0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (18)
  • R50 - R100 (37)
  • R100 - R250 (171)
  • R250 - R500 (34)
  • R500+ (4)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Verskeep in 24 uur

Showing 1 - 25 of 264 matches in Verskeep in 24 uur

Wynie - My Bloed Is Blou (Afrikaans, Paperback): Wynie Strydom, Alita Steenkamp Wynie - My Bloed Is Blou (Afrikaans, Paperback)
Wynie Strydom, Alita Steenkamp 1
R189 R29 Discovery Miles 290 Save R160 (85%) View more sellers In stock

Wynie Strydom was jare lank ’n onmiddellik herkenbare figuur op die kantlyn van elke Blou Bullewedstryd, plaaslik en in die buiteland.

As die Blou Bulle se spanbestuurder het hy oor 17 veelbewoë jare heen die hoogte- en laagtepunte en die suksesse en mislukkings van sy gunstelingspan beleef. In hierdie boek vat Wynie Strydom en sy medeskrywer, Alita Steenkamp, die leser op sy lewenspad wat maar altyd met rugby vervleg was.

Dit is onontbeerlik vir alle rugbyliefhebbers, ongeag watter span hulle ondersteun.

Huis Van Gruwels - My 16 Jaar In Die Springs-Hel (Afrikaans, Paperback): Susan Cilliers Huis Van Gruwels - My 16 Jaar In Die Springs-Hel (Afrikaans, Paperback)
Susan Cilliers
R245 R185 Discovery Miles 1 850 Save R60 (24%) In stock

Huis van gruwels is die skokverhaal van die sogenaamde “Springs-monster” wat op die wreedste manier denkbaar alles van sy gesin weggeneem het, maar ook ’n storie van hoop oor hoe ’n dapper jong vrou uiteindelik geluk en genesing vind.

Landi is die oudste van vyf kinders wat uit die sogenaamde Springs-gruwelhuis gered is. Sy is nou 21 jaar oud en vertel vir die eerste keer haar verstommende verhaal. In Mei 2014 het die polisie dié huis ontdek waar ’n sadistiese pa sy vrou en vyf kinders vir jare tussen vullis en rotte aangehou, getreiter en gemartel het. In ysingwekkende besonderhede onthou Landi hoe hul pa hulle aangerand, met ’n skokstok geskok, met ’n gaspistool geskiet en met ’n blaasvlam gebrand het, hoe hy martelmetodes nagevors en hulle byna in ’n bad verdrink het.

Sy vertel hierdie herinneringe aan Susan Cilliers, ’n ervare joernalis, wat dit met deernis weergee en dit vernuftig met die feite van die polisie-ondersoek en die hofsaak verweef.

Zephany. Twee Ma's. Een Dogter. - 'n Ongelooflike Ware Verhaal. (Afrikaans, Paperback): Joanne Jowell Zephany. Twee Ma's. Een Dogter. - 'n Ongelooflike Ware Verhaal. (Afrikaans, Paperback)
Joanne Jowell 2
R260 R195 Discovery Miles 1 950 Save R65 (25%) View more sellers In stock

“Ek het my mammie sien loop na die hofgebou met ’n hoodie aan en ’n doek oor haar gesig. Sy het byna gelyk soos iemand wat arm is. Mense het haar uitgevloek … Dit het my gebreek. Dit is die vrou wat elke dag daar was vir my, wat middagete vir my en my vriende gemaak het as ons van die skool af kom, en hier is sy nou op televisie en word ’n misdadiger genoem.”

Die ontvoering van baba Zephany Nurse uit die kot langs haar ma se hospitaalbed het die hele Suid-Afrika aangegryp. Haar desperate ouers het herhaaldelik gepleit dat sy veilig terugbesorg word, maar daar was geen teken van die baba nie. Vir 17 jaar lank, op haar verjaarsdag, het die Nurse-gesin kerse aangesteek en gehoop en gebid.

’n Klipgooi van die Nurse-gesin af het die 17-jarige Miché Solomon pas met matriek begin. Sy het ’n kêrel gehad en toegewyde ouers. Sy het gedroom oor die matriekafskeid en die rok wat haar ma vir haar sou maak. Sy het nie die vaagste benul gehad dat ’n nuwe meisie in die skool, wat ongelooflik baie soos sy lyk, en ’n DNS-toets haar wêreld tot in sy fondamente sou skud nie.

