![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 6 of 6 matches in All Departments
Aan die einde van 1896, enkele jare voor die Anglo-Boereoorlog, het die 26-jarige wewenaar en Transvaalse koerantman Eugène Marais na Londen vertrek om in die regte te gaan studeer. Hier het hy oënskynlik tot in die doodsnikke van die oorlog gewoon. Oor hierdie lewensjare van een van Afrikaans se beroemdste letterkundige figure is baie min bekend. Leon Rousseau sê in sy baanbreker-lewensverhaal oor Marais, Die Groot Verlange (1974): “Tensy ontdekkings gemaak word wat ’n mens jou op die oomblik kwalik kan voorstel, sal dit altyd onmoontlik bly om ’n samehangende relaas van Marais se vyf jaar in Europa te gee.” Hierdie ontdekkings en nog baie meer is nou gemaak. In Donker Stroom word onthul presies waarmee Marais hom kort voor, tydens en ná die bitter stryd tussen Boer en Brit besig gehou het, ’n verstommende verhaal wat ’n mens jou skaars kan indink. Was Marais die onkreukbare patriot en joernalis wat sy biograwe van hom gemaak het, of is hierdie Afrikaner-ikoon ook deur die donker stroom van die tydsgees meegesleur?
In ’n hiernamaals waar die goeies beloon word en skuldiges moet boete
doen, glo hy nie. Almal wat aandadig was, moet in hierdie lewe gestraf
word. Dit gaan haar nie terugbring nie, of hom vryspreek nie, maar dit
is ten minste iets.
Ben Viljoen (1868–1917) was ’n prominente jonger generaal in die
Anglo-Boereoorlog, maar ná die oorlog is hy nie opgeneem in die
nuwe politieke elite van die Afrikaners nie. Nadat hy die eed van
getrouheid op St. Helena onderteken het, het hy noot weer permanent
na Suid-Afrika teruggekeer nie.
Paul du Toit het hom in die Verenigde Koninkryk kom vestig nadat hy Suid-Afrika tien jaar tevore onder 'n wolk verlaat het. Nou is hy geskei en middeljarig, verstrengel in 'n vervelige werk en 'n sukkelende verhouding. Hy aanvaar dus geredelik 'n maklike – of so dink hy – opdrag van 'n ryk Londense finansier wat hom na Suid-Afrika terugneem. Maar die land het verander, en die terrein is verraderlik. Skielik moet Paul nie net met die skaduwees van sy eie lewe veg nie, maar ook met die versteekte magte wat Suid-Afrika beheer.
Paul du Toit settled in the United Kingdom after leaving under a cloud ten years before. Now he is divorced and middle-aged, and bogged down in a boring job and a floundering relationship. He therefore readily accepts a straightforward – or so he thinks – assignment from a wealthy London financier that takes him back to South Africa. But the country has changed, and the waters are treacherous. Suddenly Paul has to battle not only the shadows of his own life, but also the hidden powers that control South Africa.
36-jarige Paul du Toit, 'n geheime agent in die Weermag tydens die laaste jare van wit oorheerste Suid Afrika, glo hy het sy gewelddadige lewe agtergelaat. Totdat omstandighede hom dwing om voor die Waarheids-en-Versoeningskommissie aansoek te doen vir amnestie oor die dood van twee antiapartheidsaktiviste. Hy verloor beide sy werk en sy vrou. Hartgebroke en met swak vooruitsigte op werk, weet Paul hy het 'n uitgeworpene geword. Toe hy uitvind Louise het na Londen gegaan, volg hy haar soontoe om haar te probeer ompraat om terug te kom. Dit laat hom nadink oor sy verlede en sy skuld. Swerwend deur 'n ongenaakbare stad, dink Paul na oor sy verlede en sy skuld - iets wat hy sedert die dood van die aktiviste vermy het. Die waarheid is egter ewe ontwykend as Louise, sy vrou, en dit word vir hom 'n pynlike reis in homself. Hy raak betrokke by 'n gewelddadige konflik met twee Londense kriminele. Weer eens staan hy voor 'n morele toets - 'n toets waarin hy al voorheen gefaal het. Wanneer hy na Suid-Afrika terugkeer, besoek hy die familie van die gestorwe aktiviste om sy skuld te bely. Hy vind ook uit dat selfs hy nie die volle waarheid ken van wat gebeur het nie. Nou moet hy besluit of sy toekoms in Suid-Afrika le of in die Verenigde Koninkryk, by Louise of by Monica, 'n Tsjeggiese meisie by wie hy romanties betrokke geraak het.
|
You may like...
Advances in Principal Component Analysis
Fausto Pedro Garcia Marquez
Hardcover
R3,102
Discovery Miles 31 020
|