Hierdie boek beskryf die verskillende soorte hout wat vir verskeie gebruike geskik is en stap-vir-stap foto's lei die leser van begin tot einde. Gedetailleerde inligting oor houtwerkgereedskap, -materiaal en -toerusting, saam met foto's en aanwysings, sal jou in staat stel om hout met welslae te saag, te las en die gewildste tegnieke en prosesse te gebruik.
Twintig projekte word stap-vir-stap geillustreer en elke projek word vergesel van 'n materiaallys asook voorstelle vir die korrekte gereedskap om vir elke taak te gebruik. Daar is ook alternatiewe idees.
Hout is 'n veelsydige materiaal wat gebruik kan word om 'n magdom items te maak, van ornamente tot meubels en tuinstrukture. As jy eers die basiese vaardighede bemeester bet, sal jy vind dat dit nie 'n moeilike materiaal is om mee te werk nie.
'n Hoofstuk oor Bouprosedures is bedoel vir diegene wat ingewikkelder projekte soos tuinskuurtjies, buitegeboue of selfs tuinwoonstelle wil aanpak. Aanwysings en foto's help jou om droe mure te bou en wys jou hoe gewone deure en vensters aangebring en 'n eenvoudige dak gebou word.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!