Miché is nou 22. Met verbysterende volwassenheid, eerlikheid en deernis vertel sy hier vir die eerste keer háár storie, in haar eie woorde, oor wat dit beteken om lief te hê en geliefd te wees, en om jou eie identiteit op te eis.

Weerklink Van 'n Wanklank - Memoires Van Toe En Nou (Afrikaans, Paperback): Pieter-Dirk Uys Weerklink Van 'n Wanklank - Memoires Van Toe En Nou (Afrikaans, Paperback)
Pieter-Dirk Uys
R280 R241 Discovery Miles 2 410 Save R39 (14%) In stock

Met meer as 7 000 verhoogoptredes op sy kapstok is Pieter-Dirk Uys volksbesit. In Weerklink van ’n wanklank, sy skreeusnaakse, roerende memoires, tree die mens agter die ikoon te voorskyn.

Ons leer ken sy moeilike, musikaal-gedrewe pa, sy briljante, geheimsinnige ma, sy suster, die pianis-wonderkind, en Sannie Abader, “Pietertjie” se Kaapse Vlakte-ma.

Dan is daar sy Paarlse ouma wat hom neem om by die Verwoerds te gaan kuier, sy ander Oma en haar onverbeterlike strudel, sy vriendskap met Sophia Loren, die geboorte van Evita Bezuidenhout, en die vreugdes en hartseer van ’n merkwaardige lewe.

Kyk Na My - Herinneringe Aan 'n Kindertyd (Afrikaans, Paperback): Nataniël Kyk Na My - Herinneringe Aan 'n Kindertyd (Afrikaans, Paperback)
Nataniël
R280 R209 Discovery Miles 2 090 Save R71 (25%) In stock

Met hierdie unieke boek vertel Nataniël die verhaal van ’n kindertyd in drie klein dorpies en een groot voorstad, ’n era waartydens reëls blindelings gevolg is en oor ’n jong seun met ’n oorweldigende vrees vir die gewone. Kyk na my is Nataniël se eerste volwaardige memoir. 

SAUK 1936-1995 - Bedreigde Spesie... Of Sleutelspeler in Transformasie (Afrikaans, Paperback): Wynand Harmse SAUK 1936-1995 - Bedreigde Spesie... Of Sleutelspeler in Transformasie (Afrikaans, Paperback)
Wynand Harmse
R350 R329 Discovery Miles 3 290 Save R21 (6%) In stock

Die geskiedenis van die eerste 59 jaar van die SAUK se bestaan; vanaf 1936 tot 1995. Die vertel ook die ontstaan van openbare uitsaai, die missie en doelwitte daarvan en waarom dit hersien moet word.

Die politieke element word bespreek: Watter soort stut was die SAUK vir apartheid? Watter rol het die SAUK gespeel as sleutelspeler in die transformasieproses? Daar word gekyk na politieke inmenging en aanstellings wat direk uit die Uitsaaiminister se staatsdepartement gemaak is. Ook ingespan is die SAUK se sleutelrol in geskiedkundige gebeure: Die vrylating van Nelson Mandela en die vryheidsverkiesing van 1994.

Die boek behoort nie net die wye publiek nie, maar ook akademici, historici en politici te interesseer.

Christo Wiese - Risiko en Rykdom (Afrikaans, Paperback): T J Strydom Christo Wiese - Risiko en Rykdom (Afrikaans, Paperback)
T J Strydom
R290 R249 Discovery Miles 2 490 Save R41 (14%) In stock

Op sy dag eienaar van ’n diamantmyn, ’n wynplaas én die duurste huis in Kaapstad. Voorsitter van Suid-Afrika se grootste kleinhandelaar. Direkteur van die Reserwebank, en die rykste man in die land.

As jong man het Christo Wiese sy tande by Pep Stores geslyp. Mettertyd bou hy ’n magtige sakeryk op, wat Shoprite en ’n rits ander maatskappye insluit. Sy wenresep: ’n eindelose liefde vir transaksies, ’n vreeslose aptyt vir risiko en ’n oog vir ’n winskopie. Dié sjarmante sakeman was nog nooit bang om ’n kans te waag nie. Die berekende risiko’s wat hy oor 50 jaar neem, maak hom hoogs suksesvol. Tot hy die meubelgroep Steinhoff teëkom, en dinge lelik skeefloop. Sakejoernalis en skrywer TJ Strydom vertel die verhaal van een van Suid-Afrika se bekendste sakereuse op ’n vars, pakkende manier.

