets sal doen om te oorleef Hoop is vinnig besig om agter ’n sluier van roet te verdwyn, nie net vir hulle nie, maar vir alles en almal.

Wereld Van Wolwe 3 - Derde Mag (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Wereld Van Wolwe 3 - Derde Mag (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
bundle available
R220 R165 Discovery Miles 1 650 Save R55 (25%) Ships in 7 - 11 working days

“Jou pa is ’n moordenaar,” sis Wolfgang. “Hy moor my weerwolwe. Eendag gaan hy jou ook skiet. Wag maar, daardie dag kom.”

Joshua Reinders se lewe is ’n gemors. Hy dra ’n groot geheim: Hy is ’n weerwolf. En sy pa is ’n weerwolfjagter. Die spanning verhoog egter toe Wolfgang Lycaon in Droomhoek opdaag. Die afskuwelike leier van die Wêreld van Wolwe glo dat Joshua aan hom behoort. En hy wil die seun terughê. Of Joshua gaan sterf.

Maar sal dit werklik gebeur? Joshua sal vir sy lewe moet veg en van Wolfgang ontslae raak.

Daar wag egter nuwe geheime wat Joshua eers moet ontrafel: Hoekom het hy elke keer bloed aan sy hande as iemand in die dorp wegraak? Hoe is sy ma werklik dood? Wat is die derde mag?

Sneller (Afrikaans, Paperback): Sunel Combrinck Sneller (Afrikaans, Paperback)
Sunel Combrinck
bundle available
R220 R160 Discovery Miles 1 600 Save R60 (27%) Ships in 7 - 11 working days

Een oomblik.
Twee mense.
Drie skote.
In ’n oogwink kan alles verander.

Inneke ontmoet vir Logan op haar eerste dag by haar nuwe skool. Daar is onmiddellik ’n vonk tussen die twee. Dit neem nie lank voordat hulle dolverlief op mekaar is nie.

Maar Inneke het ’n geheim. Een wat alles tussen haar en Logan kan vernietig, want sosiale media het ’n ernstige verwoestende kant. Dit stel dalk net iemand uit haar verlede in staat om haar op te spoor by haar nuwe skool. Is Inneke en Logan se liefde sterk genoeg om ’n donker geheim te weerstaan?

Kan Inneke ongeskonde van haar verlede ontsnap of is dit ’n sneller wat wag om af te gaan?

Frikkadel die Spookhond (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Frikkadel die Spookhond (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen; Illustrated by Johann Straus
bundle available
R160 R119 Discovery Miles 1 190 Save R41 (26%) Ships in 7 - 11 working days

Is dit ’n hond? ’n Deursigtige Jack Russell? Soos ’n ... spookhond?

Hugo Roets weet nie of hy bang moet wees nie. Hoeveel mense het al ’n spookhond gesien?

Dis mos ongelooflik!

Maar dit is net die begin van die storie ...

Frikkadel moet ’n nuwe huis kry.

Daar is net een probleem: Hoe kry mens ’n vir-altyd-huis vir ’n spookhond?

Sanri Steyn Omnibus 3 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Theresa van Baalen Sanri Steyn Omnibus 3 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Theresa van Baalen; Illustrated by Johann Strauss
bundle available
R240 R177 Discovery Miles 1 770 Save R63 (26%) Ships in 7 - 11 working days

Sanri Steyn droom daarvan om eendag ’n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees ... Superjoernalis Sanri Steyn. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Op die dorpie Raaiselfontein beleef Sanri en haar beste vriend, Markus, allerlei vreemde avonture – van vampiere wat op die dorp kom woon, tot ’n weerwolfmeisie wat haar opwagting in hul klas maak! Die aweregse humor en lekker grillerige avonture in hierdie gewilde reeks sal seuns en meisies vasgenael hou!

Die derde Sanri Steyn-omnibus het ’n bekostigbare prys EN sluit ’n splinternuwe storie in. Die titels in hierdie omnibus is:

• Die rustelose mummie
• Die geraamte se geheim
• Die besoek van die meerminne

Vasbyt Vyf: Die Ontvoering (Afrikaans, Paperback): Eleanor Lombard Vasbyt Vyf: Die Ontvoering (Afrikaans, Paperback)
Eleanor Lombard
bundle available
R180 R135 Discovery Miles 1 350 Save R45 (25%) Ships in 7 - 11 working days

Toe Jaco per ongeluk sy rugbybal oor die kwaai buurman se muur skop, het hy nie ’n idee gehad in watter gemors dit hom gaan laat beland nie. Saam met Handré, sy beste vriend, probeer hy die bal terugkry – net om te ontdek die buurman hou twee ontvoerde meisies in sy huis aan!

