Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie Showing 1 - 4 of 4 matches in Kinder en Tiener Fiksie
Hoera vir heldhaftige honde Lea se ma is ’n veearts en haar pa is ’n diereregteaktivis en joernalis. Om diere te red, is in haar bloed! Lea en haar maats, Nikita en Hazel, is kliphard besig om gereed te maak vir die skool se groot honderatsheidskompetisie. Daar is net een probleem: Hik, die hondjie wat Lea gered het, wil net nie die toertjies leer nie! En Lea se ma het gesê as Hik nie maniere leer nie, dan moet hulle hom opgee om aangeneem te word ... Om dinge erger te maak, vind Lea-hulle uit dat daar ’n hondemeule is wat honde in aaklige omstandighede teel net vir wins. Sy en haar maats moet iets doen om hulle te red voor dit te laat is.
Lea se ma is ’n veearts en haar pa is ’n diereregteaktivis en joernalis. Om diere te red, is in haar bloed! Lea en haar klasmaats is op pad na ’n primaatskuiling toe om vir ’n paar dae as vrywilligers te werk. Sy kan nie wag nie, maar ’n paar van die seuns het heeltemal die verkeerde idee en dink sowaar die apies is troeteldiere! Boonop dwing Suna en Mpho vir Lea, Hazel en Nikita om al hulle werk ook te doen en hulle moet ’n kamer deel. Glad nie pret nie. Dan begin alles skeefloop: iemand het ’n paar van die apies gesteel! En net toe Lea uitpluis wat met hulle gebeur het, begin die bos brand ...
Hoe-hoe-hoekom gaan al die uile dood? Lea se ma is ’n veearts en haar pa is ’n diereregte-aktivis en joernalis. Om diere te red, is in haar bloed! Daar is ’n probleem in Lea-hulle se dorp: die uile is besig om dood te gaan! Terwyl al Lea se maats net dink aan die opwindende nuwe restaurant wat oopgemaak het, probeer Lea en haar ouers uitvind wat die uile doodmaak. Vinnig kom hulle agter: die dorp het ook ’n muisplaag en almal probeer van die muise ontslae raak! Is hierdie dinge dalk alles verbind, en wat kan Lea doen om al die diere te red?
Lea se ma is ’n veearts en haar tannie werk by die akwarium se seeskilpadredding- en rehabilitasie-sentrum – om diere te red, is in haar bloed! Lea beleef allerhande onverwagse avonture by die akwarium; van ’n siek pikkewyn tot die popsangeres Amelia Ametis wat opdaag – met skilpaddopjuwele! Lea moet net iets doen om die seeskilpaaie te probeer red. Toe kry sy ’n blink plan ...
|
You may like...
|