“Boeiend. Beide sprokie én raadsaalriller.” – Waldimar Pelser

“’n Treffende, insiggewende werklikheidstorie oor die mens Christo Wiese – van kleinbegin tot dealmaker en sakereus.” – Freek Robinson

“’n Fabelagtige, meesleurende leeservaring . . . ” - Peter Bruce

Resepte (Afrikaans, Paperback): SuzelleDIY Resepte (Afrikaans, Paperback)
SuzelleDIY
R295 R234 Discovery Miles 2 340 Save R61 (21%) In stock

Welkom by Resepte! Hierdie boek se bladsye is propvol geliefkoosde resepte wat ek oor baie jare versamel en opgetower het; van my Ouma se ou klassieke resepte tot my eie skeppings wat almal gaan laat gons y oor jou volgende feesmaal!

Jy sal heerlike nageregte ontdek, maklike aandetes, asook prettige en smaaklike afdraaipaadjies van Suid-Afrikaanse gunstelinge (enigeen vir bobotieballetjies?), sowel as paar ongelooflike resepte deur spesiale gaste wat ook, ag, shame, so graag in die boek wou wees. Hierdie kookboek is vir almal! Al is jy bobaaskok of beginner; al weet jy kwalik hoe om mikrogolfoond te hanteer of dink dat jou maaltye altyd so bietjie verroes lyk: daar sal iets in hierdie kookboek wees vir jou.

Strik jou voorskoot aan, liewe mens! Dis tyd om jou eie kreatiwiteit te volg en die kombuis in gastronomiese betowering te omskep. DIY? Want almal kan!

Vloek (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Vloek (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R275 R199 Discovery Miles 1 990 Save R76 (28%) In stock

In Rudie se eerste Kassie Kasselman-roman, Slagyster, ontmoet ons vir Carl Bester, gevalle oudspeurder. In Vloek is Carl terug. Hy kan na SA kom – sy bannelingstatus uitgewis, teen ’n prys. “Ons vergeet jou sondes in ruil vir ’n teenprestasie,” sê sy nuwe werkgewer. Hy moet ’n lykbesaaide saak van internasionale belang help ontrafel. Nou sal hy weer soos ’n volbloedspeurder moet redeneer om dié saak saam met ’n spul rookies op te los.

Dit Proe Soos Huis - Geure Van My Ma Se Kombuis (Afrikaans, Paperback): Herman Lensing Dit Proe Soos Huis - Geure Van My Ma Se Kombuis (Afrikaans, Paperback)
Herman Lensing 1
R365 R275 Discovery Miles 2 750 Save R90 (25%) In stock

In Dit proe soos huis eer Herman Lensing sy ma met sy uitsonderlike talent. Hy weef haar gunstelingresepte, passie vir kos en hul eie stories ineen. Dit is resepte van onthou dié – ’n kosverhaal wat dít wat is, verbind met dít wat was. Kos is liefde en in die kombuis klop die hart van die huis. 

Dryfhout (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Chanette Paul Dryfhout (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Chanette Paul
R340 R291 Discovery Miles 2 910 Save R49 (14%) In stock

Wie is Aengel Rousseau? En wie was die voormoeder by wie Aengel dagboeke, 'n skulp, ’n seewatersteen en ’n verbod om haar hare te sny, geerf het? Dis die vrae wat Aengel Kierangbaai toe lok. Want dis waar Angelique d’Avignon amper twee eeue gelede haar spore gelaat het en legendes van die visvrou ruig loop. Geleidelik maak Aengel sin van die legendes oor Annie en die vloek wat sy oor die Niemands uitgespreek het. Die vier moorde wat op Kierangbaai gepleeg word, kan Aengel egter nie kleinkry nie. Ook nie haar gevoelens vir Roark of hoekom iemand dink sy kan Annie se vloek ophef nie. Gys en Fortuintjie moet weer hul speurvernuf inspan en dit ry Gys se poging om vir oulaas Gertjie se hart te wen, sleg in die wiele. Dryfhout is die vyfde spanningsroman wat in die Niemandsdorp-omgewing afspeel, en sluit die Gys Niemand-reeks af. Gys Niemand en Faantjie Fortuin doen weer die speurwerk, alhoewel daar heelwat komplikasies is. Die ander titels in die reeks is Springgety, Fortuin, Boheem en Meetsnoer.

