0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (1)
  • R250 - R500 (3)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 4 of 4 matches in All Departments

Swart Pelgrim (Afrikaans, Paperback): F.A. Venter Swart Pelgrim (Afrikaans, Paperback)
F.A. Venter
R240 Discovery Miles 2 400 Ships in 6 - 10 working days

Kolisile, ’n jong Xhosa uit die Transkei, kyk na die sukkelende mielies op sy pa se lappie grond en besef dat die bestaansboerdery van sy bawu en dié se bawu voor hom nie langer volhoubaar is nie. Hy besluit om stad toe te gaan waar hy geld kan verdien wat hy weer in hulle boerderytjie sal kan inploeg. Met die belofte dat hy sal terugkom én sy verlore broer Mfazwe, wat jare gelede in die stad weggeraak het, sal saambring, vertrek Kolisile vol moed en geesdrif – net om deur die harde werklikheid van die stad ontgogel, getemper en uiteindelik geknak te word.

Op die Johannesburgse myne beleef Kolisile die armoede en uitsigloosheid van plakkersdorpe, ervaar hy die rassisme en uitbuiting van die apartheidsbestel aan eie lyf, word hy vir die eerste keer met werklike haat vir die ander gekonfronteer en sien hy die aantrekkingskrag van misdaad, leuns en drankmisbruik as ontsnaproete uit die byna ondraaglike werklikheid vanuit sy broer Mfazwe se perspektief. Wanneer hy uiteindelik weer sy weg na die Transkei toe vind, is dit – soos wat sy pa gevrees en voorspel het – as ’n liggaamlik én geestelik gewonde mens.

Kambrokind - 'n Jeugreis (Afrikaans, Paperback): F.A. Venter Kambrokind - 'n Jeugreis (Afrikaans, Paperback)
F.A. Venter
R307 Discovery Miles 3 070 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

In Kambrokind deel F.A. Venter sy jeugherinneringe vanaf sy voorskoolse jare tot op universiteit.

Op boeiende wyse vertel Venter hoe hy die Karoo se sagte én harde kant leer ken. Hy kon homself wees in die veld en sy gedagtes vrye teuels gee, maar hy het ook die wreedheid van droogtes en siektes en die lang trekpad met skaap na beter weiding ervaar.

Op skool het sekere onderwysers hom ontvanklik gemaak vir die wêreld van boeke en oordenking en het dit hom gedryf om hard te werk sodat hy met ’n studielening en twee pakke klere kon gaan studeer aan die Universiteit van Stellenbosch.

Die keer toe ek my naam vergeet het (Paperback): F.A. Venter Die keer toe ek my naam vergeet het (Paperback)
F.A. Venter
R261 Discovery Miles 2 610 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Die eerste uitgawe van Die keer toe ek my naam vergeet het verskyn in 1995, vyf jaar nadat die skrywer F.A. Venter ’n beroerte gekry het. In hierdie outobiografiese vertelling dokumenteer hy die pynlike en stadige proses van herstel: hy moet weer leer loop, leer praat, leer skryf. Dit is verder ’n verhaal oor die verhouding tussen Venter en sy geliefde vrou, Stella. In Die Afrikaanse literatuur 1652–2004 beskryf J.C. Kannemeyer Die keer toe ek my naam vergeet het as een van Venter se “belangrikste bydraes tot die Afrikaanse prosa”: “Die aangrypende verhaal van ouderdom en lyding, maar ook van ’n mooi huwelik en toegewyde liefde, is terselfdertyd ’n getuienis van die onblusbare gees van die skeppende mens wat, ten spyte van alle teenspoed, kan voortgaan met die werk waarvoor hy hier op aarde geplaas is.” Op ’n eerlike en roerende wyse, en met ’n tikkie humor, raak Venter die universele, tydlose temas van siekte, oudword en die dood aan. Uiteindelik is dit ’n verhaal van aanvaarding: “Ek het baie verloor – die kosbaarste. Maar ek het ook geleer om te verduur. Te aanvaar. Tevrede te wees. Anders sou dit ondraaglik wees.”

Geknelde land (Afrikaans, Paperback): F.A. Venter Geknelde land (Afrikaans, Paperback)
F.A. Venter
R276 Discovery Miles 2 760 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Hoe gebeur dit dat ’n hele gevestigde gemeenskap sy tentpenne uitruk en die wildernis intrek?

In Geknelde land gee FA Venter ’n diep-menslike antwoord op dié en ook op baie ander vrae oor die Groot Trek. Dit is die verhaal van die Dreyer-gesin van Grensplaas en vertel van die ontberings en terugslae wat dié boeregesin moes verduur voor hulle uiteindelik ook besluit om te trek.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Justin Bieber The Key Eau De Parfum…
R3,012 Discovery Miles 30 120
Principles Of Business Information…
Ralph Stair, George Reynolds, … Paperback  (1)
R1,199 R749 Discovery Miles 7 490
Tower Magnetic License Disc Holder (Pets…
R78 R63 Discovery Miles 630
Ultra-Link Ultra-Power 16A High Surge…
R110 Discovery Miles 1 100
Peptine Pro Equine Hydrolysed Collagen…
R699 R499 Discovery Miles 4 990
3 In 1 Clitoris G Spot Prostrate…
R999 R851 Discovery Miles 8 510
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R367 R340 Discovery Miles 3 400
Fisher-Price Baby's First Blocks Set…
R326 Discovery Miles 3 260
Cable Guys Controller and Smartphone…
R391 Discovery Miles 3 910
Law@Work
A. Van Niekerk, N. Smit Paperback R1,367 R1,248 Discovery Miles 12 480

 

Partners