Het jy geweet dat die titel Macbeth van Shakespeare nie in 'n
teater in die Verenigde Koninkryk genoem word nie? Dit sal ongeluk
oor die opvoering bring. Daarom staan die klassieke werk daar as
die Skotse Drama bekend. Weet jy dat geboue in Oos-Asie glad nie 'n
vierde verdieping het nie, en dat geboue in Hong Kong geen
verdieping met 'n syfer vier daarin het nie. Verdieping 4, 14, 24,
34 en 40 tot 49 ontbreek in die wolkekrabbers. Baie mense in China,
Korea en Japan ly aan tetrafobie en het 'n vrees vir die syfer
vier. Dit bring onheil, glo hulle. Waarom word groen nie in Franse
teaters gebruik nie en violet nie in Italiaanse teaters nie? Want
daar bestaan verskeie bygelowe hieroor wat van kultuur tot kultuur
verskil. En boonop kan 'n bygeloof in een kultuur, 'n volksgeloof
in 'n ander wees. Net soos in dr. Anton Prinsloo se Spreekwoorde en
waar hulle vandaan kom vertel hy die leser in Bygelowe en waar
hulle vandaan kom van 'n duisternis bygelowe wat wereldwyd bestaan,
en werp hy soms ook lig oor die herkoms daarvan. Die naslaanbron is
die eerste omvattende Afrikaanse woordeboek oor bygelowe wat in
Suid-Afrika verskyn.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!