Gramadoela-Kos (Afrikaans, Paperback): Rita Van Dyk Gramadoela-Kos (Afrikaans, Paperback)
Rita Van Dyk
R250 R197 Discovery Miles 1 970 Save R53 (21%) In stock

Gramadoela-kos is saamgestel om in die bos te kook wanneer jy ’n ietsie meer as net boerewors en pap elke aand wil voorberei. Die resepte is vars, innoverend en bowenal, maklik! Al die resepte is getoets en kan oor ’n oop vuur of ’n kampstofi e berei word, maar dit is so smaaklik dat jy dié boek selfs in jou kombuis of vir jou braai by die huis kan gebruik.

As jy daarvan hou om in die buitelug te kook, hetsy onder die sterre by ’n kampterrein in die gramadoelas of buite in jou agterplaas te braai, is hierdie boek net vir jou.

Vegetaries (Afrikaans, Paperback): Jan Braai Vegetaries (Afrikaans, Paperback)
Jan Braai
R370 R270 Discovery Miles 2 700 Save R100 (27%) In stock

'n Versameling van Jan se beste vegetariese resepte en nog baie nuwe kinkels, alles op die vuur. As jy iets soek vir vleislose Maandag, jou nuwe vegetariese skoondogter moet onthaal, of die kleinkinders moet kosgee - is daar geen rede waarom jy nie kan braai nie. Met Jan se liplekker braaibroodtjies, potjies, kerrie, brode, burgers tot poedings sal selfs die vleiseters terugkom vir nog 'n skeppie!

Bloedbande - 'n Donker Tuiskoms (Afrikaans, Paperback): Wilhelm Verwoerd Bloedbande - 'n Donker Tuiskoms (Afrikaans, Paperback)
Wilhelm Verwoerd
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) In stock

Ek blaai vinnig deur hierdie bladsye. Ouma se politieke spore is besaai met duwweltjies. ’n Deel van my wil-wil die swart dagboek toemaak. ’n Ander deel skop vas: Hoe eerlik is jy in jou poging om oupa Hendrik te verstaan?

Ná jare van versoeningswerk tussen eertydse vyande in Ierland keer Wilhelm Verwoerd terug na Suid-Afrika. Hy wil vrede maak met sy eie familie en sy geskiedenis. In die Verwoerd-strandhuis, Blaas ’n Bietjie, waar hy sit en skryf, hang ’n gesinsfoto waarop sy oupa, HF Verwoerd, hom as baba teer vashou. Hoe versoen hy dié menslike oupa met die gehate onderdrukker wat in die stories van sy swart bure en kennisse na vore kom, mense wat as kinders in die strate gedans het toe sy oupa vermoor is?

In sy soektog na begrip kom Wilhelm op ouma Betsie Verwoerd se private dagboeke af en voer hy soms ongemaklike gesprekke met mense wat sy van as vloekwoord onthou. So ontvou ’n geskakeerde blik op wat dit beteken om vandag met integriteit in Suid-Afrika te leef.

“Diepsinnig … Wilhelm Verwoerd ondersoek die veelkantigheid van verantwoording in families in hierdie belangrike en menslike memoir.” – Martie Retief Meiring

Koeke en Terte - Aanvaar Mekaar se Uniekheid (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Koeke en Terte - Aanvaar Mekaar se Uniekheid (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer
R210 R160 Discovery Miles 1 600 Save R50 (24%) In stock

Koeke en terte gee jou skreeusnaakse wenke oor die verskille tussen mans en vroue en verskillende tipe vroue. Dit is geskik vir almal wat ’n goeie humorsin het – en veral vir hulself kan lag. Susan takel ernstige onderwerpe soos dat jy as vrou is goed genoeg is, jy nie so hard op jouself moet wees nie en jy is genoeg vir God net soos jy is. Sy help jou om jouself te leer waardeer en jou eie gawes te ontwikkel en om by jouself en ander te leer. 