Wat maak hulle nou? Die grootmense glo hulle nie, maar Jaco en Handré wéét wat hulle gesien het … en daar is net een oplossing: hulle moet die meisies red.

Maar toe al hulle planne verkeerd loop, word die twee seuns sowel as Handré se sussie, Karli, ook deur die ontvoerders vasgekeer. Nou moet die vyf kinders leer vasbyt … en planne maak.

Weg (Afrikaans, Paperback): Alet Steenkamp, Nerine Ahlers Weg (Afrikaans, Paperback)
Alet Steenkamp, Nerine Ahlers
bundle available
R190 R139 Discovery Miles 1 390 Save R51 (27%) Ships in 7 - 11 working days

Niekie is weg, en niemand gee om nie. Sy is immers bekend vir haar impulsiewe kunstenaarstemperament en het al voorheen vir ’n paar dae pad gevat om te gaan skilder.

Maar haar kêrel, Zack, word al hoe meer bekommerd. Waarom het Niekie nie opgedaag vir hulle afspraak nie? Hoekom antwoord sy nie haar foon nie? Toe hy boonop haar woonstel verlate aantref, weet hy iets is verkeerd. Baie verkeerd.

Intussen word Niekie in ’n vreemde bed wakker; vasgemaak en vol kneusplekke. En by haar is ’n man. Hy noem haar sy prinses. Hy wil vir haar ’n storie vertel oor ’n meisie wat dieselfde naam as sy gehad het. En as die storie eers verby is, gaan hy vir haar ’n spesiale towerdrankie gee om haar te laat slaap. Vir altyd …

Terwyl die uurglas vir Niekie leegloop, probeer Zack en Niekie se vriende die vreemde spoor van leidrade volg wat hulle hopelik na haar ontvoerder sal lei … voor dit te laat is.

Luna Skitterster Word Gered (Afrikaans, Paperback): Peti Troskie Luna Skitterster Word Gered (Afrikaans, Paperback)
Peti Troskie; Illustrated by Bronwyn Webb
bundle available
R190 R139 Discovery Miles 1 390 Save R51 (27%) Ships in 7 - 11 working days

Om na ’n nuwe dorp en ’n nuwe skool te trek is nooit maklik nie, maar vir die skaam Nea is dit nog moeiliker.

Dalk is Keisha se verjaarsdagpartytjie tog ’n nuwe begin – veral toe sy sien Keisha hou net so baie van eenhorings soos sy!

Terwyl hulle wegkruipertjie speel, ontdek Nea ’n geheime tonnel in die tuin … en deur die tonnel, in die middel van ’n magiese woud, is ’n eenhoring wat vassit in die modder!

Sal Nea en Keisha vir Luna, die eenhoring, kan red … en maats word in die proses?

Superhelde van die Savanna (Afrikaans, Paperback): Marleen Lammers Superhelde van die Savanna (Afrikaans, Paperback)
Marleen Lammers; Illustrated by Anja Stoeckigt
bundle available
R160 R115 Discovery Miles 1 150 Save R45 (28%) Pre-order

Toe ’n klein bakoorjakkals deur ’n vreeslose, brawe ratel gered word, besluit hy om by hom te bly vir beskerming. Die ratel dink eers glad nie dis oulik nie ... maar dalk het die jakkalsie ook ’n paar nuttige vaardighede!

’n Prettige en pragtige prenteboek oor vriendskap.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Asterix in Korsika
R. Goscinny Paperback R190 R140 Discovery Miles 1 400
Anderkant Die Blou
Zelda Bezuidenhout Paperback R160 R138 Discovery Miles 1 380
Toe Als Groen Was
An-Mari do Carmo Paperback  (1)
R280 R241 Discovery Miles 2 410
Kattemaai 1: Die Bure Se Nuwe Dogter
Betsie Vos Paperback R150 R129 Discovery Miles 1 290
Die Woud Van Sneeu & Ys
Frenette van Wyk Paperback R260 R224 Discovery Miles 2 240
Felina Kat, Geheime Agent
Louise Smit Paperback R170 R146 Discovery Miles 1 460
Donker Web
Fanie Viljoen Paperback  (2)
R255 R195 Discovery Miles 1 950
Hartklop - Die Ontwaking Van Winter…
Sunel Combrinck Paperback R270 R232 Discovery Miles 2 320
Dagboek Van 'n Wimpy Kid 18 - Leekoppie
Jeff Kinney Paperback R185 R145 Discovery Miles 1 450
Die Mooiste Sprokies Van Grimm
Marita van der Vyver Paperback R420 R361 Discovery Miles 3 610

 

Partners