50 Jaar Met Fred - Fred Mouton se Beste Spotprente (Afrikaans, Paperback): Bun Booyens 50 Jaar Met Fred - Fred Mouton se Beste Spotprente (Afrikaans, Paperback)
Bun Booyens
R320 R252 Discovery Miles 2 520 Save R68 (21%) In stock

Met sy fyn oog sien Fred Mouton álles raak. Sy vlymskerp spotprente lewer raakvat sosiale kommentaar en is al vir 50 jaar stapelvoedsel vir duisende Afrikaanse koerantlesers. 50 Jaar met Fred bevat meer as 400 van sy beste sketse en etse. Met sy fyn oog sien Fred Mouton álles raak. Sy vlymskerp spotprente lewer raakvat sosiale kommentaar en is al vir 50 jaar stapelvoedsel vir duisende Afrikaanse koerantlesers. 50 Jaar met Fred bevat meer as 400 van sy beste sketse en etse. Die boek is as’t ware ’n aaneenlopende strokiesprent van Suid-Afrika se wel en wee oor die afgelope vyf dekades – dit dek alles van groot politieke storms en sportdramas tot omstrede figure en huismoles.

In sy sketse wys Fred ook die alledaagse dinge wat mense raak. Die droogtes en die landreën, inflasie wat elke keer net-net voor die verbruiker by die petrolpomp opdaag, die Springbokke wat verloor en dan weer wen. Fred het tussendeur ook vir Landbouweekblad, Huisgenoot, Weg! en dosyne ander publikasies geteken. Sy humor is kurkdroog, sy sketse komies – en soms ontstellend, maar altyd só bekend.

Bloedlyn (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Bloedlyn (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust 1
R315 R271 Discovery Miles 2 710 Save R44 (14%) In stock

Die privaat ondersoeker Renata Malan worstel steeds met die feit dat haar oupa en pa moordenaars is. Te meer omdat haar stiefpa, ’n sielkundige, in sy ondersoek na hierdie geval byna bo twyfel bewys het kinders erf hulle voorgeslagte se bose gene.

Renata bevind haar in ’n benouende posisie toe haar pa al hoe sterker verdink word van die reeksmoorde wat sy en haar kollega ondersoek. Hoewel die doodstraf destyds oor haar pa uitgespreek is, het hy op pad na sy teregstelling ontsnap en nou lyk dit of hy veel nader aan Renata woon en leef as wat sy gedink het. Eers wanneer hy agter tralies is, sal sy met haar lewe kan aangaan. Wel, in die sin dat sy dan sal kan bewys sy wil hom uit die samelewing verwyder.

Maar is die reeksmoordenaar inderdaad haar pa? En as dit nie is nie, hoekom kry Renata telkens ’n boodskap daaroor en waarom word die slagoffers op sulke strategiese plekke gevind?

Legkaart van 'n Jong Lewe - Essays Oor Wat Was en Geword Het (Afrikaans, Paperback): Dolf van Niekerk Legkaart van 'n Jong Lewe - Essays Oor Wat Was en Geword Het (Afrikaans, Paperback)
Dolf van Niekerk
R186 Discovery Miles 1 860 In stock

Ter viering van Dolf van Niekerk se negentigste verjaarsdag verskyn hier ’n versameling filosofiese, bepeinsende en besinnende essays uit die pen van een van Afrikaans se meesterskrywers.

Vanaf sy vroegste gewaarwordinge tot sy kennismaking met groot filosowe soos Nietzsche, Kant en Hegel op universiteit en in sy daaglikse handel en wandel daarna: altyd maar bly die bewustheid van ’n onsigbare “iets” by hierdie aristokratiese gees – en ’n soeke na ’n beter verstaan van dít wat “die sterretyd en die menstyd aan mekaar verbind”.

In 48 essays wat die biografiese tydperk tussen ongeveer sy vyfde en twintigste lewensjaar dek, skryf ’n deurleefde, wyse Van Niekerk oor sy vroegste herinnerings aan sy geboortedorp, sy gesin en sy helderste herinnerings aan die plekke en mense wat hom gevorm het tot die mens wat hy geword het. Want, soos wat hy in die verhaal “Die skinkbord” skryf: Jy kan net wees wie jy is, en jy is wat jy word.

Laat U Naam Geheilig Word - Leer Ken 24 Van God Se Name (Afrikaans, Paperback): Esté Geldenhuys Laat U Naam Geheilig Word - Leer Ken 24 Van God Se Name (Afrikaans, Paperback)
Esté Geldenhuys
R270 R200 Discovery Miles 2 000 Save R70 (26%) In stock

Dit is vir ons onmoontlik om God te verstaan, ons kan slegs klein glimpsies van sy karakter kry. Een manier is om God se Name te bestudeer. Esté Geldenhuys het breedvoerige navorsing gedoen oor God se Name, en die in hierdie boek belig sy die belangrikstes, van Elohim (Drie in een) tot El Roi (die Een wat sien). Sy bespreek die Naam self in Hebreeus, waar dit in Bybel voorkom, die betekenis daarvan, wat dit in ons alledaagse lewe beteken en ook hoe om dit te gebruik in gebed.  

Suidooster Kombuis (Afrikaans, Paperback): Errieda du Toit Suidooster Kombuis (Afrikaans, Paperback)
Errieda du Toit
R280 R200 Discovery Miles 2 000 Save R80 (29%) In stock

kykNET se geliefde sepie SUIDOOSTER vertel die storie van die mense van Suidooster, 'n winkelsentrum in die Kaapse voorstad Ruiterbosch. Derduisende kykers word daagliks meegevoer deur die families se vreugdes en vetes, intriges en onderstrome. Vir hulle is die mense van Suidooster soos ou bekendes van wie hulle alles wil weet, tot wat hulle sepie-familie eet. In Suidooster kombuis wys Mrs J, Mymoena en Stefan wat kook in hul kospotte!

Enigeen Kan Leerwerk Doen - Inspirasie, Tegnieke En 50 Handgemaakte Projekte (Afrikaans, Paperback): Geert Schuiling Enigeen Kan Leerwerk Doen - Inspirasie, Tegnieke En 50 Handgemaakte Projekte (Afrikaans, Paperback)
Geert Schuiling
R295 R275 Discovery Miles 2 750 Save R20 (7%) In stock

Leerwerk is een van die tradisionele handwerksoorte wat tans 'n oplewing beleef. Hierdie boek is 'n uitstekende gids vir die gewilde, eeue-oue kuns. Enigeen kan aantreklike leeritems met 'n professionele afwerking maak deur 'n handjievol basiese tegnieke te bemeester. Die skrywer lei jou om met enige van 'n groot verskeidenheid leersoorte, enkele gereedskapstukke en die volledige patrone in die boek pragtige en funksionele handgemaakte sakke, bykomstighede, geskenke en dekoratiewe items vir jou huis te skep. Die 50 oorspronklike projekte is tydloos en prakties, en gedetailleerde aanwysings met stap-vir-stap foto's sal verseker dat jy alles self kan nadoen. Lieflike volbladfoto's van die voltooide projekte sal jou inspireer om sommer dadelik weg te spring. Die boek se inhoud sluit die volgende in: kies van materiaal en gereedskap; sleuteltegnieke soos kleur, sny, gate pons, en afkanting; steke wat vir die projekte gebruik is; invoeg van ritssluiters; afwerking van buitesakke en stroke; meer as 50 patrone vir projekte, met variasies; projekte wat wissel van eenvoudige beursies, oorringe en armbande tot 'n drasak vir hout, 'n oornagsak, 'n rugsak en 'n elegante poef. Beginners kan met 'n eenvoudige sleutelhouer wegspring en stelselmatig vorder na die maak van belde, beursies en sakke, terwyl meer ervare leerwerkers inspirasie sal put uit die oorspronklike eietydse ontwerpe.

Loui Fish: Onsinkbaar (Afrikaans, Paperback): Alita Steenkamp Loui Fish: Onsinkbaar (Afrikaans, Paperback)
Alita Steenkamp 1
R220 R182 Discovery Miles 1 820 Save R38 (17%) In stock

Die tonge was al baie los oor die kletskoningin Loui Fish, en die lys van dinge wat sy genoem word, is lank: sosiale vlinder, partytjiepop, sekskatjie, flerrie, cougar. Maar voeg ook daarby: beeldskoon, suksesvol en gevat. Loui is inderdaad ’n katjie wat jy nie sonder sagte handskoentjies moet aanpak nie – en boonop enig in haar soort. Dis immers nie elkeen van ons wat sosiaal verkeer met Victoria en David Beckham of wat kan spog met Jimmy Choo as ’n persoonlike vriend of George Michael as ’n voormalige buurman nie.

In haar allesonthullende outobiografie, Onsinkbaar, vertel Loui van haar kleintyddrome om eendag met ’n rock-ster te trou. Steve Hofmeyr maak ’n vlietende draai in haar lewe. James Small vat haar uit die Boland weg, maar sy loop erg deur onder sy vuiste. Uiteindelik trou sy met die liefde van haar lewe, Mark Fish, en word sy deel van ’n sosiale groep wat bekend staan as Footballers’ Wives – vroue vir wie selfs die etiket op hul onderklere belangrik is. Dis ’n verhaal van passie, geweld en liefde. Van ontwerpersklere en die gejaag na sukses. Maar dit vertel ook van ’n weerlose Loui, wanneer sy gestroop van al hierdie dinge besef dat geld en glorie nie geluk bring nie, en dat wat ander van jou sê nie regtig saak maak nie.

“Hoekom skryf ek my storie? Wel, ek is nie ’n slagoffer nie. Ook nie sleg nie, ek is net ’n meisie wat verlief geraak het op ’n jong man, en dalk steeds verlief is op hom. Die enigste ding is ek is nie meer 24 jaar oud nie. Ek was getroud vir byna elf jaar. En hoekom is ons nie meer getroud nie? Wel, nes my icon eenmaal in ’n bekende Martin Bashir onderhoud gesê het: “It was getting a little crowded.” Sy, nes ek, het na haar huwelik verwys, en sy was prinses Diana.”

Kringe in 'n bos - Studiegids (Afrikaans, Paperback): Kringe in 'n bos - Studiegids (Afrikaans, Paperback)
R149 R39 Discovery Miles 390 Save R110 (74%) In stock

Part of the Guidelines Literatuurgids series for "Kringe in 'n bos" deur Dalene Matthee.

Low Carb Is Lekker (Afrikaans, Paperback): Ine Reynierse Low Carb Is Lekker (Afrikaans, Paperback)
Ine Reynierse 5
R250 R197 Discovery Miles 1 970 Save R53 (21%) In stock

As jy 'n lae-koolhidraat, hoë-vet leefstyl 'n bekostigbare 'n volhoubare werklikheid wil maak, sal jy mal wees oor die 178 lae-koolhidraat, graanvrye en suikervrye alternatiewe vir van ons land se geliefdste geregte.

Dit sluit gesinsvriendelike resepte in vir immergroen gunstelinge soos malvapoeding, beskuit en bevrore jogurt.

Die kleurfoto's en eenvoudige aanwysings sal jou oorgang na die leefstyl nie net makliker nie, maar ook lekkerder maak.

Nadraai - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Jaco Kirsten Nadraai - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Jaco Kirsten
R290 R219 Discovery Miles 2 190 Save R71 (24%) In stock

Rocco de Witt se argitekspraktyk in Kaapstad doen goed, hy is verloof aan 'n pragtige vrou en hy woon in 'n droomhuis. Maar nou staan oudmakker Gert Malan voor sy deur . . . en die geweld van destyds kom opnuut Rocco se lewe binne. Sy bestaan ontaard in 'n nagmerrie - tot die onvermydelike konfrontasie wat op hom wag, daar op die plasie Nadraai.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Sushi En Shosholoza - Rugbyreise En…
Erns Grundling Paperback R275 R209 Discovery Miles 2 090
Die Seuns Van Bird Island - 'n Skokkende…
Mark Minnie, Chris Steyn Paperback R290 R249 Discovery Miles 2 490
2017 School Diary / Skooldagboek - For…
Map Studio Paperback  (2)
R50 R43 Discovery Miles 430
Vuurwarm
Jan Braai Paperback R315 R271 Discovery Miles 2 710
Dwarsklap - Skakerings Van Swart In Die…
Piet Matipa Paperback  (3)
R190 R150 Discovery Miles 1 500
Angelique du Toit Bundel - Staan Sterk…
Angelique du Toit Paperback R360 R59 Discovery Miles 590
Maaltye - Maklike Geregte vir Elke…
Christine Capendale Paperback R325 R250 Discovery Miles 2 500
Die Swerfjare Van Poppie Nongena
Elsa Joubert Paperback R275 R209 Discovery Miles 2 090
Saam - 'n Eeu van Suid Afrikaanse…
Errieda du Toit Hardcover R350 R250 Discovery Miles 2 500
2017 School Diary / Skooldagboek - For…
Map Studio Paperback R50 R43 Discovery Miles 430

 

Partners